Pavane vir 'n Gestorwe Prinses -- ERNST VAN HEERDEN [boodskap #7554] |
Do, 31 Oktober 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elke keer wanneer ek na Ravel se �Pavane pour une
Infante defunte � (Pavane vir 'n gestorwe Infanta)
luister, kan ek nie help om geroer te word nie, al is
dit nou sommer 'n klein en ligterige stukkie musiek.
Die gedig wat Ernst van Heerden daaroor geskryf het,
roer my op dieselfde manier:
PAVANE VIR 'N GESTORWE PRINSES
'n Hulsel van kristal het telkens
spanninge van stoot en skok verdra,
die allerlaaste keer die ruwe hand
trotseer, en toe, vermoeid,
met rinkelinge ingestort.
Kaleidoskoop se fokus hunker
na sy ou bestel terug;
die skerwe-stand
kom tot 'n wonderlike eenheid weer,
waar als byeengeskud en uitgester,
die lig vang en die son,
en sy, donsfyn, verruklik-broos,
haar koninklike intog doen.
Ravel het die stukkie musiek waarna hier verwys word
geskryf in 1899 en dit opgedra aan die Prinses de
Polignac. Dis die eerste keer uitgevoer in 1902. Ravel
het later bietjie moeg geword om die stuk musiek van
hom oor en oor te hoor. Hy het verklaar dat daar teveel
invloed van Chabrier in is, en ook dat die vorm iets te
wense oorlaat. Aan een jong pianis het hy eenkeer
gesê: � Ek het 'n pavane geskryf vir 'n dooie prinses,
nie 'n dooie pavane vir 'n prinses nie.� Ek wonder of
Ravel sou kon glo dat omtrent 'n honderd jaar nadat hy
dit geskryf het, die stukkie musiek nog vele mense baie
ontroer.
gloudina bouwer
|
|
|