Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Kubaanse Dokter vermink kind se geslagsdeel
Kubaanse Dokter vermink kind se geslagsdeel [boodskap #119385] Ma, 08 Maart 2010 16:35
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dokter vermink kind se geslagsdeel
2010-03-08 10:10

Wat ‘n wat ’n eenvoudige prosedure in ’n staats-hospitaal moes wees,
het ‘n kleuter die helfte van sy penis gekos.

Marco van Vuuren, 5, se ma Hester het vier maande terug haar seun
hospital toe geneem om besny te word. Maar iets het daardie dag in die
staatshospitaal op Vryheid verskriklik skeefgeloop.

Van wat eens die normale geslagsdeel van ’n vyfjarige seuntjie was,
bly net ’n stompie oor. En ná maande van pynlike prosedures en
doktersondersoeke lê die moeilikste bult nou voor: om vir ’n seuntjie
te moet verduidelik hy sal nooit heeltemal soos ander seuns en jong
mans wees nie.

Die Kubaanse dokter moes net ’n klein snit maak en haar kleuter besny,
het Hester aan Huisgenoot vertel. Maar toe gebruik hy stikstof, en hy
verbrand Marco se penis so verskriklik dat die hele kop doodgegaan en
vyf weke later letterlik afgeval het.

Lees die volledige artikel by www.huisgenoot.com
( http://tinyurl.com/y9kswbu )
Vorige onderwerp: swine flu
Volgende onderwerp: Kopluise
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:42:28 MGT 2024