Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit die Argief - 1996
Uit die Argief - 1996 [boodskap #118105] Ma, 07 Julie 2008 14:54
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stel aan julle voor: TWEE VERRAAIERS

1 Sep 1996, 03:00

wrote:
> gal...@ibm.net wrote:

>> Ek stem saam. En daar was baie ouens soos hy.
>> Studentjies op universiteite wat gespioeneer het op hul mede-studente
>> teen betaling...

> Ek weet nou nie van die betaling nie, maar die spioenasie was daar.
> Die beste was dat hierdie ouens nie so uitgeslape was soos hulle
> gedink het nie. Ek onthou nog van 'n vriend wat so pas terug gekom het
> van Europa. Hy was ook vir 'n dag lank in Oos Duitsland. Met sy
> terugkoms vind hy 'n versteekte mikrofoon binne in sy rekenaar.
> Die spioene wou graag iets he^ om te vertel...

En dan was daar ook die ouens van die veiligheidspolisie wat op die
universiteitsterreine rondgesluip het. Ek het 'n lang storie, gebaseer op
persoonlike ondervinding, van hoe my vriend professor Friedemann Grenz, destyds
die professor van Duits aan die Universiteit van Port Elizabeth, deur een van
hierdie kalante geterroriseer is. En hierdie ou was ook nie baie
uitgeslape nie.

--
Morne Bezuidenhout | e-mail: mor...@iafrica.com
Vorige onderwerp: Takie vir Gloudina en die ander liberale linkses
Volgende onderwerp: SA Sucks Blogspot se nuwe adres...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:39:07 MGT 2024