Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor die goeie ou dae toe hulle geweet het hoe om in die state te veg.
Oor die goeie ou dae toe hulle geweet het hoe om in die state te veg. [boodskap #118039] Di, 01 Julie 2008 15:06 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis 1960 en ek is op pad na Durban na die winterskool-
vakansie. Ek moes in Bloemfontein oorlê. Daar stel 'n
enorme vet Afrikaanse vrou, met 'n maer klein man en
'n taamlike vet kind, hulle aan my voor en omdat ek
uit beginsel nie mense wil ontwyk wat byvoorbeeld
baie vet is nie ( my ma en pa het my so grootgemaak)
het ek maar die tyd op Bloemfontein se stasie met
hulle deurgebring. Die vet vrou was gefassineer met
my verhaal dat ek in 'n swart skool skoolhou nie verder
as dertig myl van Durban af nie, op 'n plek waarvan sy
nog nooit gehoor het nie.
Nou dis 1960. Vroeér daardie jaar is 'n hele klomp
mense in die rug by Sharpeville doodgeskiet. Oral in die
land is daar opstandige roeringe. Dis die tyd toe Poqo
en die ANC se militêre arm begin opereer. Die atmosfeer
by die skool op Adams Mission is ongemaklik. Die
klomp Afrikaners wat ingestroom het toe Bantoe-
Onderwys die skool oorgeneem het, is ongemaklik.
Die swart onderwysers in die hoërskool se oë is
versluier as daar oor die gebeure gepraat het. ( Ek
merk egter ook op dat hulle uit hulle pad gaan om
vir my gemaklik te laat voel.)
Na 'n paar weke is daar optogte in Durban.
By die manshostelle suid van Durban is daar 'n
opstand, en die weermag word ingeroep. Twee van
ons onderwysers, Afrikaans-sprekend, vroeër van
Transvaal, word opgeroep om wapens op te neem
omdat hulle lede is van die siviele mag. Hulle word
gestuur na die manskoshuise om dit te bewaak.
Sommige van die studente by ons skool besluit
om huis toe te gaan. My klas kom na my toe en
vra dat ek vir Jaap Strydom moet gaan sê dat hulle
nie iets slegs probeer doen nie, maar dat hulle vrees
vir hulle lewens en liewer huis toe wil gaan. Jaap
Strydom sê ek moet vir hulle sê dat die skool hulle
sal beskerm. Ek vertel dit vir die kinders.
Op Adams Mission is ons nou afgesny van
kontak met Durban, omdat die soldate 'n versperring
op die hoofweg tussen Durban of Amanzimtoti het.
Ons begin voel "under siege." En in die middel van
alles, wie arriveer op Adams Mission in al haar glorie?
Die verskriklike groot vet vrou en haar klein mannetjie
en hulle seun. Ek weet nie wat het haar besiel om
op daardie tydstip vir my te kom kuier nie. Ek het
nie eens geweet dat sy my naam sou onthou nie.
Hulle moes 'n groot ompad gery het om by Adams
uit te kom. Sy was seker bekommerd oor my.
Maar ek kan nog Jaap Strydom se oë onthou toe
hy my vra of die vrou en haar man my gekry het.
Dis asof Jaap skielik begin wonder het of hy my
werklik ken. Hy het duidelik nooit verwag dat ek
so 'n verskriklike groot vet vrou in my vriendekring
sou toelaat nie.

Gloudina
Re: Oor die goeie ou dae toe hulle geweet het hoe om in die state te veg. [boodskap #118040 is 'n antwoord op boodskap #118039] Di, 01 Julie 2008 15:12 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hessie skryf

Dit moet natuurlik wees "veg in die strate."
Vorige onderwerp: Baantjies vir Boeties 2
Volgende onderwerp: Somtyds is trane magtiger as die pen of die swaard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:47:41 MGT 2024