BRANTFORD, Ontario [boodskap #7345] |
Sa, 05 Oktober 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons het vroeer hierdie week Brantford besoek, waar
ons dogter onderwys gee. Brantford is omtrent ‘n uur se
ry wes van Toronto. Dis nie baie groot of belangrik nie.
In die skool steel die kinders soms die balanse uit die
wetenskaplaboratoriums om die “drugs” wat hulle koop
of verkoop te weeg. Nou die dag het die polisie ‘n meisie
in boeie weggeneem. Verder gaan daar maar min aan.
Maar 120 jaar gelede het daar iets in Brantford plaas-
gevind wat omtrent almal op die aardbol se lewens veran-
der het. Op Vrydag, 4 Augustus 1876 het Alexander
Graham Bell die eerste keer die mensestem oor telegraaf-
drade gestuur in Brantford. So is die telefoon gebore.
Bell is in Skotland gebore in 1847. Sy ouers het besluit
om na die gesonder klimaat van Kanada te kom, nadat twee
van hulle seuns aan die tering dood is. Bell se oupa en pa
was albei spesialiste in spraak en elokusie, hoofsaaklik om
dowes te help. Bell se ma was doof, en die vrou met wie
hy uiteindelik getrou het, was ook doof. Bell het ‘n ”School
of Vocal Physiology” in Boston begin. Elke somer het hy
egter na sy ouers se huis in Brantford gekom om aan sy
eksperimente te werk. In die winter het hy weer teruggegaan
na Boston, waar hy met Thomas Watson die eerste praktiese
telefoon gebou het. In die begin was mense maar skepties
oor die nuwe uitvindsel. Maar stadigaan het dit die plek inge-
neem van die telegraaf. Die maatskappy wat Bell begin het,
het oor die jare uitgebrei, totdat die Amerikaanse regering
op ‘n sekere stadium die “anti-trust” wette daarop moes toe-
pas, wat gelei het tot die vorming van ‘n klomp “Baby Bells.”
In die laaste eeu was Bell Laboratories ook verantwoordelik
vir die ontwikkeling van belangrike wiskundige en praktiese
uitvindsels, soos byvoorbeeld die ontwikkeling van sonar.
In Kanada is een van die grootste maatskappye Bell Canadian
Enterprises (met hoofkwartier Montreal.) Ons betaal ons tele-
foonrekening aan “Bell Canada.” Een van die grootste werk-
gewers in Ottawa is “Northern Telecom,” die navorsings-arm
van BCE. Northern Telecom het kontrakte oor die hele wereld,
en konsentreer op Sjina.
Bell het natuurlik nie net die telefoon ontwikkel nie. Hy
is ook verantwoordelik vir die ontwikkeling van die tegnolo-
gie agter die grammofoon en alle daaropvolgende gehoorstuk-
tegnieke, soos byvoorbeeld diktafone, elektroniese rekenaars
en dies meer. Hy het bydraes gemaak in die veld van aviasie
en onderwater-operasies. Hy het die gebruik van die ysterlong
voorgestel, die gebruik van radium om kanker te bekamp, en
‘n nuwe soort X-straal ontwerp. Hy het twee nuwe soorte skaap
ontwikkel op sy land in Cape Breton in Nova Scotia. Hy het sy
eie sisteem van lugverkoeling ontwerp, en die eerste ontwerpe
gemaak vir die “hydrofoil.” Hy het gehelp met die totstandkom
van “National Geographic Magazine” en die “Science Journal.”
Hy het gesterf op 2 Augustus, 1922 op Beinn Bhreagh, of
Ben Braw, ‘n berg wat kyk oor Baddeck in Nova Scotia. Op
sy grafsteen staan net die een woord: “Inventor.”
Nie alleen die naam van Alexander Graham Bell oorskadu
die naam van Brantford nie. Langs die dorp is die reservaat van
die Six Nations Confederacy van die Mohawks. Dis die geboorte-
plek van Emily Pauline Johnson, ‘n Kanadese digteres. (Haar pa,
hoofman van die Mohawks daar gedurende die tyd toe Bell sy
eksperimente daar gemaak het, het in Mohawk oor die telefoon-
lyne die volgende gese^: “Sago, gatchi, ska na ha?” - dit beteken:
“Groete, neef ; hoe gaan dit met jou?”
Vir die gewone Kanadese man in die straat is sommige van die
bostaande van net akademiese belang. Maar as jy vir hom vertel dat
Brantford die geboorteplek is van Wayne Gretzky, dan is hy dadelik
geinteresseerd. Gretzky is op die oomblik seker die beste yshokkie-
speler in Noord-Amerika. Hy het eers in Kanada gespeel, toe is hy
na Los Angeles waar hy die sport van yshokkie populer gemaak het
in ‘n deel van die wereld wat nie daarvoor kon omgee nie. Nou speel
hy hier erens in die oostelike VSA. (Ek vergeet nou waar. Sien, ek
is nie ‘n vreeslike sportsentoesias nie. Ek se^ altyd ek het my kinders
grootgemaak om voor die televisie te sit. Ek het die Kanadese ma’s
mal gemaak as ek verklaar: oor my dooie liggaam vat my seuns aan
‘n hokkiestok. Maar toe raak hulle net so baie beseer in die sokker
en die basketball en volleyball wat hulle toe begin speel. So ‘n ma
kan nooit wen nie.)
Gloudina
|
|
|