Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Helen Zille koor ook 'genoeg is genoeg'
Helen Zille koor ook 'genoeg is genoeg' [boodskap #117983] Vr, 27 Junie 2008 15:10 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
'genoeg is genoeg'. Ek wens ek kan verduidelik hoe dit my irriteer
wanneer iemand daardie holrug geryde uitdrukking uiter.
Mense wat net agter ander aan praat en nie 'n eie woordeskat het nie.
Dit is nog erger as die boere wat elke keer na 'n plaasmoord dreig om
die wet in eie hande te neem.

Die woorde 'genoeg is genoeg' beteken, vir die mense wat te dom is om
dit te verstaan, dat daar 'n spesifieke hoeveelheid moes wees, maar
dat dit nou genoeg is.
Re: Helen Zille koor ook 'genoeg is genoeg' [boodskap #117991 is 'n antwoord op boodskap #117983] Vr, 27 Junie 2008 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> 'genoeg is genoeg'. Ek wens ek kan verduidelik hoe dit my irriteer
> wanneer iemand daardie holrug geryde uitdrukking uiter.

Ek simpatiseer met jou irritasie. "Genoeg is genoeg"
is 'n Anglisisme, 'n direkte vertaling van die Engelse
uitdrukking "enough is enough."

Gloudina
Re: Helen Zille koor ook 'genoeg is genoeg' [boodskap #117993 is 'n antwoord op boodskap #117991] Vr, 27 Junie 2008 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Jun 2008 11:29:43 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> 'genoeg is genoeg'. Ek wens ek kan verduidelik hoe dit my irriteer
>> wanneer iemand daardie holrug geryde uitdrukking uiter.
>
> Ek simpatiseer met jou irritasie. "Genoeg is genoeg"
> is 'n Anglisisme, 'n direkte vertaling van die Engelse
> uitdrukking "enough is enough."
>
> Gloudina

met presies dieselfde betekenis. Jy kan tog nie van iets wat nooit
moes bestaan het nie, sê 'genoeg is genoeg' nie.
Ek volstaan daarmee dat genoeg beteken 'tot hiertoe en nie verder nie'
terwyl selfs een, een te veel sou gewees het.
Re: Helen Zille koor ook 'genoeg is genoeg' [boodskap #118008 is 'n antwoord op boodskap #117983] So, 29 Junie 2008 12:34 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Jun 2008 17:10:12 +0200, Dave wrote:
> 'genoeg is genoeg'. Ek wens ek kan verduidelik hoe dit my irriteer
> wanneer iemand daardie holrug geryde uitdrukking uiter.
> Mense wat net agter ander aan praat en nie 'n eie woordeskat het nie.
> Dit is nog erger as die boere wat elke keer na 'n plaasmoord dreig om
> die wet in eie hande te neem.
>
> Die woorde 'genoeg is genoeg' beteken, vir die mense wat te dom is om
> dit te verstaan, dat daar 'n spesifieke hoeveelheid moes wees, maar
> dat dit nou genoeg is.

Ja wel genoeg is obviously genoeg anders sou mense gesê het "genoeg is
te min!!" en hulle name gat gemaak het...
Vorige onderwerp: Survivor
Volgende onderwerp: Kyk wat het John Vorster nou weer gedoen!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 04:23:54 MGT 2024