Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Op en wakker amptenare en regering!
Op en wakker amptenare en regering! [boodskap #117558] Do, 05 Junie 2008 08:51 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
1.
--------

Geen paspoort? Kry net dié busbestuurder
Jun 04 2008 10:15:58:800PM - (SA)

Passasiers op 'n vlug van Bulawayo in Zimbabwe na Johannesburg is in
die land toegelaat sonder dat hul paspoorte nagegaan is.

Talk Radio 702 het gister berig 'n Johannesburgse man het gesê hy en
42 mede-passasiers, onder wie talle Zimbabwiërs, is op 24 Mei by die
O.R. Tambo-lughawe se binnelandse, pleks van internasionale,
aankomssaal afgelaai. Die groep is deur die hekke sonder dat enige
paspoorte bekyk is.

Alle navrae is na die bagasie-handelaar Bidair verwys. “Die vlug was
vier uur laat en daar was niemand om die passasiers te ontvang nie,”
het mnr. Bob Gurr, Bidair-woordvoerder, gesê.

“Die bestuurder van die bussie wat die passasiers na die
internasionale terminaal moes neem, het boonop deurmekaar geraak met
die skedules en hulle by die verkeerde plek afgelaai.” – Daniëlla du
Plooy

2.

----------

Grensdrade om SA hang al hoe slapper
Jun 04 2008 10:08:00:767PM - (SA)

Erika Gibson

Gebrekkige grensheinings en -patrollies tussen veral Suid-Afrika,
Swaziland en Mosambiek het die afgelope twee maande daartoe gelei dat
meer as 20 vragmotors met gesteelde voertuie die grense per maand
oorsteek.

Voorheen was dit sowat ses tot sewe vragmotors. Die vragmotors steek
die grens oor by heinings wat óf geknip óf eenvoudig platgery word.

Die elektriese grensheining tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is reeds
langer as tien jaar afgeskakel en net die alarms op die stelsel werk
nog.

Die weermag se genie-eenheid, wat met die instandhouding van die
grensdrade gehelp het, is aan die einde van 1999 gesluit.

Volgens ingeligtes is die situasie op die grense nou só beroerd dat
dit “net sowel heeltemal oopgegooi kan word”.

Lt.genl. Solly Shoke, hoof van die leër, het die afgelope week gesê
onwettige immigrante kom ondanks die xenofobiese geweld steeds oor die
grens van Zimbabwe na Suid-Afrika. Maar die getalle het drasties
afgeneem.

Die weermag beheer nog net dié grens nadat hy die patrollering van die
ander grense aan die polisie oorhandig het.

Mnr. Rafeek Shah, DA-woordvoerder oor verdediging, het gister in 'n
verklaring gesê die probleem word vererger deur die groot verlies van
tegniese en ingenieursvaardighede in die weermag.

Altesame 31% van alle tegniese poste is vakant en 32% van
ingenieursposte.

Die genieformasie was in die verlede grootliks verantwoordelik vir die
instandhouding van die grensdrade met die uitsondering van die
elektriese heining op die Zimbabwiese grens. Dié word reeds etlike
jare deur 'n private kontrakteur onderhou.

Volgens Shah word al die instandhouding nou aan private kontrakteurs
oorgedra omdat die weermag eenvoudig nie meer die vermoë het nie.

“As die weermag nie meer die tegniese vermoë het om die grense te
beskerm nie, het die polisie dit nog minder. Pleks daarvan om dié
diens uit te kontrakteer behoort die weermag eerder die bron van die
probleem – 'n vaardigheidstekort – te takel,” meen Shah.

Beeld het die afgelope week berig oor vlieëniers en vlootlede wat in
groot getalle in die buiteland na groener weivelde soek.

Volgens genie-kenners in die weermag word al jare lank met 'n spesiale
tegniese toelae vir tegnici gesloer.

Hoewel die toelae nie die uitvloei van kundiges sal stuit nie, sal dit
moontlik 'n paar kan oortuig om aan te bly.

Dié bykomende maandelikse kontantbedrag bly ná langer as twee jaar
steeds net 'n onderneming wat elke maand opnuut uitgestel word, sê
hulle.

Binne die genieformasie is dit veral siviele ingenieurs en
bourekenaars wat al hoe dunner gesaai is.
Re: Op en wakker amptenare en regering! [boodskap #117561 is 'n antwoord op boodskap #117558] Do, 05 Junie 2008 10:09 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" <wrote
> 1.
> --------
>
> Geen paspoort? Kry net dié busbestuurder
> Jun 04 2008 10:15:58:800PM - (SA)
>
>
> Passasiers op 'n vlug van Bulawayo in Zimbabwe na Johannesburg is in
> die land toegelaat sonder dat hul paspoorte nagegaan is.
>
> Talk Radio 702 het gister berig 'n Johannesburgse man het gesê hy en
> 42 mede-passasiers, onder wie talle Zimbabwiërs, is op 24 Mei by die
> O.R. Tambo-lughawe se binnelandse, pleks van internasionale,
> aankomssaal afgelaai. Die groep is deur die hekke sonder dat enige
> paspoorte bekyk is.
>
> Alle navrae is na die bagasie-handelaar Bidair verwys. "Die vlug was
> vier uur laat en daar was niemand om die passasiers te ontvang nie,"
> het mnr. Bob Gurr, Bidair-woordvoerder, gesê.
>
> "Die bestuurder van die bussie wat die passasiers na die
> internasionale terminaal moes neem, het boonop deurmekaar geraak met
> die skedules en hulle by die verkeerde plek afgelaai." - Daniëlla du
> Plooy
>
> 2.
>
> ----------
>
>
> Grensdrade om SA hang al hoe slapper
> Jun 04 2008 10:08:00:767PM - (SA)
>
> Erika Gibson
>
>
> Gebrekkige grensheinings en -patrollies tussen veral Suid-Afrika,
> Swaziland en Mosambiek het die afgelope twee maande daartoe gelei dat
> meer as 20 vragmotors met gesteelde voertuie die grense per maand
> oorsteek.
>
> Voorheen was dit sowat ses tot sewe vragmotors. Die vragmotors steek
> die grens oor by heinings wat óf geknip óf eenvoudig platgery word.
>
> Die elektriese grensheining tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is reeds
> langer as tien jaar afgeskakel en net die alarms op die stelsel werk
> nog.
>
> Die weermag se genie-eenheid, wat met die instandhouding van die
> grensdrade gehelp het, is aan die einde van 1999 gesluit.
>
> Volgens ingeligtes is die situasie op die grense nou só beroerd dat
> dit "net sowel heeltemal oopgegooi kan word".
>
> Lt.genl. Solly Shoke, hoof van die leër, het die afgelope week gesê
> onwettige immigrante kom ondanks die xenofobiese geweld steeds oor die
> grens van Zimbabwe na Suid-Afrika. Maar die getalle het drasties
> afgeneem.
>
> Die weermag beheer nog net dié grens nadat hy die patrollering van die
> ander grense aan die polisie oorhandig het.
>
> Mnr. Rafeek Shah, DA-woordvoerder oor verdediging, het gister in 'n
> verklaring gesê die probleem word vererger deur die groot verlies van
> tegniese en ingenieursvaardighede in die weermag.
>
> Altesame 31% van alle tegniese poste is vakant en 32% van
> ingenieursposte.
>
> Die genieformasie was in die verlede grootliks verantwoordelik vir die
> instandhouding van die grensdrade met die uitsondering van die
> elektriese heining op die Zimbabwiese grens. Dié word reeds etlike
> jare deur 'n private kontrakteur onderhou.
>
> Volgens Shah word al die instandhouding nou aan private kontrakteurs
> oorgedra omdat die weermag eenvoudig nie meer die vermoë het nie.
>
> "As die weermag nie meer die tegniese vermoë het om die grense te
> beskerm nie, het die polisie dit nog minder. Pleks daarvan om dié
> diens uit te kontrakteer behoort die weermag eerder die bron van die
> probleem - 'n vaardigheidstekort - te takel," meen Shah.
>
> Beeld het die afgelope week berig oor vlieëniers en vlootlede wat in
> groot getalle in die buiteland na groener weivelde soek.
>
> Volgens genie-kenners in die weermag word al jare lank met 'n spesiale
> tegniese toelae vir tegnici gesloer.
>
> Hoewel die toelae nie die uitvloei van kundiges sal stuit nie, sal dit
> moontlik 'n paar kan oortuig om aan te bly.
>
> Dié bykomende maandelikse kontantbedrag bly ná langer as twee jaar
> steeds net 'n onderneming wat elke maand opnuut uitgestel word, sê
> hulle.
>
> Binne die genieformasie is dit veral siviele ingenieurs en
> bourekenaars wat al hoe dunner gesaai is.
>

Piesingrepubliek, ahoi!, kamerade, hier kom ons!!!

Selfs die mees rassisties anti-wit Sandile Memela ('His Master's Voice')
skryf in vandag se DD: "The biggest achievement, if any, of the tragic
events of the past month has been to teach us clearly that his new South
African nation lacks bold leadership. Ironically, this realisation has
liberated my soul. It is a fact that some of us have known all along. For
the past 13 years, we have had to bottle up this truth lest we be seen as
enemies of black success and achievement."
Vorige onderwerp: Xenophobia vs Genocide
Volgende onderwerp: Het julle die tenks volgemaak?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:27:47 MGT 2024