Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Riaan
Riaan [boodskap #117464] Wo, 28 Mei 2008 11:52 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Riaan, ek het nou gesoek na dit wat jy 'n tyd gelede geskryf het oor
huisverbande en kon dit nie kry nie. Ek kan ook onthou dat my reaksie
daarop nie werklik was wat jy wou hoor nie.

Ek dink somtyds weer aan wat jy gesê het, veral wanneer ek sien dat
daar weer (*na bewering:-) twee (verwagte) koersverhogings op pad is.
Een in Augusts en een in Oktober. Én jy het gesê dat jou premie reeds
met R3000 verhoog is. Hoe betaal jy dan meer af om die kapitaal te
delg?

My dogter se man het met sy werk gereël om te bedank en weer in
dieselfde pos aangestel te word. Dit het hulle in staat gestel om om
die pensioenbydraes (minus belasting natuurlik) in die hande te kon
kry, en daarmee is hul verband kompleet afgelos.

Ons het dit bespreek en selfs met die verlies in die vorm van
belasting wat hulle betaal het, gereken wat hulle oor die jare sou
betaal + rente, was dit 'n score. Sy werk het van sy beplanning geweet
en hulle daarmee ondersteun. Verder is hulle so jonk dat 'n baie goeie
pensioenwaarde weer kan opgebou word en dit sonder die spanning van
'n aanhoudend verhogende huisverband.

Ek dink jy werk erens op 'n tegniese gebied, so drie faktore is
belangrik: Versekering dat jy in dieselfde beroep sal heraangestel
word, hoe lank jy moet bedank eer jy jou hande daarop kan lê
en natuurlik of jy werklik lid is van 'n maatskappypensioen.
Re: Riaan [boodskap #117485 is 'n antwoord op boodskap #117464] Do, 29 Mei 2008 09:28 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:7mgq34pvrvmp8chukq1ltlvs4dgs5sfb1n@4ax.com...

Ek is nie so gelukkig nie, die plek waarvoor ek werk het net 'n 13de tjek en
15 dae 'n jaar verlof as "voordeel".
Vorige onderwerp: Rol van koerante
Volgende onderwerp: die blêddie apartheidsvarke..!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:13:11 MGT 2024