Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe
Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117423] Ma, 26 Mei 2008 02:10 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave die hanskakie is weer aktief op die
nuusgroep. Wat is verkeerd met uit
Afrikaanse koerante aanhaal, ou Dave.
Of is die Engelse taal nou maar deel
van jou psige en voel jy vreeslik in jou
skik dat jy die rooitaal so kan gooi.
Vir jou informasie, ek lees geen pos
op hierdie nuusgroep in Engels nie.
Ek het 'n spesmaas min ander mense
lees dit ook. So as jy enigiemand se
aandag wil trek, is jou kans soveel
beter as jy dit Afrikaans pos.

Gloudina
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117425 is 'n antwoord op boodskap #117423] Ma, 26 Mei 2008 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 May 2008 19:10:49 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave die hanskakie is weer aktief op die
> nuusgroep. Wat is verkeerd met uit
> Afrikaanse koerante aanhaal, ou Dave.
> Of is die Engelse taal nou maar deel
> van jou psige en voel jy vreeslik in jou
> skik dat jy die rooitaal so kan gooi.
> Vir jou informasie, ek lees geen pos
> op hierdie nuusgroep in Engels nie.
> Ek het 'n spesmaas min ander mense
> lees dit ook. So as jy enigiemand se
> aandag wil trek, is jou kans soveel
> beter as jy dit Afrikaans pos.
>
> Gloudina

Nommer 1 Antie, ek dink jy is vreeslik arrogant om te dink dat dit
spesifiek vir jou oë en biblioteek is. Dit inligting is ook vir die
ander 149 bydraers op die groep sowel as die menigte ander (stille
diplomasie) lesers van hier, want dikwels blyk dit vir my dat die
Engelse pers meer krities en op die man af is as die Afrikaanse media.

Nommer 2 sal jy onthou dat ek onlangs vir Jim gesê het dat ek nie die
mense glo wat sê dat hulle sommige pos nie lees nie. Dit is eintlik
net 'n manier om te sê dat dit te naby aan die been sny, en às ek sê
dat ek dit nie gelees het nie, hoef ek geen mening daaroor uit te
spreek nie. (Hierby moet ek voeg dat daar pos is wat ek nie lees nie,
en as voorbeeld kan ek Torreke en Suidwester se uitgebreide en in
diepte gesprek(ke) oor enjins as voorbeeld gee. Maar dit is die tipe
topic wat jy òf in belangstel of dit verveel jou. Dit interesseer my
nie, *maaar... dit is anders, want dit is nie 'n tema waaroor ek my
uitlaat nie.)

Nomer 3 Antie, oor die gooi van die rooitaal. Jy is die een wat, toe
jy die keuse gemaak het tussen die taal wat die polisiemanne in die
Kaspirs gepraat het en die taal wat die wagte by die hekke van die
konsentrasiekampe waar boervrouens en hul kinders in sulke haglike
omstandighede gevange gehou is, dat dit vele se lewens gekos het,
toe kies jy die konsentrasiekampWAGTE, die rooinekke, se taal:-(
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117426 is 'n antwoord op boodskap #117423] Ma, 26 Mei 2008 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:c1dfb35d-7385-4ccd-9bfc-f6c42070f5bd@a1g2000hsb.googleg roups.com...
> Dave die hanskakie is weer aktief op die
> nuusgroep. Wat is verkeerd met uit
> Afrikaanse koerante aanhaal, ou Dave.
> Of is die Engelse taal nou maar deel
> van jou psige en voel jy vreeslik in jou
> skik dat jy die rooitaal so kan gooi.
> Vir jou informasie, ek lees geen pos
> op hierdie nuusgroep in Engels nie.
> Ek het 'n spesmaas min ander mense
> lees dit ook. So as jy enigiemand se
> aandag wil trek, is jou kans soveel
> beter as jy dit Afrikaans pos.
>
> Gloudina

Ek onthou dat jy op 'n staduim gese het dat jy nie omgee as iemand hier iets
in Engels plaas nie, solank dit net relevant ten opsigte van Suid-Afrika is.
Die probleem vandag Gloudina is dat die koerante nie noodwendig meer die
nuus versprei nie. Daar word vooraf bepaal wat geplaas gaan word, en wat die
"angle" gaan wees. So gebeur dit ook dan dat stories wat 'n Engelse koerant
haal nie noodwendig in 'n Afrikaanse koerant beskikbaar is nie.

Dit is hoekom ek so bly is oor Blogs - Dit maak van elke persoon in die
wereld 'n "koerantman" en al die stories kom uit op die lappe. Dit het
hoogtyd geword om al wat koerant is bietjie vas te vat oor die selektiewe
manier hoe hulle te werk gaan
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117427 is 'n antwoord op boodskap #117426] Ma, 26 Mei 2008 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" Ek onthou dat jy op 'n staduim gese het dat jy nie omgee as iemand hier[/color]
> iets in Engels plaas nie, solank dit net relevant ten opsigte van
> Suid-Afrika is. Die probleem vandag Gloudina is dat die koerante nie
> noodwendig meer die nuus versprei nie. Daar word vooraf bepaal wat geplaas
> gaan word, en wat die "angle" gaan wees. So gebeur dit ook dan dat stories
> wat 'n Engelse koerant haal nie noodwendig in 'n Afrikaanse koerant
> beskikbaar is nie.
>
> Dit is hoekom ek so bly is oor Blogs - Dit maak van elke persoon in die
> wereld 'n "koerantman" en al die stories kom uit op die lappe. Dit het
> hoogtyd geword om al wat koerant is bietjie vas te vat oor die selektiewe
> manier hoe hulle te werk gaan

Goed gestel, Riaan. Ek het verlede week verwys na 'n in-diepte ondersoek
wat Noseweek oor die Fidentis-storie gemaak het en waarin hulle probeer het
om op gebalanseerde wyse die anderkant van die verhaal te gee. Daardie stuk
is net in Engels beskikbaar. Ek het die skakel na die webbladsy gegee. Sou
met graagte R30 betaal om die elektroniese kopie te kry en dit hier geplaas
het, maar meen dat ek my daarmee in die moeilikheid by Noseweek kan beland
wat duidelik nie sy artikels gratis beskikbaar stel nie.

Daar bestaan gewoon geen Afrikaanse weergawe daarvan nie.

Die interessante een, Dave en Riaan, is dat Ferdi elke poging om reaksie oor
die Fidentia-storie uit hom te kry, gewoon geignoreer en doodgeswyg het.
Wat moet mens nou daaruit aflei? Dalk dat dit te ongemaklik na aan die
waarheid gekom het oor die "raw deal" wat die man by die owerhede en die
koerante kry?
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117428 is 'n antwoord op boodskap #117427] Ma, 26 Mei 2008 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:yfmdneVE57rFFqfVnZ2dnUVZ8qqlnZ2d@saix.net...

> Die interessante een, Dave en Riaan, is dat Ferdi elke poging om reaksie
> oor die Fidentia-storie uit hom te kry, gewoon geignoreer en doodgeswyg
> het. Wat moet mens nou daaruit aflei? Dalk dat dit te ongemaklik na aan
> die waarheid gekom het oor die "raw deal" wat die man by die owerhede en
> die koerante kry?

Julle het op 'n staduim gepraat van die geldmag, en die manne daaragter. Kyk
maar wie is "in beheer" van die media nie net in SA nie, maar oor die hele
wereld. Ferdi mag moontlik nie iets daaroor se nie in opdrag van die
koerant, of doen dit dalk om sy werk te behou.

Kom nou Ferdi, vertel ons alles
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117429 is 'n antwoord op boodskap #117425] Ma, 26 Mei 2008 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

(Hierby moet ek voeg dat daar pos is wat ek nie lees nie,
> en as voorbeeld kan ek Torreke en Suidwester se uitgebreide en in
> diepte gesprek(ke) oor enjins as voorbeeld gee. Maar dit is die tipe
> topic wat jy òf in belangstel of dit verveel jou. Dit interesseer my
> nie

Ek weer lees gereeld elke ding wat Suidwester
oor enjins sê, want hulle doen dit in Afrikaans en
ek bewonder vir hulle oor hulle kundigheid.

Gloudina
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117430 is 'n antwoord op boodskap #117425] Ma, 26 Mei 2008 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Nomer 3 Antie, oor die gooi van die rooitaal. Jy is die een wat, toe
> jy die keuse gemaak het tussen die taal wat die polisiemanne in die
> Kaspirs gepraat het en die taal wat die wagte by die hekke van die
> konsentrasiekampe waar boervrouens en hul kinders in sulke haglike
> omstandighede gevange gehou is, dat dit vele se lewens gekos het,
> toe kies jy die konsentrasiekampWAGTE, die rooinekke, se taal:-(

Nommer Een, ou Dave, die woord het twee m's in.
Anders sal jy dit noomer moet uitspreek.
Nommer Twee, ek praat nie die rooitaal nie.
Ek praat NoordAmerikaans.

Gloudina
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117432 is 'n antwoord op boodskap #117430] Ma, 26 Mei 2008 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 May 2008 05:13:22 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> Nomer 3 Antie, oor die gooi van die rooitaal. Jy is die een wat, toe
>> jy die keuse gemaak het tussen die taal wat die polisiemanne in die
>> Kaspirs gepraat het en die taal wat die wagte by die hekke van die
>> konsentrasiekampe waar boervrouens en hul kinders in sulke haglike
>> omstandighede gevange gehou is, dat dit vele se lewens gekos het,
>> toe kies jy die konsentrasiekampWAGTE, die rooinekke, se taal:-(
>
> Nommer Een, ou Dave, die woord het twee m's in.
> Anders sal jy dit noomer moet uitspreek.
> Nommer Twee, ek praat nie die rooitaal nie.
> Ek praat NoordAmerikaans.
>
> Gloudina

eops, dit was 'n spelfoutjie. Askies.
Kom ons kyk dan na die tweede nomer waarin jy eintlik bevestig dat die
Amerikaners wel kan ruimtewetenskap toepas, maar nie eens 'n eie taal
kon ontwikkel nie. Die Kanades kan nie een van die twee doen nie, en
deel nou 'n derdehandse taal. Het die Kanadese dan geen verbeelding
nie?
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117433 is 'n antwoord op boodskap #117428] Ma, 26 Mei 2008 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 May 2008 13:13:59 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Torreke" wrote in message
> news:yfmdneVE57rFFqfVnZ2dnUVZ8qqlnZ2d@saix.net...
>
>> Die interessante een, Dave en Riaan, is dat Ferdi elke poging om reaksie
>> oor die Fidentia-storie uit hom te kry, gewoon geignoreer en doodgeswyg
>> het. Wat moet mens nou daaruit aflei? Dalk dat dit te ongemaklik na aan
>> die waarheid gekom het oor die "raw deal" wat die man by die owerhede en
>> die koerante kry?
>
>
> Julle het op 'n staduim gepraat van die geldmag, en die manne daaragter. Kyk
> maar wie is "in beheer" van die media nie net in SA nie, maar oor die hele
> wereld. Ferdi mag moontlik nie iets daaroor se nie in opdrag van die
> koerant, of doen dit dalk om sy werk te behou.
>
> Kom nou Ferdi, vertel ons alles
>

Kom nou Ferdi, vertel ons alles wat jy nie mag nie:-)))

Ons moet nie onbillik wees nie, en julle sou in al my skrywes daaroor
gesien het dat ek Ferdi nooit geblameer het vir enigiets wat aan my
gekrap het by Beeld nie, al het hy Beeld keer op keer verdedig.
En ons was albei reg.

Twee dinge moet nie misgekyk word nie:
Lojaliteit aan die hand met die brood is (gewoonlik) nie verkeerd nie
en die hand met die brood is nie syne nie, maar die van Beeld.

Ek meen, as ek nou die die vrou wat Pick 'n Pay se vloere was uittrap
omdat ek nie van die teëls se kleur hou nie, of as ek nou die dokter
se ontvangsdame uittrap omdat die dokter 'n Hyundi ry terwyl almal
weet dat Toyota die kar ìs, of met Nationwide se vlieëniers baklei
omdat die maatskappy gevou het..
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117441 is 'n antwoord op boodskap #117432] Di, 27 Mei 2008 07:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" Kom ons kyk dan na die tweede nomer waarin jy eintlik bevestig dat die[/color]
> Amerikaners wel kan ruimtewetenskap toepas, maar nie eens 'n eie taal
> kon ontwikkel nie. Die Kanades kan nie een van die twee doen nie, en
> deel nou 'n derdehandse taal. Het die Kanadese dan geen verbeelding
> nie?
>

Dave, om te sê dat die Amerikaners of Kanadese of Australiërs of NZealanders
nie Engels praat nie, is netso goed as om te sê dat die Xhosa's nie 'n
Nguni-taal praat nie. Dis gewoon twak!

Amerikaans of Kanadees of wat mens ookal dit wil noem is gewoon dialekte van
Engels - beslis nie eie tale nie! Dit is nie soos die verskille tussen
Afrikaans en die Dietse Tale waarvan dit hoofsaaklik afstam nie. Afrikaans
het nie net ten opsigte van woordeskat wegbeweeg van die ander Germaanse
tale nie, maar veral die grammatika verskil dramaties, bv. die wegdoen met
die geslagtelik-verskillende woorde, wegdoen van verbuigings en vervoegings
van naamwoorde en werkwoorde, en veral die verandering van die wyse waarop
tye in Afrikaans uitgedruk word - verskillende sinskonstruksies.

Geeneen van dié tipe verskille kom tussen Amerikaanse, Kanadese,
Australiese, NZealandse of Oxford Engels voor nie, hoogstens dialektiese
verskille, soos plaaslike woorde, uitspraak, uitdrukking, ens.

Engels is soos die mense wat hom uitgedink het - imperialisties! Dit
"steel" orals woorde en uitdrukkings uit ander tale en maak dit dan Engelse
eiendom. So het Engels wat in werklikheid 'n Germaanse taal is, soveel
Franse woorde oorgeneem dat selfs baie Engelse moedertaalsprekers dink dit
is 'n Romaanse taal. Gaan kyk na die jongste Oxford dictionary en ek wil
jou waarborg dat jy omtrent nie 'n Afrikaanse woord, presies netsoos ons hom
spel, daarin sal kry nie - hulle het dit gewoon by ons gedeps.

As Afrikaans wil oorleef,sal ons van ons xenofobiese haat teenoor Engels
ontslae moet raak - en van Engels leer wat daar te leer is! - dit is, as jy
jou taal wil laat groei en oorleef, bemark hom! - Monie angsvallig
daaromheen laer trek en alles wat lyk assof dit die "suiwerheid" bedreig
eenvoudig afmaak en uitskop nie.
Re: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe [boodskap #117444 is 'n antwoord op boodskap #117441] Di, 27 Mei 2008 09:33 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 May 2008 09:19:50 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave"
>> Kom ons kyk dan na die tweede nomer waarin jy eintlik bevestig dat die
>> Amerikaners wel kan ruimtewetenskap toepas, maar nie eens 'n eie taal
>> kon ontwikkel nie. Die Kanades kan nie een van die twee doen nie, en
>> deel nou 'n derdehandse taal. Het die Kanadese dan geen verbeelding
>> nie?

>
> Dave, om te sê dat die Amerikaners of Kanadese of Australiërs of NZealanders
> nie Engels praat nie, is netso goed as om te sê dat die Xhosa's nie 'n
> Nguni-taal praat nie. Dis gewoon twak!
>
Presies, Torreke. Dit is wat ek haar aan die verstand probeer bring,
maar sy verstaan moeilik. As dit wat sy praat Noord-Amerikaans sou
wees, dan is dit Afrikaans wat die Engelsprekende Suid Afrikaners
praat. (Of te wel, as sy Noord Amerikaans praat, praat hulle Suid
Afrikaans;-)

> Amerikaans of Kanadees of wat mens ookal dit wil noem is gewoon dialekte van
> Engels - beslis nie eie tale nie! Dit is nie soos die verskille tussen
> Afrikaans en die Dietse Tale waarvan dit hoofsaaklik afstam nie. Afrikaans
> het nie net ten opsigte van woordeskat wegbeweeg van die ander Germaanse
> tale nie, maar veral die grammatika verskil dramaties, bv. die wegdoen met
> die geslagtelik-verskillende woorde, wegdoen van verbuigings en vervoegings
> van naamwoorde en werkwoorde, en veral die verandering van die wyse waarop
> tye in Afrikaans uitgedruk word - verskillende sinskonstruksies.
>
en die taal soveel meer eenvoudig en pragtig gemaak.

> Geeneen van dié tipe verskille kom tussen Amerikaanse, Kanadese,
> Australiese, NZealandse of Oxford Engels voor nie, hoogstens dialektiese
> verskille, soos plaaslike woorde, uitspraak, uitdrukking, ens.
>
en spelling by sommige woorde is ook vereenvoudig;
colour color humour humor favourite favorite ens.

> Engels is soos die mense wat hom uitgedink het - imperialisties! Dit
> "steel" orals woorde en uitdrukkings uit ander tale en maak dit dan Engelse
> eiendom. So het Engels wat in werklikheid 'n Germaanse taal is, soveel
> Franse woorde oorgeneem dat selfs baie Engelse moedertaalsprekers dink dit
> is 'n Romaanse taal. Gaan kyk na die jongste Oxford dictionary en ek wil
> jou waarborg dat jy omtrent nie 'n Afrikaanse woord, presies netsoos ons hom
> spel, daarin sal kry nie - hulle het dit gewoon by ons gedeps.
>
Nog nooit kon sy dit verduidelik waarom sy, toe sy in Soweto die
polisie hoor Afrikaans praat, en toe sy langs van die plaashuise en
mielielande van die boere staan wat in die oorlog aan die brand
gesteek is, en een van die tale moes kies om haar gewete te sus,
die brandstigters se taal gekies het.

> As Afrikaans wil oorleef,sal ons van ons xenofobiese haat teenoor Engels
> ontslae moet raak - en van Engels leer wat daar te leer is! - dit is, as jy
> jou taal wil laat groei en oorleef, bemark hom! - Monie angsvallig
> daaromheen laer trek en alles wat lyk assof dit die "suiwerheid" bedreig
> eenvoudig afmaak en uitskop nie.

Ek woon in Durban, en enigeen weet dat dit beteken dat my gesproke
taal Engels word die oombllik wanneeer ek by die deur uitstap. Meer as
een keer het ek en 'n gespreksgenoot na 'n kwartier of 20 minute
uitgevind dat ons twee Afrikaanssprekendes is wat met mekaar Engels
praat. (Ek lag somtyds daaroor en sê Durban is die stad waar die Boere
Engels praat met mekaar.) Tog sou dit onprakties wees om almal eers in
Afrikaans aan te spreek, wanneer dit onwaarskynlik is dat dit verstaan
gaan word. Jy weet waarvan ek praat want jy woon ook in 'n Engelse
stad.

Maar wat ek eintlik wil sê na aanleiding van jou laaste paragraaf, is
dat ons wat eg Suid Afrikaans is, en lief is vir ons kultuur, nie
maklik die Engelse as genote sal aanvaar nie. Nie hulle haat nie,
maar hulle onthou.
Die engelsman van vandag is steeds nie anders as die khaki nie.
Vorige onderwerp: Wallpapers
Volgende onderwerp: apartheidsregering het opdrag gegee om hulle van mekaar te beveilig.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:20:20 MGT 2024