Bat out of hell [boodskap #587] |
Do, 05 Junie 2003 23:10 |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dave wrote:
>
> Toegegee, in 'n mate, want wanneer een van die Japs
> begin snake, kos dit geweldig kophou om heel daaruit te kom.
> En dit is as gevolg van swak ballans in die raamwerk (dink ek).
>
> Wat roadholding aanbetref, is dit nogal iets interessant om aan te
> dink wanneer jy aan die nuwe 'super' bikes dink wat so ligte raamwerk
> het. Dit is tog asof 'n fiets gewig moet hê om meer solied onder jou
> te voel.
> Wonder hoe sal dit voel om 'n John Deere bike te ry - 'n krag
> parrafien of diesel een:-)))
>
> Kawa
>
En daar gee jy toe sommer in..:-) Ek dog jy sou stry... Ek haal my
hoed af - jy is 'n regverdige ou.
Het jy nog steeds 'n bike?
Lorinda
|
|
|
Re: Bat out of hell [boodskap #615 is 'n antwoord op boodskap #587] |
Vr, 06 Junie 2003 19:12 |
Speedy
Boodskappe: 224 Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 5 Jun 2003 16:10:43 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>>
>
> En daar gee jy toe sommer in..:-) Ek dog jy sou stry... Ek haal my
> hoed af - jy is 'n regverdige ou.
>
> Het jy nog steeds 'n bike?
>
> Lorinda
Nee, ek het die Kawa verkoop
aan 'n jong outjie (23) wat dag
na dag gevra het dat ek dit aan
hom verkoop. Sy huis was 100
treê ver, so hy kon dag na dag
(byna) vra. Nie oordrewe dus.
Die bike het ek nooit weer gesien
nie (of herken nie) want die
jong outjie het kort daarna
selfmoord gepleeg. Homself
vergas as gevolg van 'n
mislukte verhouding met 'n
meisie. . Wat van die fiets
geword het weet ek nie.
My volgende fiets (soos
ek nou voel) is 'n toerfiets.
Nou nog weet ek nie wat
'n Harley so besonders
maak nie. En nie net
BMW maak oulike
toerfietse nie. Miskien
'n BM, miskien 'n
japanees, miskien net
weer 'n lekker kawa
want, ek bly 'n Kawa fan.
Belangrik:
Ek sien hier is 'n nuwe
inloerder. 'Koos'. Dit is
die vuilbek van die ander
groep. As julle stilbly, sal hy
weggaan.
Kawa (op full revs)
|
|
|
|