Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kragdag 10 Mei 2008
Kragdag 10 Mei 2008 [boodskap #117135] Do, 08 Mei 2008 08:53 na volgende boodskap
Sanderis  is tans af-lyn  Sanderis
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 2008
Karma: 0
Junior Lid
Roete-aanwysings vanaf Pretoria : Neem N4 na Witbank tot by _Cullinan/
Rayton/Bapsfontein-afrit /draai na regs/in rigting Bapsfontein/. 3
km vanaf snelweg, ons groen en wit kennisgewingbord links, nog 1 km
grondpad ; ons is 'n groot grasdakhuis.

Uitstallings van verskillende alternatiewe kragbronne- en toestelle
Produkte kan ook gekoop word
Die klem val veral op toestelle wat in gewone huishoudings,
kleinhoewes, plase en kleiner besighede gebruik kan word
Enkele eksperimentele prototipes/gedagtes en teorieë ook
Praatjies deur kundiges en vervaardigers

Biertuin en Teetuin

Formele program:
Uitstallings beskikbaar vanaf 9.00
10.00 - 12.00: Praatjies en verduidelikings _
10.00 - Hennie Bester van BBTRONICS en OMEGA Kommunikasies oor LED
Nood - en alternatiewe beligting
10.30 - Mark Tiepelt van Omnibus Engineering oor sonkrag-stelsels :
o.a.waar dit reeds werk op groot en klein skaal.
11.00 - Frans Joubert, argitek oor Windlaaiers e.a. alternatiewe
bronne
11.30 - Joshua Olivier oor sy uiters effektiewe Jel-stoof en oond
12.00 - Alet Murray oor sonstowe en hoe om dit te gebruik asook ander
planne om kragonafhanklik te wees

Verder is daar verskeie ander uitstallers o.a ook iemand wat 'n
interessante konsep het oor seegolfkragopwekking
Daar is ook verversings beskikbaar: 'n Biertuin en Teetuin wat ook
ligte etes beskikbaar sal hê

Vir meer inligting skakel asb Alida of Hendrik Verwoerd by 083
2585239 / 012 7362154 (Lg is onderhewig aan Telkom se effektiwiteit op
die oomblik - as daar nie antw is nie bel die sel)
Re: Kragdag 10 Mei 2008 [boodskap #117136 is 'n antwoord op boodskap #117135] Do, 08 Mei 2008 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 May 2008 01:53:59 -0700 (PDT), Sanderis
>
> Vir meer inligting skakel asb Alida of Hendrik Verwoerd by 083
> 2585239 / 012 7362154 (Lg is onderhewig aan Telkom se effektiwiteit op
> die oomblik - as daar nie antw is nie bel die sel)

Een van oom Hendrik se seuns het
anc gedraai, as ek reg onthou.
Wonder of dit die een is.
Re: Kragdag 10 Mei 2008 [boodskap #117139 is 'n antwoord op boodskap #117136] Do, 08 Mei 2008 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote in

>> Vir meer inligting skakel asb Alida of Hendrik Verwoerd by 083
>> 2585239 / 012 7362154 (Lg is onderhewig aan Telkom se effektiwiteit op
>> die oomblik - as daar nie antw is nie bel die sel)
>
>
> Een van oom Hendrik se seuns het
> anc gedraai, as ek reg onthou.
> Wonder of dit die een is.
>

Ek dink daar is baie van sy nasate met die naam.
Re: Kragdag 10 Mei 2008 [boodskap #117161 is 'n antwoord op boodskap #117139] Vr, 09 Mei 2008 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sanderis  is tans af-lyn  Sanderis
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 2008
Karma: 0
Junior Lid
Radio Pretoria het al herhaalde male sy twyfel uitgespreek oor die
beweerde gebrek aan elektrisiteit in die land.  Verlede winter was
daar geen sprake van ‘n tekort aan elektrisiteit nie, en sedertdien
het daar nie soveel nuwe huise, nywerhede of myne krag gekry wat hulle
nie verlede winter gehad het nie.

Maar net nadat Eskom se aansoek vir ‘n agtien persent verhoging van
die hand gewys word, is daar skielik nie meer krag nie en word die
land periodiek in duisternis gehul.

En sedertdien is daar geen einde aan die dubbelpratery van Eskom nie. 
Dan word steurkrag ingestel, en dan word dit opgehef.  Dan weer word
die steurkrag ingestel, selfs al is daar nie ‘n tekort nie, so al asof
die krag wat dan gespaar word, in ‘n botteltjie gebêre kan word tot
die winter, wanneer meer krag benodig word.  Ons is vertel dat hierdie
aan-en-afskakel van die krag kan voortduur tot 2012 of selfs later.

Verlede week hoor die Kapenaars dat hulle nie net meer elke tweede dag
kragonderbrekings gaan kry nie, maar ten minste een maal per dag.  En
later dieselfde dag kondig Eskom aan dat die steurkrag nou eers iets
van die verlede is, sogenaamd tot ‘n nuwe bedeling intree in Julie. 
Wat daardie bedeling is, is nie op hierdie stadium duidelik nie.  Maar
daar skyn dan tog tot dan wel genoeg krag beskikbaar te wees!

‘n Natalse koerant het verlede week tereg gevra wat dan nou van die
kragkrisis geword het?  Is daar dan nou nie meer ‘n tekort aan krag
nie, juis hier aan die begin van die winter, noudat die kragverbruik
reeds begin toeneem het?

Natuurlik het Eskom daar geen direkte antwoord op gegee nie, want
enige antwoord sal sy geloofwaardigheid nog verder skaad, indien hy
nog enige geloofwaardigheid oor het.

En net vandag meld Die Burger in die Kaap dat kragonderbrekings tog
nog sal voorkom.  As daar ‘n tekort aan elektrisiteit is, sal Eskom
sonder waarskuwing weer die toevoer afsny.  Maar die steurkrag is dan
juis ingevoer, sogenaamd sodat mense en besighede kan beplan. 
Advertensieveldtogte van miljoene rande is in die media geloods om die
voordele van dié steurkrag te verkoop, en sodat die mense nie te kwaad
moet wees vir die absolute ongerief wat veroorsaak word nie. Wat word
nou daarvan?  Was dit nog ‘n spul vermorste geld deur Eskom se
bestuur, soortgelyk aan die belaglike wanprestasiebonusse wat aan die
topbestuur betaal word?  Het dit nie nou tyd geword dat die ANC ophou
om met die SABC-raad te baklei, en eerder die Eskom bestuur te vervang
nie.  Want dié instelling se wanbestuur word daagliks al hoe meer
opvallend.  Hulle vernaamste prestasie is die dreigement van
buitensporige tariefverhogings, wat die ekonomie eenvoudig nie kan dra
nie.

Daar word nou heelwat gepraat oor eiendomspryse wat daal en die
ekonomie wat afkoel, as gevolg van die rentekoersverhogings.  Maar
Eskom se rol in die ekonomiese afgang word verswyg.  Geen instelling
kan op volle krag produseer of diens lewer as daar geen redelike
voorsiening is dat ‘n werksdag sonder kragonderbrekings sal verloop
nie.  Ons is dus weer terug by die begin: kragonderbrekings,
onaangekondig, met maksimum chaos.  En steeds twyfel ons of daar ‘n
werklike elektrisiteitskrisis is.  Ons glo steeds dat die verbruiker
deur Eskom rondgegooi en verontrief word, net sodat hy nog meer geld
uit die verbruiker kan pers, sodat sy bestuur volgende jaar weer vir
hulleself bonusse kan uitbetaal.

Ons herhaal vandag ons vorige oproep: ons moet na ons eie
kragvoorsiening begin kyk, sodat ons onafhanklik van Eskom kan word. 
In daardie opsig is die naweek se Kragdag by Diamantvallei heel tydig,
en ons sien met belangstelling uit na wat daar aan ons mense gebied
kan word, want dit is van die uiterste belang.

Radio Pretoria nuuskommentaar : Dinsdag 06 Mei 2008
Re: Kragdag 10 Mei 2008 [boodskap #117163 is 'n antwoord op boodskap #117161] Vr, 09 Mei 2008 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 9 May 2008 04:40:42 -0700 (PDT), Sanderis
wrote:

Re. Kragdag 10 Mei 2008
My ou maat, ons is net sowat vier mense op die nuusgroep
en van die 4 woon 2 by die kus, twee in NZ drie in Aus
een in die Namib, een in Jo'hies, een in Verwoerdburg,
en een in, wat voorheen 'n Indiaanse reservaat was,
toe die Kanadese die Indiane wat hulle nie geskiet het nie,
in 'n reservaat ingehok het.

Een van die groep sal nie moet jou saamstem dat die swartes enige iets
verkeerd kan doen nie, maar sy is reeds van die verhoog af gejaag
en kry geen mediadekking nie.

Die Verwoerdburger sal heelwaarskynlik gaan saamgesels en terugvoering
gee. Dankie dat jy daarvan sê. Watter Verwoerdjie het ny die anc
aangesluit jare gelede al?

>
> En sedertdien is daar geen einde aan die dubbelpratery van Eskom nie. 
> Dan word steurkrag ingestel, en dan word dit opgehef.  Dan weer word
> die steurkrag ingestel, selfs al is daar nie 'n tekort nie, so al asof
> die krag wat dan gespaar word, in 'n botteltjie gebêre kan word tot
> die winter, wanneer meer krag benodig word.  Ons is vertel dat hierdie
> aan-en-afskakel van die krag kan voortduur tot 2012 of selfs later.
>

Ons stadsraad lewer maandeliks 'n baie oulike tydskrif, waaraan
meegedoen kan word, by elke huis en posbus, af. Elke belastingbetaler
kry elke maand een gratis.

In die nuutste weergawe (gister gekry) kla 'n inwoner oor van die
menige robots wat gereeld nie werk nie. Hier volg die relevante deel
van die stadsraad se antwoord aan hom:

'The latest series of problems have been due to a central processing
unit (CPU) in the controller breaking down. And load shedding has
contributed to the problems, not only for the period the power is off,
but often when power comes on the controller has to cope with a power
surge."

Nou, ek het voorheen meer as een keer hier vertel want die swart
kollega wat 'n hele paar jaar 'n kantoor in dieselfde gang as ek gehad
het. Haar geliefde sêding was: Dêt laat jou dênk, né!"
Re: Kragdag 10 Mei 2008 [boodskap #117169 is 'n antwoord op boodskap #117163] Sa, 10 Mei 2008 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 9 May, 14:13, Dave wrote:
> On Fri, 9 May 2008 04:40:42 -0700 (PDT), Sanderis
>
> wrote:
>
> Re. Kragdag 10 Mei 2008
> My ou maat, ons is net sowat vier mense op die nuusgroep
> en van die 4 woon 2 by die kus, twee in NZ drie in Aus
> een in die Namib, een in Jo'hies, een in Verwoerdburg,

Op "Google Groups" is daar 134 subskripsies op hierdie spesifieke
groep. Dit is slegs die ouens wat 'n Google Groups account het wat nie
nodig is as jy net wil lees nie..
Elke maal wanneer ek die groep via Google besoek, word daar aangedui
hoeveel maal die groep besoek is sedert die laaste maal wat ek
ingeloer het. Dit gee my altyd die indruk dat daar nogal heelwat mense
is wat wel die groep lees. Die laaste 5 minute was daar 14 "webviews"
en dit op 'n Saterdag!
Die feit dat nie baie mense deelneem nie sê wel baie oor die manier
waarop bydraes ontvang word.
Re: Kragdag 10 Mei 2008 [boodskap #117171 is 'n antwoord op boodskap #117169] Sa, 10 Mei 2008 09:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 10 May 2008 01:47:58 -0700 (PDT), Jottie
wrote:

> On 9 May, 14:13, Dave wrote:
>> On Fri, 9 May 2008 04:40:42 -0700 (PDT), Sanderis

>> wrote:

>> Re. Kragdag 10 Mei 2008
>> My ou maat, ons is net sowat vier mense op die nuusgroep
>> en van die 4 woon 2 by die kus, twee in NZ drie in Aus
>> een in die Namib, een in Jo'hies, een in Verwoerdburg,
>
> Op "Google Groups" is daar 134 subskripsies op hierdie spesifieke
> groep. Dit is slegs die ouens wat 'n Google Groups account het wat nie
> nodig is as jy net wil lees nie..

> Elke maal wanneer ek die groep via Google besoek, word daar aangedui
> hoeveel maal die groep besoek is sedert die laaste maal wat ek
> ingeloer het. Dit gee my altyd die indruk dat daar nogal heelwat mense
> is wat wel die groep lees. Die laaste 5 minute was daar 14 "webviews"
> en dit op 'n Saterdag!

Ja, daar is bv. mense wat gesê het dat hulle nie meer gaan deelneem
nie, (een van hulle het dit baie onlangs aan Torreke gesê) maar ons
weet dat hulle nie 'n woord mis van wat hier gesê word nie.
Jy het nog nie opgelet hoe die nuusgroep toegesak word wanneer
Gloudina vir haaar kinders gaan kuier.

> Die feit dat nie baie mense deelneem nie sê wel baie oor die manier
> waarop bydraes ontvang word.

Dis Torreke..! Of Jim.. of Riaan ! Sal nooit myne wees wat negatief
ontvang word nie!

Weer gedink en nou met so ernstige uitdrukking gesê:
Ja, ons is somehow soos Hagar se gesin, of soos Andy en Flo.
Ons veg sonder ophou maar een wat weggaan word gemis.
Ek dink ons is tipe van 'n klan.
Re: Kragdag 10 Mei 2008 [boodskap #117172 is 'n antwoord op boodskap #117171] Sa, 10 Mei 2008 15:49 Na vorige boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 10 May, 11:04, Dave wrote:
> Ja, daar is bv. mense wat gesê het dat hulle nie meer gaan deelneem
> nie, (een van hulle het dit baie onlangs aan Torreke gesê) maar ons
> weet dat hulle nie 'n woord mis van wat hier gesê word nie.

Net om daai punt te bevestig, Google dui aan dat daar 189 "web views"
op die groep was sedert ek 7 ure terug my laaste boodskap gepos het.
Dit beteken daar is meer nuuskieriges soos ek... ;-)
Vorige onderwerp: Re: Protect yourself against Operation Sudden Fall
Volgende onderwerp: Re: Neil Turok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:48:08 MGT 2024