Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die babyboomers
Die babyboomers [boodskap #117048] Vr, 02 Mei 2008 00:14
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Toe ek nog in SA gebly het, het ek geweet van die
woord "babyboomers" en die betekenis daarvan. Maar
ek het nie gedink dit verwys na iets baie belangrik nie.
Selfs nou nog wonder ek of daar genoeg van 'n baby
boom in SA was dat dit enigsins 'n effek op mense
se lewens gehad het. Ek het ook die gevoel dat
selfs in Engeland, of ander Europese lande, daar nie
so 'n merkbare baby boom was, sodat dit in die meer
as vyftig jaar na die oorlog ge-eindig het, die effek nog
gevoel kan word nie.
In Noord-Amerika is dit egter anders. Hier kon
ek, in my leeftyd, die sosiale, ekonomiese en
kulturele effek van die groot aantalle babas wat
in die laat veertigerjare en vroeg vyftigerjare gebore
is, eerstehands sien. Toe ek in die vroeg-sestigerjare
na Kanada gekom het, was die babyboomers in die
skole. Ek het eers in die universiteitsbiblioteek gewerk
in die dorp waar my man klasgegee het, maar toe
kom daar 'n prinsipaal van 'n skool en kom smeek
vir my om in sy skool te kom skoolhou. Hy het
'n aardrykskunde-onderwyser nodig gehad. Ek
het aanvanklik gesê dis nie die vak waarin ek opgelei
is nie, maar hy het aangehou smeek en ek het toe
vir hom gaan skoolhou. ( In die proses het die skole
in Noord-Amerika baie onderwysers geabsorbeer,
en in die dekades daarna, nadat die babyboomers
uit die skole beweeg het, het die skole met teveel
onderwysers gesit. Dus, vir 'n lang ruk was dit nie
maklik in die laat sestigerjare en daarna, om
onderwys poste in skole te vind nie.
In die laat sestigerjare het die babyboomers
deur die universiteite gegaan. Skielik was universiteite
desperaat vir professors en het hulle selfs mense
wat nie baie kwalifikasies gehad het nie, in die
universiteitssisteem ingesuig. Toe die babyboomers
as 'n groep nou uit die universiteite beweeg, toe was
daar soveel oortollige professore in die universiteite
dat dit baie moeilik was vir jong akademici om
voltydse poste aan universiteite te bekom en was
die akademiese mark amper sonder beweging.
Toe al hierdie babyboomers nou in die
werksmark ingaan, was daar soveel van hulle dat
hulle mekaar vertrap het en promosie was nie
maklik nie. Dus was dit 'n moeilike werksmark
vir 'n hele paar dekades.
Nou egter, is die babyboomers besig om
uit die werksmark uit te gaan, en skielik, vir die
geslag na hulle, is daar baie openinge en vinnige
promosies. Ons jongste kind, wat in die staatsdiens
is, gaan vinniger op met die werksleer as wat ons
verwag het. Jong talent is nou so gesog soos
professore was toe die babyboomers deur die
universiteite gegaan het in die sestigerjare.
Dis regtig merkwaardig hoe omstandighede
beinvloed word deur onvoorspelbare ontwikkelinge.

Gloudina
Vorige onderwerp: Torreke
Volgende onderwerp: Waar is hulle nou?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 02:48:50 MGT 2024