Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Arbeidsprobleme in Namibië
Arbeidsprobleme in Namibië [boodskap #115491] Di, 20 November 2007 11:17
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namibië is besig om 'n verskriklike prys te betaal aan die Sjinese vir die
ondersteuning wat hulle ontvang het in die vryheidstryd van Swapo. Sjina
is besig om hulle pond vleis op te eis en die land se gewone werker is die
mense wat tweede kom. Groot boukontrakte word aan Sjinese maatskappye
toegeken [werk wel goedkoper, maar hulle bring hulle eie arbeiders vanuit
Sjina en betaal hulle baie minder as die minimumloon volgens Namibiese wet
want hulle's Sjinese burgers en nie onderhewig aan Namibiese arbeidswette
nie]. Na die kontrakte voltooi is, bly die maatskappye gevestig in Namibië
en die werkers bly hier.
Nou wat sou die probleem wees, sou mens vra? Die land kry dan
goedkoper staatsgeboue. As die staat 'score' dan 'score' die land mos ook?
Dis nie so eenvoudig nie. Die gewone arbeider en ambagsman in die
boubedryf staan nie 'n kans om die werk op hierdie projekte te kry nie.
Die werkloosheidsyfer in Namibië beloop al 65%! Dit was verstommend om op
TV te sien hoe die vakbondleiers en regeringsamptenary hierdie kontrakte aan
die Sjinese verdedig en hoe hulle dink hulle die land se belange op die
hande dra. Daar is 'n totale onbegrip om te verstaan dat as jy plaaslike
arbeid gebruik, dan gaan al die geld wat jy die arbeiders betaal,
teruggeploeg word in jou ekonomie en gaan jy 15% VAT inwin op elke dollar
wat gespandeer word, plus die goedere se omset wat hierdie mense gaan
verbruik. Dis baie, baie meer geld vir jou ekonomie as wat die
Sjinesebesparingsprojek vir jou bring.
Die enigste gevolgtrekking wat mens hieruit kan maak, is dat die mense in
diens van die staat, saam met die politici, eenvoudig nie die agtergrond en
ondervinding het om die land tot voordeel van almal te bestuur nie.
Vorige onderwerp: Jotti en Namibië
Volgende onderwerp: Die Gat - 002.jpg (0/1)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 02:42:23 MGT 2024