Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jou ou skoolfotos op die net
Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115488] Ma, 19 November 2007 17:51 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gaan loer gerus hier in. Jy sal jou eie oë nie glo nie.

http://www.worldschoolphotographs.com
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115489 is 'n antwoord op boodskap #115488] Di, 20 November 2007 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Nov 2007 19:51:41 +0200, "Torreke" wrote:

> Gaan loer gerus hier in. Jy sal jou eie oë nie glo nie.
>
>
> http://www.worldschoolphotographs.com

Ha.ha.
Prente van ape is actually so lank al nie meer snaaks nie.
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115495 is 'n antwoord op boodskap #115489] Wo, 21 November 2007 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Ha.ha.
> Prente van ape is actually so lank al nie meer snaaks nie.

Watter ape? Myne het genuine skoolkinders...
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115497 is 'n antwoord op boodskap #115488] Wo, 21 November 2007 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tik Torreke in en jy kry elke keer dieselfde aap op lyn!

"Torreke" skryf in boodskap news:4pSdnUG9Qv2sUNzaRVnyjgA@saix.net...
> Gaan loer gerus hier in. Jy sal jou eie oë nie glo nie.
>
>
> http://www.worldschoolphotographs.com
>
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115498 is 'n antwoord op boodskap #115497] Wo, 21 November 2007 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Tik Torreke in en jy kry elke keer dieselfde aap op lyn!

Uitgevang, nie waar nie. :-)
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115499 is 'n antwoord op boodskap #115498] Wo, 21 November 2007 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nix. Riaan het die speletjie weggegee en toe onthou ek die ding van so 'n
entjie terug. Ek neem maar aan jy kry elke keer 'n aap as jou skoolfoto?
Hehe. Soos ek mos sê, dit voel vir jou normaal! Nou net voor jy de moer
in raak, ek grap net. Jy's 'n standvastige lid van die gemeenskap....moet
wees jy ry nog 'n ou Hilux, darem nie meer die vrugafdrywers nie, maar darem
'n petrolvraat.

"Torreke" skryf in boodskap news:PbGdnUf8mJfStdnanZ2dnUVZ8vqdnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Tik Torreke in en jy kry elke keer dieselfde aap op lyn!
>
> Uitgevang, nie waar nie. :-)
>
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115500 is 'n antwoord op boodskap #115499] Wo, 21 November 2007 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" Nix. Riaan het die speletjie weggegee en toe onthou ek die ding van so[/color]
> 'n entjie terug. Ek neem maar aan jy kry elke keer 'n aap as jou
> skoolfoto? Hehe. Soos ek mos sê, dit voel vir jou normaal! Nou net
> voor jy de moer in raak, ek grap net.

Ek weet.

> Jy's 'n standvastige lid van die gemeenskap....moet wees jy ry nog 'n ou
> Hilux, darem nie meer die vrugafdrywers nie, maar darem 'n petrolvraat.

Dankie. Maar myne is nie 'n petrolvraat nie - kan nie wees nie! - want hy
(of is dit sy?) loop op die diesel. Baie ekonomies vir die krag en spoed
wat hy uitsit.
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115503 is 'n antwoord op boodskap #115500] Do, 22 November 2007 05:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:cO2dndoE7MAk2tnanZ2dnUVZ8sylnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester"
>> Nix. Riaan het die speletjie weggegee en toe onthou ek die ding van so
>> 'n entjie terug. Ek neem maar aan jy kry elke keer 'n aap as jou
>> skoolfoto? Hehe. Soos ek mos sê, dit voel vir jou normaal! Nou net
>> voor jy de moer in raak, ek grap net.
>
> Ek weet.
>
>> Jy's 'n standvastige lid van die gemeenskap....moet wees jy ry nog 'n ou
>> Hilux, darem nie meer die vrugafdrywers nie, maar darem 'n petrolvraat.
>
> Dankie. Maar myne is nie 'n petrolvraat nie - kan nie wees nie! - want hy
> (of is dit sy?) loop op die diesel. Baie ekonomies vir die krag en spoed
> wat hy uitsit.
---Agge nee. KZTE noem jy krag? Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer bid
teen elke bult!
>
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115504 is 'n antwoord op boodskap #115499] Do, 22 November 2007 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:EMidnaB8XNSHrtnanZ2dnUVZ8uSdnZ2d@saix.net...
> Nix. Riaan het die speletjie weggegee en toe onthou ek die ding van so
> 'n

Ek mis hierdie deel ... Speletjie weggegee - Ek ?
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115505 is 'n antwoord op boodskap #115503] Do, 22 November 2007 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote

>> Dankie. Maar myne is nie 'n petrolvraat nie - kan nie wees nie! - want
>> hy (of is dit sy?) loop op die diesel. Baie ekonomies vir die krag en
>> spoed wat hy uitsit.
> ---Agge nee. KZTE noem jy krag? Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer bid
> teen elke bult!

Ek het nie gesê hy oorvloed krag nie, bloot dat hy ekonomies is vir die
hoeveelheid krag wat hy uitsit. Natuurlik waardeer ek ook die krag wat die
top of the range modelle uitsit, maar die brandstofverbruik is iets
afgryseliks.

Dit gaan egter nie vir my soseer oor die kostefaktor verbonde aan die hoë
brandstofverbruik nie, ek probeer uitleef wat ek oor die oorlewing van
planeet aarde preek. M.a.w. dis 'n groen kwessie. Die hoër
brandstofverbruik beteken vinniger uitputting van die beskikbare bronne en
grote bydrae tot die kweekhuisgasse en kweekhuiseffek.

My swaer wat 'n landmeterspraktyk aan die Weskus het, ry Nissan Patrol. Hy
beduie my altyd hoe goedkoop hy die goed tweedehands kry, so die afgryselik
brandstofverbruik maak nie saak nie. Maar hy het nie antwoord vir my groen
argument nie.

Soos jy waarskynlik weet, staan ons aan die begin van die parmanente
oliekrisis. Die grootste oliebronne het hulle platofase bereik. Olie is
vinnig op pad na $100 'n vat toe en hy gaan nie weer afkom nie. Die punt
waar die vervaardigers gedwing gaan word om krag vir ekonomie te begin
verruil is hier. Ek dink jy weet dit als waarskynlik beter as ek.
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115506 is 'n antwoord op boodskap #115505] Do, 22 November 2007 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:HZWdnbwgOs-p8tjanZ2dnUVZ8vqdnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" wrote
>
>>> Dankie. Maar myne is nie 'n petrolvraat nie - kan nie wees nie! - want
>>> hy (of is dit sy?) loop op die diesel. Baie ekonomies vir die krag en
>>> spoed wat hy uitsit.
>> ---Agge nee. KZTE noem jy krag? Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer
>> bid teen elke bult!
>
> Ek het nie gesê hy oorvloed krag nie, bloot dat hy ekonomies is vir die
> hoeveelheid krag wat hy uitsit. Natuurlik waardeer ek ook die krag wat
> die top of the range modelle uitsit, maar die brandstofverbruik is iets
> afgryseliks.
---Jy maak 'n moerse fout. Die 2.5 D4-D 4x4 gee rustig 11km/liter op
120km/u en hy't meer krag en torque as die KZTE [LW bruikbare krag en
torque]. Die 3.0 D4-Dis in 'n wêreld van sy eie en gee op 150km/u
8.6km/liter oor die gemiddeld. Ek hoor jy kry maklik 10km/l as jy stadig
ry [dis nou so 120'erig], maar kon nog nooit die moed kry om dit te probeer
nie. Daai speedo-mannetjie in my bakkie hy wil net hol!
>
> Dit gaan egter nie vir my soseer oor die kostefaktor verbonde aan die hoë
> brandstofverbruik nie, ek probeer uitleef wat ek oor die oorlewing van
> planeet aarde preek. M.a.w. dis 'n groen kwessie. Die hoër
> brandstofverbruik beteken vinniger uitputting van die beskikbare bronne en
> grote bydrae tot die kweekhuisgasse en kweekhuiseffek.
>
> My swaer wat 'n landmeterspraktyk aan die Weskus het, ry Nissan Patrol.
> Hy beduie my altyd hoe goedkoop hy die goed tweedehands kry, so die
> afgryselik brandstofverbruik maak nie saak nie. Maar hy het nie antwoord
> vir my groen argument nie.
-----Kom ek krap jou deurmekaar. As jy 'n 2.7 petrol Hilux vergelyk met
die diesel ekwivalent, dan is daar so 'n R30 000 verskil in prys. As jy op
brandstofbesparing alleenlik kyk, dan moet jy so 150 000km ry net om eers
gelyk te breek met die diesel se duurder koste, duurder dienste, ens.
>
> Soos jy waarskynlik weet, staan ons aan die begin van die parmanente
> oliekrisis. Die grootste oliebronne het hulle platofase bereik. Olie is
> vinnig op pad na $100 'n vat toe en hy gaan nie weer afkom nie. Die punt
> waar die vervaardigers gedwing gaan word om krag vir ekonomie te begin
> verruil is hier. Ek dink jy weet dit als waarskynlik beter as ek.
----Yep, ek is bewus van die probleem en dit is so dat olie al duurder word.
Of dit werklik 'n finansiële verskil gaan maak, weet ek nie want alles gaan
in proporsie hoër gaan saam met die brandstofprys. Wat daai ou met die
Patrol jou dalk nie vertel het nie, is dat hy die koste van sy brandstof
afskryf teen belasting, so dit maak nie werklik saak nie. As hulle begin
rantsoeneer op brandstof, dan is ons in kakstraat sonder 'n nommer. Dan,
daai dag, dan is my diesels in die pound seat, want ek kan ook stadiger ry
en minder brandstof geruik. Die petrolkarre help nie veel nie.
>
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115507 is 'n antwoord op boodskap #115503] Do, 22 November 2007 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
, "Suidwester" wrote:

> Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer bid teen elke bult!



Waarom is dit dat, wanneer iemand jou vertel dat daar 'n biljoen
sterre is in die hemelryk, glo jy dit; maar as daar vir jou gesê word
dat daar nat verf is teen die muur wil jy daaraan vat om seker te
maak?
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115508 is 'n antwoord op boodskap #115507] Vr, 23 November 2007 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:t27bk3pmoq40feag2ohl76r9k5jsot0h84@4ax.com...
>
> , "Suidwester" wrote:
>
>
>> Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer bid teen elke bult!
>
>
>
> Waarom is dit dat, wanneer iemand jou vertel dat daar 'n biljoen
> sterre is in die hemelryk, glo jy dit; maar as daar vir jou gesê word
> dat daar nat verf is teen die muur wil jy daaraan vat om seker te
> maak?
-----Omdat daar dinge soos humor ook is.
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115509 is 'n antwoord op boodskap #115507] Vr, 23 November 2007 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 Nov 2007 17:19:55 +0200, Dave wrote:

>
> , "Suidwester" wrote:
>
>
>> Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer bid teen elke bult!
>
>
>
> Waarom is dit dat, wanneer iemand jou vertel dat daar 'n biljoen
> sterre is in die hemelryk, glo jy dit; maar as daar vir jou gesê word
> dat daar nat verf is teen die muur wil jy daaraan vat om seker te
> maak?

Omdat jy weet dis onmoontlik om die sterre te tel, maar jy KAN aan die
muur vat?
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115510 is 'n antwoord op boodskap #115508] Vr, 23 November 2007 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 23 Nov 2007 06:36:05 +0100, "Suidwester" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:t27bk3pmoq40feag2ohl76r9k5jsot0h84@4ax.com...

>> , "Suidwester" wrote:


>>> Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer bid teen elke bult!
>>
>>

>> Waarom is dit dat, wanneer iemand jou vertel dat daar 'n biljoen
>> sterre is in die hemelryk, glo jy dit; maar as daar vir jou gesê word
>> dat daar nat verf is teen die muur wil jy daaraan vat om seker te
>> maak?
> -----Omdat daar dinge soos humor ook is.
>

Die humor daarin was nie misgekyk nie -
inteendeel. die ironie in wat ek gesê het was myns insiens
ook 'n glimlag werd.

Ek was al daarvan beskuldig dat ek, in normale gesprekke,
'n grap op 'n te ernstige wyse maak, en dat dit dan ernstig opgeneem
word. Dit is ook wanneer ek dit ook in die daaglikse gang doen sonder
om leestekens agteraan te las.
Ek vind dit verspot maklik om te lag met 'n ernstige gesig.
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115511 is 'n antwoord op boodskap #115509] Vr, 23 November 2007 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 23 Nov 2007 09:50:03 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 22 Nov 2007 17:19:55 +0200, Dave wrote:
>
> > , "Suidwester" wrote:


>>> Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer bid teen elke bult!
>>
>>

>> Waarom is dit dat, wanneer iemand jou vertel dat daar 'n biljoen
>> sterre is in die hemelryk, glo jy dit; maar as daar vir jou gesê word
>> dat daar nat verf is teen die muur wil jy daaraan vat om seker te
>> maak?
>
> Omdat jy weet dis onmoontlik om die sterre te tel, maar jy KAN aan die
> muur vat?

Moet wees - dis makliker om van die sterre te glo
(en natuurlik onmoontlik om verkeerd te bewys:-)

En ek glo buitendien dat dit verkeerd is. Dat sterre ontelbaar is
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115518 is 'n antwoord op boodskap #115488] Ma, 26 November 2007 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news.telkomsa.net" skryf in boodskap news:XfSdnRBdYcsKrdTanZ2dnUVZ8t-nnZ2d@saix.net...
>
> Erens mekaar misverstaan. Ek het dfie 2.5 D4-D. En ja, hy geen maklik
> 11k/l @ 120km/u. Dis die een wat in 4x4 opgewen het. Vermoed hulle het
> die 3.0 D4 se "agteras" ingehad. Met daardie agteras het ek 13k/l gekry.
> Wou nog die hele tyd by Totyota navraag doen, presies waarom hulle die
> ratverhoudings op die 2 modelle verskillend het, want dit maak geen
> verskil in krag uitset nie - inteendeel ek het die gevoel dat my bakkie
> beter geklim het met die "verkeerde" "agteras" in as met die regte een,
> wel in brandstof verbruik.
>
> Jy ken mos baie beter van dié goete en het jou konneksies in Toyota.
> Klaar vir my hierie een op.
------'n Voertuig word ontwerp om oor die gemiddelde te werk en nie in
uiterstes nie. Daar móét twee ratverhoudings op die agteraste wees vir dié
enjins om die rybaarheid van die voertuie reg te kry. Ja, jou 2.5 sal
lekker op die oop pad ry met die 3 liter se lang bene, maar laai hom erg en
gaan ry bulterige paaie en jy gaan ly. Daar is 'n groot verskil in
wringkrag tussen die twee enjins, hoofsaaklik omdat die groter enjin 'n
veranderbare turbo inhet met 'n tussenverkoeler. Daarom kan hy normaal
loop met langer bene.
As jy die agterste as van jou 2.5 sou vervang met die 3.0 se as [soos
dit was] en jy verander nie die voor-as nie, dan gaan jou stelsel opwen en
gaan jou bakkie al swaarder en swaarder stuur tot iets meegee. Sou jy
egter die voorste as van jou bakkie ook na die 3.0 se verhouding toe
verander, dan gaan jou bakkie lekker lig op brandstof loop op die oop pad,
maar gaan swaarder in die dorp wees en op swaar 4x4 ry, gaan hy so pap soos
'n lap wees.
So wat sê dit vir ons? As 'n rep wat die hele dag op die oop pad
spandeer sy bakkie se verhoudinge verander om langer bene te hê, dan gaan hy
baie brandstof bespaar......2km/l beter soos wat jy sê. Soos wat ek dit
uitwerk, gaan die twee diffs se verhoudingsverandering jou sekerlik so R16
000 kos en met 'n 2km/l besparing gaan dit jou so 190 000km vat om die geld
terug te kry. Nie die moeite werd nie......

------Hoe kon dit gebeur? Diffs word buite vervaardig as 'n komponent en
dit kan gebeur dat dit verkeerd gemerk word. Dit was bloot 'n fout.

>
> Jy't nie ingegaan op my groen argument nie - nl. dat planeet aarde nie
> meer die lugbesoedeling wat noodwendig met hoër brandstofverbruik gepaard
> gaan, kan bekonstig nie. Ek verneem graag jou siening daaroor. :-)
-----Hel, maar ons is ordentlik met mekaar, is ons nie? Wel, Rome word nie
in een dag gebou nie. Tegnologie watontwikkel vat tyd. Kyk net na die
vorige Hilux en na die nuwe ene. Met die ou diesels sou jy knetter om
beter as so 6-7km/liter te kry en dan ry jy nie eers vinnig nie [kon ook g'n
nie!]. Met die nuwe common rail diesels praat ons van 10, 11 en tot 14km/l
as jy stadig ry! Ek weet nie hoe dink jy nie, maar dit is vir my so 40%
verbetering! Lees van die nuwe diesel Cruiser V8 wat uitkom en jy sal sien
dat hy ook amper 10km/l gee!
Ja, ons het 'n moerse probleem met die brandstof, maar die mense spyker
ook lustig voort en maak meer en meer kleintjies en elkeen is 'n potensiële
brandstofverbruiker. Die mense raak eenvoudig te veel vir die planeet.
Dit weer tyd vir 'n wêreldoorlog!
Die lugbesoedeling is hier by ons ver verwyderd van julle manne se
probleem af want hier is geen besoedeling nie, daarom seker maar dat ons so
effe stadig is met die storie? Ek dink egter in die dig bewoonde gebiede
is die oplossing nie so eenvoudig nie. As jy per enkel persoon werk, dan
moet jy sy blaker by die werk kry elke dag en weer terug. Dit sou dalk
maklik wees om te sê dat die ou met 'n bus moet ry en nie met sy kar nie,
maar hoeveel uitlaatgasse gee die bus minder aan die lug as sy inhoud se
individuele karre? Loop die busse na alle plekke toe? Is die land en sy
stede nie nog te wyd uitgestrek nie? As jy daai bus met elektrisiteit laat
loop, hoeveel kole moet jy verbrand om die krag op te wek om dit weer te
laat laai? Wat van waterstof? Dit vra meer energie om krag op te wek uit
waterstof as wat dit uitgee. So jy wen nie eintlik nie.
Wat kan ons as mense individueel doen om minder brandstof te gebruik?
- Ry stadiger [80km/u maksimum]
- Ry minder [groceries net een maal per maand en op grootmaat]
- Gebruik jou telefoon om te shop en vergeet van shopping malls.
- Vooruit beplanning. Om te verhoed dat onnodige ryery uitgeskakel word.
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115561 is 'n antwoord op boodskap #115488] Sa, 01 Desember 2007 07:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:Gq2dnWkVu5l1YtLanZ2dnUVZ8qClnZ2d@saix.net...
>
> Maak sin. Sien in PM hulle adverteer tussenverkoeler vir 2.5 en maak
> aanspraak dat dit wringkrag tot soveel as 25% kan vermeerder. Prys is in
> omgewing van R4000.
> Stem jy saam?
------Dit klink reg, want die tussenverkoeler koel die lug af wat deur die
witwarm turbo kom na die enjin toe en hoe koeler die lug is, hoe meer
brandstofgas kan dit vat en hoe beter trek die voertuig. Jy moet net sorg
dat jy dit by iemand laat doen wat 'n kundige is op die gebied. Skakel vir
Dastek in Pretoria. Hulle is die ontwerper van die Unichip [Pieter de
Weerd] en weet die beste. Die 3.0 se chip en instel het so R5000 gekos.
Met 'n tussenverkoeler by vir net R4000? Maak dubbeld seker van die
kwaliteit.

Ek oorweeg dit nie. Wonder net waarom Toyota nie die opsie gee om die
> voertuig met 3l se diffs voor en agter te kry nie. Ek dink die verre
> meerderheid mense wat dié soort voertuig koop, gebruik hom (soos ek)
> hoofsaaklik op die oop pad. Ek gebruik gewoon nie die voertuig in
> uiterste toestande nie.
------Ek dink nie Toyota kan so maklik van rigting verander nie. Die boere
soebat nou al vir twee jaar sedert die nuwe bakkie verskyn het vir 'n 3.0
D4-D 4x4 singe cab bakkie en dit klink dalk of Toyota dalk binnekort dit
dalk kan doen. Hulle swaai blykbaar iets soos 8 000 bakkies elke maand
[3000 plaaslik en 5000 gaan Oz toe] en sê 'n 200 of 300 bakkies vir die
boere lê seker nie hoog op die prioriteitslys in so 'n massa nie?
>
>
>> -----Hel, maar ons is ordentlik met mekaar, is ons nie?
>
> Is jy nie bly daaroor nie? :-) :-) ----Nice!
>
> Of heeltemal op 'n ander terrein. Ek was altyd op godsdienstige gronde
> teen verassing - probeer nie weer met jou oor godsdiens met jou stry nie!
> Deesdae is die groen argument vir my soveel sterker. Die dooie ou het vir
> 60, 70 , 80 jaar energie uit sy omgewing onttrek en koolsuurgas uitgeblaas
> wat bygedra het tot die kweekhuis effek en globale verwarming. Nou
> verbrand ons hom en gebruik in die proses nog meer energie om van hom
> ontslae te raak waarvoor steenkool by die kragsentral verbrand word plus
> die rook van sy brandende liggaam en kis. In plaas daarvan dat ons die ou
> vat en hom in die woud gaan begrawe waar hy 'n boom kan kos gee en ten
> minste party van die energie wat hy uit die omgewing onttrek het, kan
> teruggee.
----Behalwe dat die plekkies in die woude in die stad met Vigs so effe min
raak? Moenie komkommer nie. Binnekort dan vries hulle jou lyk en looi
hom met klankgolwe en jy's poeier! Dit werk reeds en sal seker maar oral
versprei. Het jy al gekyk na die koste van 'n begrafnis? Seker maklik
R30 000 deesdae? Nou vra ek vir jou, hoekom eerder nie die ou verbrand en
sy as in die veld strooi en die weduwee die geld vat en gaan man soek, of
wat ookal haar plesier gee nie? 'n Wyeskerm TV sal veel meer nut hê as 'n
graf wat na 3 maande nooit weer besoek sal word nie!
>
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115563 is 'n antwoord op boodskap #115561] Sa, 01 Desember 2007 16:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Dec 1, 8:04 am, "Suidwester" wrote:
> Binnekort dan vries hulle jou lyk en looi
> hom met klankgolwe en jy's poeier!

En as daai gevriesde poeier na kamertemperatuur terugkeer dan het jy
'n baie voedingryke pappery. Ek wil myself daai beeld nie graag
voorstel nie maar ek kan nie stry dat die moontlike gebruike daarvan
die groen-argument sal ondersteun nie.
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115571 is 'n antwoord op boodskap #115563] Ma, 03 Desember 2007 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:021caacf-c19a-4e73-8a63-9189f19f8a63@j44g2000hsj.google groups.com...
> On Dec 1, 8:04 am, "Suidwester" wrote:
>> Binnekort dan vries hulle jou lyk en looi
>> hom met klankgolwe en jy's poeier!
>
> En as daai gevriesde poeier na kamertemperatuur terugkeer dan het jy
> 'n baie voedingryke pappery. Ek wil myself daai beeld nie graag
> voorstel nie maar ek kan nie stry dat die moontlike gebruike daarvan
> die groen-argument sal ondersteun nie.
---Blykbaar nie.
Re: Jou ou skoolfotos op die net [boodskap #115612 is 'n antwoord op boodskap #115507] Di, 04 Desember 2007 21:48 Na vorige boodskap
kobuspi...  is tans af-lyn  kobuspi...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2007
Karma: 0
Junior Lid
On Nov 22, 5:19 pm, Dave wrote:
> , "Suidwester" wrote:
>> Dis 'n Christen-kar daai. Jy leer bid teen elke bult!
> as daar vir jou gesê word
> dat daar nat verf is teen die muur wil jy daaraan vat om seker te
> maak?

... want jy kan?

Dag almal wat my nie onthou nie.
Groet vriendelik en gou, ek moet weer binnekort ry om kroeks te gaan
ad hoc.
Vorige onderwerp: William Blake : 28 November 1757 gebore, 250 jaar gelede
Volgende onderwerp: Pasop, die besnydingsinspekteur kom jou ondersoek!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 01:42:53 MGT 2024