Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat gaan aan?
Wat gaan aan? [boodskap #115431] Vr, 09 November 2007 02:26 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Na baie jare waarin ons Kanadese gewoond geraak
het aan 'n swak Kanadese dollar ten opsigte van die
Amerikaans dollar, styg ons dollar nou so drasties
teen die Amerikaanse dollar dat dit in die afgelope
paar dae selfs $1.10 teenoor die Amerikaanse dollar
was. Kanadese toeriste in die VSA juig natuurlik,
maar dit maak dit baie moeilik vir enige besighede
wat dinge vervaardig en dit in die VSA wil verkoop.
Daar is goeie rede dat ons dollar moes opgaan
teen die Amerikaanse dollar. Ons het 'n sterk ekonomie,
ons het baie olie, ons regerings werk met oorskotte
en betaal die staatsskulde vinnig af. Die VSA is op
die oomblik in haglike ekonomiese situasies vasgevang.
Maar die styg van ons dollar maak mense aan hierdie
kant van die grens nou bang. Ons geld is die een
van al die ander ontwikkelde lande wat die vinnigste
teen die Amerikaanse dollar styg. Dis asof mense
met ons dollar spekuleer. Wat nie 'n goeie ding is
nie.
Wat is die toestand in SA? Is die rand ook
besig om op te gaan teen die Amerikaanse dollar?

Gloudina
Re: Wat gaan aan? [boodskap #115434 is 'n antwoord op boodskap #115431] Vr, 09 November 2007 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 08 Nov 2007 18:26:23 -0800, Hessie wrote:

> Kanadese toeriste in die VSA juig natuurlik,
> maar dit maak dit baie moeilik vir enige besighede
> wat dinge vervaardig en dit in die VSA wil verkoop.
> Daar is goeie rede dat ons dollar moes opgaan
> teen die Amerikaanse dollar.

> Wat is die toestand in SA? Is die rand ook
> besig om op te gaan teen die Amerikaanse dollar?
>
> Gloudina

Teen gister se sluitingstyd was dit R6.48 vir 1$
gereken teenoor R7+ 'n hele paar maande gelede
toe ek boeke uit Amerika bestel het. 'n Paar maande
gelede het ek ook 'n tydskrif uit England bestel vir
£6 en ook £4 vir invoer betaal wat en die £10 was
R140.00. Daarteenoor is daar nie soveel verskil nie
maar die Rand het ook veld gewen daar wat beteken
dat dit nie slegs die Amerkaanse dollar se daling is
wat bepalend is nie.

Uitvoerders kla hier ook en invoerders glimlag, maar so kla die boere
wanneer dit droog is en wanneer dit reën hoor jy somtyds van mielies
wat versuip.
Wanneer mense siek word maak mediese personeel geld daaruit
en wanneer besighede kla oor skulde wat nie betaal word nie
maak skuldinvorderaars weer geld. As die heining tussen my huis
en die bure se swembad te laag gesnoei word, kla die bure
en ek waardeer die view. Wanneer stel jy albei partye tevrede?

Een van die dinge wat my pla hieroor, is dat tydskrifte wat ek hier
van die rak af koop word duurder en duurder en die Rand versterking
weerspieël nie. Vir 'n £6 tydskrif betaal ek nou al R152.00 en ander
tydkrifte wat ook £6 gemerk is, is weer enkele Rande goedkoper.
Hoe word dit bepaal?
Re: Wat gaan aan? [boodskap #115436 is 'n antwoord op boodskap #115431] Vr, 09 November 2007 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 08 Nov 2007 18:26:23 -0800, Hessie wrote:

> Wat is die toestand in SA? Is die rand ook
> besig om op te gaan teen die Amerikaanse dollar?

Yep. Maar meer 'n geval dat die dollar gly en die rand bly staan. Die
rand is in elk geval nouer gekoppel aan die Euro omdat ons
handelsbande hoofsaaklik met Europa is.

Rand versterk, olie gaan op en goud gaan op. Die totale prentjie
beteken petrol is nie soveel duurder by ons nie. maar die dag as die
rand val en die petrol bly hoog, gaan ons probleme he.

Daar word toevallig gese die hoe olieprys is hoofsaaklik daaraan te
wyte dat Amerikaanse instellings wat geld in die sub prime gemors
verloor het, dit probeer terug maak deur die olie prys te tweak en
daarin te bele.
Re: Wat gaan aan? [boodskap #115439 is 'n antwoord op boodskap #115434] Vr, 09 November 2007 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave:skryf

> Een van die dinge wat my pla hieroor, is dat tydskrifte wat ek hier
> van die rak af koop word duurder en duurder en die Rand versterking
> weerspie?l nie.

Dis presies wat mense hier by ons ook nou in
opstand oor kom. Die verkopers het allerhande
verskonings oor hoekom die pryse nie dieselfde
as die Amerikaanse pryse word nie, maar die
federale minister van finansies het al 'n beroep
op besighede gedoen om die pryse te probeer
meer gelyk maak. Vir mense wat na aan die
Amerikaanse grens bly, is "cross border
shopping" natuurlik nou 'n nuwe sport. Ons
is net 'n uur van die Amerikaanse grens af.
Mens moet egter baie lank op die grense sit,
eers om die Amerikaners te oortuig dat jy nie
'n spioen is nie, en as jy wil terugkom, om jou
belastings te betaal, dat ek nou ook nie eintlik
rede sien om oor die grens te gaan om te
gaan inkopies doen nie.

Gloudina
Re: Wat gaan aan? [boodskap #115441 is 'n antwoord op boodskap #115439] Vr, 09 November 2007 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 09 Nov 2007 04:58:50 -0800, Hessie wrote:

> Dave:skryf
>
>> Een van die dinge wat my pla hieroor, is dat tydskrifte wat ek hier
>> van die rak af koop word duurder en duurder en die Rand versterking
>> weerspieël nie.
>
> Dis presies wat mense hier by ons ook nou in
> opstand oor kom. Die verkopers het allerhande
> verskonings oor hoekom die pryse nie dieselfde
> as die Amerikaanse pryse word nie, maar die
> federale minister van finansies het al 'n beroep
> op besighede gedoen om die pryse te probeer
> meer gelyk maak. Vir mense wat na aan die
> Amerikaanse grens bly, is "cross border
> shopping" natuurlik nou 'n nuwe sport. Ons
> is net 'n uur van die Amerikaanse grens af.
> Mens moet egter baie lank op die grense sit,
> eers om die Amerikaners te oortuig dat jy nie
> 'n spioen is nie, en as jy wil terugkom, om jou
> belastings te betaal, dat ek nou ook nie eintlik
> rede sien om oor die grens te gaan om te
> gaan inkopies doen nie.
>
> Gloudina

Hier is een van die tydskrifte wat ek dikwels koop
http://www.imagine-publishing.co.uk/PhotoshopCreative/index. html
en hier is 'n ander een
http://www.pshopcreative.co.uk/sample.html
Die laaste een kan jy met jou muis omblaai as jy wil sien waaroor
dit gaan, en ek mis nie graag 'n uitgawe van veral dié een nie.

Vir die tydskrifte het ek R145 elk betaal en nou dat daar minder Rand
in 'n Pond is betaal ek R152. Laasgenoemde het ek direk uit uit
England vir £6 bestel en dan moet ek £4 invoerkoste betaal, wat
onsiinnig is.

Wanneer mens slim is weet jy waar om te soek en kan jy sommige van die
tydskrifte download. 2 Probleme daarmee - dit kom gewoonlik eers vele
maande later op warez sites beskikbaar en Torreke se 'Stukkende
Venster' teorie.

Miskien moet Mbeki sy vriend Mugabe se voorbeeld volg
en pryse halveer.
Re: Wat gaan aan? [boodskap #115471 is 'n antwoord op boodskap #115434] Vr, 16 November 2007 14:09 Na vorige boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Nov 9, 7:59 am, Dave wrote:
> On Thu, 08 Nov 2007 18:26:23 -0800, Hessie wrote:
>> Kanadese toeriste in die VSA juig natuurlik,
>> maar dit maak dit baie moeilik vir enige besighede
>> wat dinge vervaardig en dit in die VSA wil verkoop.
>> Daar is goeie rede dat ons dollar moes opgaan
>> teen die Amerikaanse dollar.
>> Wat is die toestand in SA? Is die rand ook
>> besig om op te gaan teen die Amerikaanse dollar?
>
>> Gloudina
>
> Teen gister se sluitingstyd was dit R6.48 vir 1$
> gereken teenoor R7+ 'n hele paar maande gelede
> toe ek boeke uit Amerika bestel het. 'n Paar maande
> gelede het ek ook 'n tydskrif uit England bestel vir
> £6 en ook £4 vir invoer betaal wat en die £10 was
> R140.00. Daarteenoor is daar nie soveel verskil nie
> maar die Rand het ook veld gewen daar wat beteken
> dat dit nie slegs die Amerkaanse dollar se daling is
> wat bepalend is nie.
>
> Uitvoerders kla hier ook en invoerders glimlag, maar so kla die boere
> wanneer dit droog is en wanneer dit reën hoor jy somtyds van mielies
> wat versuip.
> Wanneer mense siek word maak mediese personeel geld daaruit
> en wanneer besighede kla oor skulde wat nie betaal word nie
> maak skuldinvorderaars weer geld. As die heining tussen my huis
> en die bure se swembad te laag gesnoei word, kla die bure
> en ek waardeer die view. Wanneer stel jy albei partye tevrede?
>
> Een van die dinge wat my pla hieroor, is dat tydskrifte wat ek hier
> van die rak af koop word duurder en duurder en die Rand versterking
> weerspieël nie. Vir 'n £6 tydskrif betaal ek nou al R152.00 en ander
> tydkrifte wat ook £6 gemerk is, is weer enkele Rande goedkoper.
> Hoe word dit bepaal?

Sub prime is besig om hard te slaan.

Ons sal eers volgende jaar die effecte begin waarneem, maar baie banke
wereldwyd is amper bankrot of erger.
Brittanje is veral sleg geslaan.
Kyk hou gaan baie BEE deals einde volgende jaar en in 2009 uitmekaar
val omdat hulle nie met divedende hulle skuld kan betaal nie , en ook
hoe huis pryse en kar pryse sal daal
Vorige onderwerp: Re: The beginning of (Mrs. and) President - (Queen and) King G Zwelethini to increase ? The end of (Mrs. and) President C Scott to increase ? Forward transformation (joining) advice (Initiative)) )
Volgende onderwerp: Jotti en Namibië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:14:04 MGT 2024