Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suid-Afrika vandag
Suid-Afrika vandag [boodskap #115357] Vr, 02 November 2007 10:32 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Franse lugtig vir SA weens misdaad
Nov 01 2007 11:13:34:033PM - (SA)

Erika Gibson

Groot Franse maatskappye wat in Suid-Afrika wil belê, oorweeg dit om
hul werknemers se gesinne in Frankryk te laat agterbly weens die
toenemende getal aanvalle op dié land se burgers hier.

Só het mnr. Christian Bader, die Franse konsul-generaal, gister gesê
nadat vlootkapt. Denis Fabre, die Franse militêre attaché, en sy gesin
die jongste slagoffers van misdaad geword het. Hulle is in hul huis in
Sandton aangehou.

Fabre, sy vrou en kinders van onderskeidelik sewe en nege jaar oud, is
Maandagoggend vroeg in hul huis deur twee rowers oorval, rondgepluk en
vasgebind.

Die rowers het hul huis gestroop van huishoudelike toebehore, dit in
die gesin se voertuig gelaai en daarmee weggery.

Volgens Bader is nie een van die gesin beseer nie, maar al vier is erg
getraumatiseer. “ 'n Mens verwag van jou senior diplomate om
ongestoord met hul werk as verteenwoordigers van Frankryk voort te
gaan, maar 'n mens kan nie vir 'n vrou en kinders sê hulle mag nie
ontsteld wees nie. Dit is baie erg.”

Bader het gesê hy het volle begrip vir die oorweging deur Franse
maatskappye. Dié voorkomingsmaatreël geld gewoonlik lande waar
burgeroorlog of konflik aan die orde van die dag is – byvoorbeeld soos
in die Demokratiese Republiek van die Kongo 'n paar jaar gelede en in
Irak.

Volgens Bader is die families van werknemers veral weerloos wanneer
die sakemanne op reis is en hul gesinne alleen tuis is.

Mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van buitelandse
sake, het in reaksie op die jongste aanval gesê dié departement is
“baie bekommerd” oor aanvalle op die diplomatieke gemeenskap.

Na verneem word, word daar reeds in die diplomatieke gemeenskap
bespiegel of hulle nie dieselfde beperking vir gesinslede moet oorweeg
nie.

Sommige ambassades oorweeg dit weer om hul werknemers in geslote
veiligheidskomplekse saam te laat woon.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115359 is 'n antwoord op boodskap #115357] Vr, 02 November 2007 10:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" < wrote
> Franse lugtig vir SA weens misdaad
> Nov 01 2007 11:13:34:033PM - (SA)
>
>
> Erika Gibson
>
>
> Groot Franse maatskappye wat in Suid-Afrika wil belê, oorweeg dit om
> hul werknemers se gesinne in Frankryk te laat agterbly weens die
> toenemende getal aanvalle op dié land se burgers hier.
>
> Só het mnr. Christian Bader, die Franse konsul-generaal, gister gesê
> nadat vlootkapt. Denis Fabre, die Franse militêre attaché, en sy gesin
> die jongste slagoffers van misdaad geword het. Hulle is in hul huis in
> Sandton aangehou.
>
> Fabre, sy vrou en kinders van onderskeidelik sewe en nege jaar oud, is
> Maandagoggend vroeg in hul huis deur twee rowers oorval, rondgepluk en
> vasgebind.
>
> Die rowers het hul huis gestroop van huishoudelike toebehore, dit in
> die gesin se voertuig gelaai en daarmee weggery.
>
> Volgens Bader is nie een van die gesin beseer nie, maar al vier is erg
> getraumatiseer. " 'n Mens verwag van jou senior diplomate om
> ongestoord met hul werk as verteenwoordigers van Frankryk voort te
> gaan, maar 'n mens kan nie vir 'n vrou en kinders sê hulle mag nie
> ontsteld wees nie. Dit is baie erg."
>
> Bader het gesê hy het volle begrip vir die oorweging deur Franse
> maatskappye. Dié voorkomingsmaatreël geld gewoonlik lande waar
> burgeroorlog of konflik aan die orde van die dag is - byvoorbeeld soos
> in die Demokratiese Republiek van die Kongo 'n paar jaar gelede en in
> Irak.
>
> Volgens Bader is die families van werknemers veral weerloos wanneer
> die sakemanne op reis is en hul gesinne alleen tuis is.
>
> Mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van buitelandse
> sake, het in reaksie op die jongste aanval gesê dié departement is
> "baie bekommerd" oor aanvalle op die diplomatieke gemeenskap.
>
> Na verneem word, word daar reeds in die diplomatieke gemeenskap
> bespiegel of hulle nie dieselfde beperking vir gesinslede moet oorweeg
> nie.
>
> Sommige ambassades oorweeg dit weer om hul werknemers in geslote
> veiligheidskomplekse saam te laat woon.

Was gister in 'n seminaar waar die aanbieder vir ons presies vertel het hoe
hulle NY binne 12 jaar van die VSA se misdadigste stad tot een met die
laagste misdaadsyfers verander het. Het dikweels vantevore daarvan gehoor,
nou weet ek baie meer oor hoe hulle dit reggekry het. Ons het al vantevore
die polisiehoof van NY onder wie se leiding dit gedoen is, hier in SA gehad
om ons te vertel hoe dit gedoen word. Wens net ons owerhede wil ag daarop
slaan en dit implimenteer.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115361 is 'n antwoord op boodskap #115359] Vr, 02 November 2007 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 2 Nov 2007 12:49:10 +0200, "Torreke" wrote:
Ons het al vantevore
> die polisiehoof van NY onder wie se leiding dit gedoen is, hier in SA gehad
> om ons te vertel hoe dit gedoen word. Wens net ons owerhede wil ag daarop
> slaan en dit implimenteer.

Nee.
Die broken pane ding hier in Jhb sal wees - in die eerste plek -
minibus-taxis wat rooi verkeersligte ignoreer en aan die verkeerde
kant van die pad jaag, word gestop en beboet.

En dis onmoontlik wat dit sal beteken die metro-polisie moet actually
iets doen.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115362 is 'n antwoord op boodskap #115359] Vr, 02 November 2007 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Was gister in 'n seminaar waar die aanbieder vir ons presies vertel het hoe
> hulle NY binne 12 jaar van die VSA se misdadigste stad tot een met die
> laagste misdaadsyfers verander het. Het dikweels vantevore daarvan gehoor,
> nou weet ek baie meer oor hoe hulle dit reggekry het.

Eintlik word dit algemeen aangeneem dat die rede
hoekom die misdaadsyfers in NY en buite NY aan
die daal is, toegeskryf moet word aan die feit dat
die baby boomers, wat twintig en dertig jaar gelede
die misdaad in NY laat styg het, nou oud is en dus
nie meer so aktief vir hoë misdaadsyfers sorg nie.

Gloudina
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115369 is 'n antwoord op boodskap #115362] Vr, 02 November 2007 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 02 Nov 2007 07:34:22 -0700, Hessie wrote:

> "Torreke" skryf
>
>> Was gister in 'n seminaar waar die aanbieder vir ons presies vertel het hoe
>> hulle NY binne 12 jaar van die VSA se misdadigste stad tot een met die
>> laagste misdaadsyfers verander het. Het dikweels vantevore daarvan gehoor,
>> nou weet ek baie meer oor hoe hulle dit reggekry het.
>
> Eintlik word dit algemeen aangeneem dat die rede
> hoekom die misdaadsyfers in NY en buite NY aan
> die daal is, toegeskryf moet word aan die feit dat
> die baby boomers, wat twintig en dertig jaar gelede
> die misdaad in NY laat styg het, nou oud is en dus
> nie meer so aktief vir hoë misdaadsyfers sorg nie.
>
> Gloudina

Hier by ons is dit onder meer omdat die polisie korrup is, nie strate
patroleer nie, 70% van misdade dit nie eers na die howe haal nie en
omdat ons grense wawyd oop is vir failing states soos Zimbabwe.

Dit was juis Zimbabwiers wat my huis se veiligheidsdeur oopgehamer het
en my kind gyselaar gehou het in die huis een oggend. Dit was heel
waarskynlik onwettige immigrante wat my vrou 'n paar weke daarna in
die driveway aangeval het toe sy huis toe gekom het.

Wie die dwaalkoel afgevuur het wat my kar se ruit stukkend geskiet het
toe ek en my kinders een aand gery het, weet ek nie.

Die ou wat my kar se deur in die driveway oop gebuig het om die radio
te probeer steel, was waarskynlik plaaslik. Jy kan nie so stupid soos
hy wees en 'n grens oorsteek nie.

Die polisieman wat my kind se verklaring afgeneem het en dit so
opgeneuk het dat die aanklaer gese het sy kan nie kop of gat uitmaak
van wat hy probeer skryf nie, kan ons weer 'n verklaring gaan afle
asb, was plaaslik.

Dit was ook 'n plaaslike vrou wat baie bedrewe die vinger-afdrukke
geneem het - maar haar vingerafdruk-verslag is weggegooi en het nooit
in die " docket" beland nie. Die mense wat dit weggegooi het, moes
ook local gewees het.

So ook die landdros wat - nadat ons 'n hele oggend gesit en wag het om
te getuig - die hof verdaag het omdat hy persoonlik sake by die bank
moes gaan afhandel. Dit weet ek want die Suid-Afrikaanse aanklaer was
net so kwaad soos ek en het dit aan my gese.

Dit was ook locals wat my ander kind in melville een aand gemug het en
haar besteel het.

Dit was ook locals wat my ANDER kind in die openbare toilet by die
winkelsentrum in melville met 'n mes aangehou het en haar besteel het.
Dis dieselfde een wat in die huis aangehou is.

Hulle vertrou nie meer die land nie. Elk sien hulle punt.

En no ja, toe my vrou aangeval is, was dit ook 'n plaaslike polisieman
wat 'n paar uur na die tyd opgedaag het, my uit die polisie-bakkie
gebel het en toe ek uitgaan, deur die kar-venster gevra het of my vrou
gou kan uitkom en 'n verklaring vir hom in die bakke kan gee want hy
is haastig, hy moet mense in die bakkie by die huis gaan aflaai.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115370 is 'n antwoord op boodskap #115362] Vr, 02 November 2007 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Poeple Pictures  is tans af-lyn  Poeple Pictures
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2007
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 02 Nov 2007 07:34:22 -0700, Hessie wrote:

> "Torreke" skryf
>
>> Was gister in 'n seminaar waar die aanbieder vir ons presies vertel het hoe
>> hulle NY binne 12 jaar van die VSA se misdadigste stad tot een met die
>> laagste misdaadsyfers verander het. Het dikweels vantevore daarvan gehoor,
>> nou weet ek baie meer oor hoe hulle dit reggekry het.
>
> Eintlik word dit algemeen aangeneem dat die rede
> hoekom die misdaadsyfers in NY en buite NY aan
> die daal is, toegeskryf moet word aan die feit dat
> die baby boomers, wat twintig en dertig jaar gelede
> die misdaad in NY laat styg het, nou oud is en dus
> nie meer so aktief vir hoë misdaadsyfers sorg nie.
>
> Gloudina

Nie regtig nie. Die ware rede is die toename in "Gree house gasses". Met die "global warming" het die boewe nie meer die energie nie.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115374 is 'n antwoord op boodskap #115369] Sa, 03 November 2007 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Ferdi vertel 'n paar rillers:

Korrupte polisie
inbrekers
vlieënde koeëls soos die Wilde Weste se dramatiserings
diefstal
vandalisme
onbeholpenheid
onbevoegdheid
angs oor die kinders se veiligheid buite en ook by die huis
3de wêreldse hofamptenary

Ferdi, jy kan 'n artikel van 'n paar bladsye lank skryf
sonder om onderhoude met enige buitestaanders te voer!

Ek lees gister of eergister erens in 'n koerant (of was dit in die
Rapport?) in vet swart letters dat iemand wat 'n vuurwapen op 'n lid
van die polisie rig moet dood geskiet word. Ek het nie eens verder
gelees nie en maar net gewonder of die nie-polisielede maar moet koes.

Ek sien daar word darem gewerk daaraan om dit veilig te maak vir die
besoekers van 2010.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115378 is 'n antwoord op boodskap #115374] So, 04 November 2007 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 03 Nov 2007 13:01:38 +0200, Dave wrote:

> Ferdi, jy kan 'n artikel van 'n paar bladsye lank skryf
> sonder om onderhoude met enige buitestaanders te voer!

Eki het die meeste in 'n rubriek geskryf. Die minister van veiligheid
en sekuriteit se woordvoerder het my selfs geantwoord. Hy het my
daarvan beskuldig dat ek nie patrioties is nie. Dis eintlik al wat hy
gese het.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115379 is 'n antwoord op boodskap #115370] So, 04 November 2007 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 02 Nov 2007 21:52:34 GMT, Poeple Pictures
wrote:

> On Fri, 02 Nov 2007 07:34:22 -0700, Hessie wrote:
>
>> "Torreke" skryf

>>> Was gister in 'n seminaar waar die aanbieder vir ons presies vertel het hoe
>>> hulle NY binne 12 jaar van die VSA se misdadigste stad tot een met die
>>> laagste misdaadsyfers verander het. Het dikweels vantevore daarvan gehoor,
>>> nou weet ek baie meer oor hoe hulle dit reggekry het.

>> Eintlik word dit algemeen aangeneem dat die rede
>> hoekom die misdaadsyfers in NY en buite NY aan
>> die daal is, toegeskryf moet word aan die feit dat
>> die baby boomers, wat twintig en dertig jaar gelede
>> die misdaad in NY laat styg het, nou oud is en dus
>> nie meer so aktief vir hoë misdaadsyfers sorg nie.

>> Gloudina
>
>
> Nie regtig nie. Die ware rede is die toename in "Gree house gasses". Met die "global warming" het die boewe nie meer die energie nie.

Wies nou weer die idioot wat uit Australie van " bigpond" pois? Hy
was mos al by geleentheid hier met dowwe opmerkings.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115385 is 'n antwoord op boodskap #115369] Ma, 05 November 2007 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:6pomi3ljjc4jh12qutrsrmcj27m0o2uuk9@4ax.com...

> Hier by ons is dit onder meer omdat die polisie korrup is, nie strate
> patroleer nie, 70% van misdade dit nie eers na die howe haal nie en
> omdat ons grense wawyd oop is vir failing states soos Zimbabwe.
>
> Dit was juis Zimbabwiers wat my huis se veiligheidsdeur oopgehamer het
> en my kind gyselaar gehou het in die huis een oggend. Dit was heel
> waarskynlik onwettige immigrante wat my vrou 'n paar weke daarna in
> die driveway aangeval het toe sy huis toe gekom het.
>
> Wie die dwaalkoel afgevuur het wat my kar se ruit stukkend geskiet het
> toe ek en my kinders een aand gery het, weet ek nie.
>
> Die ou wat my kar se deur in die driveway oop gebuig het om die radio
> te probeer steel, was waarskynlik plaaslik. Jy kan nie so stupid soos
> hy wees en 'n grens oorsteek nie.
>
> Die polisieman wat my kind se verklaring afgeneem het en dit so
> opgeneuk het dat die aanklaer gese het sy kan nie kop of gat uitmaak
> van wat hy probeer skryf nie, kan ons weer 'n verklaring gaan afle
> asb, was plaaslik.
>
> Dit was ook 'n plaaslike vrou wat baie bedrewe die vinger-afdrukke
> geneem het - maar haar vingerafdruk-verslag is weggegooi en het nooit
> in die " docket" beland nie. Die mense wat dit weggegooi het, moes
> ook local gewees het.
>
> So ook die landdros wat - nadat ons 'n hele oggend gesit en wag het om
> te getuig - die hof verdaag het omdat hy persoonlik sake by die bank
> moes gaan afhandel. Dit weet ek want die Suid-Afrikaanse aanklaer was
> net so kwaad soos ek en het dit aan my gese.
>
> Dit was ook locals wat my ander kind in melville een aand gemug het en
> haar besteel het.
>
> Dit was ook locals wat my ANDER kind in die openbare toilet by die
> winkelsentrum in melville met 'n mes aangehou het en haar besteel het.
> Dis dieselfde een wat in die huis aangehou is.
>
> Hulle vertrou nie meer die land nie. Elk sien hulle punt.
>
> En no ja, toe my vrou aangeval is, was dit ook 'n plaaslike polisieman
> wat 'n paar uur na die tyd opgedaag het, my uit die polisie-bakkie
> gebel het en toe ek uitgaan, deur die kar-venster gevra het of my vrou
> gou kan uitkom en 'n verklaring vir hom in die bakke kan gee want hy
> is haastig, hy moet mense in die bakkie by die huis gaan aflaai.

Absoluut skokkend !
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115388 is 'n antwoord op boodskap #115362] Ma, 05 November 2007 10:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1194014062.286022.35110@o80g2000hse.googlegroups.com...
"Torreke" skryf

> Was gister in 'n seminaar waar die aanbieder vir ons presies vertel het
> hoe
> hulle NY binne 12 jaar van die VSA se misdadigste stad tot een met die
> laagste misdaadsyfers verander het. Het dikweels vantevore daarvan
> gehoor,
> nou weet ek baie meer oor hoe hulle dit reggekry het.

Eintlik word dit algemeen aangeneem dat die rede
hoekom die misdaadsyfers in NY en buite NY aan
die daal is, toegeskryf moet word aan die feit dat
die baby boomers, wat twintig en dertig jaar gelede
die misdaad in NY laat styg het, nou oud is en dus
nie meer so aktief vir hoë misdaadsyfers sorg nie.

Gloudina

Net een van die teorië. Al gehoor van die 'Broken Window' teorie en hoe dit
ingespan is om misdaad in NY hok te slaan.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115389 is 'n antwoord op boodskap #115378] Ma, 05 November 2007 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:38hri3t8iveeopc746i9fnl7q8r4mpn302@4ax.com...
> On Sat, 03 Nov 2007 13:01:38 +0200, Dave wrote:
>
>
> > sonder om onderhoude met enige buitestaanders te voer!
>
> Eki het die meeste in 'n rubriek geskryf. Die minister van veiligheid
> en sekuriteit se woordvoerder het my selfs geantwoord. Hy het my
> daarvan beskuldig dat ek nie patrioties is nie. Dis eintlik al wat hy
> gese het.
>
>

Tipiese antwoord van owerhede wat meen as ons maak of die probleem nie
bestaan nie, dan gaan dit net weggaan.

Ferdi, ek het deeglik kennis geneem van dit wat jy en jou gesin persoonlik
ervaar het! - laat my eintlik skaam kry omdat ek en my gesin tot dusver
vrygekom het.

Ek dink egter dat ons moet ophou om die regring te beskuldig en vinger na
hulle te wys. Natuurlik is misdaad buite beheer en natuurlik speel hulle
volstruispolitiek deur te maak asof dit nie bestaan enie so erg is nie.

Ek dink net ons moet hand aan die ploeg slaan en iets self begin doen. En
daarin, Ferdi, kan mense soos jy 'n baie groot rol speel. Koerante kan
mense organiseer met inbelnommers om bv petty crime, verkeersoortreders,
ens. te rapporteer. Wat in NY bewys is, is dat mense misdaad los as die
kanse dat hulle gevang gaan word, groter word. Ek dink ook dat ons elkeen
by homself moet beginen vra; Tot watter mate dra ek tot misdaad by deur die
wyse waarop ek my op die pas gedra, waar ek goedere koop, of ek seker maak
dat die produk wat ek koop nie vervalsings is nie, ens. - tot watter mate my
eie gedrag bydrae tot die algemene gebrek aan dissipline in die samelewing.
Ek dink ons moet mense organiseer oor die land heen in private forums om
hulle bewus te maak van wat elkeen kan doen om homself te beveilig,
dissipline in die samelewing terug te bring en misdadigers te stuit.
Weereens, daarin kan die koerante 'n reuse rol speel om mense te organiseer.
Iemand moet tog die leiding neem en die koerante het 'n medium waarmee hulle
miljoene mense oor die lengte en breedte van die land elke dag bereik.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115390 is 'n antwoord op boodskap #115388] Ma, 05 November 2007 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 Nov 2007 12:06:45 +0200, "Torreke" wrote:

> Eintlik word dit algemeen aangeneem dat die rede
> hoekom die misdaadsyfers in NY en buite NY aan
> die daal is, toegeskryf moet word aan die feit dat
> die baby boomers, wat twintig en dertig jaar gelede
> die misdaad in NY laat styg het, nou oud is en dus
> nie meer so aktief vir hoë misdaadsyfers sorg nie.
>
> Gloudina
>
>
>
> Net een van die teorië. Al gehoor van die 'Broken Window' teorie en hoe dit
> ingespan is om misdaad in NY hok te slaan.

'n Ander teorie is disfunksionele gesinne.

Laat dit wees wat dit wil, as die polisie nie bereid is om bloot
ordentlike werk te doen nie en die politici weier om die probleem te
erken, gaan misdaad weghardloop met die samelewing - maak nie saak wat
dit veroorsaak nie.

Nog 'n storie uit my buurt: Daar is 'n laerskool langs 'n groot
voorstedelike pad. Dit is 'n problematiese pad omdat die skool net aan
die bokant van die bult gelee is. Motors wat dus te vinnig teen die
bult op jaag, kom skielik oor die bult en by die skool.
Kinders en ander mense is al daar doodgery.
Ek weet hoe die mense jaag. Ek ry baie kere daar. Dan ry ek teen 60
km/h (wat die spoedbeperking is) teen die bult af en ek is die enigste
stadige kar in die pad. Links en regs van my zip die verkeer verby.
Omtrent niemand hou by die spoedbeperking nie en daar is nooit
spoedlokvalle nie en die metro-polisie (nuwe naam vir
stadspolisie/verkeerspolisie) is nooit sigbaar nie.

'n Paar maande gelede word 'n kind en 'n ou omie wat die minibus-taxi
bestuur het en hom oor die pad gesien het albei doodgery vroeg oggend.

Die mense van die omgewing en die skool vra die metropolisie om
oggende wanneer die skool begin, iemand op punt-diens te plaas (dis 'n
metropolisieman wat in die middel van die pad staan en die verkeer
reel sodat kinders en omies veilig oor die pad kan kom).

Die metropolisie antwoord deur te sê hulle is nie bereid om iemand
daar op punt-diens te plaas nie want dit is te gevaarlik.

And that was that.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115392 is 'n antwoord op boodskap #115390] Ma, 05 November 2007 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:9auti3tuadphl1nhss9dv64g0sl4uqhq4g@4ax.com...
> On Mon, 5 Nov 2007 12:06:45 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
> > hoekom die misdaadsyfers in NY en buite NY aan
>> die daal is, toegeskryf moet word aan die feit dat
>> die baby boomers, wat twintig en dertig jaar gelede
>> die misdaad in NY laat styg het, nou oud is en dus
>> nie meer so aktief vir hoë misdaadsyfers sorg nie.

>> Gloudina



>> Net een van die teorië. Al gehoor van die 'Broken Window' teorie en hoe
>> dit
>> ingespan is om misdaad in NY hok te slaan.
>
>
> 'n Ander teorie is disfunksionele gesinne.
>
> Laat dit wees wat dit wil, as die polisie nie bereid is om bloot
> ordentlike werk te doen nie en die politici weier om die probleem te
> erken, gaan misdaad weghardloop met die samelewing - maak nie saak wat
> dit veroorsaak nie.
>
>
> Nog 'n storie uit my buurt: Daar is 'n laerskool langs 'n groot
> voorstedelike pad. Dit is 'n problematiese pad omdat die skool net aan
> die bokant van die bult gelee is. Motors wat dus te vinnig teen die
> bult op jaag, kom skielik oor die bult en by die skool.
> Kinders en ander mense is al daar doodgery.
> Ek weet hoe die mense jaag. Ek ry baie kere daar. Dan ry ek teen 60
> km/h (wat die spoedbeperking is) teen die bult af en ek is die enigste
> stadige kar in die pad. Links en regs van my zip die verkeer verby.
> Omtrent niemand hou by die spoedbeperking nie en daar is nooit
> spoedlokvalle nie en die metro-polisie (nuwe naam vir
> stadspolisie/verkeerspolisie) is nooit sigbaar nie.
>
> 'n Paar maande gelede word 'n kind en 'n ou omie wat die minibus-taxi
> bestuur het en hom oor die pad gesien het albei doodgery vroeg oggend.
>
> Die mense van die omgewing en die skool vra die metropolisie om
> oggende wanneer die skool begin, iemand op punt-diens te plaas (dis 'n
> metropolisieman wat in die middel van die pad staan en die verkeer
> reel sodat kinders en omies veilig oor die pad kan kom).
>
> Die metropolisie antwoord deur te sê hulle is nie bereid om iemand
> daar op punt-diens te plaas nie want dit is te gevaarlik.
>
> And that was that.
>

Ek hoor jou, Ferdi, maar jy't nog nie geantwoord op my ander pos dat ons as
bevolking self iets aan die situasie begin doen nie - en dat die koerante 'n
rol daarin kan speel nie.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115394 is 'n antwoord op boodskap #115389] Ma, 05 November 2007 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
, "Torreke" wrote:

> Ek dink ook dat ons elkeen
> by homself moet beginen vra; Tot watter mate dra ek tot misdaad by deur die
> wyse waarop ek my op die pas gedra, waar ek goedere koop, of ek seker maak
> dat die produk wat ek koop nie vervalsings is nie, ens. - tot watter mate my
> eie gedrag bydrae tot die algemene gebrek aan dissipline in die samelewing.

Dit klink nou soos die simpel stelling dat meisies wat minirokke dra
bydra tot verkragtings. Of soos die man ('n oogkundige wat 'n paar
jaar gelede oorlede is) wat geparkeer het en nie sy Cortina bakkie
gesluit het nie. Toe daar uit sy bakkie gesteel is en hy aan die
polisie gesê het dat dit nie gesluit was nie, het hulle gesê dat
hy self skuldig is.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115395 is 'n antwoord op boodskap #115392] Ma, 05 November 2007 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 Nov 2007 13:30:42 +0200, "Torreke" wrote:

> Ek hoor jou, Ferdi, maar jy't nog nie geantwoord op my ander pos dat ons as
> bevolking self iets aan die situasie begin doen nie - en dat die koerante 'n
> rol daarin kan speel nie.

Die rol wat koerante kan speel, is minimaal. Koerante kan bloot wat
reeds in die gemeenskap teenwoordig is reflekteer. Dis soms 'n
algemene wanopvatting dat koerante klimate kan skep. Hulle kan nie,
mense is nie so stupid nie.

Koerante in Gauteng berig reeds spesifiek oor misdaad-"trends". Dit,
glo ek, het die regering al beinvloed.

Die probleem van organiseer: In die eerste plek kan koerante hulle nie
sommer aan so iets verbind nie omdat dit verantwoordelikhede meebring
wat lank kan duur en probleme kan bring. Koerante is goed met
inligting insamel en versprei. Met nie juis enigiets anders nie.
Koerante het dus geen vaardighede om die samelewing te organiseer nie.
Behalwe dit, kan dit 'n onbegonne taak wees om die hele
verspreidingsgebied te help organiseer. Hoeveel buurte is daar in
gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en KwaZulu-Natal?

Wat koerante wel kan doen, is om erkenning te gee aan buurte wat dit
wel sinryk doen of wil doen. 'n Onlangse geval is Lynnwood in Pta waar
die buurt die metro getackle het, 'n hofsaak gewen het en begin het om
toegang te monitor. Sonder koerant-ondersteuning sou hulle dalk nie
geslaag het nie. Koerant-ondersteuning is bloot skryf daaroor.

Die organisering self: Wat word gedoen? Wie gee die geld? Watter magte
is daar? Hoe verskil dit van vigilantes? As 'n mens in die aand die
buurt patroleer, dra jy 'n vuurwapen? Wie s'n? Wat as jy nie 'n
lisensie het nie? Wat gebeur as jy iemand doodskiet? Al sulke goed.

Dis nie verniet dat die staat se polisie orals loshande die beste
instansie is om misdaad te beveg nie. Hulle word opgelei, het
regs-"backing" en kan wapens dra en het infrastruktuur. ten minste dis
die teorie.

Ek reken die rol wat buurte self kan speel, is beperk. Dit kan maklik
vigilante-optredes raak, mense kan hulself maklik in konflik met die
polisie bevind (bedoeld of nie) en baie min mense het die tyd en
energie om in die dag hul gewone werk te doen en aande polisie-werk te
doen. En wie kyk dat die buurt se eie organisasie nie geinfiltreer en
oorgeneem word deur misdadigers nie? Ek ken nie die mense in my buurt
nie en el sure as hell vertrou nie almal wat ek al gesien en mee te
doen gekry het nie in die buurt nie!

Die eerste, tweede en derde prys is om die staat te kry om sy bleddie
gat in rat te kry en sy werk behoorlik te doen.

Slegs as dit nie werk nie, gaan daar enige waarde in die een of ander
vorm van eie reg wees - en ons is nog glad nie daar nie.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115397 is 'n antwoord op boodskap #115394] Ma, 05 November 2007 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:6m0ui39o6a476ta700aap9k20iapmthe8h@4ax.com...
> , "Torreke" wrote:
>
>> Ek dink ook dat ons elkeen
>> by homself moet beginen vra; Tot watter mate dra ek tot misdaad by deur
>> die
>> wyse waarop ek my op die pas gedra, waar ek goedere koop, of ek seker maak
>> dat die produk wat ek koop nie vervalsings is nie, ens. - tot watter mate
>> my
>> eie gedrag bydrae tot die algemene gebrek aan dissipline in die
>> samelewing.
>
> Dit klink nou soos die simpel stelling dat meisies wat minirokke dra
> bydra tot verkragtings. Of soos die man ('n oogkundige wat 'n paar
> jaar gelede oorlede is) wat geparkeer het en nie sy Cortina bakkie
> gesluit het nie. Toe daar uit sy bakkie gesteel is en hy aan die
> polisie gesê het dat dit nie gesluit was nie, het hulle gesê dat
> hy self skuldig is.
>
>

Nee, Dave, jy't nie goed oorweeg wat ek gesê het nie, of dalk het ek my nie
self goed uitgedruk nie. Dis beslis nie die mini-rok argument wat ek
gebruik het nie.

Misdaad floreer in 'n samelewing waar daar gebrek aan dissipline is. Dis in
NY bewys, waar hulle op "petty crime" (piepie in die straat, spring op die
trein sonder kaartjie, grafiti op die treine, ens) toegeslaan het en
misdaadvlakke dramaties gedaal het. Elke keer wat sg wetgehoorsame burgers
die spoedgrens oortree, oor soliede sperstrepe jaag, ligte flits om te
waarsku oor spedolokvalle, ens. dra ons by tot algemene gebrek aan
dissipline en derhalwe die teelaarde vir misdaad.

Misdaad is besigheid. Dit het inkomste en uitgawes en winste. Dit het
afsetgebied nodig vir sy produkte, of dit nou dwelms, gesteelde goedere, of
vervalsings is. As jy die misdadiger sy afsetgebied ontneem, word sy
besigheid doodgewurg. Elke keer wat 'n sg wetgehoorsame burger 'n cd
kopieer en "aanpas", 'n kopie van 'n cd koop wat moontlik onwettig gekopieer
is, 'n produk koop met 'n bekende handelsnaam op wat vervals is, ens. skep
andersins wetgehoorsame burgers 'n afsetgebied vir die opbrengs van misdaad
en dra ons daartoe by dat dit floreer.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115398 is 'n antwoord op boodskap #115395] Ma, 05 November 2007 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:o41ui3lv4tg1j8tu516ccpdt0k92brcrla@4ax.com...
> On Mon, 5 Nov 2007 13:30:42 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
>
> > rol daarin kan speel nie.
>
> Die rol wat koerante kan speel, is minimaal. Koerante kan bloot wat
> reeds in die gemeenskap teenwoordig is reflekteer. Dis soms 'n
> algemene wanopvatting dat koerante klimate kan skep. Hulle kan nie,
> mense is nie so stupid nie.
>
> Koerante in Gauteng berig reeds spesifiek oor misdaad-"trends". Dit,
> glo ek, het die regering al beinvloed.
>
> Die probleem van organiseer: In die eerste plek kan koerante hulle nie
> sommer aan so iets verbind nie omdat dit verantwoordelikhede meebring
> wat lank kan duur en probleme kan bring. Koerante is goed met
> inligting insamel en versprei. Met nie juis enigiets anders nie.
> Koerante het dus geen vaardighede om die samelewing te organiseer nie.
> Behalwe dit, kan dit 'n onbegonne taak wees om die hele
> verspreidingsgebied te help organiseer. Hoeveel buurte is daar in
> gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en KwaZulu-Natal?
>
> Wat koerante wel kan doen, is om erkenning te gee aan buurte wat dit
> wel sinryk doen of wil doen. 'n Onlangse geval is Lynnwood in Pta waar
> die buurt die metro getackle het, 'n hofsaak gewen het en begin het om
> toegang te monitor. Sonder koerant-ondersteuning sou hulle dalk nie
> geslaag het nie. Koerant-ondersteuning is bloot skryf daaroor.
>
> Die organisering self: Wat word gedoen? Wie gee die geld? Watter magte
> is daar? Hoe verskil dit van vigilantes? As 'n mens in die aand die
> buurt patroleer, dra jy 'n vuurwapen? Wie s'n? Wat as jy nie 'n
> lisensie het nie? Wat gebeur as jy iemand doodskiet? Al sulke goed.
>
> Dis nie verniet dat die staat se polisie orals loshande die beste
> instansie is om misdaad te beveg nie. Hulle word opgelei, het
> regs-"backing" en kan wapens dra en het infrastruktuur. ten minste dis
> die teorie.
>
> Ek reken die rol wat buurte self kan speel, is beperk. Dit kan maklik
> vigilante-optredes raak, mense kan hulself maklik in konflik met die
> polisie bevind (bedoeld of nie) en baie min mense het die tyd en
> energie om in die dag hul gewone werk te doen en aande polisie-werk te
> doen. En wie kyk dat die buurt se eie organisasie nie geinfiltreer en
> oorgeneem word deur misdadigers nie? Ek ken nie die mense in my buurt
> nie en el sure as hell vertrou nie almal wat ek al gesien en mee te
> doen gekry het nie in die buurt nie!
>
> Die eerste, tweede en derde prys is om die staat te kry om sy bleddie
> gat in rat te kry en sy werk behoorlik te doen.
>
> Slegs as dit nie werk nie, gaan daar enige waarde in die een of ander
> vorm van eie reg wees - en ons is nog glad nie daar nie.

Praat nie van eie reg gebruik nie. Kyk my antwoord aan Dave
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115401 is 'n antwoord op boodskap #115398] Ma, 05 November 2007 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 Nov 2007 14:52:41 +0200, "Torreke" wrote:

> Praat nie van eie reg gebruik nie. Kyk my antwoord aan Dave

Die een: ???
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115402 is 'n antwoord op boodskap #115397] Ma, 05 November 2007 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

Elke keer wat sg wetgehoorsame burgers
> die spoedgrens oortree, oor soliede sperstrepe jaag, ligte flits om te
> waarsku oor spedolokvalle, ens. dra ons by tot algemene gebrek aan
> dissipline en derhalwe die teelaarde vir misdaad.

Een van ons kinders en haar man het 'n jaar of twee gelede
in SA gekuier. En hulle algemene indruk is dat mense
in SA die spoedgrens gevaarlik minag. Insluitende lede
van hulle eie familie. Dit is dan ook een van die kultuur-
skokke wat mens kry wanneer jy na Noord-Amerika
verhuis. Die algemene man in die straat is baie meer
wetsgehoorsaam as die deursnee Suid-Afrikaner.
Dis nie om te sê dat ons hier in 'n veilige land
bly nie. Daar is maar ook ongeluk en dood op die
paaie. Ek bly in 'n condominium met kameras om
alle ingangpunte te monitor. 'n Paar weke gelede
het diewe die hoofingang met 'n crowbar oopgemaak,
en karre gevandaliseer en een gesteel onder in die
garages.

Gloudina
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115403 is 'n antwoord op boodskap #115401] Ma, 05 November 2007 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:i07ui3dcrkcrhcebfvkdkbhhd3qnvk26og@4ax.com...
> On Mon, 5 Nov 2007 14:52:41 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
>
> Die een: misdaad
> en dra ons daartoe by dat dit floreer. >> ???
>
>
>
>

Jip.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115406 is 'n antwoord op boodskap #115397] Di, 06 November 2007 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 5 Nov 2007 14:42:46 +0200, "Torreke" wrote:

> "Dave" wrote in message
> news:6m0ui39o6a476ta700aap9k20iapmthe8h@4ax.com...
>> , "Torreke" wrote:

>>> Ek dink ook dat ons elkeen
>>> by homself moet beginen vra; Tot watter mate dra ek tot misdaad by deur
>>> die
>>> wyse waarop ek my op die pas gedra, waar ek goedere koop, of ek seker maak
>>> dat die produk wat ek koop nie vervalsings is nie, ens. - tot watter mate
>>> my
>>> eie gedrag bydrae tot die algemene gebrek aan dissipline in die
>>> samelewing.

>> Dit klink nou soos die simpel stelling dat meisies wat minirokke dra
>> bydra tot verkragtings. Of soos die man ('n oogkundige wat 'n paar
>> jaar gelede oorlede is) wat geparkeer het en nie sy Cortina bakkie
>> gesluit het nie. Toe daar uit sy bakkie gesteel is en hy aan die
>> polisie gesê het dat dit nie gesluit was nie, het hulle gesê dat
>> hy self skuldig is.


>
>
>
> Nee, Dave, jy't nie goed oorweeg wat ek gesê het nie, of dalk het ek my nie
> self goed uitgedruk nie. Dis beslis nie die mini-rok argument wat ek
> gebruik het nie.
>

Askies Torreke, ek het (te) vinnig gelees en verkeerd gelees.
Gedink jy bedoel of ons ons op die pad blootstel aan skakings
en 'waar ons goedere koop' of dit veilig ens.
Met hierdie verskoning sou ek nog kon wegkom maar die res
van wat jy sê maak dit duidelik dat dit nie is wat jy bedoel het nie.
So, toe ek verder lees het ek dus gesien wat jy bedoel
maar steeds vasgesteek by my vooropgestelde idee daarvan.

Ek stem egter steeds nie met jou saam nie, want dit klink asof jy sê
dat daar gekyk moet word of die banddruk reg is, omdat dìt kan wees
wat die lawaai in die enjin veroorsaak.

Mense wat ou mense martel en vermoor is nie die mense wat pirate
copy's van musiek by 'n smous op die sypaadjie koop nie. En
voertuigskakers ry nie vinniger as die spoedgrens nie want hulle wil
nie aandag hê nie.

Ek wil jou wys op jou eie woorde. Perdedrolle is nie vye nie. Netso is
dwelmsmokkelaars en sjebieneienaars nie voëls van dieselfde vere nie.
Netnou gaan jy my nog vertel dat die paar gekraakte programme wat ek
op my PC gebruik in dieselfde lig gesien moet word as die veelbesproke
wapenskandaal.

NS.
as die rolle nou omgeruil was sou ek jou daarop wys
dat mense wat nie hul banddruk check nie, dikwels ook
geraas in hul enjins het:-0
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115407 is 'n antwoord op boodskap #115406] Di, 06 November 2007 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote > Askies Torreke, ek het (te) vinnig gelees en verkeerd
gelees.
> Gedink jy bedoel of ons ons op die pad blootstel aan skakings
> en 'waar ons goedere koop' of dit veilig ens.
> Met hierdie verskoning sou ek nog kon wegkom maar die res
> van wat jy sê maak dit duidelik dat dit nie is wat jy bedoel het nie.
> So, toe ek verder lees het ek dus gesien wat jy bedoel
> maar steeds vasgesteek by my vooropgestelde idee daarvan.
>
> Ek stem egter steeds nie met jou saam nie, want dit klink asof jy sê
> dat daar gekyk moet word of die banddruk reg is, omdat dìt kan wees
> wat die lawaai in die enjin veroorsaak.
>
> Mense wat ou mense martel en vermoor is nie die mense wat pirate
> copy's van musiek by 'n smous op die sypaadjie koop nie. En
> voertuigskakers ry nie vinniger as die spoedgrens nie want hulle wil
> nie aandag hê nie.
>
> Ek wil jou wys op jou eie woorde. Perdedrolle is nie vye nie. Netso is
> dwelmsmokkelaars en sjebieneienaars nie voëls van dieselfde vere nie.
> Netnou gaan jy my nog vertel dat die paar gekraakte programme wat ek
> op my PC gebruik in dieselfde lig gesien moet word as die veelbesproke
> wapenskandaal.
>
> NS.
> as die rolle nou omgeruil was sou ek jou daarop wys
> dat mense wat nie hul banddruk check nie, dikwels ook
> geraas in hul enjins het:-0
>

Jy was nie in die seminaar wat ek verlede week bygewoon het nie, en ek het
nie verduidelik toe ek vir Hessie oor die dramatiese daling van NY gevra het
of sy al van die "Broker Window Theory"gehoor het. Daarom stem jy nie saam
nie.

Die "Broken Window Theory" sê basies: As daar 'n venster gebreek is, en jy
maak hom nie reg nie, versprei dit die boodskap "Niemand sien en niemand gee
om nie". Meeste mense is bang om gevang te word. Misdaad floreer wanneer
die boodskap uitgaan dat jy nie gevang sal word nie, want niemand sien en
niemand gee om nie. In NY het hulle begin om die moltreine skoon te maah
wat vol graffiti was. Die persoon wat voorgestel het, haal die graffiti af
en verf die treine weer hulle oorspronklike en korrkte kleure, is aanvanklik
ook uitgelag, soos jy nou ook dink ek praat strooi. Dit het hulle maande
gevat om die treine op te ruim, want die treine afgekrapte en oorgeverfde
treine is weer met graffiti besmeer; verskil was dit het die ouens 4 nagte
gevat om die graffiti aan te bring en een nag om dit op te ruim. Die
graffiti skrywer het gou moeg geword vir di eoorlog wat hulle nie kon wen
nie - dit het hulle tot trane gedryf. Toe het hulle op die ouens toegesak
wat onwettig op die treine klim - derduisende van hulle. Gewone
wetsgehoorsame burgers het dit ook gedoen want die hooligans het die
masjiene waar die kaartjies verkoop word, opgemors. Dit was 'n nagmerrie om
iemand te vang en vir 'n paar dollar misdaad na 'n polisiekantoor te neem,
aan te kla, boete te laat betaal, ens. =- baie gmeer gekos om die deur die
proses te gaan as wat die misdaad se skade was. Toe begin hulle hul met
handboeie aan mekaar vasmaak totdat hulle 'n busvrag volhet - neem die
busvrag vol polisiestasie toe, ens. Nog later het hulle polisiestasies in
die bus self ingerig en die polisiestasie treinstasie toe geneem. Kort voor
lank het mense besef dat dit gewoon nie die moeite werd is om die paar
dollar treingeld te probeer ontduik nie. Hulle het togeslaan op ouens wat
in die straat piepie, morsjorse, ens. Die boodskap het gou uitgegaan: Jy
word raakgesien en jy sal gevang word. Hulle het dus op "petty crime"
gekonsentreer en daarop toegeslaan - dit het dissipline in die samelewing
teruggebring en ernstige misdaadvlakke het daarmee saam begin daal sonder
dat daar enige bevolkingsverskuiwings plaasgevind het.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115408 is 'n antwoord op boodskap #115402] Di, 06 November 2007 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 05 Nov 2007 05:40:39 -0800, Hessie wrote:

> Een van ons kinders en haar man het 'n jaar of twee gelede
> in SA gekuier. En hulle algemene indruk is dat mense
> in SA die spoedgrens gevaarlik minag.

Dit is so.

Die hoofrede is omdat daar nie wetstoepassing is nie.

Daar is hier en daar spoedlokvalle, maar mense weet waar die meeste
van hulle gereeld is.

Die ergste is dat daar op voorstedelike paaie nie spoedlokvalle is
nie. As mense op snewee jaag is dit een ding, maar jaag op
voorstedelike paaie is iets anders.

Ek het een keer gesien hoe iemand 'n tannie wat die straat oor gestap
het omry en bloot aanry terwyl sy in die pad bly le het. Ek en ander
mense moes haar tussen karre uit die pad dra en die ambulans bel.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115409 is 'n antwoord op boodskap #115407] Di, 06 November 2007 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Nov 2007 10:47:12 +0200, "Torreke" wrote:

Hulle het dus op "petty crime"
> gekonsentreer en daarop toegeslaan - dit het dissipline in die samelewing
> teruggebring en ernstige misdaadvlakke het daarmee saam begin daal sonder
> dat daar enige bevolkingsverskuiwings plaasgevind het.

In Johannesburg sal dit beteken in die heel eerste plek om
verkeersreels toe te pas. Mense (veral taxis) ry hier eenvoudig oor
rooi ligte.Ek sien talle van hulle wat ook eenvoudig in lane inry wat
vir busse gereserveer word en dan teen die verkeer in op daai lane
jaag.
Ek het al mense gesien wat aan die verkeerde kant van die pad langs
jaar om al die wagtende karre verby te steek en dan heel voor in te
druk.
En soos ek elders se, elke keer as ek teen 60 km/h in 'n 60 km/h-pad
ry, jaag omtrent al die ander karre verby my.

Ek het al in 'n 60km pad teen 60 km gery en dan sit 'n minibus-taxi
agter my en flits sy ligte en blaas toeter omdat en 60 km/h ry.

In Jhb parkeer mense sonder om twee keer te dink op daai rooi lyne
langs die pad. Nou, daardie lyne beteken niemand mag onder geen
omstandighede daar stilhou nie.

Minibus-taxi's stop eenvoudig IN die kruising-ruimte tussen
verkeerligte en laai mense op en af.

Naby waar ek werk het die stadsraad teen groot koste 'n inham uit die
pad gebou vir busse en taxi's - en dit so aangdui met 'n padteken.
Raai wat gebeur? Raxi's en busse ignoreer dit en stop in die ry-laan
so 10 meter voor die inham.

Al die goed gebeur omdat die metro-polisie skitter in hul volslae
afwesigheid op die paaie.

Ek het al aande gery en voertuie teegekom wat SONDER ligte ry - en dan
werk die straatligte OOK nie. Jy sien 'n bewegende stuk donkerte en
pas op.

Ek ry elke dag deur Braamfontein werk toe en terug. In die afgelope
stuk of 7 jaar het ek nog nie EEN dag werk toe of terug gery dat al
die verkeersligte werk nie. gewoonlik is so twee dood of flits dit net
rooi en nog so een staan al dae skeef gedraar nadat iemand daarin
vasgery het.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115410 is 'n antwoord op boodskap #115403] Di, 06 November 2007 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 Nov 2007 15:58:34 +0200, "Torreke" wrote:

> Jip.

Onthou om verskillende soorte wandade te skei.

Jy wil disspipline in die samelewing vestig. Dit moet sigbaar wees en
in ons geval moet dit mense se lewens veiliger maak. Ek reken ons
broken window begin by verkeersreels.

---------------------------

Die lyn hierbo beteken ek skei dit twee onderwerpe. Die onderwerp
hieronder is die volgende: Mense noem skending van kopiereg diefstal.
Dit is nie regtig nie. As ek jou pos op die nuusgroep copy en paste en
op my blog sit, is dit nie dieselfde as om jou motor te steel nie.

Die eerste verskil is die kopieerbaarheid van die item ter sprake.
Die tweede verskil is die geweld wat daarmee gepaard gaan. Copy en
paste vergelyk nie juis met garage-deur oopbreek nie.

Van kopiereg gepraat - daar is natuurlik iets soos wat die Amerikaners
"fair use" noem. Dit behels dat Gloudina bv die gedigte wat sy hier
pos kan kopieer. Sy verkoop dit nie. Iemand lees dit dalk en gaan koop
die bundel. Of mense lees dit wat dit nooit sou gelees het as hulle
dit moes gaan koop het nie.

Die verste aanwendig hiervan is as jy bv aan iemand in die
koffie-winkel sou se jy lees vanoggend in die koerant 'n skip is
gevang met 'n ton kokaïene op - en jy betaal nie die prys van die
koerant aan die koerant se eienaars elke keer as jy dit noem nie. Dis
fair use as jy so oorvertel.

Dit lyk of die bepaler is: Maak jy geld met wat jy kopieer?
As jy Breyten aanhaal om 'n meisie te beindruk, is dit OK, maar as jy
sy gedigte voorlees, opneem en die CD's verkoop vir jou eie gewin,
moet jy sy regte daarin ken ens.

Wat skip met die kokaien betref, dis glo die waarheid. Een van ons
nuwe korvette het die skip gejaag saam met polisie in 'n
internasionale operasie. Hulle vermoed tot 'n ton kokaien was op die
skip en dit is in die see gedump terwyl hulle gevlug het.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115411 is 'n antwoord op boodskap #115407] Di, 06 November 2007 16:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
> In NY het hulle begin om die moltreine skoon te maah
> wat vol graffiti was.

In reaksie hierop, en natuurlik ietwat af van die onderwerp -

My vrou en ek stap vroeg in die oggende so lekker gesondheidsstap
langs die see af. Ons stap 10 km voor bad en ontbyt elke oggend
(en het dit 'n paar keer 15km gemaak en ek praat nie van drentel nie
maar stap!).

Drie oggende gelede het ons een van die graffiti vandaliste betrap
besig om te te verf. Hy was besig om iets te skryf met 'n aerosol blik
verf op die vloer van die rolskaats baan op Noordstrand.

Hy het ons gesien, haastig klaar geverf, en toe met sy blik in sy hand
vinnig weggedraf in die rigting van die hoofstarnd. 'n Wit seun sowat
10 miskien 12 jaar oud.

Ons stap elke dag 10 treë daarvandaan verby en het nou nog nie gaan
kyk wat hy geskryf het nie, want dit is nie van belang nie.

Die Ferdi's van ons lokale koerante noem hulle graffiti artists en nie
soos dit hoort, graffiti vandalists nie. Daar is enkelinge gevang is
hulle is gedwing om die plekke skoon te maak en oor te verf.
Maar hulle word baie sag gehanteer terwyl dit niks anders
is as vandalisme.

.................
hier change ons gears
...........................

In die oggende stap ons verby 'n ruig begroeide plek op die strand en
met verloop van tyd het ons iemand daar ontmoet (hy lyk na 'n
Italianer) wat in die oggende voëls, katte en muishonde daar voer. Hy
koop bakkes wat hy in die bome hang vir voëls en op die grond neersit
vir duiwe, katte en muishonde EN 'n hoenderhaan:-0

Uit sy eie sak koop hy voëlkos en troeteldier-pellets en ons kry die
ou gewoonlik om ses-uur in die oggende waar hy die diere voer.
Ek ondersteun hom nou met voëlkos en pellets (ongevraagd, want hy sê
dit kos hom *net* sowat R300 per maand om sy eie tuin te hê:-)

Van die katte kan hy vertel waar in die stad hulle gebore is, en
hoeveel daar is. Die muishonde het met verloop van die tyd mak geword
en daar is twaalf waarvan twee 'n tyd gelede daar gebore is.
(dit is die water mongoose oftewel marsh mongoose)
http://www.wildherps.com/travels/Africa2000/images/marsh_mon goose_big.jpg

Hulle skarrel om ons voete en eet wat in die bakke is, soos klein
hondjies. Die voëls kan met die hand gevoer word, en die haan kraai om
te verduidelik dat dit is sy plaas. En 500 treë daarvandaan rattel en
raas Sun Coast Casino se dobbelmasjiene en tol die Roulette tafels
om en om en om met hopies muntstukke daarnaas.
Die Bosveldstad op die rand van die land met die goue strand.
http://dave.photos.gb.net/p41223414.html
http://dave.photos.gb.net/p38432096.html
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115414 is 'n antwoord op boodskap #115409] Wo, 07 November 2007 06:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:o1g0j3de5jg6n0m7gf3fnv2jqmfv1473vl@4ax.com...
> On Tue, 6 Nov 2007 10:47:12 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
> > gekonsentreer en daarop toegeslaan - dit het dissipline in die samelewing
>> teruggebring en ernstige misdaadvlakke het daarmee saam begin daal sonder
>> dat daar enige bevolkingsverskuiwings plaasgevind het.
>
>
> In Johannesburg sal dit beteken in die heel eerste plek om
> verkeersreels toe te pas. Mense (veral taxis) ry hier eenvoudig oor
> rooi ligte.Ek sien talle van hulle wat ook eenvoudig in lane inry wat
> vir busse gereserveer word en dan teen die verkeer in op daai lane
> jaag.
> Ek het al mense gesien wat aan die verkeerde kant van die pad langs
> jaar om al die wagtende karre verby te steek en dan heel voor in te
> druk.
> En soos ek elders se, elke keer as ek teen 60 km/h in 'n 60 km/h-pad
> ry, jaag omtrent al die ander karre verby my.
>
> Ek het al in 'n 60km pad teen 60 km gery en dan sit 'n minibus-taxi
> agter my en flits sy ligte en blaas toeter omdat en 60 km/h ry.
>
> In Jhb parkeer mense sonder om twee keer te dink op daai rooi lyne
> langs die pad. Nou, daardie lyne beteken niemand mag onder geen
> omstandighede daar stilhou nie.
>
>
> Minibus-taxi's stop eenvoudig IN die kruising-ruimte tussen
> verkeerligte en laai mense op en af.
>
> Naby waar ek werk het die stadsraad teen groot koste 'n inham uit die
> pad gebou vir busse en taxi's - en dit so aangdui met 'n padteken.
> Raai wat gebeur? Raxi's en busse ignoreer dit en stop in die ry-laan
> so 10 meter voor die inham.
>
> Al die goed gebeur omdat die metro-polisie skitter in hul volslae
> afwesigheid op die paaie.
>
> Ek het al aande gery en voertuie teegekom wat SONDER ligte ry - en dan
> werk die straatligte OOK nie. Jy sien 'n bewegende stuk donkerte en
> pas op.
>
> Ek ry elke dag deur Braamfontein werk toe en terug. In die afgelope
> stuk of 7 jaar het ek nog nie EEN dag werk toe of terug gery dat al
> die verkeersligte werk nie. gewoonlik is so twee dood of flits dit net
> rooi en nog so een staan al dae skeef gedraar nadat iemand daarin
> vasgery het.
>

Ek stem een honderd persent saam. Dit gaan netso erg in oos-londen,
waarskynlik orals in SA. As ons net dissipline op die paaie terugbring en
sorg dat die paaie in stand geehou word, sal dit al 'n reuse verskil maak om
dissipine terug te bring in die samelewing in.

Terug na my oorspronklike opmerking dat ons nie moet sit en wag vir die
regering nie en dat die koerante kan help. Ons wat onsself wetsgehoorsaam
noem, moet eenvoudig konskwent by die reëls hou en nie so nou en dan as ons
haastig raak, of so-iets, ook reëls verontagsaam omdat almal dit doen nie.
'n Koerant rubriek of uinbelprogram of iets wat die nommers publiseer van
die voertuie wat die reëlzs verbreek, kan baie doen om die vrees te laat
ontstaan van uitgevang raak.
Re: Suid-Afrika vandag [boodskap #115415 is 'n antwoord op boodskap #115410] Wo, 07 November 2007 06:31 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" [/color]
> Onthou om verskillende soorte wandade te skei.
>
> Jy wil disspipline in die samelewing vestig. Dit moet sigbaar wees en
> in ons geval moet dit mense se lewens veiliger maak. Ek reken ons
> broken window begin by verkeersreels.

Jip.

>
> ---------------------------
>
> Die lyn hierbo beteken ek skei dit twee onderwerpe. Die onderwerp
> hieronder is die volgende: Mense noem skending van kopiereg diefstal.
> Dit is nie regtig nie. As ek jou pos op die nuusgroep copy en paste en
> op my blog sit, is dit nie dieselfde as om jou motor te steel nie.
>
> Die eerste verskil is die kopieerbaarheid van die item ter sprake.
> Die tweede verskil is die geweld wat daarmee gepaard gaan. Copy en
> paste vergelyk nie juis met garage-deur oopbreek nie.
>
> Van kopiereg gepraat - daar is natuurlik iets soos wat die Amerikaners
> "fair use" noem. Dit behels dat Gloudina bv die gedigte wat sy hier
> pos kan kopieer. Sy verkoop dit nie. Iemand lees dit dalk en gaan koop
> die bundel. Of mense lees dit wat dit nooit sou gelees het as hulle
> dit moes gaan koop het nie.
>
> Die verste aanwendig hiervan is as jy bv aan iemand in die
> koffie-winkel sou se jy lees vanoggend in die koerant 'n skip is
> gevang met 'n ton kokaïene op - en jy betaal nie die prys van die
> koerant aan die koerant se eienaars elke keer as jy dit noem nie. Dis
> fair use as jy so oorvertel.
>
> Dit lyk of die bepaler is: Maak jy geld met wat jy kopieer?
> As jy Breyten aanhaal om 'n meisie te beindruk, is dit OK, maar as jy
> sy gedigte voorlees, opneem en die CD's verkoop vir jou eie gewin,
> moet jy sy regte daarin ken ens.
>
> Wat skip met die kokaien betref, dis glo die waarheid. Een van ons
> nuwe korvette het die skip gejaag saam met polisie in 'n
> internasionale operasie. Hulle vermoed tot 'n ton kokaien was op die
> skip en dit is in die see gedump terwyl hulle gevlug het.
>

Stem saam. Miskien het ek my in my haastigheid nie goed genoeg uitgedruk
nie
Vorige onderwerp: Kom gesels saam
Volgende onderwerp: Gloudina, woon julle gemaklik opd ie Indiane se grond?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 05:59:31 MGT 2024