Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuut hier
Nuut hier [boodskap #115349] Do, 01 November 2007 20:52 na volgende boodskap
Stefan  is tans af-lyn  Stefan
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 2007
Karma: 0
Junior Lid
hallo almal
Ek is Stefan, hou van skryf en gesels graag. Is elke aand op die net.
Skryf nou aan 'n boek en het reeds verskeie gedigte in Afrikaans en
Engels geskryf.

Hier is iets kleins.


Sal jy?

Die sterre skyn en die nag
Het die dag laat verdwyn
Errens in die verte
Is daar 'n hond wat blaf

Sing hy van sy verlang
Of roep hy net sy maat.
Of is daar iets
veel grotter wat hom pla

dan draai ek weer my kop
probeer dan verder slaap
maar hier in my hart
mis ek vir Jou

Ek wens jy kon
dan nou hier wees
om saam met my dit als te deel
sodat ek jou kon sê

Hoe lief ek jou het,
sal vir jou 'n oorlog maak
veel grotter as wat in
die boek ooit kan staan

My hartjie het sy huis gevind,
my verlange het 'n nuwe punt
en my lewe voel so volmaak.
Sal jy dit met my deel?
Re: Nuut hier [boodskap #115364 is 'n antwoord op boodskap #115349] Vr, 02 November 2007 14:43 Na vorige boodskap
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Nov 1, 10:52 pm, Stefan wrote:
> hallo almal
> Ek is Stefan, hou van skryf en gesels graag. Is elke aand op die net.
> Skryf nou aan 'n boek en het reeds verskeie gedigte in Afrikaans en
> Engels geskryf.
>
> Hier is iets kleins.

..knippetie..

>
> My hartjie het sy huis gevind,
> my verlange het 'n nuwe punt
> en my lewe voel so volmaak.
> Sal jy dit met my deel?

Dalk sal dit jou verveel; maar ek hou van my hartjie gerol in meel,
en gebraai in 'n bottersousie wat smeul
en as jy eers lekker wil leef, braai daarby 'n kreef
met elkeen van die oë op die punt van 'n steel,

(op velde van sonneblomme wat kleure uitskiet soos vonke van bomme
onder 'n reënboog, 'n kromme...)

--
Ha!
Vorige onderwerp: Nuut hier
Volgende onderwerp: Jake White
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:57:20 MGT 2024