Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuut hier
Nuut hier [boodskap #115348] Do, 01 November 2007 20:43
Stefan  is tans af-lyn  Stefan
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 2007
Karma: 0
Junior Lid
Hallo almal
Ek is nuut hier. Hou van skryf en hier is iets om te lees.

Sal jy?

Die sterre skyn en die nag
Het die dag laat verdwyn
Errens in die verte
Is daar 'n hond wat blaf

Sing hy van sy verlang
Of roep hy net sy maat.
Of is daar iets
veel grotter wat hom pla

dan draai ek weer my kop
probeer dan verder slaap
maar hier in my hart
mis ek vir Jou

Ek wens jy kon
dan nou hier wees
om saam met my dit als te deel
sodat ek jou kon sê

Hoe lief ek jou het,
sal vir jou 'n oorlog maak
veel grotter as wat in
die boek ooit kan staan

My hartjie het sy huis gevind,
my verlange het 'n nuwe punt
en my lewe voel so volmaak.
Sal jy dit met my deel?
Vorige onderwerp: Begin die dag met 'n quote
Volgende onderwerp: Nuut hier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 13:30:08 MGT 2024