Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina 8
Gloudina 8 [boodskap #115280] Di, 30 Oktober 2007 09:08
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
En nog 'n onbeantwoorde een.

"Torreke" skryf in boodskap news:P4OdnSUfFbbcc53aRVnyuwA@saix.net...
>
> "Hessie"
>> Nee, as ek oor die Christelike geloof praat,
>> dan sit en oordeel Torreke vir Tutu.
>
> Oordeel ek iemand as ek sy dade kritiseer?
>
> - as ek sy handjies-houery met die Dalai Lama bevraagteken?
> - of sê dat hy kritiekloos meegedoen aan die onbybelse biskoplike
> kerkregeringstelsel van die Anglikaanse Kerk? - die "hoë" amp van Biskop
> van
> Kaapstad met die eer en vergoeding daaraan verbonde, maar te graag aanvaar
> het!
>
> Of oordeel mens iemand as jy sy persoon aanvat - hom 'n "fariseër" en "wit
> gepleisterde graf" noem?
>
> Oordeel jy iemand as jy sê: Jy't moord gepleeg! - sy daad
> kritiseer/karakteriseer
> Of oordeel jy iemand as jy sê: Jy's 'n moordenaar! - sy persoon
> kritiseer/karakteriseer
>
> Wat Tutu betref, ek het jare gelede - nog in die apartheidsera! - iemand
> baie goed geken wat uit die Anglikaanse kerk geloop het oor Tutu en sy
> betrokkendheid by die politiek! Sy het by herhaling die stelling met
> die
> volgende strekking gemaak "hy's nie 'n christen nie". En ek het by
> herhaling vir haar gesê: Ons het geen reg om oor sy persoon te oordeel
> nie -
> die oordeel kom Christus toe! - al mag en moet ons sy dade kritiseer! Ek
> was baie uitdruklik daaroor dat ek die laaste mens is wat sou waag om te
> sê
> Tutu is nie 'n christen nie! Vir sover ek kan sien, is hy 'n opregte en
> toegewyde gelowige. Ek staan nog by daardie selfde standpunt.
>

>> En jy kan ook maar ophou met jou
>> skynheiligheid. Ek skaam my dood
>> vir die gemors wat jy op die nuusgroep
>> oor Moslems skryf.
>
> Waaroor skaam jy jou?
> Jy's mos nie meer 'n Christin nie, of is jy?
>
Vorige onderwerp: Gloudina 7
Volgende onderwerp: Gloudina 9
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:49:16 MGT 2024