Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina 6
Gloudina 6 [boodskap #115239] Ma, 29 Oktober 2007 12:51 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nog een wat jy vermy het.

"Torreke" skryf in boodskap news:KuudnUwe3YKTY2HbnZ2dnUVZ8sqjnZ2d@saix.net...
>
> "Hessie" "Torreke" skryf
>
> Toe die 1910-grondwet in
>> die Britse Parlement ter tafel gelê is, was daar 'n Swart afvaardiging
>> wat
>> oor die uitsluiting van Swartes beswaar gemaak het - en die Britse
>> Regering
>> herinner het aan hulle beloftes gedurende die Anglo-Boere Oorlog. Die
>> Britse Regering het hom nie aan die besware gesteur nie, en die
>> 1910-grondwet aanvaar!!! Dié prominente Swartes wat lede van die
>> afvaardiging was, was ook die leiers wat die ANC in 1912 - twee jaar
>> later! - in reaksie op die gebeure gestig het.
>
> Sien, net daar het die rot begin. Moreel gesien,
> was die wit regerings na 1910 nie wettige
> regerings van die nie-blankes nie, want
> hulle het geen mag in hulle eie land gehad
> nie.
>
> Gloudina
>
> Soos elke ander keer vermy jy die ongemaklike vraag aan die einde. Hoe
> bepaal mens of 'n regering wettig is?
>
Re: Gloudina 6 [boodskap #115261 is 'n antwoord op boodskap #115239] Ma, 29 Oktober 2007 22:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

>> hoe bepaal mens of 'n regering wettig is?

Torreke, jy vra hierdie vraag om jou oorspronklike argument
te staaf dat alles wat die ANC gedurende die "wettige"
apartheidsregering gedoen het, moet gesien word as
hoogverraad.
Ek kan dieselfde vir jou vra. Is Mugabe se regering
wettig en daarom is enige opstand daarteen deur die
swart bevolking van Zimbabwe onwettig? Was Hitler
se regering die wettige regering en was alle opstand
teen Hitler se regering hoogverraad? Ensovoorts,
ensovoorts. Volgens jou oorspronklike argument,
was enige opstand teen Hitler hoogverraad.

Gloudina
Re: Gloudina 6 [boodskap #115275 is 'n antwoord op boodskap #115261] Di, 30 Oktober 2007 07:44 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf in boodskap news:1193696408.100120.27600@v3g2000hsg.googlegroups.com...
> "Torreke" skryf
>
>>> hoe bepaal mens of 'n regering wettig is?
>
> Torreke, jy vra hierdie vraag om jou oorspronklike argument
> te staaf dat alles wat die ANC gedurende die "wettige"
> apartheidsregering gedoen het, moet gesien word as
> hoogverraad.

So beantwoord jy die vermeende motief van my vraag, maar weereens nie die
vraag nie. natuurlik is ons argument oor die ANC se opstand die agtergrond,
maar die vraag self is 'n akademiese een: Hoe bepaal mens of 'n regering
wettig is?

> Ek kan dieselfde vir jou vra. Is Mugabe se regering
> wettig en daarom is enige opstand daarteen deur die
> swart bevolking van Zimbabwe onwettig?
> Was Hitler
> se regering die wettige regering en was alle opstand
> teen Hitler se regering hoogverraad? Ensovoorts,
> ensovoorts. Volgens jou oorspronklike argument,
> was enige opstand teen Hitler hoogverraad.
>

Terwyl jy my vraag omseil met weervrae oor die wettigheid van bepaalde
regerings, hier's twee vir jou:

Was die regering van Nebukadnesar oor die Jode wat met geweld Jerusalem
verower en duisende Jode in ballingskap weggevoer het, wettig?
Was die regering van die Romeinse Keisers oor die Jode wat met geweld
Palestina verower en die Makabeër-dinastie tot 'n einde gebring het, wat die
Edomietiese Koningshuis van Herodus oor die Jode aangestel het, was dit
wettig?

As jy my sê of die regerings van Nebukadnesar en die Romeinse Keisers oor
die Jode wettig was of nie, sal ek jou sê of Mugabe en Hitler se regerings
wettig is of nie.
Vorige onderwerp: Gloudina, hier's een van die baie vrae...
Volgende onderwerp: Gloudina 2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:11:14 MGT 2024