Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina 5
Gloudina 5 [boodskap #115238] Ma, 29 Oktober 2007 12:50 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

> Ek stem maar net saam met wat
> Bram Fischer verduidelik het. Dat
> hy sy hulp vir die struggle gesien
> het as n voortsetting van sy familie
> se tradisie van opstand teen
> onreg en oorheersing. Onthou jy
> dat Bram Fischer se oupa
> president van die Oranje Vrystaat
> was toe dit nog n Boere Republiek
> was.

Bram Fischer se oupa was nie president van die Oranje Vrystaat nie!!!! Ek
weet nie waar jy jou geskiedenis geleer het nie, maar dit is twyfelagtige
bronne. Geen Fischer was ooit president van die Vrystaat, die Transvaal of
SA nie. Bram Fischer se oupa het in die regering van Pres. Kruger, die
ZAR, gedien, is vooruit na Europa gestuur om die koms van Pres Kruger tydens
die 2e AB te reël en te vergemaklik, was in Marseilles toe Pres Kruger land
om sy prez in Europa te verwelkom en aan land te help. Ek het Kruger se
fotbiografie op my rak en fotos om te bewys wat ek sê.

> Onthou jy ook dat hulle Bram
> Fischer in die tronk gegooi het en
> geweier het om hom huis toe te
> laat gaan toe hy baie pynlik aan
> kanker gesterf het.

Of hulle hom in die tronk laat bly het tot met sy dood betwyfel ek. Dit is
'n ou reël in SA wat al van toeka se dae af geld dat iemand wat terminaal
siek is, vrygelaat word!
Re: Gloudina 5 [boodskap #115243 is 'n antwoord op boodskap #115238] Ma, 29 Oktober 2007 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 29 Oct 2007 14:50:56 +0200, "Torreke" wrote:

> "Hessie" < wrote
>
>> Ek stem maar net saam met wat
>> Bram Fischer verduidelik het. Dat
>> hy sy hulp vir die struggle gesien
>> het as n voortsetting van sy familie
>> se tradisie van opstand teen
>> onreg en oorheersing. Onthou jy
>> dat Bram Fischer se oupa
>> president van die Oranje Vrystaat
>> was toe dit nog n Boere Republiek
>> was.
>
> Bram Fischer se oupa was nie president van die Oranje Vrystaat nie!!!! Ek
> weet nie waar jy jou geskiedenis geleer het nie, maar dit is twyfelagtige
> bronne. Geen Fischer was ooit president van die Vrystaat, die Transvaal of
> SA nie. Bram Fischer se oupa het in die regering van Pres. Kruger, die
> ZAR, gedien, is vooruit na Europa gestuur om die koms van Pres Kruger tydens
> die 2e AB te reël en te vergemaklik, was in Marseilles toe Pres Kruger land
> om sy prez in Europa te verwelkom en aan land te help. Ek het Kruger se
> fotbiografie op my rak en fotos om te bewys wat ek sê.

Was Fischer se ma nie 'n Steyn nie?
Re: Gloudina 5 [boodskap #115246 is 'n antwoord op boodskap #115243] Ma, 29 Oktober 2007 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" [/color]
> Was Fischer se ma nie 'n Steyn nie?
>

Ek weet nie. Baie moontlik. Sy oupa was 'n baie hoog aangeskrewe lid van
die ZAR-regering en persoonlike vriend van Kruger. Kruger en Pres. Steyn
was ook heg bevriend. Wonder nou skielik of Pres Kruger en Pres Steyn dalk
ook familie was - Kruger se ma was immers ook 'n Steyn. Trouens, in die
Kruger fotobiografie is daar 'n foto van sy oom Douw Gerbrand Steyn - met
die onderskrif dat dit duidelik is waar Kruger se gelaatstrekke vandaan kom.
Re: Gloudina 5 [boodskap #115262 is 'n antwoord op boodskap #115238] Di, 30 Oktober 2007 02:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:
.
> Bram Fischer se oupa was nie president van die Oranje Vrystaat nie!!!! Ek
> weet nie waar jy jou geskiedenis geleer het nie, maar dit is twyfelagtige
> bronne. Geen Fischer was ooit president van die Vrystaat, die Transvaal of
> SA nie.
> Of hulle hom in die tronk laat bly het tot met sy dood betwyfel ek. Dit is
> 'n ou reël in SA wat al van toeka se dae af geld dat iemand wat terminaal
> siek is, vrygelaat word!

Bram Fischer se oupa, Abraham Fischer, was eerste
minister van die Oranje Rivier Kolonie.

Bram Fischer is met baie gevorderde terminale
kanker in die tronk gehou, en is eers die laaste
drie weke van sy lewe, onder huisarres, toegelaat
om in sy broer se huis te sterf. Die tronk owerhede
het sy as teruggeneem en geweier om dit aan die
familie te gee.

Gloudina
Re: Gloudina 5 [boodskap #115274 is 'n antwoord op boodskap #115262] Di, 30 Oktober 2007 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

Bram Fischer se oupa, Abraham Fischer, was eerste
minister van die Oranje Rivier Kolonie.

Wanneer?

My geskiedenisboeke vertel 'n ander storie, nl. dat Genl JBM Herzog 1e
minister van die Oranje Rivier Kolonie was, dat hy tydens die Nasionale
Konvensie van 1909 voet by stuk gehou het dat die Vrystaat nie deel van die
Unie sou word as Nederlands nie saammet Engels amptelike taal van die te
stigte Unie van SA sou wees nie.

Bram Fischer is met baie gevorderde terminale
kanker in die tronk gehou, en is eers die laaste
drie weke van sy lewe, onder huisarres, toegelaat
om in sy broer se huis te sterf. Die tronk owerhede
het sy as teruggeneem en geweier om dit aan die
familie te gee.

Gloudina

Ek kan my nie uitlaat oor presies wat alles in plek moet wees voordat 'n
gevangene wat terminaal siek is, vrygelaat kan word nie; ek dink jy ook nie.
Maar ek sou wel veronderstel dat daar genoeg mediese getuienis moet wees wat
deur die regte kanale aan die regte persone voorgelê moet word, voordat 'n
beslissing gemaak kan word. Dis staatsdiens is gewoon vol burokratiese
rompslomp - die huidige RSA administrasie het nie minder burokratiese
rompslomp as die vorige een nie, inteendeel...!!!

Ek sou aanvaar dat enige persoon wat om mediese redes "vrygelaat" word,
onder 'n vorm van kontrole, waarskynlik huisarres, sal staan. Hy/sy ontvang
immers nie amnestie of afslag van vonnis nie, maar word bloot op
menslikheidsgronde toegelaat om die laaste dae by sy eie huis en familie
deur te bring. Mense wat hulle tronkstraf uitgedien het, word ook nie
sonder paroolvoorwaardes vrygelaat nie.

Oor die as wat jy beweer teruggeneem is... Weereens weet nie een van ons
twee presies wat gevangenisreëls bepaal het nie. Ek weet dat persone wat
die doodstraf ontvang het, se oorskot nie aan hulle familie oorhandig is
nie, maar is deur die staat op staatskoste in die Wespark begraafplaas
begrawe op die dag van die teregstelling - natuurlik met die familie
teenwoordig. In Botswana begrawe hulle die tereggestelde sonder die familie
in 'n ongemerkte graf!!! Steve Biko se oorskot is aan sy familie
oorhandig, maar hy is (sover ek kan onthou) nie skuldig bevind en gevonnis
nie. Die vraag waarop ek nie die antwoord weet nie, is of iemand wat aan
hoogverraad skuldig bevind is en tot lewenslank gevonnis is, se oorksot aan
sy familie oorhanig word as hy/sy in aanhouding sterf.

=================================

Maar ky net waar trek ons nou. Jy't die AB en die Armed Struggle in
dieselfde asem genoem, nou trek ons by Bram Fischer - gewoon omdat jy die
ongemaklike vrae omseil en met iets anders probeer beantwoord.
Re: Gloudina 5 [boodskap #115287 is 'n antwoord op boodskap #115274] Di, 30 Oktober 2007 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 30 Oct 2007 09:34:37 +0200, "Torreke" wrote:

Die vraag waarop ek nie die antwoord weet nie, is of iemand wat
aan
> hoogverraad skuldig bevind is en tot lewenslank gevonnis is, se oorksot aan
> sy familie oorhanig word as hy/sy in aanhouding sterf.

Ek dink nie sy familie is eers gese waar sy oorskot le nie.
Re: Gloudina 5 [boodskap #115291 is 'n antwoord op boodskap #115287] Di, 30 Oktober 2007 12:34 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" < wrote

>
> aan
>> hoogverraad skuldig bevind is en tot lewenslank gevonnis is, se oorksot
>> aan
>> sy familie oorhanig word as hy/sy in aanhouding sterf.
>
> Ek dink nie sy familie is eers gese waar sy oorskot le nie.
>

Jy sal waarskynlik beter as ek weet.

Ek keur dit beslis nie goed nie.

Die wyse waarop Mariette Bosch in Botswana tereg gestel is sonder om haar
familie vooraf in kennis te stel, geleentheid te gee om afskeid, en die
liggaam agterna in 'n naamlose graf begrawe is, veroordeel ek ten
sterkste!!! Dan sink die staat in sy handhawing van reg tot die vlak van
die misdadiger wat hy probeer straf.
Vorige onderwerp: Gloudina 3
Volgende onderwerp: Voorspelling - Baie Pret vorentoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:40:29 MGT 2024