Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina 3
Gloudina 3 [boodskap #115233] Ma, 29 Oktober 2007 09:46 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
En hier's 'n meer onlangse een wat jy onbeantwoord gelaat het

"Hessie" "Torreke" skryf[/color]
>
>> Ek is dus gekant daarteen dat ouers eenvoudig verbied word om die
>> plathand
>> te gebruik.

>> Maar dis nou nie eintlik waaroor ek wil praat nie - ek dink ons almal,
>> selfs
>> Gloudina, sal basies hieroor saamstem.

>> Wat ek graag wil weet: Gaan die ANC sy lede toelaat om volgens hulle
>> gewete
>> oor hierdie wetgewing te stem?
>
>
> Torreke, ek neem aan daar is planne om deur
> wetgewing lyfstraf te verbied in SA. Is ek reg.
> Ek weet nie presies wat die toestand van
> sake hier in Ontario is nie. Maar die algemene
> neiging is om lyfstraf van enige soort te verbied,
> en ek dink in skole is dit absoluut verbied. Hier
> oorkant die rivier in Hull, wat deel is van die
> provinsie Quebec, het hulle nou onlangs ouers
> vervolg wat hulle kinders lyfstraf toedien, en die
> ouers, wat aan een of ander konserwatiewe
> Christelike sekte behoort, het die ouens hof
> toe geneem vir hulle reg om hulle kinders aan
> die lyf te straf.
> Lyfstraf is meer n meer n ding wat mense
> eenvoudig nie meer doen nie. Ek en my man
> het ons kinders nog so effens op die boud
> geslaan, maar ons eie kinders doen dit eenvoudig
> nie. Hulle het ander metodes om die kinders
> te dissiplineer, en somtyds lyk dit vir my of
> daardie metodes baie beter werk as lyfstraf.
> Ek self het amper geen lyfstraf van my
> ouers ontvang nie. My ma het vreeslik genag,
> maar nie vir ons pak gegee nie. My pa het ons
> ook nie pak gegee nie. Ek kan net een keer
> onthou wat hy my fisies getug het. Ek moes
> sononder by die huis wees. Die een aand
> het ek baie lank na sononder nog by die
> bure gespeel. Toe kom haal hy my, en hy
> loop agter my en raak my been so elke
> nou en dan met n persketakkie aan.
> Gloudina

Hessie, ek het nie 'n gesprek oor lyfstraf wou voer nie, maar oor
demokrasie!!!!

Beteken demokrasie dat die meerderheid by die stembus eenvoudig hulle reg om
oor etiese kwessies soos lyfstraf te besluit, afteken en dit oorhandig aan
'n klein groepie mense wat vir hulle daaroor besluit?
Re: Gloudina 3 [boodskap #115264 is 'n antwoord op boodskap #115233] Di, 30 Oktober 2007 02:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

>>> Wat ek graag wil weet: Gaan die ANC sy lede toelaat om volgens hulle
>>> gewete
>>> oor hierdie wetgewing te stem?
>
>> Torreke, ek neem aan daar is planne om deur
>> wetgewing lyfstraf te verbied in SA. Is ek reg.

Hoekom het jy nie hierdie vraag van my beantwoord
nie?

Gloudina
Re: Gloudina 3 [boodskap #115271 is 'n antwoord op boodskap #115264] Di, 30 Oktober 2007 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" "Torreke" skryf[/color]
>
>>>> Wat ek graag wil weet: Gaan die ANC sy lede toelaat om volgens hulle
>>>> gewete
>>>> oor hierdie wetgewing te stem?

>>> Torreke, ek neem aan daar is planne om deur
>>> wetgewing lyfstraf te verbied in SA. Is ek reg.
>
> Hoekom het jy nie hierdie vraag van my beantwoord
> nie?
>

Omdat dit vanselfsprekend was.

Maar steeds vermy jy die issue. Die toppic was nie lyfstraf nie, dit toppic
is demokrasie. Is dit demokraties as 'n klein groepie binne die regerende
party hulle wil op die meerderheid in die party en op die meerderheid in die
land afdwing?
Re: Gloudina 3 [boodskap #115288 is 'n antwoord op boodskap #115271] Di, 30 Oktober 2007 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Maar steeds vermy jy die issue. Die toppic was nie lyfstraf nie, dit toppic
> is demokrasie. Is dit demokraties as 'n klein groepie binne die regerende
> party hulle wil op die meerderheid in die party en op die meerderheid in die
> land afdwing?

Dit gebeur dwarsoor die w?reld. Ek neem aan iets
soos lyfstraf word gebaseer op julle Bill of Rights and
Freedoms, wat heelwaarskynlik op di? van Kanada
geskool is. Dit kan dan in die hof bestry word as mense
dit onregverdig vind.
Ek vra weer, waaroor praat jy wanneer jy na
hierdie TOPIC verwys. Wat het 'n klein groepie
binne die regerende party op die bevolking afgedruk?

Gloudina
Re: Gloudina 3 [boodskap #115290 is 'n antwoord op boodskap #115288] Di, 30 Oktober 2007 12:28 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote
>> Maar steeds vermy jy die issue. Die toppic was nie lyfstraf nie, dit toppic
>> is demokrasie. Is dit demokraties as 'n klein groepie binne die regerende
>> party hulle wil op die meerderheid in die party en op die meerderheid in die
>> land afdwing?

> Dit gebeur dwarsoor die wêreld.

Wat gebeur dwarsoor die wêreld?

> Ek neem aan iets
> soos lyfstraf word gebaseer op julle Bill of Rights and
> Freedoms, wat heelwaarskynlik op dié van Kanada
> geskool is. Dit kan dan in die hof bestry word as mense
> dit onregverdig vind.

Die argument wat in die parlement aangevoer word, is nie op die Bill of Rights geskoei nie, maar op sekere mense se argumente oor lyfstraf.


> Ek vra weer, waaroor praat jy wanneer jy na
> hierdie TOPIC verwys. Wat het 'n klein groepie
> binne die regerende party op die bevolking afgedruk?

Demokrasie! - regering deur die stem van die meerderheid!!!!
'n Klein groepie binne die regerende party het die doodstraf op die bevolking afgedruk.
'n Klein groepie binne die regerende party het aborsie op aanvraag, selfs vir meisies wat net 12 jaar oud is (sonder die ouers se toestemming of medewete), op die bevolking afgedwing.

Die ANC het nog nie 'n enkele keer sy lede toegelaat om volgens hulle gewete oor dié sake te stem nie!!! Waarom nie? Omdat die wette dan nie sal oorleef nie!!!! Dus: 'n minderheid misbruik die meerderheid om hulle sin te kry.
Vorige onderwerp: Gloudina 12
Volgende onderwerp: Gloudina 5
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:25:37 MGT 2024