'n Gedig van GEORGE WEIDEMAN oor 'n Sonbesie. [boodskap #7233] |
Sa, 14 September 1996 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Om die volgende gedig van George Weideman te verstaan,
moet 'n mens weet dat die spreker lispel, sleeptong praat. Die
spreker, lyk dit vir my, is 'n voel met bont eiers. Hierdie gedig
is die enigste van Weideman wat in die Groot Verseboek opge-
neem is, dus moes dit vir Opperman geamuseer het.
DIE LAAISEL VAN DIE SONBESIE
O gomgomgai! loep die voel wat die bont eiels le
Sonbesie, wat het jy vil my te se?
Sonop leeds het jy jou vlymfluit
in 'n vaalgloen melkbos opgehang
Jou klank het klag man - my ole tuit
Na wie is dit wat jy velang?
O ek sien, jy's die son se stlaal
soms in bos of boompie vasgevang
Sonbesie, wat stolie jy vil my?
Etse man, hou op met sklee!
Ek hensop maal, laat staan nog stly
- God het jou 'n sekelstem gegee!
Nie net die geskree van sonbesies bevolk my kinderjare nie.
Ek onthou ook hoe 'n mens die harde deurskynende dop
van die sonbesie op die boomtakke gevind het, nadat dit 'n
ruk tevore daaruit gekruip het om 'n nuwe lewe te begin. Wat
'n vryheidsverklaring: "Hier los ek my ou self, al daardie dinge
wat oorbodig, verdroog en onnodig geword het. Nou gaan ek
voort met my nuwe lewe. Wanneer nodig, sal ek weer die proses
herhaal. Oor en oor en oor."
Hier in Noord-Amerika is daar ook sonbesies, cicadas. Ek dink
egter nie dat ek al ooit so 'n dop van 'n sonbesie wat vervel het
hier gesien het nie. Miskien is die cicadas van noord-amerika nie
presies dieselfde as die van Afrika nie? Ek het eenkeer gelees dat
daar soms swerms van cicadas in Chicago uitbroei, en dat die
mense hulle vang en braai en eet. Only in darkest America.
Gloudina Bouwer
|
|
|