Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 1 September.
1 September. [boodskap #114468] Vr, 31 Augustus 2007 17:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek gaan nie vannag voor 12 slaap nie.
Ek gaan dan buite op die stoep staan en luister of ek die heen en weer
gehardlopery van die politici kan hoor.

Toe ek nog jonk en klein was, en in Bloemfontein gewoon het, het ek en Roomy
altyd op 1 September gaan swem.
Dis die dag waarop die swembad vir die somerseisoen oopgemaak het, en vir 4
jaar namekaar was ons die eerste kaartjiekopers - maak nie saak hoe laat die
middag ons opgedaag het vir die swemmetjie nie.

Ons het nie na die tyd op die handdoeke gelê om in die flouerige sonnetjie
droog te word nie.
Ons het wel bekaar se eienaardige bene bewonder na die swemmetjie - blou met
pienk kolletjies so groot soos die huidige 2c stukke.

O ja, en ons tande het geklapper van die oomblik wat ons in die water
gespring het, tot laat die aand nadat ons heeltemal voor die verwarmer
ontdooi het:))

Ontdooi.

Dis nou 'n baie goeie Afrikaanse woord daardie:))

Annette
Re: 1 September. [boodskap #114472 is 'n antwoord op boodskap #114468] Sa, 01 September 2007 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons is vannag ook spesiaal omdat dit die end van 'simpel-tyd' is.
Ons wintertyd skuif nou weer 'n uur vorentoe vannag om weer dieselfde te
wees as SA tyd.

"Annette" skryf in boodskap news:1188580665.441310@vasbyt.isdsl.net...
> Ek gaan nie vannag voor 12 slaap nie.
> Ek gaan dan buite op die stoep staan en luister of ek die heen en weer
> gehardlopery van die politici kan hoor.
>
> Toe ek nog jonk en klein was, en in Bloemfontein gewoon het, het ek en
> Roomy altyd op 1 September gaan swem.
> Dis die dag waarop die swembad vir die somerseisoen oopgemaak het, en vir
> 4 jaar namekaar was ons die eerste kaartjiekopers - maak nie saak hoe laat
> die middag ons opgedaag het vir die swemmetjie nie.
>
> Ons het nie na die tyd op die handdoeke gelê om in die flouerige sonnetjie
> droog te word nie.
> Ons het wel bekaar se eienaardige bene bewonder na die swemmetjie - blou
> met pienk kolletjies so groot soos die huidige 2c stukke.
>
> O ja, en ons tande het geklapper van die oomblik wat ons in die water
> gespring het, tot laat die aand nadat ons heeltemal voor die verwarmer
> ontdooi het:))
>
> Ontdooi.
>
> Dis nou 'n baie goeie Afrikaanse woord daardie:))
>
> Annette
>
Re: 1 September. [boodskap #114477 is 'n antwoord op boodskap #114472] So, 02 September 2007 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So hoe voel dit om oornag 'n uur ouer te word?:))

Annette

"Suidwester" wrote in message
news:u_mdncJHu_dluETbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Hier by ons is vannag ook spesiaal omdat dit die end van 'simpel-tyd' is.
> Ons wintertyd skuif nou weer 'n uur vorentoe vannag om weer dieselfde te
> wees as SA tyd.
> "Annette" wrote in message
> news:1188580665.441310@vasbyt.isdsl.net...
>> Ek gaan nie vannag voor 12 slaap nie.
>> Ek gaan dan buite op die stoep staan en luister of ek die heen en weer
>> gehardlopery van die politici kan hoor.

>> Toe ek nog jonk en klein was, en in Bloemfontein gewoon het, het ek en
>> Roomy altyd op 1 September gaan swem.
>> Dis die dag waarop die swembad vir die somerseisoen oopgemaak het, en vir
>> 4 jaar namekaar was ons die eerste kaartjiekopers - maak nie saak hoe
>> laat die middag ons opgedaag het vir die swemmetjie nie.

>> Ons het nie na die tyd op die handdoeke gelê om in die flouerige
>> sonnetjie droog te word nie.
>> Ons het wel bekaar se eienaardige bene bewonder na die swemmetjie - blou
>> met pienk kolletjies so groot soos die huidige 2c stukke.

>> O ja, en ons tande het geklapper van die oomblik wat ons in die water
>> gespring het, tot laat die aand nadat ons heeltemal voor die verwarmer
>> ontdooi het:))

>> Ontdooi.

>> Dis nou 'n baie goeie Afrikaanse woord daardie:))

>> Annette
>
Re: 1 September. [boodskap #114479 is 'n antwoord op boodskap #114472] Ma, 03 September 2007 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Hier by ons is vannag ook spesiaal omdat dit die end van 'simpel-tyd' is.
> Ons wintertyd skuif nou weer 'n uur vorentoe vannag om weer dieselfde te
> wees as SA tyd

Ja, sulke oorskakel is nie teveel van n
probleem as jy die nag kan deurslaap
nie. Jy moet net onthou om jou horlosie
reg te stel. Maar vir mense wat twaalf
uur nagskowwe doen in byvoorbeeld
hospitale, moet jy skielik dertien uur
werk in stede van twaalf. Dis dan dat
jy dit waardeer as die persoon wat jou
kom aflos, vroeer as gewoonlik inkom
en die ding met jou deel.

Gloudina
Re: 1 September. [boodskap #114480 is 'n antwoord op boodskap #114479] Di, 04 September 2007 05:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf in boodskap news:1188855518.801832.88900@50g2000hsm.googlegroups.com...
> "Suidwester" skryf
>
>> Hier by ons is vannag ook spesiaal omdat dit die end van 'simpel-tyd' is.
>> Ons wintertyd skuif nou weer 'n uur vorentoe vannag om weer dieselfde te
>> wees as SA tyd
>
> Ja, sulke oorskakel is nie teveel van n
> probleem as jy die nag kan deurslaap
> nie. Jy moet net onthou om jou horlosie
> reg te stel. Maar vir mense wat twaalf
> uur nagskowwe doen in byvoorbeeld
> hospitale, moet jy skielik dertien uur
> werk in stede van twaalf. Dis dan dat
> jy dit waardeer as die persoon wat jou
> kom aflos, vroeer as gewoonlik inkom
> en die ding met jou deel.
>
> Gloudina
----Gelukkig is die uur vir ons nie so vreeslik van 'n probleem nie. Ons
het 7 maande somertyd en 5 maande wintertyd. Somertyd voel 'reg' en
wintertyd voel 'verkeerd'. Die regering het hom effe verkeerd gekry want
in plaas van 'daylight saving' te doen, het hulle die dag 'n uur korter
gemaak in die winter. Vele het hulle al probeer oortuig dat hulle 'n fout
maak.....almal aanvaar dit nou maar. As iemand sal wen by
'daylight-saving' dan is dit SA se middel tot oostekant. In die winter is
dit al amper donker teen 5 uur die middag en net na 05:00 in die oggend dan
skyn die son al! Hulle kan doen met 'n uur of twee terug in die winter.
Re: 1 September. [boodskap #114481 is 'n antwoord op boodskap #114480] Di, 04 September 2007 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag nee wat - hierdie horlosieskuiwery is sommer net 'n pot snot:))

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:N7-dnQNuJKw_b0HbRVnytgA@saix.net...
>
> "Hessie" wrote in message
> news:1188855518.801832.88900@50g2000hsm.googlegroups.com...
>> "Suidwester" skryf

>>> Hier by ons is vannag ook spesiaal omdat dit die end van 'simpel-tyd'
>>> is.
>>> Ons wintertyd skuif nou weer 'n uur vorentoe vannag om weer dieselfde te
>>> wees as SA tyd

>> Ja, sulke oorskakel is nie teveel van n
>> probleem as jy die nag kan deurslaap
>> nie. Jy moet net onthou om jou horlosie
>> reg te stel. Maar vir mense wat twaalf
>> uur nagskowwe doen in byvoorbeeld
>> hospitale, moet jy skielik dertien uur
>> werk in stede van twaalf. Dis dan dat
>> jy dit waardeer as die persoon wat jou
>> kom aflos, vroeer as gewoonlik inkom
>> en die ding met jou deel.

>> Gloudina
> ----Gelukkig is die uur vir ons nie so vreeslik van 'n probleem nie. Ons
> het 7 maande somertyd en 5 maande wintertyd. Somertyd voel 'reg' en
> wintertyd voel 'verkeerd'. Die regering het hom effe verkeerd gekry want
> in plaas van 'daylight saving' te doen, het hulle die dag 'n uur korter
> gemaak in die winter. Vele het hulle al probeer oortuig dat hulle 'n
> fout maak.....almal aanvaar dit nou maar. As iemand sal wen by
> 'daylight-saving' dan is dit SA se middel tot oostekant. In die winter
> is dit al amper donker teen 5 uur die middag en net na 05:00 in die oggend
> dan skyn die son al! Hulle kan doen met 'n uur of twee terug in die
> winter.
>
Re: 1 September. [boodskap #114482 is 'n antwoord op boodskap #114480] Di, 04 September 2007 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sep 4, 7:52 am, "Suidwester" wrote:
> As iemand sal wen by
> 'daylight-saving' dan is dit SA se middel tot oostekant. In die winter is
> dit al amper donker teen 5 uur die middag en net na 05:00 in die oggend dan
> skyn die son al! Hulle kan doen met 'n uur of twee terug in die winter.

Verstaan ek jou reg? Jy stel voor die oostekant van SA stel hulle tyd
'n uur of twee terug in die winter sodat dit teen 3 uur in die oggend
al lig word en teen 3 uur in die middag al donker is?

Toemaar ek skerts sommer. Ek weet wat jy bedoel en ek stem saam dat
dit voel asof vir Namibia dit effens onnodig was om die winter-tyd in
te stel en dat daar geen voordele is nie. Maar ek glo tog daar is
bietjie meer energie-besparing in die winter a.g.v. die instelling.
Veral met die dreigende energie-krisis wat aan die agterdeur klop...
elke bietjie help.
Re: 1 September. [boodskap #114483 is 'n antwoord op boodskap #114482] Di, 04 September 2007 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:1188895354.781890.318060@50g2000hsm.googlegroups.com...
> On Sep 4, 7:52 am, "Suidwester" wrote:
>> As iemand sal wen by
>> 'daylight-saving' dan is dit SA se middel tot oostekant. In die winter
>> is
>> dit al amper donker teen 5 uur die middag en net na 05:00 in die oggend
>> dan
>> skyn die son al! Hulle kan doen met 'n uur of twee terug in die winter.
>
> Verstaan ek jou reg? Jy stel voor die oostekant van SA stel hulle tyd
> 'n uur of twee terug in die winter sodat dit teen 3 uur in die oggend
> al lig word en teen 3 uur in die middag al donker is?
>
> Toemaar ek skerts sommer. Ek weet wat jy bedoel en ek stem saam dat
> dit voel asof vir Namibia dit effens onnodig was om die winter-tyd in
> te stel en dat daar geen voordele is nie. Maar ek glo tog daar is
> bietjie meer energie-besparing in die winter a.g.v. die instelling.
> Veral met die dreigende energie-krisis wat aan die agterdeur klop...
> elke bietjie help.
----Dink jy so? As jy meer donker as lig skep, dan gaan jy meer krag
gebruik, of hoe?
>
Re: 1 September. [boodskap #114484 is 'n antwoord op boodskap #114483] Di, 04 September 2007 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sep 4, 11:17 am, "Suidwester" wrote:
> ----Dink jy so? As jy meer donker as lig skep, dan gaan jy meer krag
> gebruik, of hoe?

En hoe presies "skep" jy meer donker? Ek dog Namibia verander bloot
die tyd en dat die totale ure en minute sonlig presies dieselfde bly
vir 'n gegewe dag. ;-) Dis nogal iets wat ou mal-Bob sou try as hy
die geleentheid kry.

Die totale hoeveelheid daglig word bloot 'n uur vorentoe geskuif met
die hopelik statistiek gegronde aanname dat minder energie in die aand
uur verbruik word as wat in die oggend uur verbruik sou word indien
dit nie verskuif was nie. En natuurlik die veiligheidsredes wat ook
destyds genoem is en wat nogal sin maak vir die ouens wat in die
donker werk of skool toe moet stap.

Vir meeste mense is dit bloot 'n kwessie van "What you lose on the
swings, you gain on the roundabouts" of andersom...

Vir jou reference - In Windhoek, volgens somertyd, is die sonsopkoms
op die kortste dag van die jaar, 24 Junie, 07:28 en sononder 18:19. 'n
Totaal van 10 ure, 51 minute. Met die winter-tyd is dit natuurlik
06:28 tot 17:19 maar nogsteeds 10 ure, 51 minute. (Hentiesbaai: 06:39
- 17:31) Mens kan vir dae argumenteer oor wat die mees effektiewe tyd
is. Persoonlik verkies ek dit om wakker te word as dit begin lig word
of alreeds lig is. In die aand is al my verwagtinge daarop ingestel
dat dit in elkgeval gaan donker word voor ek bed toe gaan. Maklikste
is, stel jou horlosies die aand voor die tyd en vergeet daarvan.
Re: 1 September. [boodskap #114488 is 'n antwoord op boodskap #114484] Di, 04 September 2007 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf

> Vir meeste mense is dit bloot 'n kwessie van "What you lose on the
> swings, you gain on the roundabouts" of andersom...

Ek sal nogal geinteresseerd wees oor waar jy in
SA bly. Want hierdie kwessie word baie beinvloed
deur jou ervarings van die lengte van die dae.
Alleen iemand wat in die weste van SA groot-
geword het, maar wat ook intieme kennis van
die oostelike deel van die land het, kan weet
watter belaglike onbalans daar in SA was in
die ou dae. Aan die westekant van die land
is dit saans tot omtrent na nege nog lig. Dit
het my pa altyd so opstandig gemaak as ons
kinders nog buitekant speel en my ma ook
maar stadig is om die ete op die tafel te sit
tot skuins by half-nege in die aand. Hy het
die hele dag hard gewerk en wou bed toe
gaan, maar nee - ons eet eers hier teen
nege in die aand en dan met boekevat en
al, kom hy eers na tien in die bed. ( En dan
moet hy die volgende more as die haan kraai,
uit die bed terwyl ons almal nog slaap.)
Vir meeste van die tyd toe ek gewerk
het, het ek in Natal gewerk en dan vir somers-
vakansies huis toe gegaan in die weste van die
land. Dit toe dat ek besef het dat SA eintlik
twee tydsones moet gebruik om die ding te
ekwaliseer.
Dit het dus vir my sin gemaak toe ek
sien Namibia doen iets aan die saak.

Gloudina
Re: 1 September. [boodskap #114490 is 'n antwoord op boodskap #114484] Wo, 05 September 2007 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" wrote in message
news:1188904537.715240.237860@k79g2000hse.googlegroups.com.. .
> On Sep 4, 11:17 am, "Suidwester" wrote:
>> ----Dink jy so? As jy meer donker as lig skep, dan gaan jy meer krag
>> gebruik, of hoe?
>
> En hoe presies "skep" jy meer donker? Ek dog Namibia verander bloot
> die tyd en dat die totale ure en minute sonlig presies dieselfde bly
> vir 'n gegewe dag. ;-) Dis nogal iets wat ou mal-Bob sou try as hy
> die geleentheid kry.
---Dit gaan oor die bruikbare tyd van die dag. Hoe meer van jou wakker ure
sonlig is, hoe minder krag gaan jy gebruik. Dis egter nie totaal moontlik
nie. Die 'beste' donker ure is in die oggend wanneer die mense op pad werk
toe is en nie ander aktiwiteite beoefen nie. Na werk, in die aand, is jou
swaarste tyd vir karag.

> Vir jou reference - In Windhoek, volgens somertyd, is die sonsopkoms
> op die kortste dag van die jaar, 24 Junie, 07:28 en sononder 18:19. 'n
> Totaal van 10 ure, 51 minute. Met die winter-tyd is dit natuurlik
> 06:28 tot 17:19 maar nogsteeds 10 ure, 51 minute. (Hentiesbaai: 06:39
> - 17:31) Mens kan vir dae argumenteer oor wat die mees effektiewe tyd
> is. Persoonlik verkies ek dit om wakker te word as dit begin lig word
> of alreeds lig is. In die aand is al my verwagtinge daarop ingestel
> dat dit in elkgeval gaan donker word voor ek bed toe gaan. Maklikste
> is, stel jou horlosies die aand voor die tyd en vergeet daarvan.
----Ek sou weer dink dat die onaktiefste tyd van die dag vir los
aktiwiteite, juis jou oggend sou wees. Hoe meer sonlig jy na jou werksdag
het, hoe meer tyd het jy om buitemuurse aktiwiteite te beoefen...dis nou
soos sport, stokperdjies, ens. Vir die mense wat voor die TV lê, maak dit
natuurlik nie eintlik saak nie. Ek weer, is 'n oggend mens. Ek staan
vroeg op en begin vroeg werk. Dit is vir my beter dat die ure donker ure
is.
>
Re: 1 September. [boodskap #114491 is 'n antwoord op boodskap #114488] Wo, 05 September 2007 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1188945720.022829.254230@22g2000hsm.googlegroups.com...
> Jottie skryf
>
>> Vir meeste mense is dit bloot 'n kwessie van "What you lose on the
>> swings, you gain on the roundabouts" of andersom...
>
> Ek sal nogal geinteresseerd wees oor waar jy in
> SA bly. Want hierdie kwessie word baie beinvloed
> deur jou ervarings van die lengte van die dae.
> Alleen iemand wat in die weste van SA groot-
> geword het, maar wat ook intieme kennis van
> die oostelike deel van die land het, kan weet
> watter belaglike onbalans daar in SA was in
> die ou dae. Aan die westekant van die land
> is dit saans tot omtrent na nege nog lig. Dit
> het my pa altyd so opstandig gemaak as ons
> kinders nog buitekant speel en my ma ook
> maar stadig is om die ete op die tafel te sit
> tot skuins by half-nege in die aand. Hy het
> die hele dag hard gewerk en wou bed toe
> gaan, maar nee - ons eet eers hier teen
> nege in die aand en dan met boekevat en
> al, kom hy eers na tien in die bed. ( En dan
> moet hy die volgende more as die haan kraai,
> uit die bed terwyl ons almal nog slaap.)
> Vir meeste van die tyd toe ek gewerk
> het, het ek in Natal gewerk en dan vir somers-
> vakansies huis toe gegaan in die weste van die
> land. Dit toe dat ek besef het dat SA eintlik
> twee tydsones moet gebruik om die ding te
> ekwaliseer.
> Dit het dus vir my sin gemaak toe ek
> sien Namibia doen iets aan die saak.
>
> Gloudina
----Namibië se groot probleem is besigheidsure. Omdat ons so baie
besigheid doen met die RSA, maak die 1 uur aanpassing ongelukkig die
besigheidsdag met die RSA effektief 4 ure korter.
>
Re: 1 September. [boodskap #114492 is 'n antwoord op boodskap #114491] Wo, 05 September 2007 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sep 5, 11:23 am, "Suidwester" wrote:
> ----Namibië se groot probleem is besigheidsure. Omdat ons so baie
> besigheid doen met die RSA, maak die 1 uur aanpassing ongelukkig die
> besigheidsdag met die RSA effektief 4 ure korter.

Dit laat mens nogal wonder presies hoekom hulle dan die
tydsverandering ingebring het en hoe die regering dit kon motiveer.
Was dit bloot om 'n punt te maak t.o.v. Namibiese onafhanklikheid of
was daar werklik statistieke bewyse vir energiebesparing en
veiligheid.
Re: 1 September. [boodskap #114494 is 'n antwoord op boodskap #114492] Wo, 05 September 2007 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf

> Dit laat mens nogal wonder presies hoekom hulle dan die
> tydsverandering ingebring het en hoe die regering dit kon motiveer.
> Was dit bloot om 'n punt te maak t.o.v. Namibiese onafhanklikheid of
> was daar werklik statistieke bewyse vir energiebesparing en
> veiligheid.

Ek sou weer wil vra, waar bly jy in SA. As jy n
oosterse soort Suid-Afrikaner is, dus byvoorbeeld
oos van Kimberley, dan sal jy eenvoudig nie kan
verstaan dat die westerse deel van SA eintlik in
n nuwe tydsone moet wees nie. Dit sluit dan ook
die Namibiese area in.
Hier in Noord-Amerika waar ons aan tydsones
gewoond is, raak dinge vir mens duideliker. Dis
byvoorbeeld baie snaaks as jy naby n tydsone
verandering bly, om van die een tydsone na die
ander te ry. ( Ons het die ondervinding gehad
toe ons in New Brunswick gebly het, en ons
naaste groot stad Boston was, en ons baie
vir New Hampshire besoek het. Dan ry ons
maklik uit die Maritieme tydsone na die
Oosterse tydsone, wat n uur van mekaar
verskil.)
Dat die daylight savings time wel
elektrisiteit bespaar, kan nie betwyfel word
nie. Dis daarom dat die VSA vanjaar die
oorgang vroeer gemaak het, iets wat meeste
provinsies in Kanada moet navolg as hulle
in zinc met die VSA wil bly. ( Saskatchewan
is die enigste provinsie in Kanada wat nie
daylight savings time veranderings be-oefen
nie. )

Gloudina
Re: 1 September. [boodskap #114495 is 'n antwoord op boodskap #114494] Wo, 05 September 2007 13:14 Na vorige boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sep 5, 2:13 pm, Hessie wrote:
> Jottie skryf
>
>> Dit laat mens nogal wonder presies hoekom hulle dan die
>> tydsverandering ingebring het en hoe die regering dit kon motiveer.
>> Was dit bloot om 'n punt te maak t.o.v. Namibiese onafhanklikheid of
>> was daar werklik statistieke bewyse vir energiebesparing en
>> veiligheid.
>
> Ek sou weer wil vra, waar bly jy in SA. As jy n
> oosterse soort Suid-Afrikaner is, dus byvoorbeeld
> oos van Kimberley, dan sal jy eenvoudig nie kan
> verstaan dat die westerse deel van SA eintlik in
> n nuwe tydsone moet wees nie. Dit sluit dan ook
> die Namibiese area in.

Sorry, miskien het ek myself nie heel duidelik gemaak nie. Ek het geen
problem met die wintertyd in Namibia nie. Ek is oortuig dat daar goeie
redes daarvoor is. Eintlik dink ek die wintertyd is meer normaal en
mense moet eerder van somertyd as tydsverandering praat wanneer
Namibiese tyd in lyn met Suid Afrika is.
Ek wil graag hoor hoekom mense wat totaal daarteen is dink dit
ingestel is. Ek kan aanvaar dat nie almal gelukkig is daarmee nie maar
dit is altyd interresant om die motief agter die ongelukkigheid
daarvan te hoor. Noem my maar sneaky...
Ek het self baie jare in Pretoria gewoon en daarna vir 'n dekade in
Windhoek - voor en na wintertyd ingestel is. Ek onthou nog my
kinderdae as ons vakansietye by familie in Suidwes gaan kuier het oor
Desember. Dit was vir my fasinerend dat die son so laat ondergaan.
Vorige onderwerp: Oorlopery
Volgende onderwerp: Re: Bloopers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:31:12 MGT 2024