Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidwester
Suidwester [boodskap #114414] Di, 28 Augustus 2007 16:53 na volgende boodskap
new2usa[3]  is tans af-lyn  new2usa[3]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Augustus 2007
Karma: 0
Junior Lid
Ich liebe sudwest

Ek was so 'n maand gelede vir vakansie in SA en Namibië. Swakop, Sosusvlei
ens. Wat 'n wondelike land.

Ek het baie simpatie vir jou omdat die manne met hulle "imaginary friend"
Jesus/God jou met hulle breinloosheid jou aanval. Die sindroom (imaginary
friend) word gewoonlik ontgroei in die kleuterstadium. Dit is disfunksie van
die brein wat ek en jy nie kan behandel nie.

Ja swaer
Re: Suidwester [boodskap #114417 is 'n antwoord op boodskap #114414] Wo, 29 Augustus 2007 05:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"new2usa" wrote
> Ich liebe sudwest
>
> Ek was so 'n maand gelede vir vakansie in SA en Namibië. Swakop, Sosusvlei
> ens. Wat 'n wondelike land.
>
> Ek het baie simpatie vir jou omdat die manne met hulle "imaginary friend"
> Jesus/God jou met hulle breinloosheid jou aanval.

Ou maat, wie jy ookal is, voordat jy my breinloos noem, moet jy eers my
argumente beantwoord. Tot dan is jy die een wat breinloos is!

> Die sindroom (imaginary friend) word gewoonlik ontgroei in die
> kleuterstadium. Dit is disfunksie van die brein wat ek en jy nie kan
> behandel nie.

Dan is die hele beskawing nog in sy kleuterstaium vasgevang, want die
natuurwetenskappe het uit die geestewetenskappe ontstaan en elke
natuurwetenskap is steeds op 'n geestewetenskap gebou. Geestewetenskap kan
sonder die natuurwetenskappe bestaan en goed funskioneer, dit is ONMOONTLIK
vir die natuurwetenskappe om sonder die geesteswetenskappe te bestaan of te
funksioneer.
Re: Suidwester [boodskap #114418 is 'n antwoord op boodskap #114414] Wo, 29 Augustus 2007 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"new2usa" skryf in boodskap news:46d45327$0$32525$4c368faf@roadrunner.com...
> Ich liebe sudwest
> Ek was so 'n maand gelede vir vakansie in SA en Namibië. Swakop, Sosusvlei
> ens. Wat 'n wondelike land.
> ---Dit maak twee van ons! Vir ons woestynrotte is daar net een plek op
> aarde. Bly julle het dit geniet. Ek was die naweek seker vir die 50ste
> keer by die Spitzkuppe en steeds kry ek nuwe fotos om te neem.
>

> Ek het baie simpatie vir jou omdat die manne met hulle "imaginary friend"
> Jesus/God jou met hulle breinloosheid jou aanval. Die sindroom (imaginary
> friend) word gewoonlik ontgroei in die kleuterstadium. Dit is disfunksie
> van die brein wat ek en jy nie kan behandel nie.
>
> Ja swaer
----Soos jy sê swaer! Ek het g'n probleem met die kerkers nie. Hulle kan
glo en maak wat hulle wil, maar ou Torreke is duidelik so onseker van sy eie
geloof dat hy my nie kan toelaat om my siening van die saak te hê nie. Dis
seker sy eeu-oue 'opdrag' om almal na sy geloof te bring wat die man dryf?
Die onredelikheid wat die kerk die bron van die grootste bakleie in
gemeenskappe maak. Die oorsaak van oorloë, konflikte, ens. Die
ootmoedigheid wat hulle preek, die leef hy nie uit nie. Sy tien gebooie
vertel vir hom hy mag nie oordeel nie, maar hy doen dit met lus.....en tog
voel hy steeds hy het 'n paadjie geplavei na 'n utopia toe die dag as hy
dooi. Dit laat mens net by een gevolgtrekking: Sy eie huidige lewe is hy
so sleg en dat hy sê skuldig daaroor voel en vir 'n uitweg soek vir ingeval
daar lewe na die dood is?
Re: Suidwester [boodskap #114434 is 'n antwoord op boodskap #114414] Wo, 29 Augustus 2007 20:36 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"new2usa" skryf

> . Dit is disfunksie van
> die brein wat ek en jy nie kan behandel nie.

Welkom. Of is dit maar net n ou deelnemer
mer n nuwe naam.
Oppas dat jou eie tekort aan begryp nie
ook bestempel kan word as n disfunksie
van die brein nie. Die volwasse begrip kan
plekmaak vir albei denkrigtings. In sover
Torreke egter aanvalle loods, dink ek hy
is op die dwaalpad.

Gloudina
Vorige onderwerp: Torreke
Volgende onderwerp: 2 Maal Cullinan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:19:00 MGT 2024