Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 37 Unread !
37 Unread ! [boodskap #114312] Do, 16 Augustus 2007 09:48 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Goeie genade

Toe ek vandag hier inloer toe sien ek 37 boodskappe wat nog nie gelees is
nie.

En tot my groot verbasing sien ek die volgende mense het uit die dood uit
opgestaan:

Suidwester
Torreke
Francois
Gloudina

Ja ek en Dave het die nuusgroep deur die ICU gedra, en alhoewel dit
nogsteeds wil voorkom asof ons in High Care is, glo ek daar is lig aan die
einde van die tonnel.

Miskien kan die 4 persone wat ek hier genoem het bietjie bloed skenk
(A+)frikaans sal die ding doen. Kom gesels weer 'n slag lekker asb - ek is
moeg om die klomp souties op (soc.culture.south-africa) te irreteer.

Groete

Riaan
Re: 37 Unread ! [boodskap #114315 is 'n antwoord op boodskap #114312] Do, 16 Augustus 2007 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1187257473.380016@vasbyt.isdsl.net...
> Goeie genade
>
>
> Toe ek vandag hier inloer toe sien ek 37 boodskappe wat nog nie gelees is
> nie.
>
> En tot my groot verbasing sien ek die volgende mense het uit die dood uit
> opgestaan:
>
> Suidwester
> Torreke
> Francois
> Gloudina
>
> Ja ek en Dave het die nuusgroep deur die ICU gedra, en alhoewel dit
> nogsteeds wil voorkom asof ons in High Care is, glo ek daar is lig aan die
> einde van die tonnel.
>
> Miskien kan die 4 persone wat ek hier genoem het bietjie bloed skenk
> (A+)frikaans sal die ding doen. Kom gesels weer 'n slag lekker asb - ek is
> moeg om die klomp souties op (soc.culture.south-africa) te irreteer.
>
>
> Groete
>
>
> Riaan
----Ek het jou voorheen gesê, praat oor iets interessant, dan gesels ons.
Wat van die Bokke kan nie die WB wen, behalwe mog-et-treffe soos in '95 nie.
As die All Blacks gisteraand teen Namibië gespeel het, was dit 150-0.
>
Re: 37 Unread ! [boodskap #114318 is 'n antwoord op boodskap #114315] Do, 16 Augustus 2007 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:ppSdnaeq8Pn8rVnbnZ2dnUVZ8t-nnZ2d@saix.net...

> Ek het jou voorheen gesê, praat oor iets interessant, dan gesels ons. Wat
> van die Bokke kan nie die WB wen, behalwe mog-et-treffe soos in '95 nie.
> As die All Blacks gisteraand teen Namibië gespeel het, was dit 150-0.

Hier moet ek met jou saamstem. Ek is so gatvol vir die SA Rugby
administrateurs, en hulle gewoonte om so na as moontlik aan belangrike
byeenkomste iets aan te vang wat die span se konsentrasie aflei dat ek iets
kan oorkom. Voeg daarby Jake White se aand en oggend praatjies wat nie
ooreenstem nie, 'n agterlyn afrigter wat nuwe betekenis gegee het van die OP
is 'n kak span toe hy hulle afgerig het, en 'n Ausie as tegniese raadgewer
in die plek van so baie ander SA manne soos Naas Botha en Ray Mordt om maar
net twee te noem, en ek glo jy het 'n resep vir 'n groot gemors.

Wat my egter na die manne laat kyk en ondersteun is 'n vrees by my dat 2007
die laaste jaar is waarin ek nog RUGBY sal kan kyk. Ek sal byvoorbeeld nie
meer belangstel as hulle in die toekoms die Proteas of enigiets anders
genoem word nie, en ek sal ook nie kyk as die kwota stelsel die span keuse
belaglik maak nie. En dit geld nie net vir die SA span nie, maar ook vir my
geliefde Blou Bulle.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114319 is 'n antwoord op boodskap #114318] Do, 16 Augustus 2007 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 14:46:46 +0200, "Riaan" wrote:

> Hier moet ek met jou saamstem. Ek is so gatvol vir die SA Rugby
> administrateurs, e

Moet nooit, nooit die 95 span onderskat nie.
Dit was 'n bullitproof span.
Hulle het nie aandag getrek nie omdat hulle 'n verdedigende span was
en nie 'n aanvallende een nie, maar hulle was een van die
intelligentste spanne uit. Vandag se Bokke is kollektief een van die
domste internasionale spanne.

Dink bietjie hieroor: Die 95 soan se vaste vyf was 'n jong Os du
randt, Chris Rossouw en Balie Swart. Slotte was Kobus Wiese en Hannes
Strydom. En agter hulle was Mark Andrews ook omtrent 22 jaar oud, die
8steman.

Daardie tyd kon die flanke losbreek terwyl die bal nog in die skrum
was. Kyk weer na daai game en sien hoe die vaste vyf en Andrews die
HELE All Black pak op die All Blacks se ingooi vashou terwyl Ruben
Kruger en Francois Pienaar wegbreek en in die agterlyn gaan staan.

Schalk Burger tackle vandag meer mense as Pienaar en Kruger, maar
hulle staan saam met hom weer op. Wanneer Kruger en Pienaar iemand
getackle het, was hulle meer kere as nie, plat op die grond en uit die
spel.

Agter die pak was Joost besig om sy jeugdige toppunt te bereik.
Losskakel was Joel Stransky - nie 'n great hardlopende no 10 nie, maar
'n meesterlike skopper.

Op heelagter Andre Joubert. En op vleuel James Small en Chester. As
daar iemand in die wereld was wat ek wou he 'n up and under moet vat
was dit James Small.

Daai was 'n moerse span.

Hulle het die kanaal-verdediging heel eerste in die wereld gedoen -
wanneer jy 'n kanaal verdedig en as iemand skuins hardloop, pass jy
hom aan na die kanaal langs jou. Hulle het dit soomloos gedoen. Dit
vereis great samespel en intelligensie.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114320 is 'n antwoord op boodskap #114318] Do, 16 Augustus 2007 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1187268142.946674@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:ppSdnaeq8Pn8rVnbnZ2dnUVZ8t-nnZ2d@saix.net...
>
>> Ek het jou voorheen gesê, praat oor iets interessant, dan gesels ons. Wat
>> van die Bokke kan nie die WB wen, behalwe mog-et-treffe soos in '95 nie.
>> As die All Blacks gisteraand teen Namibië gespeel het, was dit 150-0.
>
> Hier moet ek met jou saamstem. Ek is so gatvol vir die SA Rugby
> administrateurs, en hulle gewoonte om so na as moontlik aan belangrike
> byeenkomste iets aan te vang wat die span se konsentrasie aflei dat ek
> iets kan oorkom. Voeg daarby Jake White se aand en oggend praatjies wat
> nie ooreenstem nie, 'n agterlyn afrigter wat nuwe betekenis gegee het van
> die OP is 'n kak span toe hy hulle afgerig het, en 'n Ausie as tegniese
> raadgewer in die plek van so baie ander SA manne soos Naas Botha en Ray
> Mordt om maar net twee te noem, en ek glo jy het 'n resep vir 'n groot
> gemors.
>
> Wat my egter na die manne laat kyk en ondersteun is 'n vrees by my dat
> 2007 die laaste jaar is waarin ek nog RUGBY sal kan kyk. Ek sal
> byvoorbeeld nie meer belangstel as hulle in die toekoms die Proteas of
> enigiets anders genoem word nie, en ek sal ook nie kyk as die kwota
> stelsel die span keuse belaglik maak nie. En dit geld nie net vir die SA
> span nie, maar ook vir my geliefde Blou Bulle.
-----Ek stem dat SA rugby voor 'n groot probleem staan na die WB. Politiek
in sport kry g'n end nie en die belangrikste persoon in enige sport, die
toeskouer, word misken. Dis daai manne wat die pawiljoene volsit. As
hulle die kwotastelsel nog verder gaan dryf, gaan die toeskouers reageer en
as hulle wegbly van wedstryde af, is dit net 'n afdraande pad
vorentoe......soos dit in Namibië gebeur het na onafhanklikheid. Die
voorbeeld is daar vir almal om te sien.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114321 is 'n antwoord op boodskap #114319] Do, 16 Augustus 2007 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:hoh8c3lb4283lejo0oceks7sj4apq6ibot@4ax.com...
> On Thu, 16 Aug 2007 14:46:46 +0200, "Riaan" wrote:
>
> Moet nooit, nooit die 95 span onderskat nie.
> Dit was 'n bullitproof span.
> .......
> Daai was 'n moerse span.
>
> Hulle het die kanaal-verdediging heel eerste in die wereld gedoen -
> wanneer jy 'n kanaal verdedig en as iemand skuins hardloop, pass jy
> hom aan na die kanaal langs jou. Hulle het dit soomloos gedoen. Dit
> vereis great samespel en intelligensie.
----Dit het so goed gewerk dat Jake vandag nog glo dat WB's gewen word op
verdediging en nie op aanval nie! Hierdie WB sal leer of hy reg is.
Terwyl ek nie stry oor die kwaliteit van die 95 span nie, glo ek hulle was
donners gelukkig om eerstens die eindstryd te haal [Ruben Kruger het self
erken daai drie wat hy in die reën teen Frankryk gedruk het, was nie eers
amper 'n drie nie] en in die eindstryd het die dinge al die pad saamgeloop
met die All Blacks en toe hier op die einde, toe looi Stransky daai lang
skepskop. Was dit Naas Botha, dan sou niemand oor die voorbedagde rade
daarvan getwyfel het nie, maar Stransky? Dit was sy en die Bokke se
gelukkige dag. Ek misgun hulle dit glad nie, dis rugby. As hulle toe net
nie geglo het hulle is die wêreldkampioene nie, sou Springbokrugby nie so
agteruitgegaan het nie.
Vandag se Bokke, as hulle nou 10 wedstryde moet speel teen die All
Blacks, gaan hulle 9 uit die 10 verloor, laat ons net hoop daai enkel kans
gaan in die WB wees!
Re: 37 Unread ! [boodskap #114322 is 'n antwoord op boodskap #114321] Do, 16 Augustus 2007 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 14:11:45 +0100, "Suidwester" wrote:

> ----Dit het so goed gewerk dat Jake vandag nog glo dat WB's gewen word op
> verdediging en nie op aanval nie! Hierdie WB sal leer of hy reg is.
> Terwyl ek nie stry oor die kwaliteit van die 95 span nie, glo ek hulle was
> donners gelukkig om eerstens die eindstryd te haal [Ruben Kruger het self
> erken daai drie wat hy in die reën teen Frankryk gedruk het, was nie eers
> amper 'n drie nie] en in die eindstryd het die dinge al die pad saamgeloop
> met die All Blacks en toe hier op die einde, toe looi Stransky daai lang
> skepskop. Was dit Naas Botha, dan sou niemand oor die voorbedagde rade
> daarvan getwyfel het nie, maar Stransky? Dit was sy en die Bokke se
> gelukkige dag. Ek misgun hulle dit glad nie, dis rugby. As hulle toe net
> nie geglo het hulle is die wêreldkampioene nie, sou Springbokrugby nie so
> agteruitgegaan het nie.
> Vandag se Bokke, as hulle nou 10 wedstryde moet speel teen die All
> Blacks, gaan hulle 9 uit die 10 verloor, laat ons net hoop daai enkel kans
> gaan in die WB wees!>.

Stransky was geen vreemdeling vir skepskoppe nie. Hy kon dit sy hele
loopbaan lank doen. Daai skop was geen geluk nie.
En as iemand wat die game ook bygewoon het, kan ek jou nou se die All
Blacks het nooit gelyk of hulle die oorhand gaan kry nie.

Ek het die Franse ook sien speel, teen Skotland onder meer, en hulle
was nie veel nie. Die reen in Durban was moerse swak geluk en het die
Franse baie gehelp. Op 'n droe veld sou hulle redelik maklik gewen
gewees het.

Daar was nie veel in daai Franse span nie.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114323 is 'n antwoord op boodskap #114322] Do, 16 Augustus 2007 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:5dk8c3t294730659e2q580dvuigc76dt3p@4ax.com...
> On Thu, 16 Aug 2007 14:11:45 +0100, "Suidwester"
> wrote:
> Stransky was geen vreemdeling vir skepskoppe nie. Hy kon dit sy hele
> loopbaan lank doen. Daai skop was geen geluk nie.
> En as iemand wat die game ook bygewoon het, kan ek jou nou se die All
> Blacks het nooit gelyk of hulle die oorhand gaan kry nie.
-----Gee toe, ek was nie daar nie en het op TV gekyk, maar as ek die
spulletjie reg onthou, was die All Blacks die hele tyd voor?
>
> Ek het die Franse ook sien speel, teen Skotland onder meer, en hulle
> was nie veel nie. Die reen in Durban was moerse swak geluk en het die
> Franse baie gehelp. Op 'n droe veld sou hulle redelik maklik gewen
> gewees het.
>
> Daar was nie veel in daai Franse span nie.
----Makie sakie, hulle moes eintlik gewen het. Maar dis rugby. 95 was
die jaar van die Bok. Of 2007 die jaar van die bok gaan wees, is ek nie
van oortuig nie. Die agterlyn is steeds onbeholpe.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114327 is 'n antwoord op boodskap #114323] Vr, 17 Augustus 2007 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 14:59:03 +0100, "Suidwester" wrote:

>> Daar was nie veel in daai Franse span nie.
> ----Makie sakie, hulle moes eintlik gewen het. Maar dis rugby. 95 was
> die jaar van die Bok. Of 2007 die jaar van die bok gaan wees, is ek nie
> van oortuig nie. Die agterlyn is steeds onbeholpe.

Nee. Die Fransie moes nie gewen het nie. Die drie wat hulle claim was
geen drie nie. Ek het dit frame by frame nagegaan en die Franse slot
het VOOR die doellyn tot stilstand gekom en het daar bly le. James
Small - dit was of hy of Hennie le Roux - het ook nog tussen die
Franse slot en die doellyn geval.

Kry 'n band of 'n DVD en gaan kyk self.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114331 is 'n antwoord op boodskap #114327] Vr, 17 Augustus 2007 09:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:8mkac31cg2rk6eaio8hdfmstg7j49giqe4@4ax.com...
> On Thu, 16 Aug 2007 14:59:03 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> Daar was nie veel in daai Franse span nie.
>> ----Makie sakie, hulle moes eintlik gewen het. Maar dis rugby. 95 was
>> die jaar van die Bok. Of 2007 die jaar van die bok gaan wees, is ek nie
>> van oortuig nie. Die agterlyn is steeds onbeholpe.
>
> Nee. Die Fransie moes nie gewen het nie. Die drie wat hulle claim was
> geen drie nie. Ek het dit frame by frame nagegaan en die Franse slot
> het VOOR die doellyn tot stilstand gekom en het daar bly le. James
> Small - dit was of hy of Hennie le Roux - het ook nog tussen die
> Franse slot en die doellyn geval.
>
> Kry 'n band of 'n DVD en gaan kyk self.
----Dis nie so maklik nie....en ook nie so belangrik nie. Ek dag maar net
Ruben Kruger wat veronderstel was om die drie gedruk het, op TV gesê het hy
was kort van die lyn, dan sal ons hom kan glo? Jy moet net onthou ek is
nie 'n fanatiese Bokondersteuner nie. Dalk kyk ek met meer perspektief na
die saak?
Wat ek nou sien, is 'n Bokspan wat 'n pap agterlyn sonder inisiatief het
en onbeholpe lyk op die aanval. Die voorspelers sal alles moet doen en a
la Jake, gaan hulle konsentreer op verdediging want hy glo steeds jy wen die
WB met verdediging. Rush defense. So wat hy nou doen, is om met die
Bulle en die Sharks se voorspelers te dryf en met die WP se onbeholpe,
mog-et-treffe storm verdediging te kom en hoop 'n bal spring los sodat hulle
kan onderskep. Dis aaklig, maar kón op die regte dag tog werk. Mens moet
nou net hoop dié regte dag is op die dag wat hulle die kritiese spanne moet
klop!
Aan die anderkant is die All Blacks wat aanvallende spel speel en dink
op hulle voete. Mooi om na te kyk en 99% wedstryde wen hulle......
Re: 37 Unread ! [boodskap #114332 is 'n antwoord op boodskap #114331] Vr, 17 Augustus 2007 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Aug 2007 10:28:30 +0100, "Suidwester" wrote:

Kry 'n band of 'n DVD en gaan kyk self.
> ----Dis nie so maklik nie....en ook nie so belangrik nie. Ek dag maar net
> Ruben Kruger wat veronderstel was om die drie gedruk het, op TV gesê het hy
> was kort van die lyn, dan sal ons hom kan glo?

Die kort van die lyn issue was oor die Franse drie wat nie toegeken is
nie, sover ek onthou.

Wat ek nou sien, is 'n Bokspan wat 'n pap agterlyn sonder
inisiatief het
> en onbeholpe lyk op die aanval. Die voorspelers sal alles moet doen en a
> la Jake, gaan hulle konsentreer op verdediging want hy glo steeds jy wen die
> WB met verdediging. Rush defense. So wat hy nou doen, is om met die
> Bulle en die Sharks se voorspelers te dryf en met die WP se onbeholpe,
> mog-et-treffe storm verdediging te kom en hoop 'n bal spring los sodat hulle
> kan onderskep. Dis aaklig, maar kàn op die regte dag tog werk. Mens moet
> nou net hoop dié regte dag is op die dag wat hulle die kritiese spanne moet
> klop!

Dit is van die beste talent in jare in SA rugby, maar kollektief maak
hulle een van die domste spanne uit.

Aan die anderkant is die All Blacks wat aanvallende spel speel en
dink
> op hulle voete. Mooi om na te kyk en 99% wedstryde wen hulle......

En dan choke hulle in die belangrike wedstryde.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114334 is 'n antwoord op boodskap #114332] Vr, 17 Augustus 2007 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:rm4bc3ltf2ppvg43aj86fqu95g7ku1ktco@4ax.com...
> On Fri, 17 Aug 2007 10:28:30 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> > ----Dis nie so maklik nie....en ook nie so belangrik nie. Ek dag maar
>> net
>> Ruben Kruger wat veronderstel was om die drie gedruk het, op TV gesê het
>> hy
>> was kort van die lyn, dan sal ons hom kan glo?
>
> Die kort van die lyn issue was oor die Franse drie wat nie toegeken is
> nie, sover ek onthou.
>
> inisiatief het
>> en onbeholpe lyk op die aanval. Die voorspelers sal alles moet doen en a
>> la Jake, gaan hulle konsentreer op verdediging want hy glo steeds jy wen
>> die
>> WB met verdediging. Rush defense. So wat hy nou doen, is om met die
>> Bulle en die Sharks se voorspelers te dryf en met die WP se onbeholpe,
>> mog-et-treffe storm verdediging te kom en hoop 'n bal spring los sodat
>> hulle
>> kan onderskep. Dis aaklig, maar kón op die regte dag tog werk. Mens
>> moet
>> nou net hoop dié regte dag is op die dag wat hulle die kritiese spanne
>> moet
>> klop!
>
> Dit is van die beste talent in jare in SA rugby, maar kollektief maak
> hulle een van die domste spanne uit.
>
> dink
>> op hulle voete. Mooi om na te kyk en 99% wedstryde wen hulle......
>
> En dan choke hulle in die belangrike wedstryde.
-----Hmm! Maar as hulle die dag nie choke nie, dan's dit nag. Wat my
beïndruk, is dat hulle werk aan hierdie probleem. Dit lyk nie vir my of
die Bokke eintlik werk maak van hulle probleem nie....aanval.
>
Re: 37 Unread ! [boodskap #114338 is 'n antwoord op boodskap #114320] Vr, 17 Augustus 2007 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:sb6dnZBhyNq00FnbnZ2dnUVZ8vidnZ2d@saix.net...
>
> "Riaan" wrote in message
> news:1187268142.946674@vasbyt.isdsl.net...

>> "Suidwester" wrote in message
>> news:ppSdnaeq8Pn8rVnbnZ2dnUVZ8t-nnZ2d@saix.net...

>>> Ek het jou voorheen gesê, praat oor iets interessant, dan gesels ons.
>>> Wat van die Bokke kan nie die WB wen, behalwe mog-et-treffe soos in '95
>>> nie. As die All Blacks gisteraand teen Namibië gespeel het, was dit
>>> 150-0.

>> Hier moet ek met jou saamstem. Ek is so gatvol vir die SA Rugby
>> administrateurs, en hulle gewoonte om so na as moontlik aan belangrike
>> byeenkomste iets aan te vang wat die span se konsentrasie aflei dat ek
>> iets kan oorkom. Voeg daarby Jake White se aand en oggend praatjies wat
>> nie ooreenstem nie, 'n agterlyn afrigter wat nuwe betekenis gegee het van
>> die OP is 'n kak span toe hy hulle afgerig het, en 'n Ausie as tegniese
>> raadgewer in die plek van so baie ander SA manne soos Naas Botha en Ray
>> Mordt om maar net twee te noem, en ek glo jy het 'n resep vir 'n groot
>> gemors.

>> Wat my egter na die manne laat kyk en ondersteun is 'n vrees by my dat
>> 2007 die laaste jaar is waarin ek nog RUGBY sal kan kyk. Ek sal
>> byvoorbeeld nie meer belangstel as hulle in die toekoms die Proteas of
>> enigiets anders genoem word nie, en ek sal ook nie kyk as die kwota
>> stelsel die span keuse belaglik maak nie. En dit geld nie net vir die SA
>> span nie, maar ook vir my geliefde Blou Bulle.
> -----Ek stem dat SA rugby voor 'n groot probleem staan na die WB.
> Politiek in sport kry g'n end nie en die belangrikste persoon in enige
> sport, die toeskouer, word misken. Dis daai manne wat die pawiljoene
> volsit. As hulle die kwotastelsel nog verder gaan dryf, gaan die
> toeskouers reageer en as hulle wegbly van wedstryde af, is dit net 'n
> afdraande pad vorentoe......soos dit in Namibië gebeur het na
> onafhanklikheid. Die voorbeeld is daar vir almal om te sien.
>

Kyk maar net wat het met Netbal gebeur. SA kon altyd goed meeding met NZ en
AUS. Noe maak SA moerse opslae as hulle een of ander Afrika land wen. Hulle
sal nooit weer NZ of AUS kan wen nie, hulle is nie eers goei kompitiesie vir
AUS of NZ nie. As dit rugby se voorland gaan word ondersteun ek die ander
Groen en Goud.
SA se Rugby administrateurs moet gekies word deur die mense wat die
paviljoene vul elke wedstryd. Hulle moet op die agterkant van elke rugby
kaartjie 'n stem brief he, en na die wetstryd goeie jy jou kaartjie in 'n
stem boks. SA is mos nou demokraties, so laat die Rugby publiek besluit wie
in beheer moet wees van SA Rugby.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114339 is 'n antwoord op boodskap #114338] Sa, 18 Augustus 2007 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"ekke" skryf in boodskap news:nPoxi.22236$4A1.5024@news-server.bigpond.net.au...
>> -----Ek stem dat SA rugby voor 'n groot probleem staan na die WB.
>> Politiek in sport kry g'n end nie en die belangrikste persoon in enige
>> sport, die toeskouer, word misken. Dis daai manne wat die pawiljoene
>> volsit. As hulle die kwotastelsel nog verder gaan dryf, gaan die
>> toeskouers reageer en as hulle wegbly van wedstryde af, is dit net 'n
>> afdraande pad vorentoe......soos dit in Namibië gebeur het na
>> onafhanklikheid. Die voorbeeld is daar vir almal om te sien.

>
> Kyk maar net wat het met Netbal gebeur. SA kon altyd goed meeding met NZ
> en AUS. Noe maak SA moerse opslae as hulle een of ander Afrika land wen.
> Hulle sal nooit weer NZ of AUS kan wen nie, hulle is nie eers goei
> kompitiesie vir AUS of NZ nie. As dit rugby se voorland gaan word
> ondersteun ek die ander Groen en Goud.
-----Die groot probleem met moderne Afrika is dat die gemiddelde eerder as
die uitstaande voorrang geniet. Goeie sportmense wat persoonlik strewe na
uitstekende prestasie, het nie 'n keuse anders as om hul kompetisie in die
buiteland te gaan soek nie. Irene van Dyk is 'n groot klag teen
Suid-Afrika omdat hulle haar talent nie kon akkomodeer nie.

> SA se Rugby administrateurs moet gekies word deur die mense wat die
> paviljoene vul elke wedstryd. Hulle moet op die agterkant van elke rugby
> kaartjie 'n stem brief he, en na die wetstryd goeie jy jou kaartjie in 'n
> stem boks. SA is mos nou demokraties, so laat die Rugby publiek besluit
> wie in beheer moet wees van SA Rugby.
-----Ongelukkig sal dit nooit werk nie. Politiek is baas en juis omdat dit
nie juis talent vereis om in die politiek te presteer nie. Jy moet net kan
lieg dat dit opslae maak en gewete hê nie en jy wen.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114353 is 'n antwoord op boodskap #114338] Di, 21 Augustus 2007 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Aug 2007 21:55:31 GMT, "ekke" wrote:

> Kyk maar net wat het met Netbal gebeur. SA kon altyd goed meeding met NZ en
> AUS. Noe maak SA moerse opslae as hulle een of ander Afrika land wen. Hulle
> sal nooit weer NZ of AUS kan wen nie, hulle is nie eers goei kompitiesie vir
> AUS of NZ nie. As dit rugby se voorland gaan word ondersteun ek die ander
> Groen en Goud.
> SA se Rugby administrateurs moet gekies word deur die mense wat die
> paviljoene vul elke wedstryd. Hulle moet op die agterkant van elke rugby
> kaartjie 'n stem brief he, en na die wetstryd goeie jy jou kaartjie in 'n
> stem boks. SA is mos nou demokraties, so laat die Rugby publiek besluit wie
> in beheer moet wees van SA Rugby.

Dis eenvoudiger as dit. Dit is amper Darwiniaans. Springbokspan word
slagoffer van politiek. Springbokspan word gekies vir kleur en nie vir
talent nie. Springbokspan verloor teen almal teen wie hy speel.
Ondersteuners verwerp Springbokspan. Ondersteuners gaan nie meer rugby
toe nie. Ondersteuners kyk nie meer toetse op TV nie. Adverteerders
onttrek. NZ en Aust sny hulle los van SA in die S14 en 3Nasies. SA
Rugby het nie meer geld nie. Spelers gaan speel oorsee. Stadions in
die moeilikheid. Geld droog op. SA Rugby kan nie meer sy mense betaal
nie. Rugby is dood.
Jong talent speel eerder gholf, tennis of begin fiets ry.
Re: 37 Unread ! [boodskap #114354 is 'n antwoord op boodskap #114353] Di, 21 Augustus 2007 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:nv9lc3988tvp5hc27ao6ein3l6pm7tj4ki@4ax.com...
> On Fri, 17 Aug 2007 21:55:31 GMT, "ekke" wrote:
> Jong talent speel eerder gholf, tennis of begin fiets ry.

---Stem met jou saam. Dit is waarheen rugby uiteindelik op pad is. Die
publiek, veral die blankes, gaan eerder sport [lees kleiner, nie so
toeskouergebonde nie] aan deelneem waar hulle nie deur die politiek gepla
sal word nie. Lw ek sê sal, want daar is nie genoeg geld uit te make dat
die politiese aasvoëls daarop sal wil aas nie. Soos hier by ons. Meer
geld word bestee daaraan om administrateurs en hulle families by die WB te
kry as die spelers self! Die byvoordele. Verdwyn die byvoordele, dan is
die belangstelling ook weg.
>
Re: 37 Unread ! [boodskap #114363 is 'n antwoord op boodskap #114354] Vr, 24 Augustus 2007 23:33 Na vorige boodskap
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:XqKdncKbeIo7KFfbnZ2dnUVZ8v2vnZ2d@saix.net...
>
> "Ferdi" wrote in message
> news:nv9lc3988tvp5hc27ao6ein3l6pm7tj4ki@4ax.com...
>> On Fri, 17 Aug 2007 21:55:31 GMT, "ekke" wrote:
>> Jong talent speel eerder gholf, tennis of begin fiets ry.
>
> ---Stem met jou saam. Dit is waarheen rugby uiteindelik op pad is. Die
> publiek, veral die blankes, gaan eerder sport [lees kleiner, nie so
> toeskouergebonde nie] aan deelneem waar hulle nie deur die politiek gepla
> sal word nie. Lw ek sê sal, want daar is nie genoeg geld uit te make dat
> die politiese aasvoëls daarop sal wil aas nie. Soos hier by ons. Meer
> geld word bestee daaraan om administrateurs en hulle families by die WB te
> kry as die spelers self! Die byvoordele. Verdwyn die byvoordele, dan
> is die belangstelling ook weg.


>
>

Hulle gaan speel oorsee.
F&*? die politiek
Vorige onderwerp: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood.
Volgende onderwerp: Die Jode : Die Feite !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:37:03 MGT 2024