Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Al wat die Kaap het...
Al wat die Kaap het... [boodskap #114302] Wo, 15 Augustus 2007 17:35 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Dit sal stupid wees vir enige Durbanner om uit ons Sub-Trpiese klimaat
langs die Indiese Oseaan na Kaapstad te verhuis. Ek wens Helen Zille
kan oortuig word dat dit soveel lekkerder is hier.
Re: Al wat die Kaap het... [boodskap #114305 is 'n antwoord op boodskap #114302] Do, 16 Augustus 2007 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Aug 2007 19:35:09 +0200, Dave wrote:

> Dit sal stupid wees vir enige Durbanner om uit ons Sub-Trpiese klimaat
> langs die Indiese Oseaan na Kaapstad te verhuis. Ek wens Helen Zille
> kan oortuig word dat dit soveel lekkerder is hier.

Daai taai hitte??!!
Re: Al wat die Kaap het... [boodskap #114307 is 'n antwoord op boodskap #114305] Do, 16 Augustus 2007 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 09:50:11 +0200, Ferdi wrote:
>
> Daai taai hitte??!!

Soos die Kapenaars sal sê, 'Feberwagie issit maag wagem hieg' maar dit
wil blyk dat òns baie vinnig geklimatiseer het vir die hitte hier,
maar nié vir die koue nie. Wat 'n voordeel!

Wat ek daarby bedoel is dat ons vroeër jare enkele kere per jaar
hierheen gekom het vir 'n paar weke omdat ons lankal eiendom het hier.
My vrou het daardie jare dikwels gesê dat die hitte haar laat taai
voel en dit was somtyds ook my ervaring.

Die eerste somer na ons hierheen verhuis het was dit steeds so, en dit
was die laaste. Ons het nooit weer daardie gevoel van taaiheid gehad
tydens somers nie, maar vir die winters het ons steeds nie
geklimatiseer nie, bedoelende dat ons nie saam met die gebore en getoë
Durbanners koud kry in die winters nie. Dit word net nooit winter hier
nie.

En jy sal oplet dat ek nie van Durbaniete praat nie maar van
Durbanners. Julle is die Durbaniete omdat julle niet Durban het.
Re: Al wat die Kaap het... [boodskap #114308 is 'n antwoord op boodskap #114307] Do, 16 Augustus 2007 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 10:35:51 +0200, Dave wrote:

En jy sal oplet dat ek nie van Durbaniete praat nie maar van
> Durbanners. Julle is die Durbaniete omdat julle niet Durban het.

Trope is nie vir my nie.
Het op Oudtshoorn grootgeword.
Like die droë hitte van 'n woestyn.
Re: Al wat die Kaap het... [boodskap #114309 is 'n antwoord op boodskap #114308] Do, 16 Augustus 2007 09:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 10:57:08 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 16 Aug 2007 10:35:51 +0200, Dave wrote:
>
> Durbanners. Julle is die Durbaniete omdat julle niet Durban het.
>
> Trope is nie vir my nie.
> Het op Oudtshoorn grootgeword.
> Like die droë hitte van 'n woestyn.

Mooi wëreld, Oudtshoorn. Het jàrre gelede daar rondgery
toe ons daar was spesifiek om na die grotte te gaan kyk.
Maar die enigste keer wat 'n volstruis my gedreig het, was
in Carletonville - op 'n golfbaan.
Re: Al wat die Kaap het... [boodskap #114310 is 'n antwoord op boodskap #114309] Do, 16 Augustus 2007 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:qg48c3tof8bvul2prenqd2d7m22g5ujgvf@4ax.com...
> On Thu, 16 Aug 2007 10:57:08 +0200, Ferdi wrote:

Dave weet jy dalk hoe lyk Amanzimtoti se strand nou na die skade. Ek het
maande voor die gemors vir 'n week vakansie geboek (September) en die laaste
fotos wat ek gesien het, kon ek amper nie glo dit is dieselfde plek nie.

Hoe lank vat dit normaalweg om sulke skade te herstel.
Re: Al wat die Kaap het... [boodskap #114311 is 'n antwoord op boodskap #114309] Do, 16 Augustus 2007 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 11:03:47 +0200, Dave wrote:

> Mooi wëreld, Oudtshoorn. Het jàrre gelede daar rondgery
> toe ons daar was spesifiek om na die grotte te gaan kyk.
> Maar die enigste keer wat 'n volstruis my gedreig het, was
> in Carletonville - op 'n golfbaan.

Volstruise is mean fokkers. Klein koppies, klein breine, groot pote,
aggressief.
Re: Al wat die Kaap het... [boodskap #114313 is 'n antwoord op boodskap #114310] Do, 16 Augustus 2007 10:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 11:25:13 +0200, "Riaan" wrote:

> "Dave" wrote in message
> news:qg48c3tof8bvul2prenqd2d7m22g5ujgvf@4ax.com...
>> On Thu, 16 Aug 2007 10:57:08 +0200, Ferdi wrote:
>
>
> Dave weet jy dalk hoe lyk Amanzimtoti se strand nou na die skade. Ek het
> maande voor die gemors vir 'n week vakansie geboek (September) en die laaste
> fotos wat ek gesien het, kon ek amper nie glo dit is dieselfde plek nie.
>
> Hoe lank vat dit normaalweg om sulke skade te herstel.
>

Steeds nie goed nie Riaan, maar ek was lanklaas daar. Dit is sowat
30kls van hier. Toe iemand sowat 10 dae gelede vir my gesê het dat hy
op Toti woon het ek hom daarna gevra, en hy het gesê dat hulle strande
'weg' is.

Balito het dieselfde probleme en is ook druk besig met herstelwerk,
maar daar is ook steeds baie werk om te doen.

By ons het dit sowat 3 maande geneem om te herstel en dit het daarmee
te doen dat die vloed wat skade gemaak het in Maart hier op die
strande gewoed het, en die hersetlwerk was gejaag om die strande
gereed te hê vir die Junie vakansie.

Op La Lucia is my suster se huis en die van Mev Oppenheimer (Bridget
Oppenheimer die weduwee van Harry Oppenheimer) omtrent rug teen rug,
en daar is ander drama aan die gang. Sy dagvaar nou Norman Reeves
omdat hy sand voor haar mansion weg laat ry het om sy huis en die van,
Ray McCauley van Rhema (en meer) te beskerm. Maar dit is gedoen omdat
haar huis verder van die see af staan en nie so 'n groot risiko is as
die van hulle s'n nie. Die see het reeds in Ray McCauley se erf
ingespoel en van die mure afgebreek.

Hoe reg dit van hulle was om daar te bou is natuurlik 'n ander debat,
want die see behoort aan niemand, of te wel aan almal. Van die
argumente met die stadsraad daaroor betrek natuurlik dorpsbeplanning
wat die dorpsbeplanners insleep. En die mense soos my suster wat een
straat verder terug is maar hoër en dieselfde view het, sê hulle wil
die huise op die strand nie verniet hê nie.
Re: Al wat die Kaap het... [boodskap #114314 is 'n antwoord op boodskap #114311] Do, 16 Augustus 2007 10:48 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 11:26:36 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 16 Aug 2007 11:03:47 +0200, Dave wrote:
>
>
> > toe ons daar was spesifiek om na die grotte te gaan kyk.
>> Maar die enigste keer wat 'n volstruis my gedreig het, was
>> in Carletonville - op 'n golfbaan.
>
> Volstruise is mean fokkers. Klein koppies, klein breine, groot pote,
> aggressief.
>
>

Bleddie goeie beskrywing van veel meer inwoners van Suid Afrika
as slegs volstruise! Maar jy het dit uitgelok né:-)
Vorige onderwerp: Die heengaan van die Nuusgroep
Volgende onderwerp: 2 x Gepos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:05:16 MGT 2024