Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die heengaan van die Nuusgroep
Die heengaan van die Nuusgroep [boodskap #114288] Wo, 15 Augustus 2007 07:55
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Aug 2007 19:12:59 +0200, "Francois Human"
wrote:

> Ek het julle gewaarsku, hier is (was) mense hier wat die ng se einde gaan
> beteken. Ek sal die deur toemaak en die ligte afsit. Dit was goed om
> (sommige van) julle te ken........
>

Dankie dat jy darem die deur toe trek, Francois. Die nuusgroep het 'n
geskiedenis, maar die geskiedenis is soos die van vele uitgestorwe
diere - te veel jagters.

Hier was lafhartige anonieme skuim soos suidwester en jimagain. Hier
was hakkelaars wat probeer om iets te sê maar bly vassteek het op een
plek soos bouwer. Hier was opvoeders soos Torreke en noodhulp mense
soos Riaan wat op sy beurt kunsmatige asemhaling probeer toepas het op
die nuusgroep.

Hier was mense wat nice mense was en toe in die verkeerde geselsskap
beland het soos Annette en draadsitters soos Ferdi wat nooit laat blyk
het waar hy polities of Godsdienstig staan nie.

Hier was vredeliewende diplomate soos jy en ander waardevolle mense
uit wie die vriendelikheid geskyn het soos ek.

As ek langer moet terugdink was hier 'n oulike onderwyseres uit
Australië wat later om een of ander onverstaanbare rede 'n pyn in die
gat geword het, en presies dit was ook die ervaring met 'n te vol van
haarself aptekertjie van Georgia. Dieselfde twee kon mekaar nie verdra
nie, en word toe boesemvriende en lief vir niemand behalwe vir mekaar.

'n Girl in Londen wat daar erens vir 'n munisipaliteit gewerk het met
wie ek baie goed bevriend was en wat toe dik geword het vir al die
valshede hier en vele vele meer. Ek kan aangaan en aangaan en name
noem soos Jonas en name en name en wonder wat van almal geword het
maar jy het reeds die deur toegemaak...
Vorige onderwerp: Aanhaling
Volgende onderwerp: Al wat die Kaap het...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:35:59 MGT 2024