Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood.
En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114283] Di, 14 Augustus 2007 17:12 na volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het julle gewaarsku, hier is (was) mense hier wat die ng se einde gaan
beteken. Ek sal die deur toemaak en die ligte afsit. Dit was goed om
(sommige van) julle te ken........
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114284 is 'n antwoord op boodskap #114283] Di, 14 Augustus 2007 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Aug 2007 19:12:59 +0200, "Francois Human"
wrote:

> Ek het julle gewaarsku, hier is (was) mense hier wat die ng se einde gaan
> beteken. Ek sal die deur toemaak en die ligte afsit. Dit was goed om
> (sommige van) julle te ken........
>

Dankie dat jy darem die deur toe trek, Francois. Die nuusgroep het 'n
geskiedenis, maar die geskiedenis is soos die van vele uitgestorwe
diere - te veel jagters.

Hier was lafhartige anonieme skuim soos suidwester en jimagain. Hier
was hakkelaars wat probeer om iets te sê maar bly vassteek het op een
plek soos bouwer. Hier was opvoeders soos Torreke en noodhulp mense
soos Riaan wat op sy beurt kunsmatige asemhaling probeer toepas het op
die nuusgroep.

Hier was mense wat nice mense was en toe in die verkeerde geselsskap
beland het soos Annette en draadsitters soos Ferdi wat nooit laat blyk
het waar hy polities of Godsdienstig staan nie.

Hier was vredeliewende diplomate soos jy en ander waardevolle mense
uit wie die vriendelikheid geskyn het soos ek.

As ek langer moet terugdink was hier 'n oulike onderwyseres uit
Australië wat later om een of ander onverstaanbare rede 'n pyn in die
gat geword het, en presies dit was ook die ervaring met 'n te vol van
haarself aptekertjie van Georgia. Dieselfde twee kon mekaar nie verdra
nie, en word toe boesemvriende en lief vir niemand behalwe vir mekaar.

'n Girl in Londen wat daar erens vir 'n munisipaliteit gewerk het met
wie ek baie goed bevriend was en wat toe dik geword het vir al die
valshede hier en vele vele meer. Ek kan aangaan en aangaan en name
noem soos Jonas en name en name en wonder wat van almal geword het
maar jy het reeds die deur toegemaak...
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114286 is 'n antwoord op boodskap #114284] Wo, 15 Augustus 2007 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Aug 2007 22:29:26 +0200, Dave wrote:

> On Tue, 14 Aug 2007 19:12:59 +0200, "Francois Human"
> wrote:
>
>> Ek het julle gewaarsku, hier is (was) mense hier wat die ng se einde gaan
>> beteken. Ek sal die deur toemaak en die ligte afsit. Dit was goed om
>> (sommige van) julle te ken........

>
> Dankie dat jy darem die deur toe trek, Francois. Die nuusgroep het 'n
> geskiedenis, maar die geskiedenis is soos die van vele uitgestorwe
> diere - te veel jagters.
>
> Hier was lafhartige anonieme skuim soos suidwester en jimagain. Hier
> was hakkelaars wat probeer om iets te sê maar bly vassteek het op een
> plek soos bouwer. Hier was opvoeders soos Torreke en noodhulp mense
> soos Riaan wat op sy beurt kunsmatige asemhaling probeer toepas het op
> die nuusgroep.
>
> Hier was mense wat nice mense was en toe in die verkeerde geselsskap
> beland het soos Annette en draadsitters soos Ferdi wat nooit laat blyk
> het waar hy polities of Godsdienstig staan nie.
>
> Hier was vredeliewende diplomate soos jy en ander waardevolle mense
> uit wie die vriendelikheid geskyn het soos ek.
>
> As ek langer moet terugdink was hier 'n oulike onderwyseres uit
> Australië wat later om een of ander onverstaanbare rede 'n pyn in die
> gat geword het, en presies dit was ook die ervaring met 'n te vol van
> haarself aptekertjie van Georgia. Dieselfde twee kon mekaar nie verdra
> nie, en word toe boesemvriende en lief vir niemand behalwe vir mekaar.
>
> 'n Girl in Londen wat daar erens vir 'n munisipaliteit gewerk het met
> wie ek baie goed bevriend was en wat toe dik geword het vir al die
> valshede hier en vele vele meer. Ek kan aangaan en aangaan en name
> noem soos Jonas en name en name en wonder wat van almal geword het
> maar jy het reeds die deur toegemaak...

Ja ou Dave, dan was daar die wat niks kon verstaan het as dit nie in
valse skakeringe van "HNP" of "Kommunisties" gestel was nie, nie?

Maar anyway, dit lyk vir my of die NG nog steeds bestaan...
Ek meen, hier pos jy en Francois OP DIE NG dat die NG dood is.

Klein kontradiksietjie daar, is daar nie?
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114290 is 'n antwoord op boodskap #114283] Wo, 15 Augustus 2007 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Aug 2007 19:12:59 +0200, "Francois Human"
wrote:

> Ek het julle gewaarsku, hier is (was) mense hier wat die ng se einde gaan
> beteken. Ek sal die deur toemaak en die ligte afsit. Dit was goed om
> (sommige van) julle te ken........

Wel in die eerste plek kan ek nie jou waarskuwing onthou nie.
In die tweede plek is wat in die NG gebeur maar net 'n weerspieeling
van wat in al die nuusgroepe gebeur.

Die dinamiek van nuusgroepe op die net is besig om uit te loop - of
dit is in 'n tydelike afname, net tyd sal leer.

Dit het waarskynlik te doen met wat elders op die internet gebeur,
veral die ontwikkeling van grafiese "nuusgroepe" in die vorm van eie
webblaaie soos Facebook.

Verder het elke koerant deesdae ook 'n net teenwoordigheid en bied
elke sodanige net-teenwoordigheid ook besprekings-groepe.

Selfs tegniese blaaie soos bv http://www.betanews.com/ bied
besprekingsgroepe.

Dus- mense kry al hoe meer gefokusde besprekingsgroepe terwyl nuwe
mense op die net na plekke soos Facebook toe gaan wat sexier is. Jong
mense soek grafiese internet, nie teks-internet nie.

Ek dink jy sal vind dat e-pos-bsprekingsgroepe voor die nuusgroepe al
in "decline" gegaan het.

'n Verdere faktor is dat die aard van ISP's ook verander het. Baie
van die nuwes soos bv selfoon-gekoppelde konneksies soos Vodacom en
MTN se HSDPA-kaarte of selfs iBurst in Suid-Afrika bied nie eers
toegang tot nuusgroepe nie. (iBurts bied by default - hulle het bloot
vergeet om 'n geerfde kanaal van 'n vorige ISP toe te maak!)

Tien jaar terug het jy by 'n ISP aangesluit en jy het drie goed gekry:
Web, e-pos en nuusgroepe.

Deesdae kry jy net die nuwe, uitgebreide dienste van die web en e-pos.
Selfs e-pos dryf toenemend na die web toe. Kyk bietjie hoeveel mense
gebruik web based e-mail. Iets wat nie eers tien jaar terug bestaan
het nie.

Ek hou van die nuusgroepe. Die teks-basis pas my baie goed, maar
nuusgroepe is oral besig om te sterf omdat die tegnologie van die net
onder dit uitskuif.

Ek het bv Vodacom se hulpdiens gevra of hulle toegang tot 'n
nuus-bediener bied. Hulle het nie clue gehad van wat nuusgroepe eers
is nie!
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114291 is 'n antwoord op boodskap #114286] Wo, 15 Augustus 2007 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Aug 2007 09:53:17 +0200, Ferdi wrote:

>
>
> Ja ou Dave, dan was daar die wat niks kon verstaan het as dit nie in
> valse skakeringe van "HNP" of "Kommunisties" gestel was nie, nie?
>
Nee Ferdi, dit is meer 'n geval van dat ek tevrede sal wees met R75
maar ek gaan jou 'n R100 vra want jy sal my buitendien probeer afstry.
Dan sal ek toegee vir R75 en ons sal albei tevrede wees.
Ek meen, niemand hier dring tog (meer) aan op uiterste kontraste nie.

> Maar anyway, dit lyk vir my of die NG nog steeds bestaan...
> Ek meen, hier pos jy en Francois OP DIE NG dat die NG dood is.
>
> Klein kontradiksietjie daar, is daar nie?
>

Dit is seker teenstellend, maar ook nie regtig nie.
Nie as jy dit vergelyk met 'n dekade of selfs die helfte daarvan
gelede, nie.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114292 is 'n antwoord op boodskap #114290] Wo, 15 Augustus 2007 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Aug 2007 10:05:42 +0200, Ferdi wrote:

> On Tue, 14 Aug 2007 19:12:59 +0200, "Francois Human"
> wrote:
>
> einde gaan
>> beteken. Ek sal die deur toemaak en die ligte afsit. Dit was goed om
>> (sommige van) julle te ken........
>
> Wel in die eerste plek kan ek nie jou waarskuwing onthou nie.
> In die tweede plek is wat in die NG gebeur maar net 'n weerspieeling
> van wat in al die nuusgroepe gebeur.
>
> Die dinamiek van nuusgroepe op die net is besig om uit te loop - of
> dit is in 'n tydelike afname, net tyd sal leer.
>
> Dit het waarskynlik te doen met wat elders op die internet gebeur,
> veral die ontwikkeling van grafiese "nuusgroepe" in die vorm van eie
> webblaaie soos Facebook.
>
> Verder het elke koerant deesdae ook 'n net teenwoordigheid en bied
> elke sodanige net-teenwoordigheid ook besprekings-groepe.
>
> Selfs tegniese blaaie soos bv http://www.betanews.com/ bied
> besprekingsgroepe.
>
> Dus- mense kry al hoe meer gefokusde besprekingsgroepe terwyl nuwe
> mense op die net na plekke soos Facebook toe gaan wat sexier is. Jong
> mense soek grafiese internet, nie teks-internet nie.
>
> Ek dink jy sal vind dat e-pos-bsprekingsgroepe voor die nuusgroepe al
> in "decline" gegaan het.
>

Hierdie redenasie van jou maak slegs sin wanneer van nuwe lede gepraat
word. Daar is hoegenaamd geen manier wat dit sou kon sin maak AS die
groep interessant gebly het EN daar 'n tipe van kameradie tussen lede
onstaan het nie. Dan sou bestaande lede bestaande lede gebly het.

Ek deel met Adobe groepe (2) en 'n Nederlandse groep asook twee 3D
groepe. Dit bly besonder interessant en op een van die Adobe groepe
het iemand onlangs (verkeerdelik sou ek sê) beweer dat ons nou reeds
'n tipe van 'n klan gevorm het wat dit moeilik maak van nuwe
aansluiters. Dit is die kameradie wat ek van gepraat het.

Toe 'n nuweling my daar aangeval het oor iets waaroor hy met my
verskil het, was hy deur ander in die groep vertel dat hy 'n ander
nuusgroep kan gaan soek - kameraadskap.

Op die Nederlandse nuusgroep praat ek gebroke Nederlands en as ek
vir iets spesifieks vra is daar 'n horde van die bekendes wat almal
eerste wil help.

> 'n Verdere faktor is dat die aard van ISP's ook verander het. Baie
> van die nuwes soos bv selfoon-gekoppelde konneksies soos Vodacom en
> MTN se HSDPA-kaarte of selfs iBurst in Suid-Afrika bied nie eers
> toegang tot nuusgroepe nie. (iBurts bied by default - hulle het bloot
> vergeet om 'n geerfde kanaal van 'n vorige ISP toe te maak!)
>
Ek gebruik iBurst as bediener en jy is reg wanneer jy sê dat hulle nie
nuusgroep toegang het nie, maar hulle het gesorg dat ek dit het.

> Tien jaar terug het jy by 'n ISP aangesluit en jy het drie goed gekry:
> Web, e-pos en nuusgroepe.
>
> Deesdae kry jy net die nuwe, uitgebreide dienste van die web en e-pos.
> Selfs e-pos dryf toenemend na die web toe. Kyk bietjie hoeveel mense
> gebruik web based e-mail. Iets wat nie eers tien jaar terug bestaan
> het nie.
>
> Ek hou van die nuusgroepe. Die teks-basis pas my baie goed, maar
> nuusgroepe is oral besig om te sterf omdat die tegnologie van die net
> onder dit uitskuif.
>
Soos jy sê, teks gesels is lekkerder as prentjies en flash wat tyd en
plek nodig het.

> Ek het bv Vodacom se hulpdiens gevra of hulle toegang tot 'n
> nuus-bediener bied. Hulle het nie clue gehad van wat nuusgroepe eers
> is nie!
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114293 is 'n antwoord op boodskap #114292] Wo, 15 Augustus 2007 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Aug 2007 10:30:00 +0200, Dave wrote:

> Hierdie redenasie van jou maak slegs sin wanneer van nuwe lede gepraat
> word. Daar is hoegenaamd geen manier wat dit sou kon sin maak AS die
> groep interessant gebly het EN daar 'n tipe van kameradie tussen lede
> onstaan het nie. Dan sou bestaande lede bestaande lede gebly het.

Sit dan ook in die prentjie hoeveel gereelde gebruikers van die
nuusgroep daar ooit was. Hier tel ek nie lurkers wat nie die moeite
doen om te pos nie. Hulle is nie werklik gebruikers nie.

Daar was nooit meer as 'n stuk of vyf nie. Die groep is dus baie
vatbaar vir verandering. Ek is seker jou Nederlandse groep het baie
meer gebruikers waaruit jou kamerade kan kom.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114296 is 'n antwoord op boodskap #114290] Wo, 15 Augustus 2007 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
>
> Ek het bv Vodacom se hulpdiens gevra of hulle toegang tot 'n
> nuus-bediener bied. Hulle het nie clue gehad van wat nuusgroepe eers
> is nie!

Nou spaar jy my die moeite om dieselfde te doen. Dis bra slegte nuus.

Ek sien daar is kommersi?le nuusbedieners wat op die web adverteer.
Het iemand plaaslik ervaring van hulle?
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114298 is 'n antwoord op boodskap #114296] Wo, 15 Augustus 2007 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Aug 2007 04:19:55 -0700, Koot wrote:

>> Ek het bv Vodacom se hulpdiens gevra of hulle toegang tot 'n
>> nuus-bediener bied. Hulle het nie clue gehad van wat nuusgroepe eers
>> is nie!
>
> Nou spaar jy my die moeite om dieselfde te doen. Dis bra slegte nuus.
>
> Ek sien daar is kommersiële nuusbedieners wat op die web adverteer.
> Het iemand plaaslik ervaring van hulle?

Ek het 'n kommersiele bediener betaal. Een met servers in weste en
ooste van die VSA en in Europa - http://usenet-news.net/

Dit is een van verskeie, maar die enigste een wat ek ervaring van het
en my ervaring is dat hulle vinnig en volledig en goedkoop is. Omdat
ek net teks op- en aflaai, gebruik ek omtrent al heel jaar aan die een
gig se data wat ek gekoop het.

Konnekteer van die werk en van die huis (Vodacom) maklik en vinnig met
die server en laai op Forte Agent af.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114300 is 'n antwoord op boodskap #114296] Wo, 15 Augustus 2007 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Aug 2007 04:19:55 -0700, Koot wrote:


>> Ek het bv Vodacom se hulpdiens gevra of hulle toegang tot 'n
>> nuus-bediener bied. Hulle het nie clue gehad van wat nuusgroepe eers
>> is nie!
>
> Nou spaar jy my die moeite om dieselfde te doen. Dis bra slegte nuus.
>
> Ek sien daar is kommersiële nuusbedieners wat op die web adverteer.
> Het iemand plaaslik ervaring van hulle?

Jy het nie 'n betaalkanaal nodig nie, Koot.
Gebruik NNTP.UUNET.co.za.
Dit is wat ek gebruik omdat iBurst nie 'n nuusgroep fasiliteit het
nie, (deur iBurst personeel voorgestel) en dit is 100%.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114304 is 'n antwoord op boodskap #114300] Do, 16 Augustus 2007 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Aug 2007 18:08:21 +0200, Dave wrote:

> Jy het nie 'n betaalkanaal nodig nie, Koot.
> Gebruik NNTP.UUNET.co.za.
> Dit is wat ek gebruik omdat iBurst nie 'n nuusgroep fasiliteit het
> nie, (deur iBurst personeel voorgestel) en dit is 100%.

Maar jy moet met iBurst konekteer om dit te gebruik, of hoe?
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114306 is 'n antwoord op boodskap #114304] Do, 16 Augustus 2007 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Aug 2007 09:49:19 +0200, Ferdi wrote:

> On Wed, 15 Aug 2007 18:08:21 +0200, Dave wrote:
>
>
> > nie, (deur iBurst personeel voorgestel) en dit is 100%.
>
> Maar jy moet met iBurst konekteer om dit te gebruik, of hoe?
>

Nie noodwendig iBurst nie, maar ook enige ander voorsiener.
Voor dit was ek by Intekom, wat 'n eie nuusgroep fasiliteit het, en ek
het eenvoudig net vanaf my iBurst skakeling by UUNET ingeskakel en
dieselfde kodes gebruik as oorspronklik by intekom. Selfs sonder om
iBurstt daarvan te verwittig. Dit is 'n outomatiese gratis en verniet
voordeel.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114316 is 'n antwoord op boodskap #114306] Do, 16 Augustus 2007 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
>
> Nie noodwendig iBurst nie, maar ook enige ander voorsiener.
> Voor dit was ek by Intekom, wat 'n eie nuusgroep fasiliteit het, en ek
> het eenvoudig net vanaf my iBurst skakeling by UUNET ingeskakel en
> dieselfde kodes gebruik as oorspronklik by intekom. Selfs sonder om
> iBurstt daarvan te verwittig. Dit is 'n outomatiese gratis en verniet
> voordeel.

Wow! Dankie. Ek sal probeer.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114325 is 'n antwoord op boodskap #114316] Vr, 17 Augustus 2007 07:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Koot wrote:
> Wow! Dankie. Ek sal probeer.

Het toe probeer. Hulle trek toe 'n Mbeki op my:

"You don't have permission to speak. Goodbye."
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114326 is 'n antwoord op boodskap #114325] Vr, 17 Augustus 2007 07:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Aug 2007 00:26:06 -0700, Koot wrote:

> Koot wrote:
>> Wow! Dankie. Ek sal probeer.
>
> Het toe probeer. Hulle trek toe 'n Mbeki op my:
>
> "You don't have permission to speak. Goodbye."

Soos ek dit ook onthou. Jy moet van iBurst inkom om dit te kan
gebruik. Sover ek kan onthou, het iBurst actually die infrastruktuur
oorgeneem wat eers UUNET was en daarmee saam die kanaal ook gekry en
bied dit nou vir iBurst-gebruikers.

Die Amerikaans site waarop ek ingeteken is, is waarskynlik die soort
pryse wat mens oral kry. Het gister gou weer gaan kyk en dis iets soos
een dollar vir 'n gig.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114328 is 'n antwoord op boodskap #114326] Vr, 17 Augustus 2007 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
> >> Wow! Dankie. Ek sal probeer.

>> Het toe probeer. Hulle trek toe 'n Mbeki op my:

>> "You don't have permission to speak. Goodbye."
>

> Ferdi
> Soos ek dit ook onthou. Jy moet van iBurst inkom om dit te kan
> gebruik. Sover ek kan onthou, het iBurst actually die infrastruktuur
> oorgeneem wat eers UUNET was en daarmee saam die kanaal ook gekry en
> bied dit nou vir iBurst-gebruikers.
>
> Die Amerikaans site waarop ek ingeteken is, is waarskynlik die soort
> pryse wat mens oral kry. Het gister gou weer gaan kyk en dis iets soos
> een dollar vir 'n gig.
>
>
>

ôkay, dan maak dit vir my nuwe sin waarom ek toegang gekry het sonder
enige drama. Die UUNET Server het gesien dat ek via iBurst toegang
neem en die hekke wawyd oopgegooi.

Ek sal in elk geval voorstel dat julle die alternatief moet oorweeg om
te kyk of julle in 'n iBurst opvangsgebied is, en indien so, oor te
skakel na iBurst.

Die opvangs is wireless maw ek gebruik glad nie my landlyn vir
internet nie. Ek lag vir Telkom met baie baie ure op Internet en al,
omdat ek direkte skakeling met die sateliet het.

En bandwydte raak nooit klaar nie - ek het 3.5g en indien ek minder
gebruik word dit wat nie gebruik word nie oorgedra na die volgende
maand. Indien ek dit oorskrei word die spoed slegs verminder na steeds
meer as dubbel dial-up spoed tot my debietorder geaktiveer word aan
die einde van die maand, en ek terug is op 1.0Mbps.

Geen ander server kan daarmee vergelyk nie - onthou net dat jy 'n
ander modem sal moet koop daarvoor wat relatief duur is. So bietjie
meer as R2000.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114330 is 'n antwoord op boodskap #114328] Vr, 17 Augustus 2007 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Aug 2007 10:19:14 +0200, Dave wrote:

> Geen ander server kan daarmee vergelyk nie - onthou net dat jy 'n
> ander modem sal moet koop daarvoor wat relatief duur is. So bietjie
> meer as R2000.

Draadlose internet-toegang is die sinryke alternatief in SA op die
oomblik, maar dit is meer in reaksie op die horribale diens wat Telkom
bied as enigiets anders.

Oorsee word draadloos gesien vir wat dit is: Iets wat mens met 'n
mobiele laptop gebruik, maar stadige breeband en heeltemal te duur en
te stadig en dicey in terme van voorspelbare spoed om as jou
hoof-internet-konneksie te gebruik.

Daarvoor gebruik hulle telekom kabel-konneksie wat baie vinniger en
goedkoper is.

Daardie werklikheid gaan ons ook nog te beurt val. Persoonlik kan ek
nie wag om Telkom op alle vlakke onder hulle gatte te skop nie.

Probleem van dradloos is dat dit op die einde spektrum is en dat die
spektrum beperk is. Kyk bietjie wat gebeur as 10 000 mense gelyk op
jou iBurst mas aanmeld.

Optiese vesel is onbeperk. Mljoen mense op? Geen probleem nie, las 'n
nuwe kabel op die stelsel. Dit kan nie met spektrum gedoen word nie.
Jy kan nuwe selle oprig, maar dit maak alles duurder en logieskan daar
nie 'n sel elke 100 meter wees nie.

Goei alternatief op die oomblik, maar dis 'n tydelike maatreel.
Re: En so sterf die ng 'n pynlike, uitgerekte dood. [boodskap #114343 is 'n antwoord op boodskap #114326] So, 19 Augustus 2007 15:59 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
> Die Amerikaans site waarop ek ingeteken is, is waarskynlik die soort
> pryse wat mens oral kry. Het gister gou weer gaan kyk en dis iets soos
> een dollar vir 'n gig.

Dit is goedkoop. Eintlik is ek oukei met google groups.
Vorige onderwerp: 2 x Gepos
Volgende onderwerp: 37 Unread !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:40:34 MGT 2024