Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dr Dan aan die woord
Dr Dan aan die woord [boodskap #114231] Di, 17 Julie 2007 09:27 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Om die voorafgaande meer relevant vir die Suid-Afrikaanse problematiek te
maak, werp die aantoonbare valsheid van die dogma van gelyke potensiaal
tussen groepe uiteraard ernstige twyfel op die hele grondslag van
regstellende aksie. Soos Professor Michael Levin, `n filosoof aan die City
College of New York, uitwys in sy boek Why Race Matters: Race Differences
and What They Mean, word regstellende aksie gebou op `n paar absurde
veronderstellings.

Benewens die mistasting van gelyke potensiaal tussen groepe, is daar ook die
onsin dat blankes geleenthede by swartes sou "gesteel" het, en dat
regstellende aksie daarom geregverdig sou wees. Ignoreer vir `n oomblik die
feit dat meeste van die "gesteelde" geleenthede juis oorspronklik deur
blankes geskep is (dis nie asof Jan van Riebeeck `n gevorderde,
tegnologiese, hoë beskawing in 1652 aangetref het nie), en oorweeg die
volgende voorbeeld:

Die Spanjaard Miguel Indurain is `n natuurfrats. Sy hart is veel groter as
`n normale mens s'n, en klop teen slegs 28 slae per minuut. Ek as normale
mens kan weliswaar met hom probeer meeding in `n fietswedren, maar hy het
die Tour de France gewen, en sal ook enige wedren teen my wen, al ry ons
presies dieselfde fietse. Kan ek derhalwe argumenteer dat Indurain sy
oorwinning in die Tour de France by my "gesteel" het, dat hy derhalwe sy
geel trui en prysgeld met my moet deel?

Bostaande is presies dieselfde redenasie wat gebruik word in die toepassing
van regstellende aksie. Dit ignoreer die feit dat daar duidelike verskille
in vermoëns oor rasgroepe heen bestaan. Dit verwag dat almal onder dwang
gelyk gestel moet word, al is daar fundamentele verskille in potensiaal.
Soos hierbo aangetoon, ignoreer dit ook gerieflik die feit dat bykans ál die
geleenthede waarop swartmense vandag aanspraak maak, oorspronklik deur
blankes geskep is. Kan daar dus sprake wees daarvan dat geleenthede op
grootskaal gesteel is? Die organiseerders en skeppers van die Tour de France
gaan vir my lag as ek sou aandring daarop ek ook geregtig is op `n deel van
die inkomste uit TV-regte omdat ek nie self so `n wedren kon bedink nie.

`n Verdere absurde eis, ook deur Levin uitgewys, is dat `n bespreking oor
die verskille in vermoëns tussen rasse verboten is in enige gesprek oor
regstellende aksie. Levin gebruik die denkbeeldige voorbeeld van iemand met
`n mank been wat `n eis in die hof instel vir skadevergoeding.

Gebruik ons dieselfde redenasie wat mens verbied om oor verskille tussen
rasse te praat wanneer dit by regstellende aksie kom, mag die verweerder in
die hofsaak dus ook nie oor die been praat nie, al is die been miskien mank
a.g.v. `n oorerflike gebrek? Let daarop dat, omdat regstellende aksie
fundamenteel op ras moet steun, die instellers daarvan, en nie die
slagoffers nie, daardie besondere blik wurms oopgemaak het.

Daar is fundamenteel fout met die hele dogma van gelykheid. Die natuur is
inherent nié regverdig nie. Maria Sjarapowa is nou maar eenmaal mooier as
Venus Williams, maar laasgenoemde is waarskynlik `n beter atleet as
eersgenoemde. Die dogma is foutief en absurd omdat dit van die natuur verwag
om `n menslike sin vir regverdigheid te openbaar. Die voorstanders verwag op
`n totaal onredelike wyse dat die natuur aan verskillende rasse dieselfde
vermoëns moes gee, omdat dit polities te ongerieflik vir hulle sou wees as
die teendeel waar was. Die feit dat die dominante Angel-Saksiese kultuur
intense ongemak oor die realiteite van die heelal beleef, gevolglik perdevye
as iets anders aan ons wil verkoop, en ons dan wil verbied om daaroor te
praat, maak egter steeds nie van `n mistasting die waarheid nie.
Re: Dr Dan aan die woord [boodskap #114235 is 'n antwoord op boodskap #114231] Do, 19 Julie 2007 02:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" haal vir Dan Roodt aan:

> Benewens die mistasting van gelyke potensiaal tussen groepe, is daar ook die
> onsin dat blankes geleenthede by swartes sou "gesteel" het, en dat
> regstellende aksie daarom geregverdig sou wees.

Ou Dan Roodt is meester van die doek voor die
oog draai. Hy neem nie die realiteit in ag nie.
Dit wat in suidelike Afrika gebeur het was nie n kwessie van
kompetisie of non-kompetisie nie. Dit was n kwessie
van nie-blankes bestaansreg ontneem het. Dit was
geestes-genocide. Dis daarom dat wat in SA moet
gebeur deur regstellende aksie nie n kwessie van
kompetisie is nie. Dis n kwessie van die nes skoon-
maak van die swerkaters wat hulle nes in ander
se werf kom skop het.

Gloudina
Re: Dr Dan aan die woord [boodskap #114239 is 'n antwoord op boodskap #114235] Do, 19 Julie 2007 07:46 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Jul 2007 02:08:06 -0000, Hessie wrote:

> "Riaan" haal vir Dan Roodt aan:
>
> Dis n kwessie van die nes skoon-
> maak van die swerkaters wat hulle nes in ander
> se werf kom skop het.
>
> Gloudina

Dit is duidelik dat realiteit by jou begin deurdring; jou gebruik van
die woord 'kom', gesê uit Kanada, is ongelooflik van pas.
Jy klink bekommerd, asof die Kanadese regering
dreig met nes skoonmaak.
Vorige onderwerp: Sal iets moet doen
Volgende onderwerp: Dassiepis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:07:47 MGT 2024