Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SONDER JOU IS MY DAE LEEG - George Weideman
SONDER JOU IS MY DAE LEEG - George Weideman [boodskap #114148] Do, 07 Junie 2007 18:27
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
SONDER JOU IS MY DAE LEEG

[vir Ounooi]

Sonder jou is my dae leeg, word die maande
oorslaanjare, wanneer die reën wegbly
en die noordewind tam is
en die fyngras nouliks roer.
Sonder jou is my vlaktes vaal en verskote
- ou papier waaruit woorde weggebrand het -
en in die lopies van droë slote
skilfer skaars herinneringe op.
Sonder jou is my hart 'n dor vrug
waaruit die sap verseng het.
Kom nog een keer, my beminde,
laat die reënwind dit uitspel in die lug
en die weerlig steels in jou oë speel -
nog een keer wil ek in die nat gras snuif:
wil ek voel hoe die reën oor my stuif.
Kom, lê jou woorde saggies in my mond soos reën,
dat die saad in my hart kan opslag maak
en 'n ewigheid in my groei soos 'n vrug -
sonder jou is my dae leeg, en wolkeloos my lug.

George Weideman
Vorige onderwerp: Nuwe bymekaarkomplek?
Volgende onderwerp: President Hilary Clinton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:23:15 MGT 2024