Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 2010
2010 [boodskap #114100] Ma, 28 Mei 2007 20:49 na volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Vir die regering draai alles nou blykbaar om 2010.
Biljoene Rande word gespandeer ter wille van 'n paar weke in 2010.
Ek dink daar word seker aan diegene wat huise soek ook gesê dat hulle
dit hopelik voor 2010 sal kry. En daar word gehoop om misdaad ietwat
kalmer te kry voor 2010. Die minister van polisie wou selfs spesifieke
misdade wettig vir 2010. Ons stad vergroot die in- & uitgaan snelweë
met 'n ekstra rybaan elk (nie net ter wille van 2010 nie!) en 2010 is
op elke sokker geesdriftige se lippe.

Nou verwonner ek my, oor wat daar in 2010 is vir die nie-sokker fan.

'n Skryfster wat hier woon vertel aan my dat verblyfplekke sal verhuur
kan word vir £1000+ per maand ens. Per maand? Dit sal tog net 'n paar
weke se chaos (hopelik nie chaos nie:-) wees.

Ek dink Riaan van der Merwe het een aand op Fokus dit as tema gehad,
maar ek het ander dinge gehad wat my besig gehou het. Later het ek
begin wonder of daar enige voordeel in sou wees vir nie-sokker
geesdriftiges.

DD
Re: 2010 [boodskap #114102 is 'n antwoord op boodskap #114100] Di, 29 Mei 2007 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:0bem53lhjs3uq3f3l8unhuu0arpgtnipth@4ax.com...

> Vir die regering draai alles nou blykbaar om 2010.

Dave / Ferdi wat dink jy is die persentasie kans dat die sokker wel in SA
gaan plaasvind. Maar voor jy antwoord gaan dink dit deur in terme van die
politieke toestand tans, en die moontlike politieke toestand na 2009
(verkiesing).

Jy moet in ag neem dat die ANC al klaar besig is met 'n interne magstryd.
Daar is ook 'n onderliggende gevoel dat die Zulu's gatvol is vir die
Xhosa's. Wat dink jy gaan gebeur indien Zacob Zuma NIE President word nie.
Wat dink jy gaan gebeur indien Zuma skuldig bevind word en tronk toe moet
gaan.

Besef jy hoe baie steun het Zuma, en dat enige iets wat gebeur wat Zuma se
kanse benadeel om President te word deur sy ondersteuners gesien sal word as
'n doelbewuste poging om van hom ontslae te raak. Besef jy wat die
implikasies daarvan mag wees. Suid-Afrika staan op die punt van die grootste
staking in sy geskiedenis, 'n staking wat moontlik noodwerkers soos die
polisie mag insluit.

Wat dink jy gaan die kriminele element doen indien die polisie staak, een
ding is verseker hulle gaan nie ophou om te moor, roof, en te verkrag nie.
Voeg daarby die taxi manne, en vir my persoonlik lyk die toekoms nie baie
rooskleurig nie. Inteendeel ek dink presies nog soos ek al voorspel het op
die NG - Die kak gaan binnekort in al 16 windrigtings spat in die land.
Re: 2010 [boodskap #114103 is 'n antwoord op boodskap #114102] Di, 29 Mei 2007 10:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 29 May 2007 08:11:08 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:0bem53lhjs3uq3f3l8unhuu0arpgtnipth@4ax.com...
>
>> Vir die regering draai alles nou blykbaar om 2010.
>
> Dave / Ferdi wat dink jy is die persentasie kans dat die sokker wel in SA
> gaan plaasvind. Maar voor jy antwoord gaan dink dit deur in terme van die
> politieke toestand tans, en die moontlike politieke toestand na 2009
> (verkiesing).
>
> Jy moet in ag neem dat die ANC al klaar besig is met 'n interne magstryd.
> Daar is ook 'n onderliggende gevoel dat die Zulu's gatvol is vir die
> Xhosa's. Wat dink jy gaan gebeur indien Zacob Zuma NIE President word nie.
> Wat dink jy gaan gebeur indien Zuma skuldig bevind word en tronk toe moet
> gaan.
>
> Besef jy hoe baie steun het Zuma, en dat enige iets wat gebeur wat Zuma se
> kanse benadeel om President te word deur sy ondersteuners gesien sal word as
> 'n doelbewuste poging om van hom ontslae te raak. Besef jy wat die
> implikasies daarvan mag wees. Suid-Afrika staan op die punt van die grootste
> staking in sy geskiedenis, 'n staking wat moontlik noodwerkers soos die
> polisie mag insluit.
>
> Wat dink jy gaan die kriminele element doen indien die polisie staak, een
> ding is verseker hulle gaan nie ophou om te moor, roof, en te verkrag nie.
> Voeg daarby die taxi manne, en vir my persoonlik lyk die toekoms nie baie
> rooskleurig nie. Inteendeel ek dink presies nog soos ek al voorspel het op
> die NG - Die kak gaan binnekort in al 16 windrigtings spat in die land.
>
>

Ek dink, Riaan, dat die anc se 2010 droom in die weegskaal is.
Wat ten gunste daarvoor is, is die Afrika elemente wat stemreg het.

Ek weet nie wat om te verwag nie, want net wanneer ons dink dat die
buiteland nou deur mbeki en kie gaan sien, vertel die daaglikse
koerante ons van die komplimente wat hy vanaf die buiteland kry.
Zim as voorbeeld - ons dink nòu gaan die grootmoondhede vir hom sê
hy's nikswerd en waarom spreek hy nie sy buurman aan nie. Dan maak jy
die koerante oop om dit te lees, en dan staan daar geskryf dat die
wêreldleiers komplimenteer hom met sy (veelbesproke) 'stille
diplomasie'.

..òf die koerante lieg, of iemand lieg vir die koerante, of albei
lieg, of die wêreld lieg.

Stil stil het ons 'n vriend van die kommunistiese en die moslem wêreld
geword. Soveel dinge het verander, en soveel raaiskote wat logies reg
gelyk het, was ons mee verkeerd (met verwysing na die buitewereld se
verwagte en in teenstelling daarmee, hul werklike reaksies op die SA
regering se handelinge) dat ek nie meer wil raai nie.

As die buitewereld werklik bekommerd sou wees oor menseregte oral in
die wereld, (soos wat geblyk het in IRAK en Bush ook my simpatie gehad
het, waarom steur niemand hulle aan Zim nie?)

Geld is al wat tel - miskien is die veiligheid van besoekers vir
diegene wat geld wil maak uit 2010, van minder belang. Dan sal die
sokker voortgaan. En daaruit spruit my oorspronklike vraag.

Wat zuma aanbetref, die anc kleuterskool, steve hofmeyr's em max du
preez's verdien hom as president.

Terwyl ons van Zuma praat, ek vind die bewerings dat hy ondergronds
geldeliks gesteun word om Mbeki te ondermyn, nogal heel interessant.
Asof hy, met sy geskiedenis van iemand te wees wat nie eens sy eie
ekonomie kan uit die rooi hou nie, deur geheime kanale geld verskaf
sou word om in politieke doelstellings te gebruik, lagwekkend.

Wat jy sê van 'n interne magsstryd, zulus en xhosa verskille, swartes
se bewysde bewerings dat die anc regering se hoofdoel selfveryking is,
taxi oorloë ens. bring ons weer by wat ek meer as een keer op hierdie
nuusgroep gesê het:
Waar is daardie vol van hulself mense nou wat so graag
dieselfde uitgediende rympie gesing het wat lui 'die witmense kan nie
saamstaan nie'...?

Koot, nou dat jy tog sover gelees het, in teenstelling daarmee dat die
tema heel anders is as wat jy graag op die nuusgroep sou wou sien,
'n halwe eier is beter as 'n leë dop, né.
Re: 2010 [boodskap #114104 is 'n antwoord op boodskap #114100] Di, 29 Mei 2007 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 May 2007 22:49:28 +0200, Dave wrote:

> 'n Skryfster wat hier woon vertel aan my dat verblyfplekke sal verhuur
> kan word vir £1000+ per maand ens. Per maand? Dit sal tog net 'n paar
> weke se chaos (hopelik nie chaos nie:-) wees.

Sal my huis nie uithuur aan iemand wat nie respek vir rugby het nie.
Re: 2010 [boodskap #114105 is 'n antwoord op boodskap #114102] Di, 29 Mei 2007 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 May 2007 08:11:08 +0200, "Riaan" wrote:

> Dave / Ferdi wat dink jy is die persentasie kans dat die sokker wel in SA
> gaan plaasvind. Maar voor jy antwoord gaan dink dit deur in terme van die
> politieke toestand tans, en die moontlike politieke toestand na 2009
> (verkiesing).

95%
Dit sal hier plaasvind. Die goed wat kan keer dat dit hier plaasvind,
is oplosbaar en daar word tans hard aan gewerk. Dis stadions
hoofsaaklik plus blyplek. Die stadions is eintlik al klaar daar. Selfs
al word geen nuwe stadions voltooi nie, sal dit kan terugval op die
stadions wat wel reeds bestaan - Ellispark, Loftus, Kings Park ens.

Maar werk aan nuwe stadions is actually aan die gang.

Verblyf is ook nie 'n issue nie. Selfs tent-dorpe kan opgerig word.

Vervoer ook nie. Jy kan bv (let wel ek se bv.) al die taxis in Jhb
in-rope om mense te vervoer - en hulle gaan heel waarskynlik mal wees
daaroor. Dink aan 2000 Engelse fans in hul eie konfooi van JHB na Pta.
Daai ouens gaan dnk dis heerlike "quiant" derde wereldse pret.

Die velde gaan OK wees. Die TV-uitsendings het SA reeds in die verlede
gedoen ens ens.

Die groot issue - soos ek dink - is misdaad. En dit sal nie die
toernooi verhinder nie, maar dit kan die toernooi in 'n gruwelike
skande omskep - soos met die krieket in die Wes Indiese Eilande gebeur
het.

Die politiek sal ook nie ontflof nie. Die magstryd is binne die ANC.
Dis soos - sal die interne fight tussen Andries Treurnicht en John
Vorster die land laat ontplof?

Die gevaar daar is die UITKOMS van daai fight. Dit kan probleme saai,
maar daardie probleme (as dit sou kom) sal eers na 2010 manifesteer.

> Daar is ook 'n onderliggende gevoel dat die Zulu's gatvol is vir die
> Xhosa's. Wat dink jy gaan gebeur indien Zacob Zuma NIE President word nie.
> Wat dink jy gaan gebeur indien Zuma skuldig bevind word en tronk toe moet
> gaan.

Oppas vir die Zulu/Xhosa-argument. Daar is geen geskiedenis van
wrywing tussen hulle nie.
En daar is nie etniese wrywing tussen hulle om Zuma nie. Bv. - die IVP
is nie Zuma fans nie en hulle is ook (nog in bestaan - en ) Zulus.

Die gevaar hier - waarna jy ook verwys - is dat Zuma op etniese basis
kan organiseer (of reeds begin het) en as hy die presidentskap sou
wen, sal daar etniese patronage wees wat uitgedeel sal moet word. Baie
soos Afrikaner-nasionalisem in die 50's en 60's - met die verskil dat
dit nie die wit gemeenskap uitmekaargeruk het nie want die Afrikaners
was in die meerderheid. Dis nie die geval met die Zulus in SA vandag
nie.

Maar ek dink Zuma het reeds gepiek en is op pad uit.
Re: 2010 [boodskap #114106 is 'n antwoord op boodskap #114104] Di, 29 Mei 2007 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 29 May 2007 14:44:14 +0200, Ferdi wrote:

> On Mon, 28 May 2007 22:49:28 +0200, Dave wrote:
>
> > weke se chaos (hopelik nie chaos nie:-) wees.
>
> Sal my huis nie uithuur aan iemand wat nie respek vir rugby het nie.

Onthou dat dit net in SA is wat die sokker geesdriftiges so swart is.
Anders gesien, lyk dit nie of hul kultuur en beskawingspeil veel
(indien enigsins,:-) anders is nie. Ek en sy het sowat 'n uur gelede
weer gesels, en sy sien groot moontlikhede vir geldmaak dan.

Terwyl ek van haar praat, 'n boek van haar word nou in England
gepubliseeer onder die titel 'A Silent Scream' en ek gaan glo
(ongevraagd!) 'n kopié kry:-)
Re: 2010 [boodskap #114107 is 'n antwoord op boodskap #114105] Di, 29 Mei 2007 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 29 May 2007 15:07:44 +0200, Ferdi wrote:

>
> Oppas vir die Zulu/Xhosa-argument. Daar is geen geskiedenis van
> wrywing tussen hulle nie.
> En daar is nie etniese wrywing tussen hulle om Zuma nie. Bv. - die IVP
> is nie Zuma fans nie en hulle is ook (nog in bestaan - en ) Zulus.

Jy is heeltemal reg hier. Inderwaarheid is selfs hul taal nie werklik
ver van mekaar s'n verwyder nie. Die wrywing is polities van aard
en is dus IVP en ANC eerder as Zulu en Xhosa van aard.
>
> Maar ek dink Zuma het reeds gepiek en is op pad uit.

Stem hier ook saam.
Re: 2010 [boodskap #114108 is 'n antwoord op boodskap #114106] Di, 29 Mei 2007 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 May 2007 15:32:37 +0200, Dave wrote:
>> Sal my huis nie uithuur aan iemand wat nie respek vir rugby het nie.
>
> Onthou dat dit net in SA is wat die sokker geesdriftiges so swart is.
> Anders gesien, lyk dit nie of hul kultuur en beskawingspeil veel
> (indien enigsins,:-) anders is nie. Ek en sy het sowat 'n uur gelede
> weer gesels, en sy sien groot moontlikhede vir geldmaak dan.
>
> Terwyl ek van haar praat, 'n boek van haar word nou in England
> gepubliseeer onder die titel 'A Silent Scream' en ek gaan glo
> (ongevraagd!) 'n kopié kry:-)

Ek praat nie van ras of enigiets hier nie. Dis alles sport-godsdiens
wat ek praat (ek weet bv bitter goed dat van die grootste rubbish wat
jy kry, rugby kyk).

Sal nie my huis uithuur vir iemand wat nie respek vir rugby het nie.

Ook nie vir iemand wat nie weet wie Hugo Porta is nie.
Re: 2010 [boodskap #114109 is 'n antwoord op boodskap #114108] Di, 29 Mei 2007 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 29 May 2007 16:19:09 +0200, Ferdi wrote:

> On Tue, 29 May 2007 15:32:37 +0200, Dave wrote:
>
>
> Sal my huis nie uithuur aan iemand wat nie respek vir rugby het
> nie.

>> Onthou dat dit net in SA is wat die sokker geesdriftiges so swart is.
>> Anders gesien, lyk dit nie of hul kultuur en beskawingspeil veel
>> (indien enigsins,:-) anders is nie. Ek en sy het sowat 'n uur gelede
>> weer gesels, en sy sien groot moontlikhede vir geldmaak dan.

>> Terwyl ek van haar praat, 'n boek van haar word nou in England
>> gepubliseeer onder die titel 'A Silent Scream' en ek gaan glo
>> (ongevraagd!) 'n kopié kry:-)
>
> Ek praat nie van ras of enigiets hier nie. Dis alles sport-godsdiens
> wat ek praat (ek weet bv bitter goed dat vn die grootste rubbish wat
> jy kry, rugby kyk).
>
> Sal nie my huis uithuur vir iemand wat nie respek vir rugby het nie.
>
> Ook nie vir iemand wat nie weet wie Hugo Porta is nie.
>
>

Ek het jou nie verkeerd verstaan nie -
wat van as hulle nie weet wie daai Sissie fly half van George is
wat sowat twee games vir SWD gespeel het nie? Ek meen, dit behoort
darem nie teen hulle te tel nie.
Re: 2010 [boodskap #114111 is 'n antwoord op boodskap #114109] Wo, 30 Mei 2007 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 May 2007 16:51:42 +0200, Dave wrote:

> Ek het jou nie verkeerd verstaan nie -
> wat van as hulle nie weet wie daai Sissie fly half van George is
> wat sowat twee games vir SWD gespeel het nie? Ek meen, dit behoort
> darem nie teen hulle te tel nie.

Die feit dat iemand so baie sal betaal om on SA sokker te kom kyk is
weerlegbare bewys dat hy of sy nie respek vir rugby het nie.
Re: 2010 [boodskap #114113 is 'n antwoord op boodskap #114111] Wo, 30 Mei 2007 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ekke  is tans af-lyn  ekke
Boodskappe: 88
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Type die 2007 Rugby WB, kyk dit weer as die sokker aan is in 2010.
Re: 2010 [boodskap #114115 is 'n antwoord op boodskap #114113] Do, 31 Mei 2007 08:05 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 31 May 2007 07:00:13 +1000, "ekke" wrote:

> Type die 2007 Rugby WB, kyk dit weer as die sokker aan is in 2010.


Nee, sal die sokker kyk. En vir Italie support, maar eers nadat ek
rugby gekyk het.
Rugby is godsdiens. Sokker is afgodery.
Vorige onderwerp: Staking
Volgende onderwerp: Re: Surrendering email negotiations
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 20:39:34 MGT 2024