Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » The Reuters Photo Scandal
The Reuters Photo Scandal [boodskap #113975] Vr, 04 Mei 2007 19:56 na volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Leer bietjie meer van die media,
veral julle wat julle laat opsweep
en duime afwaarts wys vir oom George

http://www.zombietime.com/reuters_photo_fraud/

http://geekvideo.blogspot.com/2007/05/digital-tampering-in-m edia-politics-and.html
Re: The Reuters Photo Scandal [boodskap #113983 is 'n antwoord op boodskap #113975] Ma, 07 Mei 2007 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 May 2007 21:56:38 +0200, Dave wrote:

> Leer bietjie meer van die media,
> veral julle wat julle laat opsweep
> en duime afwaarts wys vir oom George
>
> http://www.zombietime.com/reuters_photo_fraud/
>
> http://geekvideo.blogspot.com/2007/05/digital-tampering-in-m edia-politics-and.html

Koerante - ten minste is SA - is nogal serious deesdae oor digitale
manipulasie, onde rmeer nadat die Beiroet-dinge uitgekom het. Wat
deesdae aanvaarbaar is, is om fotos effens helderder te maak as dit
onderbelig is of om dit te "sharpen" maar daar eindig dit.
Way back was dit algemeen om fotos te "reverse" - met ander woorde om
die persoon om te swaai dat hy nie meer van links na regs kyk nie maar
van regs na links. Dit was omdat dit tipografies swak is om iemand by
n blad te laat uitkyk. Dis verkieslik om hom anderkant toe na die
binnekant van die blad te laat kyk as sy foto op die rant is.

Maar selfs dit word nie meer toegelaat ni.

Wat ook interessant is wat niemand nog na verwys het nie, is teks wat
op webblaaie verander kan word.
Jy kan nou se piet het vir klaas geskiet en dit oor tien minute
verander na piet het vir koos geskiet en niemand sal ooit weet nie.
Re: The Reuters Photo Scandal [boodskap #113984 is 'n antwoord op boodskap #113983] Ma, 07 Mei 2007 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 07 May 2007 11:34:33 +0200, Ferdi wrote:

> On Fri, 04 May 2007 21:56:38 +0200, Dave wrote:
>
> > veral julle wat julle laat opsweep
>> en duime afwaarts wys vir oom George

>> http://www.zombietime.com/reuters_photo_fraud/

>> http://geekvideo.blogspot.com/2007/05/digital-tampering-in-m edia-politics-and.html
>
> Koerante - ten minste is SA - is nogal serious deesdae oor digitale
> manipulasie, onde rmeer nadat die Beiroet-dinge uitgekom het. Wat
> deesdae aanvaarbaar is, is om fotos effens helderder te maak as dit
> onderbelig is of om dit te "sharpen" maar daar eindig dit.

Ja, ek so paar dae gelede gekyk na julle fotokompetisie en gesien dat,
volgens die beoordelaars, verandering van kontras en sharpening nie as
digitale manipulasie beskou word nie. Geregverdigd ook, want dìt is
slegs die korrigering van kamera tekortkominge. Ek sou nie gemaklik
wees om iemand my fotos te wys eer dit ge-edit is nie.

>
> Wat ook interessant is wat niemand nog na verwys het nie, is teks wat
> op webblaaie verander kan word.
> Jy kan nou se piet het vir klaas geskiet en dit oor tien minute
> verander na piet het vir koos geskiet en niemand sal ooit weet nie.

Tensy, natuurlik, iemand die webblad gestoor het waar jy vir klaas die
slagoffer gemaak het. En selfs dan kan in 'n hof beweer word dat die
klaer self die teks in die HTML verander het. Daar is, sover ek weet,
nie 'n plek waar 'n geskiedenis van aanpassings in HTML gestoor word
nie.

Maaar... daar is mense wat ken van. Iemand wat Photoshop kursusse
aanbied in en met wie ek daaglikse kontak het, (Curvemeister in
Berkeley CA) het eendag na fotos van my gekyk en gesê presies watse
veranderinge ek daaraan gedoen het, selfs op kleurveranderinge gewys.
Steeds dink ek nie HTML veranderinge word gestoor nie.
Re: The Reuters Photo Scandal [boodskap #113992 is 'n antwoord op boodskap #113984] Ma, 07 Mei 2007 21:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar's wel 'n HTML argief wat so nou en dan 'n foto neem:

http://web.archive.org/ - Take Me Back - maar sal nie 'n vinnige FTP vang
nie.

Google hou 'n varser "Cached" opsie vas, waar jy dalk wel die verandering
kan raaksien.

Jy kan die "file" oorskryf, maar daar's altyd 'n kans vir 'n forensiese
afdruk elders op die hardeskyf ook.

Die "log file" geskiedenis kan baie vertel ... vee jou voete mooi skoon en
die matjie vertel waar jou skoene was.

:-)

TJ

"Dave" skryf in boodskap news:v9vt33lusc5bi4h83atoijm1m33ndcu38g@4ax.com...
> On Mon, 07 May 2007 11:34:33 +0200, Ferdi wrote:
>
>> On Fri, 04 May 2007 21:56:38 +0200, Dave wrote:

>> Wat ook interessant is wat niemand nog na verwys het nie, is teks wat
>> op webblaaie verander kan word.
>> Jy kan nou se piet het vir klaas geskiet en dit oor tien minute
>> verander na piet het vir koos geskiet en niemand sal ooit weet nie.

> Tensy, natuurlik, iemand die webblad gestoor het waar jy vir klaas die
> slagoffer gemaak het. En selfs dan kan in 'n hof beweer word dat die
> klaer self die teks in die HTML verander het. Daar is, sover ek weet,
> nie 'n plek waar 'n geskiedenis van aanpassings in HTML gestoor word
> nie.

> Steeds dink ek nie HTML veranderinge word gestoor nie.
Re: The Reuters Photo Scandal [boodskap #113998 is 'n antwoord op boodskap #113992] Di, 08 Mei 2007 07:12 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 7 May 2007 23:23:54 +0200, "TJ" wrote:

> Daar's wel 'n HTML argief wat so nou en dan 'n foto neem:
>
> http://web.archive.org/ - Take Me Back - maar sal nie 'n vinnige FTP vang
> nie.
>
> Google hou 'n varser "Cached" opsie vas, waar jy dalk wel die verandering
> kan raaksien.
>
> Jy kan die "file" oorskryf, maar daar's altyd 'n kans vir 'n forensiese
> afdruk elders op die hardeskyf ook.
>
> Die "log file" geskiedenis kan baie vertel ... vee jou voete mooi skoon en
> die matjie vertel waar jou skoene was.
>
> :-)
>
> TJ
>
>
>
> "Dave" wrote in message
> news:v9vt33lusc5bi4h83atoijm1m33ndcu38g@4ax.com...
>> On Mon, 07 May 2007 11:34:33 +0200, Ferdi wrote:

>>> On Fri, 04 May 2007 21:56:38 +0200, Dave wrote:
>
>>> Wat ook interessant is wat niemand nog na verwys het nie, is teks wat
>>> op webblaaie verander kan word.
>>> Jy kan nou se piet het vir klaas geskiet en dit oor tien minute
>>> verander na piet het vir koos geskiet en niemand sal ooit weet nie.
>
>> Tensy, natuurlik, iemand die webblad gestoor het waar jy vir klaas die
>> slagoffer gemaak het. En selfs dan kan in 'n hof beweer word dat die
>> klaer self die teks in die HTML verander het. Daar is, sover ek weet,
>> nie 'n plek waar 'n geskiedenis van aanpassings in HTML gestoor word
>> nie.
>
>> Steeds dink ek nie HTML veranderinge word gestoor nie.
>

interessant wat jy hier sê, TJ. Daar is 'n tyd wat ek HTML goed genoeg
geken het om 'n blad te kon bou (en dit ook gedoen het) sonder die
hulp van 'n wysiwyg program. Ek het dieselfde tyd ook Java Scripting
gedoen maar belangstellings verander met die tyd, en ek het geen erg
daaraan meer nie. Wat HTML aanbetref, as ek nou 'n webalbum met
thumbnails kan bou is ek tevrede. Maar soos hier bo sê, lyk dit asof
alles wat ons op Internet doen, spore laat erens.

Nou is ek deel van 'n groep wat saam digitale skilderwerk doen en
mekaar se werk beoordeel, kritiseer en idees uitruil. Die groep is op
die oomblik besig om aan 'n 'challenge' te werk wat ek opgestel het en
die eerste een wat dit gister voltooi het is 'n vrou wat as 'Professor
of Art ' in Kalifornië klas gee. En sy was ure voor my klaar.

Ek het die groep gevra om 'n pelikaan te skilder en ek wens ek kon
julle haar werk, en meer van die wat reeds gedoen is wys, maar dit is
'n geslote forum. Hier is myne, wat sowat twee ure se werk was.
http://images2.fotopic.net/?iid=yngm2k&outx=600&nore size=1&nostamp=1
Vorige onderwerp: Verskoning vra
Volgende onderwerp: Hof - Ferdi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:40:55 MGT 2024