Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nie alle Dutchies vry na De la Rey
Nie alle Dutchies vry na De la Rey [boodskap #113738] Wo, 11 April 2007 12:02
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nie alle Dutchies vry na De la Rey

- Deur Bitterpil

Skok, afgryse, intense naarheid en 'n hele warboel walgende emosies het my
vervul toe ek vanoggend rustig blaai deur Beeld se Plus bylaag oor kuns en
kultuur.

Dáár, op bladsy 4, onderaan maar steeds opmerklik genoeg berig ene "Galmgat"
van Son-Isha, 'n "nootvas" sangeressetjie skaars duskant doek-status wat
sopas 'n nuwe laserskyf vrygestel het: De La Rey moet 'n meisie kry.

Asof dit nie genoeg is dat Galmgat herhaaldelik skryf van "klein
kindertjies" of "klein blonde dogtertjies" nie, haal hy Son-Isha se lirieke
aan: "Generaal De la Rey 'n boeremeisie moet jy kry, van durf en daad die
moet sy wees, 'n boeremeise met geen vrees."

Dis genoeg om van intens bekommerd te raak oor die makers en luisteraars van
dié tipe musiek. Afkomend van 'n kind en gerig aan 'n afgestorwe ikoon laat
dié tipe heldeverering 'n baie wrang smaak in die mond, so laat ons eerder
nie nog boonop die ondergrondse implikasies van Son-Isha se liedjie byname
noem nie. Kom ons wees sommer reguit - wat 'n spul ontsagtelike klomp dubbel
K middel A is dit nie hierdie nie!

Is dít wat nou geword het van Afrikaanse musiek na die hele Voëlvry gedoente
en die daaropvolgende eklektiese opbloei van nuwe kunstenaars? Het die
aanvraag na makietie musiek en ander ondinge soos Skouspel TV partytjies nou
uiteindelik daartoe gelei dat ouers hul kinders bloot stel en uitbuit ter
wille van die munt wat geslaan kan word uit reaksionêre twak?

Miskien is dit wat oorlede Chris Blignaut op gesinspeel het. Ja-nee, die
donkie doen 'n wonderlike ding en die Afrikaners raak al hoe plesieriger.
Selfs Koos Kombuis, eens 'n ikonoklas maar nou getemper deur voorstedelike
gemoedelikheid, het blykbaar begrip en selfs waardering vir die sogenaamde
sosio-kulturele insiggewendheid van Bok van Blerk se volksliedjie. Het jou
good sense jou verlaat soos jou hare jou hoof?

Gin wonder die opbloei van Afrikaanse musiek het verander in 'n polsende
pitsweer van middelmatigheid nie, die jillende tiekiedraai-opskop massas
amper buite hulself van afwagting op die klaarblyklike bevryding wat hul
nuutgevonde groepsbewustheid veronderstel is om te bring.

Anders gestel, die hele De La Rey gespuis en al die lekkkerliedjie laaities,
vrome vroutjies, en skattige kindertjies in wie se musiek hulle hul so
verlustig, laat my dink aan 'n refrein van die anargistiese rokkers
K.O.B.U.S!: "Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent, word vermaak
deur mense met meer sefvertroue as talent."

What 'n sad state of affairs!

Vergeet van VIGS, misdaad, en morele morone wat Bybels op vlooimarkte
verkoop met groot rewolwers aan hul sye terwyl patties op die braai roosters
gis. Vergeet van die apokalips, wegraping, of wat jy dit ook al wil noem.
Dis alles wensdenkery in teenstelling met die eintlike gevaar - 'n
Afrikaanse musiek kultuur wat verkeer in die wurggreep van lageristiese
lieplappers - mense wat tog te lekker fees vier in die naam van Boer wees.
En ongeag die volksversmoring sing sogenaamde sangers soos Amor Vittone iets
soos: "druk my vas, druk my styf, styf vas." Wat 'n sidderende gedagte.

Vanuit 'n kommersiële perspektief natuurlik sal platemaatskappye jou vertel
dat Afrikaanse musiek nog nooit so sterk was nie. Gin wonder dis so maklik
vir mensies soos Son-Isha om 'n CDtjie uit te bring nie.

Genugtig man. As 'n boy band bemarkingsboffin soos Sean Else 'n legende uit
die dood kan laat herrys en Bok van Blerk die beste ding maak sedert
boerewors, wat verhoed 'n spul kultuurfeestent klatergoudgekke om iemand
soos Son-Isha op die mark los te laat? Haar naam alreeds is 'n eksotiese
sensasie. Eish, Son-Isha! Hoe betowerend! Jammer dieselfde kan nie gesê word
van die pseudo-kulturele kotteljons waaruit sy gemanifesteer het nie.

Intussen is dit skaars moontlik om tred te hou met wie speel waar en
wanneer. Arno Jordaan, Inique Deo, Hans Drommedaris - Afrikaanse musikante
pop so vinnig op hulle gaan binnekort mense moet begin kloon om voor te bly.
Des te meer die dorpe. Vanwee al die marquee makieties, gehou in plekke van
vervloë vrekkigheid, gaan daar binnekort 'n groot behoefte wees vir nuwe
nedersettings. Verbeel jou die vindingrykheid waarmee musiekdorp
Voortrekkers vorendag sal moet kom?

Inteendeel, hoekom het niemand nog nie daaraan gedink nie?! De La Reyville
in die Noord-Wes provinsie hoef nie meer die slaapwandelaars hoofstad van
Suid-Afrika te wees nie. Kom ons maak Bok van Blerk ere-burgemeester van dié
ou dead hero dorpie en gooi een maal 'n jaar 'n helse show met 'n hologram
van die einste De La Rey wat Seanie se song sing uit volle Boerebors.
Alvorens kan die oulike Afrikaner-jeug van Klopjag die beroering onder die
mense aanwakker met hul hardegat statement dat hulle nie meer jammer wil sê
nie. En voor die manne in die gehoor te veel bravado raak drink kan die
tannies die tunes geniet van die oulike kindjie Son-Isha.

Iewers anders sal 'n klein teenpool konsert ondergronds woed. Nie met
Fokofpolisiekar nie, dié het vir eers die stryd gewonne gegee. Rokkeloos sal
hard probeer om kontroversieel te wees en K.O.B.U.S! sal dit wel wees.

Ek's bevrees 'n woeste kopskud-konsert dan en wan by die Bohemian is nie
goed genoeg om van die bykans alomteenwoordigde, groter-groeiende gekkigheid
van die kultuurfeestent gepeupel gered te word nie.

Intussen I'l just pretend I are English and hopefully escape from being
typecast as just anover dumb Dutchman.

--

Artslink.co.za News
www.artslink.co.za
Vorige onderwerp: Stilte oor ZIM
Volgende onderwerp: Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 00:44:20 MGT 2024