Wit mense in die buiteland skuld Suid-Afrika. [boodskap #113354] |
So, 04 Maart 2007 05:45 |
Vuur
Boodskappe: 283 Geregistreer: April 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
03/03/2007 16:51 - (SA)
LUR wil dié skaars kundiges ter...
Peet van Aardt
Kaapstad
Só sê mnr. Marius Fransman, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare
werke.
Fransman het Vrydag gereageer op vrae oor hoe hy beplan om wit
ingenieurs in die buiteland terug te lok om in die volgende drie jaar
te help bou aan stadions, paaie en ander infrastruktuur wat die land
gaan benodig vir 2010.
"Hulle (wittes) wil terugkom. Hulle verlang na die land en weet hul
verantwoordelikheid lê hier."
Sy voorstel vir 'n moratorium vir drie jaar op regstellende aksie in
skaars beroepe het die afgelope week opslae gemaak. Dis deur sommige
in die ANC afgeskiet en hy moes dit gister aan die ANC-leierskorps in
die Wes-Kaap verduidelik.
Mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, het ook Donderdag in die
Nasionale Vergadering benadruk dat regstellende aksie gaan voortduur.
Volgens Fransman het hy en Manuel egter ná die vergadering gepraat en
Manuel het sy standpunt verstaan en ondersteun.
Volgens Fransman sit plaaslike munisipaliteite met 'n tekort van 35%
aan ingenieurs, terwyl die land in geheel net 'n kwart het van dié
kundiges wat benodig word.
Maar Fransman se uitnodiging behels die aanbied van kontrakte vir net
drie jaar.
"Dit is hoe dinge werk. Die meeste bestuursposte in die staatsdiens
word gevul deur mense met dienskontrakte vir drie jaar."
Hy sê egter hulle sal baie goeie pakkette en salarisse ontvang.
" 'n Tekort aan ingenieurs kan groot probleme veroorsaak vir 2010," sê
hy.
Me. Patricia de Lille, OD-leier, ondersteun Fransman se voorstel.
"Dit is goed mense in die regering erken die tekort. Die regering moet
innoverend optree.
"In plaas van om mense oorsee te gaan soek, moet die regering eerder
tuis kyk. Ons sit met baie bekwame uitlanders hier in ons land wat
sonder werk sit. Hoekom moet ons nie na hulle kyk nie?"
Sy het bygevoeg mense moet besef Fransman se voorstel is beperk tot 'n
sekere professie en 'n sekere departement, en dit moet so bly.
Mnr. Bantu Holomisa, UDM-leier, meen hierdie is 'n groot stap wat die
ANC nie kan doen sonder om met ander partye daaroor te praat nie.
"Ons ondersteun regstellende aksie, maar dan moet die regering dit
duidelik toepas. Daar kan nie nou allerhande duistere veranderinge
ingebring word nie," het hy gesê.
Manuel het in sy toespraak in die parlement toegegee dat regstellende
aksie soms verkeerd toegepas en "betreurenswaardig misbruik" word.
Fransman is oortuig daarvan dat sy plan, indien dit goedgekeur word,
baie mense in die buiteland sal teruglok.
Maar nie almal in die buiteland byt aan die voorstel nie.
"Die land het sy rug op ons gedraai, en toe doen ons dieselfde," het
mnr. John Ferreira (49), 'n siviele ingenieur wat in 2003 na Nieu-
Seeland verhuis het, gesê.
"Die staat sal eers sy misdaadsituasie moet regruk voordat ek my
geliefdes terugbring."
Hy het gesê 'n kontrak vir drie jaar is lagwekkend. "En daarna? Sit
die wit man weer op straat?"
Fransman het gesê niks is in yster gegiet nie. Die staat sal ná die
drie jaar oop sal wees vir onderhandelinge.
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2078019,00.htm l
My antwoord :FOK jou , is jy op drugs of iets ?
|
|
|
Re: Wit mense in die buiteland skuld Suid-Afrika. [boodskap #113356 is 'n antwoord op boodskap #113354] |
So, 04 Maart 2007 09:41 |
Vuur
Boodskappe: 283 Geregistreer: April 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
agge shame rooof voel soos 'n wit apologeet en 'n verraaier, dalk sal hy
soos Koos Kombuis ook bedank uit die afrikanerdom...
03/03/2007 17:55 - (SA)
Roof Bezuidenhout: Wie is nou die Afrikaner?
Nou en dan word ek daarvan beskuldig dat ek 'n verraaier is. Of dat
ek nie 'n ware Afrikaner is nie. Ek is ook al 'n "kafferboetie" genoem
en mees onlangs in 'n brief 'n "wit kaffer", wat dit ook al beteken.
Gewoonlik is dit as ek dinge sê waarmee mense nie saamstem nie.
Meestal ignoreer ek maar sulke beledigings. Ek onttrek my aan die
gesprek en werk eerder aan 'n nuwe liriek of iets. Om musiek in
Afrikaans te maak is vir my 'n veel belangriker bydrae as om argumente
te probeer voer met mense wat nie gewillig is om hul standpunte te
verander nie. Maar die laaste tyd wonder ek of dit so 'n goeie idee is
om net boedel oor te gee en die wanaangepastes te ignoreer.
Wie het hierdie klompie met die Vierkleure en die ou landsvlag in elk
geval die reg gegee om te besluit wie is Afrikaners en wie nie? Het
dit nie tyd geword dat ons - die meerderheid - vir hulle te sê húlle
is verraaiers nie? Dat Afrikaners hul koppe gebruik en nie hul vuiste
nie? Dat Afrikaners nie rassiste is nie? Dat Afrikaners - die
meerderheid van ons - met ons landgenote oor die weg wil kom as ons
net 'n kans gegee word om dit te doen?
Al wat hulle met hul gebulder van die k-woord en hul vlae regkry, is
om arrogante politici weer die geleentheid te gee om enige geldige
kritiek af te maak as rassisties.
In 'n stadium het mense die term "alternatiewe Afrikaner" gebruik om
hulle van die "hoofstroom" te onderskei. Sommige het bloot ophou
Afrikaans praat. Ek dink aan daardie lied van die Radiators oor die
linkse meisie in Yeoville: "Sy's Afrikaans, maar sy wil net Engels
praat."
Daardie tyd is gelukkig lankal verby. Die taal het baie van die ou
bagasie afgegooi en ons letterkunde en musiek blom soos nog nooit
tevore nie. Hoekom, as Bok van Blerk sê dat hy hom nie met daardie
vlag vereenselwig nie, hou hulle aan om die ding te swaai en om almal
se ervaring van die musiek te versuur?
Hoekom is dit vir Koos Kombuis nodig om te voel hy moet uit die
Afrikanerdom bedank wanneer daar mense is wat ons almal 'n wrang smaak
in die mond gee weens die gal wat hulle braak oor almal wat nie in hul
eng definisie van Afrikanerskap inpas nie?
Hoekom moet Breyten Breytenbach besluit om nooit weer in Afrikaans te
skryf nie omdat 'n koerant sy lesers laat stem of hy 'n Afrikaner is
of nie?
Op hierdie manier kan ons nie aanbeweeg nie. Ons kan nie die nuwe
identiteit skep waaroor Tim du Plessis skryf nie. Ons sit hier in die
middel. As jy die regering kritiseer, sê hulle jy is 'n rassis - jy is
een van húlle. As jy die ouens wat die ou vlag waai kritiseer, sê
hulle jy is 'n wit kaffer - een van húlle. Waar moet 'n mens nou
inpas?
"As jy jou en ander gyselaars van 'n rassistiese verlede maak, kan jy
ruim begroot vir 'n rassistiese toekoms," het dr. Frederik Van Zyl
Slabbert in sy mees onlangse boek geskryf. Dis as 't ware of 'n mens
van twee kante af as 'n gyselaar aangehou word. Die hemel alleen weet
hoe 'n mens uit hierdie situasie kom, waar dit gaan oor die meriete
van die argument en nie die persoon se velkleur nie.
Maar terwyl daar mense is wat enige poging om 'n nuwe
Afrikaneridentiteit te skep met ou vlae en vloeke kom versuur, sal ons
nie kan aanbeweeg nie. Dalk sal ons iets regkry as die meerderheid van
die mense in die gehoor die ouens met die ou vlag vra om die ding nou
maar weg te bêre.
Maar nou ja, dit sal seker nooit gebeur nie. Ons klomp verraaiers is
waarskynlik heeltemal te verdraagsaam. Ons gun almal mos die reg om
hul vlag rond te swaai. Ons sit met met 'n klassieke Catch 22-
situasie. En boonop nog 'n albatros om ons nek ook.
|
|
|