Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Blood Diamond
Blood Diamond [boodskap #112967] Do, 15 Februarie 2007 06:33 na volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Het gisteraand vir Blood Diamond gekyk, is nogal bly om te hoor Arnold
Vosloo gee sy troepe sulke lekker orders in Afrikaans, ou Boetie beweeg op
in die range. Ek wonder of die bespiegelinge dat hy en Charlize 'n
Afrikaanse fliek gaan maak, ooit gaan waar word? Leonardo Dicaprio se
Afrikaanse Engelse aksent is 'n bietjie Australies maar sy "Howzit Broe" en
"Howzit China" klink nogal lekker op die oor.

De Beers is vervang met Van de Kaap, met Marius Weyers as grootbaas.
Re: Blood Diamond [boodskap #112970 is 'n antwoord op boodskap #112967] Do, 15 Februarie 2007 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lees nogal dat die ou fliekie redelik opslae maak orals waar hy speel, maar
dit het niks te doene met die gehalte van die spel nie, eerder oor die
diamante en die manier waarop dit verkry word. Vandag nog. As die
gemiddelde mens se sak geraak word, reik sy eie gewete mos nie eers sover
soos sy neus se punt nie. Vandag koop die wêreld by Sjina hul produkte,
maar hulle is ook die grootste gebruikers [misbruikers] van beskermde
diereprodukte.
Diamante word in Afrika gestroop van sy mense en hierdie is geen
politieke stelling nie en het ook boggerall met apartheid te doene. Dit is
bloot groot maatskappye wat politici onder die duim kry en konsessies bekom
wat effektief enigiemand anders verbied om diamante te ontgin of dit te
bemark behalwe deur dié kartel. Hulle sê dat hulle belasting betaal in die
lande en aan die regerings waar hulle diamante ontgin, maar hulle stap met
'n ongelooflike hoeveelheid geld weg van die land af en gaan bestee dit in
ander lande. In ons geval word die konsessies beheer deur De Beers [wie
anders?] en die geld gaan Suid-Afrika toe in groot maat. Al sedert die
vroeë 1900's het Suid-Afrika toegelaat dat Namibië so gestroop word.
En die eind is niet! Die publiek koop steeds hierdie produkte!

"Deneile" skryf in boodskap news:er0usa$svf$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
> Het gisteraand vir Blood Diamond gekyk, is nogal bly om te hoor Arnold
> Vosloo gee sy troepe sulke lekker orders in Afrikaans, ou Boetie beweeg op
> in die range. Ek wonder of die bespiegelinge dat hy en Charlize 'n
> Afrikaanse fliek gaan maak, ooit gaan waar word? Leonardo Dicaprio se
> Afrikaanse Engelse aksent is 'n bietjie Australies maar sy "Howzit Broe"
> en "Howzit China" klink nogal lekker op die oor.
>
> De Beers is vervang met Van de Kaap, met Marius Weyers as grootbaas.
>
Re: Blood Diamond [boodskap #112971 is 'n antwoord op boodskap #112970] Do, 15 Februarie 2007 09:36 Na vorige boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Yep die hele storie van die fliek is hoe Van de Kaap "De Beers" die diamant
trade so vorm en buig om beter pryse te verkry vir die stene, deur markte te
onderdruk en die meeste diamante koop en weg te stoor. So bly die vraag
groot vir die diamante en die diamante wat uit lande kom waar konflik is,
word gou in die stelsel gebring as skoon diamante.

"Suidwester" skryf in boodskap news:er18n3$3m6$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
> Lees nogal dat die ou fliekie redelik opslae maak orals waar hy speel,
> maar dit het niks te doene met die gehalte van die spel nie, eerder oor
> die diamante en die manier waarop dit verkry word. Vandag nog. As die
> gemiddelde mens se sak geraak word, reik sy eie gewete mos nie eers sover
> soos sy neus se punt nie. Vandag koop die wêreld by Sjina hul produkte,
> maar hulle is ook die grootste gebruikers [misbruikers] van beskermde
> diereprodukte.
> Diamante word in Afrika gestroop van sy mense en hierdie is geen
> politieke stelling nie en het ook boggerall met apartheid te doene. Dit
> is bloot groot maatskappye wat politici onder die duim kry en konsessies
> bekom wat effektief enigiemand anders verbied om diamante te ontgin of dit
> te bemark behalwe deur dié kartel. Hulle sê dat hulle belasting betaal
> in die lande en aan die regerings waar hulle diamante ontgin, maar hulle
> stap met 'n ongelooflike hoeveelheid geld weg van die land af en gaan
> bestee dit in ander lande. In ons geval word die konsessies beheer deur
> De Beers [wie anders?] en die geld gaan Suid-Afrika toe in groot maat.
> Al sedert die vroeë 1900's het Suid-Afrika toegelaat dat Namibië so
> gestroop word.
> En die eind is niet! Die publiek koop steeds hierdie produkte!
> "Deneile" wrote in message
> news:er0usa$svf$1@wblv-ip-nnrp-1.saix.net...
>> Het gisteraand vir Blood Diamond gekyk, is nogal bly om te hoor Arnold
>> Vosloo gee sy troepe sulke lekker orders in Afrikaans, ou Boetie beweeg
>> op in die range. Ek wonder of die bespiegelinge dat hy en Charlize 'n
>> Afrikaanse fliek gaan maak, ooit gaan waar word? Leonardo Dicaprio se
>> Afrikaanse Engelse aksent is 'n bietjie Australies maar sy "Howzit Broe"
>> en "Howzit China" klink nogal lekker op die oor.

>> De Beers is vervang met Van de Kaap, met Marius Weyers as grootbaas.

>
Vorige onderwerp: Re: Marvelous wifes...
Volgende onderwerp: Re: Good advice...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:47:55 MGT 2024