Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oom Paul
Oom Paul [boodskap #112932] Wo, 14 Februarie 2007 08:20 na volgende boodskap
Borked Pseudo Mailed  is tans af-lyn  Borked Pseudo Mailed
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
> Oom Paul was 'n diep gelowige volgeling van Jesus Christus.

Twak, heeltemal twak!
Hy was nie - hy het self gesê dat Jesus 'n towenaar was, lees dit self in
"Stephanus Johannes Paul Kruger, Die Man 1825 - 1904" gepubliseer deur Neuwoult & Reiner 1915.

Jy moet jou fyte reg kry voerdat jy met jou bybel nonsense voert gaan pellie, ne?
Re: Oom Paul [boodskap #112934 is 'n antwoord op boodskap #112932] Wo, 14 Februarie 2007 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Feb 14, 11:20 am, Borked Pseudo Mailed wrote:
>> Oom Paul was 'n diep gelowige volgeling van Jesus Christus.
>
> Twak, heeltemal twak!
> Hy was nie - hy het self gese dat Jesus 'n towenaar was, lees dit self in
> "Stephanus Johannes Paul Kruger, Die Man 1825 - 1904" gepubliseer deur Neuwoult & Reiner 1915.
>
> Jy moet jou fyte reg kry voerdat jy met jou bybel nonsense voert gaan pellie, ne?

Oom Paul was 'n diep gelowige, hy het wel meer van die Ou testament
gehou as die nuwe.
Hy was ook 'n dopper, maar het 'n profetiese gawe gehad wat die
kerkonsteld gemaak het.

beste
Re: Oom Paul [boodskap #112937 is 'n antwoord op boodskap #112932] Wo, 14 Februarie 2007 09:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Borked Pseudo Mailed" < wrote
>> Oom Paul was 'n diep gelowige volgeling van Jesus Christus.
>
> Twak, heeltemal twak!
> Hy was nie - hy het self gesê dat Jesus 'n towenaar was, lees dit self in
> "Stephanus Johannes Paul Kruger, Die Man 1825 - 1904" gepubliseer deur
> Neuwoult & Reiner 1915.
>
> Jy moet jou fyte reg kry voerdat jy met jou bybel nonsense voert gaan
> pellie, ne?

Nee, jy moet jou (kon-)"fyte" regkry voordat jy sê mense praat "twak".
Paul Kruger was 'n stigters- en lewenslange lid van die Gereformeerde Kerke
in Suid-Afrika. Hy het 'n leidende rol gespeel in die totstandkoming van
die Geref Kerk.

Gaan bib toe, neem die fotobiografie van Paul Kruger ter hand, kyk na die
fotos en lees die byskrifte. Jy sal onder andere die volgende daar kry:
1) 'n Foto van die Gereformeerde Kerk Pretoria se kerkgebou, regoorkant sy
huis in kerkstraat, Pretoria, waar hy self gereeld die eredienste gelei het.
2) 'n Foto waar hy diens in 'n Geref Kerk in Potchestroom bygewoon het.
Daar word ook melding gemaak van die feit dat hy die enigste nie-teoloog was
wat sy eie stigtelike woord mog spreek.
3) 'n Foto van hom waar hy op sy voorstoep staan met sy Bybel in sy hand,
pas nadat hy van 'n erediens in die Geref. Kerk Pretoria (oorkant sy huis)
gekom het.
4) 'n Foto van hom in Europa waar hy met 'n vergrootglas die Bybel lees -
byskrif: "Paul Kruger het steeds sy troos in die Bybel gesoek".
5) 'n Spotprent waar hy sg. "Dopper councel" uitdeel aan die Nederduits
Hervomde en Nederduits Geref Kerke in hulle kerktwis. (Lidmate van die
Geref Kerk word "Doppers" genoem, in geval jy dit nie weet nie.)
6) 'n Foto van hom waar hy op 10 Oktober 1903 saam met die Boeregeneraals
en familie 'n erediens bywoon.
7) 'n Foto van die gedenksteen wat agter sy huis by Boekenhoutfontein
opgerig is op die plek waar hy gereeld gekniel en gebid het.

Of blaai en lees deur die Eeufeesalbum van die Gereformeerde Kerk wat in
1959 gepubliseer is.

Gaan bring gerus 'n besoek aan dié Geref kerkgebou in kerkstraat oorkant sy
huis en kyk wie het die hoeksteen gelê!!! Stap 'n ent verder af , maak
draai by die ou begraafplaas en besoek sy graf en kyk wat staan op die
grafsteen!!!

Of hy Jesus regtig "'n towenaar" genoem het, betwyfel ek. Baie dinge word
aan Kruger toegedig en hom in die mond gelê wat gewoon onwaar is, bv. dat hy
nie sokkies sou gedra het nie ("Paul Kruger sokkies" vir skoene wat sonder
kouse gedra word) en dat hy pruimtwak in Buckingham paleis op die vloere sou
gespoeg het. As hy Jesus regtig "towenaar" genoem het, was dit waarskynlik
'n tong in die kies opmerking.

En as jy die boekie met sy versamelde toesprake in die hande kan kry, lees
dit!!! - en HOOR hoe hy die hand van God in alles sien en orals! - ook in
die politiek! - erken! Dan lees jy wat hy self gesê het, nie wat ander hom
in die mond gelê het nie.
Re: Oom Paul [boodskap #112944 is 'n antwoord op boodskap #112934] Wo, 14 Februarie 2007 12:24 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"fire_" <wrote
> Oom paul was 'n diep gelowige,

Dankie! Jy weet duidelik meer van Kruger af as die anonieme pes!

Ek het al vantevore iemand hoor sê dat Oom Paul 'n Baptis was! - twak
natuurlik! - maar dis sowaar die 1e keer dat ek iemand hoor beweer dat hy
nie 'n volgeling van Jesus was nie!

> hy het wel meer van die Ou testament
> gehou as die nuwe.

Waar kom jy aan dié inligting?

> Hy was ook 'n dopper ,

Korrek!

Hy was een van 'n handjievol "Doppers" wat in Januarie 1859 uit die
"Algemene Kerkvergadering" van die Nederduits Hervomde Kerk gestap, in 'n
openbare verklaring gemeenskap met die NH Kerk beëindig het om voortaan as
'n "vrye gereformeerde kerk" te bestaan en op 10 en 11 Februarie 1859
die Gereformeerde Kerke in SA onder 'n groot seringboom in Rustenburg
gestig het.

> maar het 'n profetiese gawe gehad wat die
> kerkonsteld gemaak het.
>

Weer is ek skepties en moet ek vra na jou bron.

Dié bewering dat hy 'n "siener" was, word ook in een van die boeke oor
Siener van Rensburg se gesigte gemaak en dan word verder beweer dat Kruger
die gawe doelbewus onderdruk het totdat hy nie meer die gesigte gekry het
nie.

Ek twyfel of Kruger in die moeilikheid by die Gereformeerde Kerk was oor 'n
sg. "profetiese gawe". (1) Die uitleef van so 'n gawe sou in stryd wees met
sy Gereformeerde/Calvinistiese oortuigings (as hy dit gehad het, is die
bewering dat hy dit onderdruk het, waarskynlik nader aan die waarheid) en
(2) die bewering dat hy die "kerk ontsteld gemaak" het, is in stryd met die
feit dat Kruger vanweë sy buitengewone gawe om die Skrif te verklaar, die
enigste persoon in die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in SA is wat
sonder enige teologiese opleiding verlof gehad het om 'n "stigtelike woord"
te spreek (dws. te preek).

Ek het ook 'n artikel in "Die Kerkblad" (publikasie van die Geref Kerke in
SA) gelees uit die pen van een van die Postma-predikante wat as jong
proponent in die Geref Kerk Pretoria gepreek het en dieselfde dag na die
presidensie ontbied is om vrae oor sy preek te beantwoord. In dié artikel
meld ds Postma hoe predikante baie versigtig getrap het as hulle
daar preek vanweë Kruger se vlymskerp intellek, kennis en insig in die
Skrif!

Let wel, sy skoolopleiding was min of meer gelyk aan St.3!!!
Vorige onderwerp: Nou moets ons vir die krims ook huise gee
Volgende onderwerp: Re: Marvelous wifes...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 04:48:11 MGT 2024