Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nou moets ons vir die krims ook huise gee
Nou moets ons vir die krims ook huise gee [boodskap #112863] So, 11 Februarie 2007 11:48 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
DAVID VAN ROOYEN
Johannesburg


Suid-Afrikaners wat in die toekoms 'n nuwe huis wil koop, gaan
ingevolge konsep-regeringsbeleid verplig word om armes as bure te
aanvaar.

Dit is die doel van die nuwe beleid van "inklusiewe" behuising wat
tans met rolspelers in die boubedryf bespreek word.

Die nuwe beleid, wat nog net voorstelle is, het tot skokgolwe onder
ontwikkelaars gelei. Dit is einde verlede maand vir die eerste keer
aan die Vereniging van Eiendomseienaars (Veesa) voorgelê.

Hiervolgens sal ontwikkelaars tot 30% van die waarde van elke
ontwikkeling vir laekoste-huise opsy moet sit. Die laekoste-huise sal
tussen die ander huise in die ontwikkeling versprei moet word.

En met laekoste-huise word nie net bedoel huise van R250 000 en R300
000 wat aan die opkomende middelklas verkoop word nie, maar ook
huisies van R50 000 wat met staatsubsidies gebou word.

Die regering maak lankal geluide dat residensiële ontwikkelaars 'n
bedrag gelyk aan 20% van hul belegging vir laekoste-huise beskikbaar
moet stel, maar die jongste voorstelle gaan veel verder.

"Die doel van die nuwe beleid is nie net om ontwikkelaars te dwing om
meer laekoste-huise te bou nie, maar ook om die rasse- en
klasseverskille in Suid-Afrika verder af te breek," het mnr. Dan Smit,
konsultant van die departement van behuising, in die voorlegging aan
Veesa gesê.

Daarom mag 'n ontwikkelaar nie die laekoste-komponent van sy
ontwikkeling op 'n ander plek bou nie. Dit moet in dieselfde
ontwikkeling wees - en die armes se huise mag ook nie saam gegroepeer
wees nie, hulle moet tussen die duurder huise staan.

En dan word daar vereis dat die goedkoper huise se styl en afwerking
nie by dié van die duurder huise afsteek nie.

Smit het in die voorlegging aan Veesa gesê baie mense werk in die
omgewing waar ontwikkelings plaasvind en dat hulle ook die reg het om
in sulke gebiede te woon.

Die voorstelle maak wel voorsiening vir uitsonderings, soos in die
geval van ontwikkelings waar die gemiddelde prys van 'n eenheid tans
meer as R900 000 is, maar dan moet die ontwikkelaars by 'n ander
"insluitende" ontwikkeling betrokke raak en tot 60% van die eenhede
aan laekoste-huise toewys. Volgens Smit sal ontwikkelaars wat
kwytskelding kry, nie toegelaat word om die laekoste-komponent van 'n
ontwikkeling in 'n laekoste-ontwikkeling op 'n ander plek op te rig
nie. Die finale persentasie wat aan laekoste-huise toegewys moet word,
kan tussen 10% en 30% wissel, maar die beleidsvoorstelle lui dit moet
waar moontlik 30% wees.

Die persentasies kan van gebied tot gebied verskil en die finale
besluit berus by die betrokke plaaslike owerheid.

Ontwikkelaars sê dié voorgestelde beleidsmaatreëls is nie net
onhaalbaar en ondeurdag nie, maar sal die residensiële boubedryf in
Suid-Afrika op sy knieë dwing.

"Niemand sal bereid wees om eenhede in sulke ontwikkelings te koop
nie," sê mnr. Jo Pelser, uitvoerende hoof van Sable Homes, een van die
grootste ontwikkelaars in Suid-Afrika.

Dit kan weer lei tot 'n tekort aan huise wat die pryse van bestaande
huise in gevestigde woonbuurte die hoogte sal laat inskiet
Re: Nou moets ons vir die krims ook huise gee [boodskap #112866 is 'n antwoord op boodskap #112863] So, 11 Februarie 2007 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"fire_" skryf

> Suid-Afrikaners wat in die toekoms 'n nuwe huis wil koop, gaan
> ingevolge konsep-regeringsbeleid verplig word om armes as bure te
> aanvaar.

"Fire", ek raak nou so stadigaan moeg
vir jou laer middelklas agteraf opmerkings
( en jou slegte Afrikaanse EN ENGELSE
spelling - waar op aarde bly jy nou?)
Alle armes is nie kriminele nie. In baie
gevalle is hulle beter mense as jy.
Die stuk wat jy aanhaal, praat van
die soort wetgewing wat in elke Westerse
land al lankal reeds 'n vereiste is. Hier in
Ottawa is daar orals kleiner maar mooi
afgewerkte geboue of in ander gevalle
klein buurtes waar ondersteunde behuising
vir minder bevoorregtes gebou word. Die
kinders uit sulke geboue of gebiede
gaan dan saam met kinders uit die
meer welgestelde huise skool en word
so stadigaan opgehef. Dit werk goed.
Ek sou dink dat in SA veral daar sulke
behuising welkom sal wees vir mense
in meer welgestelde huise wat bediendes
het wat van baie ver moet kom om in
hulle huise te werk.

Gloudina
Re: Nou moets ons vir die krims ook huise gee [boodskap #112867 is 'n antwoord op boodskap #112866] So, 11 Februarie 2007 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Feb 11, 4:50 pm, "Hessie" wrote:
> "fire_" skryf
>
>> Suid-Afrikaners wat in die toekoms 'n nuwe huis wil koop, gaan
>> ingevolge konsep-regeringsbeleid verplig word om armes as bure te
>> aanvaar.
>
> "Fire", ek raak nou so stadigaan moeg
> vir jou laer middelklas agteraf opmerkings
> ( en jou slegte Afrikaanse EN ENGELSE
> spelling - waar op aarde bly jy nou?)
> Alle armes is nie kriminele nie. In baie
> gevalle is hulle beter mense as jy.
> Die stuk wat jy aanhaal, praat van
> die soort wetgewing wat in elke Westerse
> land al lankal reeds 'n vereiste is. Hier in
> Ottawa is daar orals kleiner maar mooi
> afgewerkte geboue of in ander gevalle
> klein buurtes waar ondersteunde behuising
> vir minder bevoorregtes gebou word. Die
> kinders uit sulke geboue of gebiede
> gaan dan saam met kinders uit die
> meer welgestelde huise skool en word
> so stadigaan opgehef. Dit werk goed.
> Ek sou dink dat in SA veral daar sulke
> behuising welkom sal wees vir mense
> in meer welgestelde huise wat bediendes
> het wat van baie ver moet kom om in
> hulle huise te werk.
>
> Gloudina

Gouldi , waar slaan jy uit, siende dat jy so pro ANC is waarom kom jy
nie terug na SA nie en kom deel in die dilema?
SA is mos die model vir die wereld , is dit nie ?
Re: Nou moets ons vir die krims ook huise gee [boodskap #112868 is 'n antwoord op boodskap #112866] So, 11 Februarie 2007 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
> klein buurtes waar ondersteunde behuising
> vir minder bevoorregtes gebou word. Die
> kinders uit sulke geboue of gebiede
> gaan dan saam met kinders uit die
> meer welgestelde huise skool en word
> so stadigaan opgehef.

Goldi, 9 persent van die populasie kan nie 80 % van die populasie
opheff nie
Al wat dit sal skepis meer immigrasie uitvloei van profesioneele mense
en af heffing van die wat oorbly.
Zim is SA se voorland soos sake aangaan.

Kom terug en deel in die genot,
Re: Nou moets ons vir die krims ook huise gee [boodskap #112936 is 'n antwoord op boodskap #112866] Wo, 14 Februarie 2007 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1171201826.115485.244110@k78g2000cwa.googlegroups.com.. .

> Die stuk wat jy aanhaal, praat van
> die soort wetgewing wat in elke Westerse
> land al lankal reeds 'n vereiste is. Hier in
> Ottawa is daar orals kleiner maar mooi
> afgewerkte geboue of in ander gevalle
> klein buurtes waar ondersteunde behuising
> vir minder bevoorregtes gebou word. Die
> kinders uit sulke geboue of gebiede
> gaan dan saam met kinders uit die
> meer welgestelde huise skool en word
> so stadigaan opgehef. Dit werk goed.

Hier is weer 'n voorbeeld van jou onkunde. Wanneer gaan jy verstaan dat dit
wat "werk" in 'n eerste wereld land eenvoudig nie kan werk in 'n derde
wereld land nie. Die arm persoon in Kanada verskil geweldig van die arm
Suid-Afrikaner. En so op die koop toe vergeet jy vir gerieflikheids onthalwe
die werkloosheid syfers.

Weet jy hoe lyk 'n RDP huis Gloudina. Sal jy daarvan hou as die krot langs
jou R900000+ huis gebou word. Indien jy JA se, se ek nou vir jou jy praak
suiwer kak.

'n Vrye mark stelsel word ondermyn en vernietig deur te veel regulasies, dit
word nie opgebou daardeur nie
Jou en mense soos jy se liberale denke (Democracy for all) is besig om die
mense wat agtergebly het hard in die gat te byt. Maar dit pla jou mos nie,
want waar sit jy en ou sening op die oomblik

Vertel my bietjie hoekom het jy en ou sening nie julle tasse gepak daai jare
en Zim toe getrek of na 'n ander Afrika land nie. Nee, julle trek na 'n
EERSTE wereld land toe, en dan sit julle daar en tong klap oor ons land. Jy
sit daar en gee honderde redes van hoekom dit nou nie meer vir julle
moontlik is om terug te kom SA toe nie, maar moenie dink jy flous ons nie
Antie. Ons weet dit is omdat dit wat jy en ou sening daai jare gesaai het
tesame met die liberale ruggraatlose land verraaiers, nou gegroei het tot
wat vandag bekend staan as die reenboog nasie.

Maar dit vat nie 'n brein spesialis om te sien waarheen jou reenboog op pad
is nie. Toegegee dit vat sekere persone langer as ander, maar op een of
ander stadium kom elke witman in die land tot die besef dat hy aangeval word
omdat hy WIT is, maak nie saak waar op die planeet hy gebore is nie, en
watter taal hy praat nie. En dit is die rede Gloudina hoekom jy en ou sening
nie wil terugkom nie. Want jy weet Sipho gaan jou dalk net sommer so met die
intrap slag op die lughawe al bykom, om nie eers te praat wat hy met jou
gaan aanvang as hy jou in jou kamer aanval 2 uur in die oggend nie.
Re: Nou moets ons vir die krims ook huise gee [boodskap #112938 is 'n antwoord op boodskap #112936] Wo, 14 Februarie 2007 09:49 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan"
>
> Vertel my bietjie hoekom het jy en ou sening nie julle tasse gepak daai jare
> en Zim toe getrek of na 'n ander Afrika land nie. Nee, julle trek na 'n
> EERSTE wereld land toe, en dan sit julle daar en tong klap oor ons land. Jy
> sit daar en gee honderde redes van hoekom dit nou nie meer vir julle
> moontlik is om terug te kom SA toe nie, maar moenie dink jy flous ons nie
> Antie. Ons weet dit is omdat dit wat jy en ou sening daai jare gesaai het
> tesame met die liberale ruggraatlose land verraaiers, nou gegroei het tot
> wat vandag bekend staan as die reenboog nasie.
>

LOL... die skrywe van die dag:-)
Genoeg om enigiemand die dag met 'n glimlag te laat ingaan.
Moet nie sò hard lag daaroor nie, antie..., jy is veronderstel om jou
kop te laat sak en ons te laat lag...
Vorige onderwerp: Wat se 'n mens
Volgende onderwerp: Oom Paul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:02:49 MGT 2024