Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beeld--- Opname van Mbeki se beloftes en hoe afrikaners voel
Beeld--- Opname van Mbeki se beloftes en hoe afrikaners voel [boodskap #112844] Sa, 10 Februarie 2007 05:51 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Het pres. Mbeki se staatsrede aan jou verwagtinge voldoen?


Ja, ek is verras dat hy soveel aandag aan misdaad gegee het - 28 - 5%

Hy het al die belangrike sake aangeroer - 23 - 4%

Nee, dis maar vae beloftes - 466 - 90%

Totale aantal stemme: 517

Dié stemming is nie wetenskaplik nie en verteenwoordig net die menings
van internetgebruikers wat deelgeneem het. Die resultate
verteenwoordig ook nie noodwendig die menings van internetgebruikers
in die algemeen of van die publiek as geheel nie.
Re: Beeld--- Opname van Mbeki se beloftes en hoe afrikaners voel [boodskap #112845 is 'n antwoord op boodskap #112844] Sa, 10 Februarie 2007 07:30 Na vorige boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Verdediging is die wagwoord
Feb 08 2007 10:01:07:953PM - (SA)

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend

http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,8325,3-67_2066764,00 .html

Misdaad is die laaste tyd gereeld op Beeld se voorblad. In alle
gemeenskappe en nuusdienste is dit groot nuus as iemand soos Taliep
Pietersen of Brett Kebble vermoor word.

Ek wil oor 'n spesifieke soort misdaad praat.

Moorde wat uit hartstog en jaloesie gepleeg word, diefstal uit
gierigheid, huismoles, straatboewery en sluipende inbrekers sal altyd
met ons wees. In goed geordende gemeenskappe met 'n tradisie van
toegewyde opvoeding in gedeelde menslike waardes sal dit minder wees
en in gemeenskappe waar daar 'n swak toewyding aan menslike waardes en
dissipline is, sal dit meer wees.

Waaroor ek dit het, is iets anders.

Ek was van 1977 tot 1987 predikant in 'n gemeente in die ooste van
Pretoria, middelklas- en hoërmiddelklasmense tot die super-rykes van
daardie tyd. In dié dekade is daar nie een lidmaat weens moord begrawe
nie; ook nie daarna tot en met begin 2006 nie (ook nie volgens die
gemeentelike oorlewering van die gemeente se stigting in 1947 tot 1977
nie).

Daarteenoor is daar van Junie 2006 tot Januarie 2007 drie lidmate
vermoor. In dieselfde tyd was daar nóg twee moorde binne die
gemeentegrense, wat die totaal op vyf te staan bring.

Ons praat nie hier van 'n buurt in verval nie; die geografiese gebied
het steeds dieselfde ekonomiese profiel, maar nou net goed besprinkel
met swart mense, bruin mense en Indiërs, asook Chinese immigrante.

Wat ons die laaste tyd in dié gedeelte van oostelike Pretoria
waarneem, is ewe waar van aangrensende buurte en skynbaar van die
grootste deel van die stad se woonbuurte.

Ons het hier te doen met misdadigers wat óf helder oordag, skemer- en
vroegaand as die huismense nog wakker is, óf in die oggend as almal al
op is en op die punt staan om skool en werk toe te gaan, eiendom
betree, dikwels niks meer as selfone en beursies vat nie, maar die
geleentheid benut om met hul slagoffers "pret" te hê.

Hulle wil duidelik nie die misdaad ongemerk laat afloop nie.

Dít is iets anders as die gewone misdaadverskynsel.

Hóé anders, blyk uit 'n SMS van die veiligheidsmaatskappy ADT op 14
Desember: "Geagte en gewaardeerde kliënt, weens 'n magdom aanvalle op
inwoners terwyl hulle tuis is, spesifiek tussen agtuur saans en
middernag, versoek ons u om gedurende hierdie tyd binne te bly en u
alarmstelsel te aktiveer."

Geen vleisbraai meer in jou tuin gedurende die vakansieaande nie.

Nee, binne opgesluit in jou eie tronk - anders word jy soos Jan van
Rooyen van Faerie Glen tot parapleeg geskiet.

'n Mens kan nie anders nie as om tot die gevolgtrekking te kom dat ons
hier te doen het met gedrag wat ooreenstem met die plaasaanvalle van
die afgelope dekade. Dit is aanvalle op gesinne waar diefstal amper
insidenteel is. Selfone en beursies wat geneem word, is bykans trofeë,
amper soos inheemse Amerikaners vroeër kopvelle geneem het.

In normale gemeenskappe hou 'n sielkundige grens misdadigers uit
gedurende die ure waarin huismense in hul huise is. Dié grens word
getrek deur verskillende faktore: Die hoogste gesag in die land
veroordeel die betreding van eiendom en aanvalle op mense en sal met
alle geweld daarteen optree; die gevolge as ek gevang word, weeg
swaarder as die voordele van die diefstal.

Maar wat nou gebeur, is iets wat 'n mens verwag van 'n land wat in 'n
laegraadse burgeroorlog gewikkel is: ekonomiese aktiwiteit gaan voort,
maar orals is daar lemmetjiesdraad en afweerstelsels; snags hoor jy
gereeld skote weergalm; inwoners leef in vrees; 'n rit huis toe word
'n veiligheidsmaneuver van kyk in jou tru-spieëltjie en die huis word
eers bespied voor jy ingaan.

As jy binne is, bly jy gespanne luister na klanke in die uithoeke van
die huis of tuin. As jy ligdag buite is, bly jou oë dwaal op soek na
'n hinderlaag op eie werf.

Dit is nie normaal nie.

Hierdie is ook nie normale misdaad nie. In kringtelevisiebeelde wat
onlangs in Pretoria opgeneem is, toon die aanvallers duidelik militêre
gedrag. Hierdie is inderdaad 'n staat van oorlog.

Oorlog het ander reëls en vereis ander optrede van die gemeenskap as
die normale reaksie op misdaad.

Teen misdaad probeer 'n mens jouself beveilig: Jy kry beter en meer
alarmstelsels; jy huur veiligheidsagentskappe om namens jou te
patrolleer en hulp te verleen. Jy probeer dit so moeilik as moontlik
maak vir 'n misdadiger om by jou goed uit te kom.

Maar wat gemaak as die doel van die aanvaller is om by jou as méns uit
te kom, net soseer of dalk nog minder as wat dit die doel is om by jou
goed uit te kom?

Dít is laegraadse oorlogvoering.

En wanneer ons van oorlog praat, is die wagwoord verdediging - nie
meer beveiliging, soos by misdaad nie.

Die eerste les van oorlog is dat niemand anders die
verantwoordelikheid vir jou lewe gaan neem as jy dit nie self doen
nie. Jy kan hulp van ander kry, maar jy is finaal self verantwoordelik
om jou lewe te beskerm.

Maar kom ons blus eers die hoop wat 'n klomp sprokies aan ons
voorhou:

1. Die polisie gaan ons nie regtig help nie.

Hulle is onder die beste van omstandighede baie swak gerat om dié
soort situasie aan te pak. Tans is die vlakke van korrupsie in Suid-
Afrika waarskynlik te hoog dat ons doeltreffende optrede kan verwag.

Daar is natuurlik derduisende goeie polisiemanne en -vroue wat
onkreukbaar gebly het, maar ons weet nie wie hulle is nie. Die
ongelukkige feit is dat indien ons voor 'n lid van die polisiemag te
staan kom, ons nie weet of ons die lid kan vertrou nie. Die media bied
hier soveel verontrustende voorbeelde.


2. Die weermag gaan ons nie help nie.

Ook hier is die korrupsievlakke klaarblyklik te hoog. Ek verwys na
berigte oor die miljoen rand se toerusting wat tydens vredesoperasies
gesteel word.

Maar die mees markante voorbeeld was teen einde verlede jaar in die
media: 'n Bende het 'n militêre wagpos aangeval, die wagte het
oorgegee en die wapens in die kluise is gebuit.

Soldate wat hul wapens oorhandig aan 'n bende en nie hul wagpos en die
staat se wapens met hul lewe beskerm nie?

Nee, dis sprokies dat 'n noodtoestand ons sal help met die weermag wat
die aanvallers sal vasvat.

3. Die kerk gaan ons nie help nie.

Daar is allerhande versugtinge dat ons moet terugkeer na gesonde
waardes, dat kerke en godsdienstige groepe hier 'n rol sal speel; dat
die burgerlike samelewing, ouers en skole 'n rol moet speel.

Dié aksies help net as dit 'n kwessie van gewone misdaad is wat uit
die gemeenskap self kom en waar die gemeenskap sy eie lede kan
opvoed.

Maar die aanvalle in woonbuurte kom nie uit die gemeenskap van dié
woonbuurte nie. Dit kom van buite.

In elk geval is die soort oplossing wat geloofsorganisasies en die
burgerlike gemeenskap met morele aksies kan bring, langsaam van aard.
Jy kyk na iets soos 'n geslag: 25 jaar ongeveer. Is dít hoe lank jy
nog in die huidige omstandighede wil leef?

Hierdie oproepe tot 'n soort morele bewapening, hoe goed bedoel en hoe
noodsaaklik ook al op die lang termyn, dien net om die aandag af te
lei van wat die kern van die probleem geword het: Wilde bendes wat na
willekeur op woonbuurte toeslaan met totale minagting vir
wetstoepassing.


4. Meer geld vir die veiligheidsmaatskappy gaan ons nie help nie.

Niks gaan ons help solank ons glo "ander" kan jou verdedig nie.

Die daaglikse spanning en blootstelling aan geweld en moord, sowel as
die besef dat nie een van die normale maatskaplike instellings regtig
kan of wil help nie, moet natuurlik neerslaan in 'n omvattende gevoel
van magteloosheid: soos skape word ons ter slagting gelei . . .

Miskien is dit die oomblik om Franklin D. Roosevelt se bekende
aanhaling effens te kantel: Ons het niks te vrees behalwe die gevoel
van magteloosheid nie. Om in te sien dat jy self verantwoordelikheid
moet neem, is die eerste stap op na die oplossing van die probleem.
Maar dan kom jy voor die werklike uitdaging te staan. Het jy die moed,
die wilskrag om die prys te betaal om verantwoordelikheid vir jouself
te aanvaar?

Ons strategie moet uit die volgende punte bestaan:

1. Duidelike simboliese optrede. Sigbare toe-eiening van ons
woonbuurte deur onsself. Verdomp, dit is óns s'n, nie die aanvallers
s'n nie!

2. Mede-beheer en toesig oor ons veiligheidsondersteuningsdienste.

3. Versterking van ons verdedigingsinfrastruktuur. Vuur sal met vuur
beantwoord moet word.

4. Internasionale druk op die regering. Volg die patroon van die MIV/
vigs-veldtog wat die regering tot ander insigte gedwing het.

5. Volgehoue inmenging om hervorming in die hele waardeketting van
polisiëring tot straftoepassing teweeg te bring.

Hier volg 'n paar voorbeelde van stappe wat ons kan neem om weer ons
lot in eie hande te kry.

1. Ons woonbuurte moet behoorlik georganiseer en gestruktureer word
met duidelike bevelstrukture.

Die hoof van Adidas het voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi die Duitse
span se afrigter ondersteun met die woorde: Die Duitse nasionale span
is nie 'n demokratiese partytjie nie. Dis des te meer waar van ons
situasie.

Kies behoorlik aan die begin, maar dan moet jy jou verbind om na die
bevelvoerders te luister.

2. Die woonbuurtbevelvoerders se eerste taak is die organisering en
opleiding van wykslede.

Hulle kan patrolliespanne en roosters opstel. Ons sal eenvoudig nie
elke nag van die week kan deurslaap nie. Ons sal self aan patrollies
moet deelneem, sodat dit sigbaar is dat ons 'n wil het om ons lot in
eie hande te neem.

3. Die veiligheids dienste wat ons het, is eintlik óns diens. Ons moet
aandring om die CV's te sien van die mense wat hulle aanstel.

Die mense wat in ons gebiede opereer, moet deur die buurtkomitees
ontmoet word; ons moet weet wie hulle is. Desnoods moet ons hulle
bykomende opleiding gee om hulle ons visie te laat deel vir 'n veilige
en menswaardige land.

4. In oorlog kan jy nie ongewapen wees nie. Al moet jy deur die
beslommernis van die nuwe wapenwet gaan, sorg dat jy en jou gesin
bewapen is.

Dit mag wees dat jy in 99% van gevalle nie jou wapen behoort te
gebruik nie; dat dit selfs gevaarliker is om die wapen te hê, maar dan
is daar nog die 1% kans dat dit die verskil tussen lewe en dood kan
maak. Elke aanvaller wat sneuwel, is 'n oorwinning vir ons.

5. Daar is min dinge gevaarliker as mense met wapens wat hulle nie
weet hoe om te gebruik nie. Dit is die taak van die buurtbevelvoerders
om roosters op te stel vir formele skietoefeninge.

6. Die bewapening van die veiligheidsmaatskappy sal verbeter moet
word.

Hulle kan nie met pistole teen aanvalswapens veg nie. Hulle kan nie
met bakkies en Golfs uit die 1980's optree teen die klas aanvaller wat
ons nou kry nie. Ons soek simbole van aggressie wat duidelik toon dat
vuur met vuur beantwoord sal word. Des te meer kan jy nie swaar
gewapende mense in jou buurt toelaat as daar geen keuring van jou kant
is en geen insette tot 'n gedeelde visie en kultuur nie. Die tyd van
veiligheidsbediendes is verby. Die tyd van verdedigingsgenote het
aangebreek.

7. Ons woonbuurte is blootgestel omdat die aanvallers oor 'n goeie
inligtingsnetwerk beskik. Oral drentel mense rond wat nie in ons
woonbuurt werk, woon of by iemand kuier nie. Dit kan nie langer geduld
word nie. Drentelaars moet op 'n databasis kom en goed verstaan dat
hulle onwelkom is.

8. Ons moet ons eie inligtingsnetwerk tussen die besture opskerp.
Bevelvoerders van die verskillende wyke sal kontak met mekaar moet hê
en gereeld met die besture van veiligheidsmaatskappye vergader.

9. Dis al geruime tyd gebruik dat individue private speurinstellings
kry om gevalle van persoonlike misdaad op te los. Dis nou tyd om 'n
spesiale private eenheid of eenhede te stig wat met behoorlike
speurmetodiek en opsporings- en gevegsvermoëns die aanvallers kan
identifiseer, tot in hul neste agtervolg en aan die gereg oorgee.

10. Dokumentêre video-insetsels moet aan Sky TV, CNN en BBC oor
woonbuurtaanvalle beskikbaar gestel word.

11. Veral koerante kan saamspan. Publiseer kaarte van ons woonbuurte
waarop aanvalle en die gevolge daarvan in kleur gemerk word. Dis sal
moeilik vir die regering wees om te stry as daar visueel 'n rooi vlek
oor die grootste gedeelte van 'n stad lê.

12. Rig 'n monument vir slagoffers op. Of dalk kan 'n bestaande
monument of museum inklusief vir alle slagoffers 'n gedenknaald
oprig.

13. Huiseienaars kan nie veiligheidsuitgawes van hul belasting aftrek
nie. Ondernemings kan wel. Inwoners moet aandring by hul ondernemings
vir skenkings ter beveiliging van hul werknemers.

Skaf 2007 se Kerspartytjie af en maak 'n paar ander opofferinge.


Die belangrike punt is: Hoe lank nog wil ons soos magtelose slagoffers
voel? Wie sien kans om nog vyf jaar só te leef?

Een ding is seker, voordat dit beter word, gaan dit in elk geval
slegter word. Ons kan nie 'n draaipunt voor waarskynlik oor drie jaar
verwag nie.

Die vraag is: Is ons hulpelose slagoffers - of mense wat bereid is om
op te tree?


Dr. Bertie du Plessis is 'n strategiese bemarkingskonsultant en kenner
van veranderingsbestuur wat in Pretoria gesetel is.
Vorige onderwerp: Die ou Doring
Volgende onderwerp: Beeld-forum: Samelewing is siek, nie regering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:45:48 MGT 2024