Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » geskrouery
geskrouery [boodskap #112673] Vr, 02 Februarie 2007 13:15
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Verwante Berigte
Swart armband as protes teen misdaad bepleit

2 gaan van Rattray-moord aangekla word

Twee ondervra oor moord op David Rattray

Charles nie by Rattray-begrafnis

Kyk vorentoe, SA, sou Rattray gesê het

Charles kap Mbeki oor misdaad

Moord op Rattray is 'n "wekroep"



Geskree ná konvooi kar ‘van pad blaas’
Feb 01 2007 09:27:38:930PM - (SA)

Nicola Jones

Pietermaritzburg. – “Dit is omdat ek swart is!”

Dít het premier S’bu Ndebele van KwaZulu-Natal gister aan ’n man van
Pietermaritzburg tydens ’n woordewisseling by die begrafnisdiens van
mnr. David Rattray, toerisme-pionier en bobaas-storieverteller,
geskree.

Gaste wat die begrafnisdiens by die eksklusiewe private skool
Michaelhouse bygewoon het, was geskok toe mnr. Trevor Sharp (65), ’n
toergids, agter die premier se viermotor-konvooi stilhou en hom
woedend begin aanspreek omdat Ndebele hom glo van die pad “af geblaas
het”.

Sharp het aan Beeld se susterkoerant, The Witness, gesê dat hy teen
100 km/h op pad na die begrafnisdiens was toe die konvooi “teen
minstens 160 km/h” verby hom gejaag en hom rakelings gemis het.

“Ek het groot geskrik. Hulle het soos koeëls verby my geskiet.

“Dit is nie die eerste keer dat ek, of my vrou deur mense in
regeringsvoertuie, wat soos idiote bestuur, van die pad af geblaas
word nie,” het hy bygevoeg.

Sharp het by sy aankoms by die skool uit sy motor gespring en daarop
aangedring om te weet wat gee die premier die reg om teen só ’n hoë
spoed te bestuur.

“Hy was op pad na ’n begrafnis, nie ’n noodgeval nie. Ek het hom gevra
of hy nie die pad­reëls hoef te gehoorsaam nie, veral ook omdat hy die
voormalige KwaZulu-Natalse minister van vervoer is en of hy nie eerder
’n voorbeeld moet stel nie.”

Ndebele het Sharp aanhoudend gevra of hy nie die flitsende blou ligte
op die voorste motor gesien het nie, waarna hy glo kwaad geword en
geskree het dat Sharp op hom pik omdat hy swart is.

“Dít is wat my woedend gemaak het. Ek het aan hom gesê dat die blou
lig nie vir my ’n aanduiding was van die kleur van die bestuurder
nie,” het Sharp gesê.

Mnr. Jeff Hassan, Ndebele se woordvoerder, het by navraag gesê “hy het
met die premier gepraat en dis die einde van die storie”.

Hy het bygevoeg dat die konvooi nie die spoedgrens oorskry het nie.

“Dis hul normale spoed, veral in ’n noodgeval,” het hy gesê.
Vorige onderwerp: Die leier van SA
Volgende onderwerp: Hook, line and sinker into Grey terror ...........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:52:18 MGT 2024