Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uiteindelik, die winter
Uiteindelik, die winter [boodskap #112526] Ma, 29 Januarie 2007 14:49
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uiteindelik is ons winter hier. Tot en met die eerste week van
Januarie moes almal nog vra, wat het hierdie jaar van die winter
geword hier in Oos-Ontario? Daar was geen sneeu op die grond
nie, en die gras was nog effens groen. Ons wou nie kla nie, maar
ons was verwar. En dit was nie asof die hele Noord-Amerika
dieselfde ondervind het nie. Vancouver het die een sneeustorm
na die ander gekry, gepaard met vreeslike winde. Die Ooskus
ondervind nou nog die een storm na die ander. Suid van ons
het die middel van die VSA verwoestende ysstorms ondervind
in die afgelope weke. Daar was sneeubanke in Malibu in
Kalifornië.
Ons het tot nou toe nog geen verwoestende storms gekry
nie. Maar gelukkig het die temperature gedaal sodat dit nou in
die nag gewoonlik onder - 20 C is. Ek sê gelukkig, want almal
het begin wonder wat ons sal doen hierdie jaar vir Winterlude
as die mense nie op die Rideau Kanaal ( die langste skaatsbaan
in die wêreld) kan skaats nie, en die ouens van dwarsoor die
wêreld nie kan kom kompeteer in die Ice Sculpture kompetisies
nie. Die rivier hier onder is amper van die een kant na die
ander gevries. Gister het ek vir die eerste keer mense aan
hierdie kant op die bevrore rivier sien loop, en aan die
anderkant van die rivier het die ysvissermanne aktief geraak
hierdie naweek. Ek het selfs 'n kar op die bevrore rivier sien
ry. Nou hoop ons maar net die koue temperature hou vir 'n
maand of so, sodat ons Winterlude agter die rug kan kry,
en dan kan dit maar begin warmer word. Maar eintlik
verkies ek dat ons die hele winter -10 C bly. Ek hou nie
daarvan as die temperature warmer word nie, want dan
lei dit na sneeu wat smelt en dan verys as dit onder
-0 C gaan. Dit veroorsaak dan die spieëlgladde ys
waarvoor mens baie bang moet wees. Of dit veroorsaak
die ysstorms, wat honderdmaal meer verwoestend is as
sneeustorms. Hulle moes nou onlangs die hele Oklahoma
'n disaster area verklaar weens die ysstorms. Ys is baie
sterk. As dit op 'n groot boom val, dan bou die ys aan
albei kante van die boom op, en dis later so geweldig
swaar dat dit die boom reg in die middel begin skeur.
Kleinerige bome buig net en word gebreek. Maar groot
bome word reg in die middel deur geskeur. Hulle val
dan op die elektriese drade sodat die mense gewoonlik
dadelik hulle elektisiteit verloor. Dit lei na groot tragedies
veral op plase. Gedurende ons laaste ysstorm is duisende
varke dood en koeie, wat nie gemelk kon word nie, het
op die grond neergesak van die oorvol uiers en moes
uiteindelik doodgemaak word. So ons hoop maar dat
daar nie nog 'n ysstorm in ons toekoms is hierdie jaar
nie.
Ondertussen geniet ons die feit dat die aande nou
weer stadig ligter word. Die son gaan om vyf-uur onder.
'n Maand gelede was dit vyfuur stikdonker.

Gloudina


Gloudina
Vorige onderwerp: Stakingsregte
Volgende onderwerp: JW12 antwoord 'boerseun' op KK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 20:14:18 MGT 2024