Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VENUS DE MILO - Phillip de Vos
VENUS DE MILO - Phillip de Vos [boodskap #112233] Vr, 19 Januarie 2007 20:49
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
[Skaamteloos gelig van
http://blogspace.mweb.co.za/default.aspx?alias=Grapjas af spesiaal vir
Fritz]

VENUS DE MILO

Venus was 'n fraaie meisie

onbevlek deur plooi of puisie.

En elke man wat haar aanskou,

wou soen en druk in plaas van trou.

En Venus het hul laat begaan.

Sy was beslis 'n nimfomaan.

Sy wou ook heeldag Milo drink,

want dit help glo vir vry-rinkink.

Milo, Milo dag en nag

terwyl sy op haar kêrels wag.

Van wagtery raak sy skoon flou

en toe begin sy naels te kou.

Haar moeder was besorg daaroor:

"Jy mag nog dalk jou hand verloor.

Gedenk maar Marie-Antoinette.

So sonder kop was daar g'n pret.

En arme Vincent lyk maar goor

toe hy daai dag sy oor verloor.

En Sarah Bernhardt sonner been.

Dit is genoeg om van te ween!"

Al wou sy nie haar hand verloor nie,

wou liewe Venus glad nie hoor nie ­

Na Milo-afrodisiak

is sy deur wag en kou geknak.

Die arme, arme, arme vrou:

Hand plus arms opgekou.

Sy was dom en onverstandig,

want hande is gewis soms handig.

INSIG SEPTEMBER 1999 - MAART 2002

Phillip de Vos
Vorige onderwerp: Van Melle - Oom Diederik leer om te huil
Volgende onderwerp: Genadendal - Die Moraviese Sending in SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:19:36 MGT 2024