Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van Melle - Oom Karel neem sy geweer saam
Van Melle - Oom Karel neem sy geweer saam [boodskap #112143] Di, 16 Januarie 2007 10:12 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
OOM KAREL NEEM SY GEWEER SAAM

Ou oom Karel Stone sit in die koelte langs sy huis en kyk na die veld
wat met geelwit gras wyd uitgestrek lê onder die bleekblou
winterhemel. Die lang bulte lê daar eensaam, stil soos deininge van 'n
oseaan sonder wind" die ligblou vertes verdoesel teen die bleek hemel.
Die lug is sonder wolke, sprakeloos soos die veld, saam 'n eindelose
ruimte, leeg, droewig.
Dit is in die namiddag en stadigaan begin daar meer lewe te kom; die
gras word glansig-peel, glansig-bruin; pers kleure kom pier en daar;
die westerhemel word witter, deurskynend soos 'n pêrel.
Oom Karel sit maar daar; sit en kyk; sit en kyk soms na dinge wat verby
is. 'n Leegte voel hy in hom soos in die veld en in die hemel, 'n
droefenis om dinge wat ontbreek. Wat is daar nog vir hom? Is daar nog
iets om te verwag, om na uit te sien? Leegte en eensaamheid; die
eensaamheid van 'n ou mens. Sy ou vrou is dood. Sy ou jagmaats is dood;
sy ou krygsmakkers is dood en weg. "Hier is sy kinders wel om hom, hy
hom, maar die gevoel vir jou kinders word met die jare swakker.'n Man
is in die opsig enigsins soos 'n dier. So lank as hulle klein is, is jy
baie gek na hulle; jy speel met hulle; hulle sit op jou skoot; jy stel
belang in enige ietsie waarin hulle belang stel; maar dit word al
minder. jy vervreem van hulle. Dit kom. stadigaan, amper ongemerk.
"Hier is hulle nou om hom, in sy huis, op sy werf, en naby op hul eie
grond, getroud, met eie kinders. Almal is goed vir hom; almal
respekteer hom, en hy hou van hulle, van die skoonkinders ook, maar tog
het hulle van mekaar afgeraak. Gaandeweg kom hy opsy te staan, eensamer
elke jaar, hier tussen sy eie kinders en kleinkinders. Graag sit hy
alleen, sommer met sy gedagtes, en stadigaan word hy soos die
winterveld, stil, leeg.
Moeg ook, moeg van die dinge om hom heen, dieselfde dinge in hul
voortdurende terugkeer. Die nuwe dinge is soos die ou dinge, in wese is
alles soos dit van melewe was; die kaal wilgerbome in die vlei lyk soos
die wilgerbome sewentig jaar gelede daar gelyk het. Daar loop sy
kleindogter met haar kappie op net soos die jong meisies vyftig, sestig
jaar gelede geloop het. As hy nou met haar sou gesels, dan sou dit weer
dieselfde ou geselskap wees van altyd.
Die son sak laer; dit word al kouerig en hy huiwer. 'n Vae weemoed kom
hy hom op en hy herinner hom die woorde: en job was oud en der dagen
zat.
Sy kleindogter bring vir hom koffie. Sy is vriendelik. "Sit Oupa nog
altyd hier?" vra sy. "Dit word al koel Oupa."
So is hulle. Hy is soos 'n ou perd wat hulle goed oppas. Jy gee hom
voer, jy sit hom in die stal, maar jy ry hom nie weer nie.
Sy ou vrou is dood en sy maters is dood en weg. Met haar, met hulle het
hy nooit eenkant gevoel nie. Met hulle sou hy nog nie so oud en so
oorbodig wees nie. Met haar, met hulle sou hy nog kan planne maak en
uitkyk na nuwe dinge, na iets anders, iets beters altemit. "Hier is sy
seun, sy skoondogter, en sy kleinkinders wat groot word; dieselfde
gesprekke, dieselfde moeilikhede.
So leef ou Karel Stone teenswoordig; 'n vat wat leegloop; 'n dam wat
aan die opdroë is. Maar hy is nog sterk. Hy weet dat sy kinders, sy
bure, onder mekaar daarvan praat dat hy nog so kras is, so sterk
ondanks sy ouderdom. Maar hy weet beter. Hy voel sy lus vergaan. Hy is
soos 'n ou pad, netnou geen pad meer nie; soos 'n blom in 'n glas
water, netnou dood.
Sy herinneringe bly egter duidelik, word amper nog duideliker, en hy
sien dinge uit sy verlecle helder soos in 'n spieël,
oorlogsherinneringe, herinneringe aan sy jagtogte, en 'n verlange begin
in hom groei om nog een maal die Bosveld te sien, nog een maal te ry
waar hy vroeër so menigkeer gaan skiet het; nie met een van sy kinders
nie; nie met sy bure nie, maar alleen, alleen met gedagtes aan sy ou
jagmaats.
Een dag kry hy weer besoek van sy predikant, ook al 'n ou man. As die
kom, sit hy gewoonlik lank. Hulle het wel nie veel punte van ooreenkoms
nie, maar oom Karel is 'n ou man en die predikant is 'n ou man en jy
moet self oud wees om 'n ou mens te kan verstaan.
"En hoe gaan dit nog so?" vra die predikant weer toe hulle al so'n
bietjie gesels het.
"Ja, Dominee," aarsel oom Karel, "hoe sal ek sê? Goed, en darem
nie goed nie. Ek is nou soos 'n man wat wild soek waar hy voor sy siel
weet dat nie meer wild is nie. My tyd is verby, Dominee. Daar bly nou
niks meer oor nie as om klaar te maak vir die end. Oppak en die osse
aankeer; uittrek; huis toe trek."
Die ou predikant knik 'n hele paar maal en sug agterna: "Ja huis toe
trek."
Toe vra hy: "Maar jy is darem tog nog gesond? En alles is verder tog
goed?"
"Nee"" se oom Karel haastig, "daar is niks om oor te kla nie. Ek
voel nog sterk, behalwe, jy weet, so af en toe voel 'n mens darem nie
weer seker van jouself nie, asof jy 'n perd ry wat jy nie heeltemal
baas is nie, of hy jou enige tyd miskien kan afgooi; maar tog, ja, ek
is gesond, ek voel nog sterk, maar soos ek gesê het, dis nou met my
nes of jy gaan skiet het en jy het nou klaar gejag en daar is nou nie
meer wild in daardie kol nie en nou kry jy die gedagte: wat maak ek nog
langer hier? Wat is daar nog vir my om te doen, Dominee? Sê nou wie of
wat het my nog nodig? Ek kan net sowel gaan lê. Dit is wat my nou
begin hinder. Ek word oorbodig. Nie dat iemand my dit ooit laat voel
nie, dit moet Dominee nou nie dink nie, maar jy verstaan my, ek is nou
soos 'n ou hond; jy is goed vir hom, want dis jou ou hond, maar veel
het jy nie meer aan hom nie; hoor kan hy nie weer nie, hy lê maar die
meeste van die tyd en slaap. So is ek nou; ek is soos 'n ou hond, soos
'n ou perd."
Lang rukke sê hulle niks. Oom Karel dink aan die hemel wat voorlê.
Dat hy hemel toe gaan, is vir hom 'n uitgemaakte saak; dit was altyd
vir hom 'n uitgemaakte saak, vandat hy 'n kind was. Maar watter soort
plek dit is, daarvan kan hy maar geen duidelike begrip vorm nie. Hy
dink darem altyd daaraan soos aan 'n plek waar bosse is en kaal veld
met riviere en klowe. Dat dit net 'n stad is, glo hy nie. Daar is tog
ook mense wat nie van 'n stad hou nie; vir hulle sal daar dan tog
vlaktes en berge wees, en diere, wild.
"Sou daar in die hemel ook bosveld wees, Dominee?" vra hy na 'n lang
stilte.
Die predikant kyk hom eers verwonderd aan; toe sê hy: "Ja, Oom
Karel, ek dink so. Waarom nie? Daar sal seker bosse wees ook."
"Ja, ek meen ook so. En wild natuurlik ook?"
"Ja, wild natuurlik ook."
"Ek wonder of 'n mens daar iets sal hê wat na 'n geweer lyk?"
Die predikant moet daaroor lag. "Nee, oom Karel, geweers is daar nie,
daarvan kan jy seker wees. Daar sal nie geskiet word nie. Die een ding
sal die ander ook nie doodmaak nie. Soos daar in Jesaja staan: "De
wolf en het lam zullen tezamen nederliggen en de leeuw zal stroo eten
gelijk de os."
Oom Karel gee nie antwoord nie. Al weet hy self dat dit so is, voel hy
tog teleurgesteld. Hy besef dit. In die hemel sal toestande wees
waaraan jy nog eers sal moet gewoond raak.
"Oor daardie dinge moet 'n mens jou nie bekommer nie," se die
predikant, "dit sal daar alles goed wees, hoe dit ook al is. Maar
vrede sal daar wees, geen stryd, geen moeite, geen leed, geen verderf."
"Ja," stem oom Karel toe" "dis waar, Dominee. 'n Mens moet ook nie
altyd dinge wil hê soos jy dit wens nie."
'n Paar dae later ry oom Karel na een van sy ou vriende in Lydenburg.
Hy ry met kar en perde en het 'n jong naturel hy hom. "Sommer weer
bietjie my ou maat gaan opsoek," se hy. Sy seun wil hom wegbring."Ek
bring Pa you met die motor weg," se hy. "Met die motor is dit nie ver
nie."
"Ek wil langs die pad hier en daar 'n bietjie aanry en so hier en
daar bietjie kuier hy die mense wat ek goed ken," sê oom Karel; "ek
ry maar liewer op my eie geleentheid."
"Nou ja, as Pa dan so wil, waar laat een van die seuns dan met Pa
saamgaan; Pa kan altemit teespoed kry en dan is dit beter."
"Wat se teespoed kan daar nou kom?" vra oom Karel al half-kwaad.
"Julle dink glo "Julle moet my nou al oppas soos 'n babetjie."
So ry hy dan alleen met die naturel. Hy laai komberse op en baie kos en
vat twee geweers saam. Sy kinders beskou dit alles, maar sê niks meer
nie. Hy ry nou bosse toe, dit is duidelik. Hy kon net sowel gesê het :
ek ry Bosveld toe, as dat hy sê: ek gaan kuier.
Hy ry nie hy baie mense aan nie, eet en slaap langs die pad; ry ook nie
na sy ou maat in Lydenburg nie, waar vat sommer reguit koers Bosveld
toe.
Die eerste dag al wat hy daar is" voel hy 'n ander mens. Hy voel
opgeruimd soos 'n voël in die lente.Altyd dieper in ry hy, tot in sy
ou skietveld. Maar daar is dit tog 'n teleurstelling. Dat wild so
skaars geword het, kon hy nie dink nie. En oral kry jy spore van mense;
'n menigte van paaie, elke maal staanplekke van beesboere, selfs lande
hier en daar. Dikwels neem hy een van die perde om 'n draai te ry om te
sien of hy nie 'n bokkie in die hande kan kry nie, maar meestal om al
die ou~ plekke weer te sien. Ag, hoe treurig het alles geword! Wild is
daar amper nie weer nie; of en toe 'n steenbok of 'n duiker, 'n klompie
rooibokke altemit; 'n trop wildebeeste; 'n paar ribbokke, 'n rietbok;
maar niks om van te praat nie. Vroeër was daar van alles volop, leeus
ook en buffels, seekoeie, alles. Nou kan jy ure ry sonder om iets te
gewaar. Dis triestig soos 'n huis sonder mense; soos 'n dooie stad. En
jy hoor niks. Saans ook nie. Hy het ook daaraan meegewerk om dit so te
maak. Maar 'n uitroeier was hy darem nooit nie, daaroor kan hy ten
minste tevrede voel. Net ongedierte, die het hy altyd geskiet as hy die
kans kry.
Maar die bos self is nog mooi. Hy kan urelank ry sonder om 'n spoor van
mense te sien. Deur lappe hoë soetdorings waar sy perd gate trap in
die los, roof grond; deur kalklaagtes waar jy ver kyk oor die lae,
verdraaide boompies en waar elke maal 'n bokkie verskrik onder 'n bos
uit weghol; langs klipkoppies waar plate ruie blouhaakdoring teen die
skuinste opklim; van die een geaardheid van veld na die ander, elk met
sy eie karakter, sy eie skoonheid. Hy ken dit alles so goed as
hoofstukke in die Bybel, nog altyd fris, altyd bekoorlik.
En altyd dieper trek hy die bosse in tot waar dit amper soos vroeër
word. Saans hy die vuur hoor hy soms die leeus brul: 'n rumoer breek
partykeer los. Ongedierte kom tot vlak hy sy slaapplek. Dag na dag voel
hy meer tuis. Die wild word al meer. Groot troppe sien hy party keer
wei. Soms maak hy sy perd vas en probeer die wild bekruip waar hulle in
die koelte van die bome staan. Hy kry ook 'n enkele maal leeuspore. Dit
verskrik hom nie.
Die gee hom 'n siddering van blydskap. "Leeus !" fluister hy en bekyk
die spoor verheug, volg dit 'n entjie om te sien hoe die leeu gemaak
bet" of hy gedraf bet of iets bekruip bet.
Maar na die eerste vreugde om weer in sy geliefde ou omgewing te wees
en die genot van allerlei herinneringe uit sy skiettogte, kom daar weer
die vooruitsig van sy naderende dood en hy vra homself of watter soort
hemel dit miskien sal wees waar hy been gaan. En so gebeur dit soms dat
hy daar op sy perd sit en niks sien van wat daar in die veld aangaan
nie; dat hy werktuiglik, uit ou gewoonte, wel sy perd goed tussen bome
deur en langs stompe en gate stuur, maar dat sy aandag hy dinge van die
toekoms is. Sou daar dan vir hom in die hiernamaals geen plek wees waar
hy hom sal tuis voel nie? Hy is 'n jagter en 'n krygsman, dit is sy
aard. Met jag en oorlog was sy lewe gevul gewees. Hy het die land help
skoonmaak; hy was in die meeste swart oorloë; hy was in elke oorlog
met die Engelse. Hoe sal hy daar in die hemel voel sonder 'n geweer?
Daar moet tog ook nog iets te vegte wees, daar anderkant? Die duiwel is
tog nog nie dood nie. Daar is tog miskien buitekant ons wêreld nog
meer plekke wat moet skoongemaak word; plekke waar jy ongediertes kry
en soorte swartes of soorte Engelse wat 'n mens moet beveg ? En hoe
meer hy daaroor dink, hoe meer die saak vir hom waarskynlik lyk. Die
Here sal meese soos hy nog kan gebruik: daar sal, solank die algehele
stryd teen Satan en sy magte nog nie uitgeveg is nie, nog kans wees vir
siele soos hy om te gaan jag en om op kommando te gaan.
Sulke gedagtes gee hom 'n ongekende blydskap. Hy sal, as hy netnou
doodgaan, as't ware sy geweer kan saamneem; hy sal dit nog nodig kry.
Die hemel mag wees soos die predikant sê "'n plek waar geen leed en
verderf is nie, maar daar sal ook plekke wees waar stryd en oorwinning
is. Hierdie gedagtes maak hom geesdriftig. So ry hy, 'n ou man van hy
die tagtig, deur bosveld waar 'n man in die krag van sy jare nie graag
alleen ry nie, gehul in drome van 'n seëvierende toekoms na sy dood.
Hy stel hom voor dat hy met sy ou jagmaats, en met ander nuwe kêrels,
kêrels soos hulle, lang togte maak, krygstogte en jagtogte. Alles is
daar groter en geweldiger, die bosse, die berge en klowe, die
ongediertes en die vyande. Maar hulle self is ook dapperder en sterker
met meer uithouvermoë en moed. Lang heldetogte is dit, nie van weke en
maande nie, waar van jare en jare aaneen, vol stryd en worsteling met
allerhande bose magte wat daar is. Maar altyd word hulle deur die Here
beskerm, altyd kom hulle op die end seëvierend terug. En dan kom hulle
weer terug op plekke soos die predikant beskryf, waar die wolf en die
lam langs mekaar lê en waar geen leed en verderf meer is nie.
Dog die winter gaan verby; die warmte kom. Die tambotiebome, die
blinkblaarbome goof hul roof blaartjies en hul ronde geel blare af,
blomme begin uitkom op die nat plekke, die soet gear van die
haakdoringblommetjies vul die lug waar jy daarlangs kom. Vlieë begin
gons om jou en om jou perd, en voëls fluit en kwetter. Hy moet weer
terug na sy kinders. Hulle sal al onrustig wees; sal dink dat hy iets
oorgekom bet.
Vandat hy weer hy die huis gekom het, gaan oom Karel vinnig agteruit.
Hy is swak en bewerig. Lang tye sit hy met sy oë, sonder uitdrukking.
Die dood stap nader. Sy lang skaduwee is al op hom. Hy weet dit self.
Goed.
Eendag sê hy vir sy, seun: "Seun, jy moet die predikant gaan vra om
weer n slag te kom kuier; ek wil hom iets sê. Dis oor 'n saak waaroor
ons gestry het. Ek weet nou seker dat ek reg was. Hy was nie verkeerd
nie, maar ek was reg. Ek wil hom dit nog bewys. Vra vir hom of hy
eendag weer bietjie kan oorkom."
Toe sy seun weg is, dink oom Karel: "Nou moet ek my regmaak om my
gedagtes goed agtermekaar te sit" want die ou sal mos nie sommer wil
ingee nie, en hy is geleerd in die Bybel, baie meer as ek."
So begin hy dan dink en sy bewysvoeringe in orde opstel.
Maar daar begin hy homself weer voorstellinge maak, kleurig en fel. Hy
sit alleen in sy leunstoel in die sitkamer waar die gordyne toe is om
die vlieë en die son uit te hou, en hy raak weg in 'n spel van
verbeelding. Hy sien homself met sy ou maats, ou Koos en ou Flip en
baie ander, en hulle veg weer, veg teen 'n mag wat goddeloos is daar in
die ander wê.ereld. Hy hoor die kanon boem, boem. Hy hoor die gekraak
van kleingewere en masjiengewere soos trommelgeroffel, soos
haeldreuning. Met sy elmboë op die leunings van sy stoel buig hy
vooroor en kyk vorentoe, na die vyand wat kom, geesdrif, krygswoede in
sy verdofde oë, bewend van opwinding. Maar meteens word hy naar; dit
word swart voor hom; hy probeer kyk, maar dit word weer swart; hy wil
opstaan, maar sak opsy oor die leuning en val toe vooroor, sy arms
afhangende op die grond. Nog dink hy: "Hier is dit nou. Ek gaan. Ek
gaan. Goed. Ek het nou al lank genoeg gelê."
Sy kinders kry hom daar so en dra hom na sy bed toe. Hulle was sy gesig
en sy hande, kam sy hare en sy lang, wit baard. Op sy rug lê hy daar
op sy bed" sy oë, toe, sy arms bo-op die kombers. Hy lyk mooi soos hy
nou daar lê. 'n Mooi ou man, kalm, vredig, met iets wat na blydskap
lyk oor sy gesig. Sy hoë voorkop lyk of daaragter nog gedagtes leef;
sy mond lyk of hy nog sal kan praat. Hy lyk of hy nog sommer weer sal
kan opstaan en 'n vyand storm of 'n geweer gryp en 'n leeu afwag.
Swygend staan hulle almal hom en beskou. 'n Vegter wat in vrede
heengegaan het.
Re: Van Melle - Oom Karel neem sy geweer saam [boodskap #112146 is 'n antwoord op boodskap #112143] Di, 16 Januarie 2007 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Jonas, kom jy nou kwartaaliks hier?
Selfs al sou jy nou met 'n kar en perde ry, moet jy nog steeds
soos Oom Karel by die vriende inloer en hallo sê.
En jy's nog vêêêr van die kar en perde af, so hou somtyds met
jou BMW Sport hier stil...O
Gaan dit goed?

DD
Re: Van Melle - Oom Karel neem sy geweer saam [boodskap #112160 is 'n antwoord op boodskap #112143] Wo, 17 Januarie 2007 01:16 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> OOM KAREL NEEM SY GEWEER SAAM

Dankie, Jonas.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Freedom Park"
Volgende onderwerp: Pik Botha oor die ANC
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:08:47 MGT 2024