Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pik Botha oor die ANC
Pik Botha oor die ANC [boodskap #112117] Sa, 13 Januarie 2007 15:31 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Onder vier oë: 'Wat sou gebeur het as ons tóé al geweet het,'
vra Pik
Jan 12 2007 06:39:09:140PM - (SA)

Pieter du Toit

Sy geslag, sowel as die een voor en ná hom, het beslis grootgeword met
die persepsie dat die ANC "net wil verwoesting saai", sê mnr. Pik
Botha, voormalige minister van buitelandse sake.

"Veral ná 1962, toe die ANC aangekondig het dat hy sy stryd met
geweld gaan verder voer, was dit die geval."

Volgens Botha moet dié idee wat wit Suid-Afrikaners oor die ANC gehad
het, teen die agtergrond van die organisasie se noue bande met
kommunistiese bewegings gesien word.

"Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) was destyds een van
die mees Stalinistiese bewegings in sy soort en het krampagtig aan
Stalin se doktrines vasgeklou. Dít het mense bang gemaak.

"Dit het voorgekom of die ANC sterk deur die kommuniste beïnvloed en
in 'n groot mate oorheers is."

Die drogbeeld wat van die ANC ontstaan het, is nie uitsluitend deur die
Nasionale Party-regering voorgehou nie, maar ook deur die
opposisie-partye in die parlement, sê Botha.

"Hulle was, soos ons, teen terroriste-aanvalle en dies meer gekant.
Hoewel hulle nie die streng wetgewing voorgestaan het nie, was hulle
beslis dankbaar daarvoor."

Die grootste probleem vir die regering destyds, was onkunde oor die ANC
en Botha wonder wat sou gebeur het indien daar in die 1960's besluit
is om met die ANC te praat.

"Wat sou gebeur indien ons tóé al geweet het watter soort mense
hulle is en wat hulle beplan?"

Sy persepsie van die ANC het geleidelik begin verander. Nie net het
"verantwoordelike Westerse regerings" en diplomate oor die gevare
van die regering se miskenning van die ANC gewaarsku nie, maar
vooraanstaande Afrikaners se oë het ook geleidelik oopgegaan.

"Johan Heyns (vermoorde oud-moderator van die NG Kerk) het my eenkeer
kom sien en gesê (oudpres. Nelson) Mandela is nie 'n kommunis nie,
maar 'n Afrika-nasionalis tot in sy diepste wese."

Botha was in 1990 diep geraak toe Mandela tydens die eerste ontmoeting
tussen die regering en die ANC by Groote Schuur 'n uiteensetting van
die Afrikaner se geskiedenis gegee het.

"Mandela het gesê hy kan hom met die Afrikaner se stryd
vereenselwig, maar kon nie verstaan waarom hy (die Afrikaner) nie ná
sy vernedering deur die Engelse die hand na sy swart landgenote kon
uitreik nie."

Botha sê hy het net daar gewonder of hulle nie jare lank die ANC se
menslikheid misgekyk het nie.

"Ek dink nie ons intelligensiedienste en veiligheidsmagte het ag op
die gehalte van die ANC se leiers geslaan nie."

Dit was eers toe Botha as minister van minerale en energiesake in
Mandela se kabinet gedien het, dat hy besef het van watter hoë
standaard die redevoering en gesprek onder ANC-leiers was.

Mandela het baie gedoen om wittes en veral Afrikaners se idee van die
ANC te verander.

"Sy dade van grootmoedigheid en vergewensgesindheid, soos om met die
weduwees van voormalige staatshoofde tee te drink, het mense met ander
oë na die party laat kyk.

"Ons het vergelding verwag, en toenadering gekry."
Re: Pik Botha oor die ANC [boodskap #112154 is 'n antwoord op boodskap #112117] Di, 16 Januarie 2007 16:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
en hoeveel politieke druk is op ou Madba uitgeoefen van oorsee om die
koers te hou???????????????

Madiba is maar net wat die weste van hom gemaak het , soos n pottebaker
met die kly
Ongelukig het hulle nou begin vergeet en die storie alleen los toe mbki
op die sean kom ,
maar wag ,2009 nuwe el - prezidenty -- julle gaan K_K

Hessie wrote:
> Onder vier oë: 'Wat sou gebeur het as ons tóé al geweet het,'
> vra Pik
> Jan 12 2007 06:39:09:140PM - (SA)
>
> Pieter du Toit
>
> Sy geslag, sowel as die een voor en ná hom, het beslis grootgeword met
> die persepsie dat die ANC "net wil verwoesting saai", sê mnr. Pik
> Botha, voormalige minister van buitelandse sake.
>
> "Veral ná 1962, toe die ANC aangekondig het dat hy sy stryd met
> geweld gaan verder voer, was dit die geval."
>
> Volgens Botha moet dié idee wat wit Suid-Afrikaners oor die ANC gehad
> het, teen die agtergrond van die organisasie se noue bande met
> kommunistiese bewegings gesien word.
>
> "Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) was destyds een van
> die mees Stalinistiese bewegings in sy soort en het krampagtig aan
> Stalin se doktrines vasgeklou. Dít het mense bang gemaak.
>
> "Dit het voorgekom of die ANC sterk deur die kommuniste beïnvloed en
> in 'n groot mate oorheers is."
>
> Die drogbeeld wat van die ANC ontstaan het, is nie uitsluitend deur die
> Nasionale Party-regering voorgehou nie, maar ook deur die
> opposisie-partye in die parlement, sê Botha.
>
> "Hulle was, soos ons, teen terroriste-aanvalle en dies meer gekant.
> Hoewel hulle nie die streng wetgewing voorgestaan het nie, was hulle
> beslis dankbaar daarvoor."
>
> Die grootste probleem vir die regering destyds, was onkunde oor die ANC
> en Botha wonder wat sou gebeur het indien daar in die 1960's besluit
> is om met die ANC te praat.
>
> "Wat sou gebeur indien ons tóé al geweet het watter soort mense
> hulle is en wat hulle beplan?"
>
> Sy persepsie van die ANC het geleidelik begin verander. Nie net het
> "verantwoordelike Westerse regerings" en diplomate oor die gevare
> van die regering se miskenning van die ANC gewaarsku nie, maar
> vooraanstaande Afrikaners se oë het ook geleidelik oopgegaan.
>
> "Johan Heyns (vermoorde oud-moderator van die NG Kerk) het my eenkeer
> kom sien en gesê (oudpres. Nelson) Mandela is nie 'n kommunis nie,
> maar 'n Afrika-nasionalis tot in sy diepste wese."
>
> Botha was in 1990 diep geraak toe Mandela tydens die eerste ontmoeting
> tussen die regering en die ANC by Groote Schuur 'n uiteensetting van
> die Afrikaner se geskiedenis gegee het.
>
> "Mandela het gesê hy kan hom met die Afrikaner se stryd
> vereenselwig, maar kon nie verstaan waarom hy (die Afrikaner) nie ná
> sy vernedering deur die Engelse die hand na sy swart landgenote kon
> uitreik nie."
>
> Botha sê hy het net daar gewonder of hulle nie jare lank die ANC se
> menslikheid misgekyk het nie.
>
> "Ek dink nie ons intelligensiedienste en veiligheidsmagte het ag op
> die gehalte van die ANC se leiers geslaan nie."
>
> Dit was eers toe Botha as minister van minerale en energiesake in
> Mandela se kabinet gedien het, dat hy besef het van watter hoë
> standaard die redevoering en gesprek onder ANC-leiers was.
>
> Mandela het baie gedoen om wittes en veral Afrikaners se idee van die
> ANC te verander.
>
> "Sy dade van grootmoedigheid en vergewensgesindheid, soos om met die
> weduwees van voormalige staatshoofde tee te drink, het mense met ander
> oë na die party laat kyk.
>
> "Ons het vergelding verwag, en toenadering gekry."
Re: Pik Botha oor die ANC [boodskap #112164 is 'n antwoord op boodskap #112117] Wo, 17 Januarie 2007 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1168702294.267012.164670@v45g2000cwv.googlegroups.com.. .

Onder vier oë: 'Wat sou gebeur het as ons tóé al geweet het,'
vra Pik

Ek liaseer ou Pik in dieselfde file as ou Kortbroek, Roelf Meyer, en FW. -
Volk uitverkopers
Re: Pik Botha oor die ANC [boodskap #112167 is 'n antwoord op boodskap #112164] Wo, 17 Januarie 2007 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1169013355.392482@vasbyt.isdsl.net...
>
> "Hessie" wrote in message
> news:1168702294.267012.164670@v45g2000cwv.googlegroups.com.. .
>
> Ek liaseer ou Pik in dieselfde file as ou Kortbroek, Roelf Meyer, en
> W. - Volk uitverkopers
----Die ou vark is mos die beste voorbeeld van 'n weerhaan in die SA
politieke geskiedenis. Soos die wind waai, daar gaat hy en hy bloos nie
eers daaroor nie! Reg of verkeerd, geen mens behoort so beginselloos te
wees nie.
>
Re: Pik Botha oor die ANC [boodskap #112173 is 'n antwoord op boodskap #112154] Wo, 17 Januarie 2007 08:55 Na vorige boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
fire_ wrote:
> en hoeveel politieke druk is op ou Madba uitgeoefen van oorsee om die
> koers te hou???????????????
>

Watter koers

> Madiba is maar net wat die weste van hom gemaak het , soos n pottebaker
> met die kly
> Ongelukig het hulle nou begin vergeet en die storie alleen los toe mbki
> op die sean kom ,
> maar wag ,2009 nuwe el - prezidenty -- julle gaan K_K

En hoekom staan hy by 'groep wat pleit om die Wittes te vermoor?!
http://youtube.com/watch?v=fcOXqFQw2hc

>
>
>
> Hessie wrote:
>> Onder vier oë: 'Wat sou gebeur het as ons tóé al geweet het,'
>> vra Pik
>> Jan 12 2007 06:39:09:140PM - (SA)
>>
>> Pieter du Toit
>>
>> Sy geslag, sowel as die een voor en ná hom, het beslis grootgeword met
>> die persepsie dat die ANC "net wil verwoesting saai", sê mnr. Pik
>> Botha, voormalige minister van buitelandse sake.
>>
>> "Veral ná 1962, toe die ANC aangekondig het dat hy sy stryd met
>> geweld gaan verder voer, was dit die geval."
>>
>> Volgens Botha moet dié idee wat wit Suid-Afrikaners oor die ANC gehad
>> het, teen die agtergrond van die organisasie se noue bande met
>> kommunistiese bewegings gesien word.
>>
>> "Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) was destyds een van
>> die mees Stalinistiese bewegings in sy soort en het krampagtig aan
>> Stalin se doktrines vasgeklou. Dít het mense bang gemaak.

[...]
Vorige onderwerp: Van Melle - Oom Karel neem sy geweer saam
Volgende onderwerp: Aan Suidwester en andere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:35:47 MGT 2024