Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Torreke en gays
Torreke en gays [boodskap #111938] Ma, 08 Januarie 2007 05:53 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy kruip weg. Sê vir ons of gay-wees volgens jou sonde is of nie?
Re: Torreke en gays [boodskap #111947 is 'n antwoord op boodskap #111938] Ma, 08 Januarie 2007 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien moet die ouens daar in Knysna dit die Sonde-parade noem:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:ensm86$7em$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy kruip weg. Sê vir ons of gay-wees volgens jou sonde is of nie?
>
Re: Torreke en gays [boodskap #111954 is 'n antwoord op boodskap #111947] Ma, 08 Januarie 2007 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat gaan in Knysna aan? Vertel!

"Annette" skryf in boodskap news:1168239752.721768@vasbyt.isdsl.net...
> Miskien moet die ouens daar in Knysna dit die Sonde-parade noem:))
> Annette
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:ensm86$7em$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Jy kruip weg. Sê vir ons of gay-wees volgens jou sonde is of nie?

>
Re: Torreke en gays [boodskap #111957 is 'n antwoord op boodskap #111938] Ma, 08 Januarie 2007 08:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:ensm86$7em$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy kruip weg. Sê vir ons of gay-wees volgens jou sonde is of nie?

"Suidwester" [/color]
>> a) Ag nee, man, waarom skielik so fyngevoelig oor die "persoonlik" raak?
>> Is dit omdat die waarheid seermaak?
>> b) Noem vir my en almal op die ng wat jy tot jou getuies roep, net een
>> keer wat jy rondborstig en sonder skroom teenoor my of enigiemand anders
>> hier ooit erken het jy's oor iets verkeerd?
>> c) Was jy dan altyd reg? - nooit, nêrens verkeerd nie? - perfek?
> ----Is jy stompsinnig of bloot moedswillig. Van die ander mense op
> hierdie ng het gekla dat ons te persoonlik raak en toe verontskuldig jy
> jou en sê dis ek wat dit eerste doen. Toe hou ek dit skoon en hier kom
> byt jy my aan die hakskeen so in die groetslag.

Jou ou laai, jy systap, jy beantwoord nie!

>> Jy spandeer te veel tyd voor die spieël om jouself te bewonder! Jy sien
>> net jou eie spieëlbeeld!
> -----Ja en wat sien jy as jy voor die spieël staan? 'n Drol!

Jy het mos vantevore al aanvaar dat dit jou karakter beskryf.


>> Erken dat ek verloor? Ekskuus, Suidwester, al het jy nie 'n gorrelgraad
>> nie, is daar niks verkeerd met jou vermoë om eenvoudige Afrikaans te
>> verstaan nie. Al wat ek erken het, is jou onvermoë om sinvol te
>> argumenteer, d.i. argument met teenargument te beantwoord!
> ----O soos jy die stelling maak oor die gays en toe ek jou vra of gay-wees
> sonde is, toe hol jy stert tussen die bene?

Nope! Ek het duidelik gesê ons gaan et in eindelose sirkels verval.

Maar om die vraag oor die gays te beantwoord - ja, dis sonde!

>> Soos ek hierbo sê: Jy spandeer te veel tyd voor jou spieël om jouself te
>> bewonder.
> ---en jy het verloor. Loser!

Jy kan aanhou soos 'n kind om dit te sê: Ons albei weet jy is die een wat
nie die argumente beantwoord nie!

>>> So vir al die gekerk en al die hoogheiligheid, is jy sommer 'n doos ook?
>>> Nou wonder ek of jy regting dink die kerk en die geloof help vir jou? Ek
>>> het slegte nuus vir jou: Jy is skeinheilig en op pad hel toe net so
>>> seker as wat jy dink ek's op pad soontoe.

>> a) Jy kan nie eens "skynheilig" reg spel om jou eer te red nie!
> ----Soos jy alles reg tik. Hou op redeneer soos 'n Sub A meisietjie....

Verbasend dat 'n meganiese ingeneur vir wie miljoenstes van 'n millimeter
behoort saak te maak, so min ag slaan op sy tikfoute, nie waar nie?


>> b) Ek dog jy glo nie aan die hel nie, en veroordeel niemand nie? Nou gee
>> jy my 'n enkel kaartjie soheentoe! Ek het jou nog nooit so-iets
>> toegevoeg nie, het ek?
> ----Dit maak nie vir my saak nie. Jy vrees dit.

Net nog 'n bewys dat jy 'n wanbegrip het waaroor godsdiens gaan. Jy het die
idee van vrees-politiek en maak nie saak wat daar vir jou gesê word oor
waaroor godsdiens werklik gaan nie, jou hou vas aan jou idee!


>> c) Ek het wel my waarnemings oor jou gemaak, maar op 'n opgevoede wyse,
>> nou roep jy my sommer "doos" en stuur my hel toe. Soveel vir die ou wat
>> so aanspraak maak op sy wonderlike karakter!
> ----Ag jy verdien dit, dit kan enigiemand sien. Plaas dat jy dankbaar
> is......gratis waarheid is nie elke dag vir jou beskikbaar nie, of hoe? Jy
> gorrel te veel en praat die mense aan die slaap. G'n bleddie wonder
> hulle het jou van die preekstoel afgegooi nie.

Ja, dan behoort jy te waardeer hoe ek jou opsom. Wat weet ons van jou?
1) Jy ontken die bestaan van God, kraak die kerk en kerkmense af, en maak
grappies oor die geloof!
2) Jy kan nie 'n fout rondborstig erken nie!
3) Jy vertel knaend vir ons hoe 'n goeie ou jy is - jou karakter is
foutloos!

Kortweg: Jy kraak die kerk en geloof af en blaas die beuel van jou eie
goedheid!

Ek herhaal: Dit is die simptome van iemand met 'n lae selfbeeld!
Iemand wat daarop uit is om die kerk en gelowiges af te breek, wat
predikante aanval terwyl hy sy eie beuel blaas, het êrens 'n geraamte in die
kas! - dit weet ek uit baie jare se ondervinding. Jy steek iets weg wat
soos 'n kanker aan jou vreet!!!

>
Re: Torreke en gays [boodskap #111959 is 'n antwoord op boodskap #111954] Ma, 08 Januarie 2007 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, Kaapstad het elke jaar 'n hewige partytjie, maar Knysna het 'n hele
week van partytjies en 'n parade deur die manne waarvoor manne bang is:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:enssk5$8vq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat gaan in Knysna aan? Vertel!
> "Annette" wrote in message
> news:1168239752.721768@vasbyt.isdsl.net...
>> Miskien moet die ouens daar in Knysna dit die Sonde-parade noem:))
>> Annette

>> "Suidwester" wrote in message
>> news:ensm86$7em$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Jy kruip weg. Sê vir ons of gay-wees volgens jou sonde is of nie?
>


>
Re: Torreke en gays [boodskap #111961 is 'n antwoord op boodskap #111957] Ma, 08 Januarie 2007 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Maar om die vraag oor die gays te beantwoord - ja, dis sonde!
----Jy praat so baie ek het dit nie gesien nie. Hoekom reken jy dit is
sonde? Motiveer, asb.
Re: Torreke en gays [boodskap #111969 is 'n antwoord op boodskap #111957] Ma, 08 Januarie 2007 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:enstoc$97d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:ensm86$7em$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maar om die vraag oor die gays te beantwoord - ja, dis sonde!

----Hoekom is dit sonde? Al wat ek hieruit aflei, is dat jy reken dit 'n
willekeurige aksie is? Een waarvoor die mens toerekenbaar is?
Re: Torreke en gays [boodskap #111975 is 'n antwoord op boodskap #111969] Ma, 08 Januarie 2007 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> ----Hoekom is dit sonde? Al wat ek hieruit aflei, is dat jy reken dit 'n
> willekeurige aksie is? Een waarvoor die mens toerekenbaar is?

Dit is sonde omdat dit téén die bedoeling is waarvoor God seks geskep het -
as hoogste uiting van liefde tussen man en vrou en om voort te plant. Jy
pas nie 'n moer op 'n moer of 'n bout op 'n bout nie! Met alle respek gesê
God ook nie.

Dat mense homoseksueel gebore word, is geen verskoning nie en maak dit nie
mionder sondig nie. ALLE sonde is die gevolg van 'n aangebore sondige
natuur!
Re: Torreke en gays [boodskap #111982 is 'n antwoord op boodskap #111975] Ma, 08 Januarie 2007 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:entjh9$dsu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Dit is sonde omdat dit téén die bedoeling is waarvoor God seks geskep
> het - as hoogste uiting van liefde tussen man en vrou en om voort te
> plant. Jy pas nie 'n moer op 'n moer of 'n bout op 'n bout nie! Met alle
> respek gesê God ook nie.
-----Ek probeer nou net die trant van jou standpunt reg vang. Sê jy gay
mense doen dit omdat hulle stout wil wees? Dat dit 'n verbode vrug is wat
nie gepluk mag word nie? Plaas jy dit in dieselfde kategorie as seks buite
die huwelik? Wat van seks vir plesier tussen man en vrou? Wat van stout
seks, soos die pare wat ander gate en tonge betrek? Is dit sonde? Hulle
gaan mos nie voortplant daarmee nie?
>
> Dat mense homoseksueel gebore word, is geen verskoning nie en maak dit nie
> mionder sondig nie. ALLE sonde is die gevolg van 'n aangebore sondige
> natuur!
-----O, so nou reken jy dat as 'n mens gebreklik gebore is en nie kan loop
nie, dan moet jy ook nie probeer oor die weg kom nie want jy het gestraf die
wêreld ingekom en dit was God se wil dat jy nie mag loop nie. Probeer jy,
dan doen jy sonde? Of wag-wag, dis net by die liefde máák wat die sonde
kom en nie by die begeerte nie? Sê julle dan nie smalend jy mag nie begeer
nie? Watter sin maak dit vir jou dat mense so gebreklik gebore word?
Hoe versoen jy dit met oorerflikheid? As alles God se wil is, hoekom
sit die Engelse met slegte bekke en tande, die Franse met lang neuse en die
Jode wat trek na papegaai toe? Hoekom het Rusland en sy buurlande wat die
aardsvyande van die Christendom was, met die mooiste vroumense ter wêreld?
Wil jy vir my sê dat jy kan nie 'n mens reg teel nie?
>
Re: Torreke en gays [boodskap #112012 is 'n antwoord op boodskap #111982] Di, 09 Januarie 2007 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
>> Dit is sonde omdat dit téén die bedoeling is waarvoor God seks geskep
>> het - as hoogste uiting van liefde tussen man en vrou en om voort te
>> plant. Jy pas nie 'n moer op 'n moer of 'n bout op 'n bout nie! Met
>> alle respek gesê God ook nie.
> -----Ek probeer nou net die trant van jou standpunt reg vang. Sê jy gay
> mense doen dit omdat hulle stout wil wees? Dat dit 'n verbode vrug is
> wat nie gepluk mag word nie? Plaas jy dit in dieselfde kategorie as seks
> buite die huwelik? Wat van seks vir plesier tussen man en vrou? Wat
> van stout seks, soos die pare wat ander gate en tonge betrek? Is dit
> sonde? Hulle gaan mos nie voortplant daarmee nie?

Ja, dis 'n verbode vrug!
Dis veel erger as seks buite die huwelik, want dis téén die natuur! Volgens
die Bybel is dit die laagste vlak waartoe mens kan daal!
Ek het duidelik gesê seks is (a) hoogste uiting van liefde tussen man en
vrou, (b) om voort te plant.
T.o.v. (a): Ja, seks is dus vir plesier tussen man en vrou.

Niks verkeerd met tonge nie, maar alles verkeerd met ander gate betrek!

Oor tonge: Is volgens die natuur! Soen is begin van liefdespel - ook
tongsoen! Daar is net één ander plek op die menslike liggaam wat dieselfde
tipe vel as die lippe het, die skaamlippe en die glanspenis. Wanneer mense
geslagsryp word verskyn daar nie net hare rondom die geslagsdele nie, maar
ook rondom 'n man se mond. Die fisiologie maak dit duidelik dat die mond,
behalwe vir sy primôre funksie van bv. eet, ook sekondêre funksies het, bv.
praat en seks.

Oor ander gate: Dié anus het fisiologies net één funksie! - wie dit vir seks
gebruik, misbruik sy liggaam!


>> Dat mense homoseksueel gebore word, is geen verskoning nie en maak dit
>> nie mionder sondig nie. ALLE sonde is die gevolg van 'n aangebore
>> sondige natuur!
> -----O, so nou reken jy dat as 'n mens gebreklik gebore is en nie kan loop
> nie, dan moet jy ook nie probeer oor die weg kom nie want jy het gestraf
> die wêreld ingekom en dit was God se wil dat jy nie mag loop nie.
> Probeer jy, dan doen jy sonde? Of wag-wag, dis net by die liefde máák
> wat die sonde kom en nie by die begeerte nie? Sê julle dan nie smalend
> jy mag nie begeer nie? Watter sin maak dit vir jou dat mense so
> gebreklik gebore word?
> Hoe versoen jy dit met oorerflikheid? As alles God se wil is, hoekom
> sit die Engelse met slegte bekke en tande, die Franse met lang neuse en
> die Jode wat trek na papegaai toe? Hoekom het Rusland en sy buurlande
> wat die aardsvyande van die Christendom was, met die mooiste vroumense ter
> wêreld? Wil jy vir my sê dat jy kan nie 'n mens reg teel nie?

Ja, ek sê dit met baie beslistheid: Jy kan nie die sonde uit die mens
uitteel nie! Voorbeelde is legio van kinders wat uit dieselfde ouers gebore
is, dieselfde opvoeding ontvang het, en wat totaal verskillend uitgedraai
het. Daar was 'n tyd in die sielkunde dat hulle geglo het 'n mens word as
'n blanko vel gebore en alles wat jy is, het jy aangeleer - niemand dink
meer so nie! Trouens, statistiek toon dat hoe hoër die beskawingspeil in 'n
bepaalde samelewing, hoe hoër is die persentasie mense wat afwykend gebore
word!

Jy gebruik die voorbeeld van die gebreklike ou verkeerd. Niks verkeerd met
die gebreklike ou wat probeer loop nie, maar alles verkeerd as hy begin en
vloek en skel omdat hy nie kan loop nie! Die probleem met die gay-ou is
nie soseer sy gay-begeerte nie, maar die feit dat hy dit wil uitleef - nie
selebaat wil wees soos 'n ongetroude heteroseksuele nie - nie wil probeer
loop nie (jou voorbeeld). Die ergste is dat gays die sonde probeer
goedpraat en God Outeur van hulle sonde probeer maak.

Sy gay-begeerte is sonde, netso seker as wat my innerlike onstuimigheid in
teenwoordigheid van 'n aantreklike vrou sonde is - maar daar is 'n groot
verskil tussen die begeerte hê en toegee aan die begeerte! Soos wat my
heteroseksuele begeertes geen verskoning is om sonde te doen nie, netso min
is die gay-persoon s'n.

Die feit dat jy die sondige begeerte het, beklemtoon dat die natuur self
bedorwe is - dat jy so gebore word! 'n Mens ERF die sondige natuur! - dis
so deel van oorerflikheid as krom neuse en swart velle!

*****

Nie om te preek nie, maar om jou wanpersepsie oor die sg. "delete"-knoppie
aan te spreek: Daarom "moet jy weer gebore" - jou natuur moet vernuwe word.
Maar in hierdie bedeling is dit slegs maar in jou diepste menswees waar
daardie verandering plaasvind, terwyl jou liggaam steeds sy sondige natuur
besit en jou herhaaldelik weer tot sondes verlei! Die volle weergeboorte
vind plaas wanneer die liggaam uit die graf opstaan!
Re: Torreke en gays [boodskap #112030 is 'n antwoord op boodskap #112012] Di, 09 Januarie 2007 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:envmrc$ld$7@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja, dis 'n verbode vrug!
> Dis veel erger as seks buite die huwelik, want dis téén die natuur!
> Volgens die Bybel is dit die laagste vlak waartoe mens kan daal!
> Ek het duidelik gesê seks is (a) hoogste uiting van liefde tussen man en
> vrou, (b) om voort te plant.
> T.o.v. (a): Ja, seks is dus vir plesier tussen man en vrou.
----Selfs al is die mens wangeskape? As 'n mens gebreklik is, is hy
sekerlik nie volmaak volgens die regte resep nie? Dieselfde ding met gay
wees. As die persoon so geskape is, moet hy gelate aanvaar dat hy 'n
sekere deel van die lewensfunksies volgens jou nie mag doen nie?
>
> Oor ander gate: Dié anus het fisiologies net één funksie! - wie dit vir
> seks gebruik, misbruik sy liggaam!
----So as die ou wat nie bene het nie en hy loop op sy arms doen hy ook
sonde want die arms is nie vir loop bedoel nie?

> Ja, ek sê dit met baie beslistheid: Jy kan nie die sonde uit die mens
> uitteel nie! Voorbeelde is legio van kinders wat uit dieselfde ouers
> gebore is, dieselfde opvoeding ontvang het, en wat totaal verskillend
> uitgedraai het. Daar was 'n tyd in die sielkunde dat hulle geglo het 'n
> mens word as 'n blanko vel gebore en alles wat jy is, het jy aangeleer -
> niemand dink meer so nie! Trouens, statistiek toon dat hoe hoër die
> beskawingspeil in 'n bepaalde samelewing, hoe hoër is die persentasie
> mense wat afwykend gebore word!
-----Ek verskil totenaal met jou en ek kyk nie emosioneel na die ding nie en
ook nie met die Bybel onder die arm nie. Gaan na die plaas toe en jy sal
sien dat jy enige dier se vorm en geaardheid kan verander met die regte
teling. Sekerlik sal jy bewus wees van stoetery op plase? Dis egter nie
net vir 2+2 en dan verander alles nie, dis 'n seleksieproses. Ek stel dit
vir jou so, dat as jy 'n familie het waar almal swart hare het en jy gooi
een blonde nuweling by, dan gaan daai blondekop weer uitslaan in die
nageslag. So kan jy atlete 'kweek'. So kan jy slim kinders kweek. So
kan jy mense wat emosioneel sterk is kweek. Alles natuurlik afhangende van
die feit dat deur die geslagte iemand beheer sal moet hê en nie toelaat dat
die verkeerde bloed 'bykom' nie.
Dis egter veel meer eenvoudiger en makliker. In die nuwe SA gooi die
mense mos nou makliker deurmekaar. Kyk na die gevolge van 'n wit man en 'n
swart vrou. Gaan kyk ook na hierdie geslag kleurling wat later weer met 'n
wit persoon sou trou en die kinders word oor die algemeen weer ligter. Nie
elkeen nie, maar meeste.

Die probleem met die gay-ou is nie soseer sy gay-begeerte nie, maar die
feit dat hy dit wil uitleef - nie
> selebaat wil wees soos 'n ongetroude heteroseksuele nie
----O, as die gay bereid is om te trou met 'n ander gay dan's alles reg?

Die ergste is dat gays die sonde probeer goedpraat en God Outeur van hulle
sonde probeer maak.
----Maar swaer, jy's die een wat sê ALLES is God se wil? Dan is dit mos
God se wil dat hy gay moet wees?
>
> Sy gay-begeerte is sonde, netso seker as wat my innerlike onstuimigheid in
> teenwoordigheid van 'n aantreklike vrou sonde is - maar daar is 'n groot
> verskil tussen die begeerte hê en toegee aan die begeerte! Soos wat my
> heteroseksuele begeertes geen verskoning is om sonde te doen nie, netso
> min is die gay-persoon s'n.
----Maar jy los gerieflik self vir jou die deur oop dat AS jy vir jou 'n
vrou trou dan mag jy spyker, maar die gay persoon mag nooit nie? Is jy nie
so effe selfsugtig nie? Om niks te sê van onsensitief nie?
>
> Die feit dat jy die sondige begeerte het, beklemtoon dat die natuur self
> bedorwe is - dat jy so gebore word! 'n Mens ERF die sondige natuur! - dis
> so deel van oorerflikheid as krom neuse en swart velle!
----Weereens, dan is dit God se skuld dat die ou gay is! Deur te sê dat hy
mag nie sy gay-geid uitleef nie, weerspreek jy die wil van God!
>
> *****
>
> Nie om te preek nie, maar om jou wanpersepsie oor die sg. "delete"-knoppie
> aan te spreek: Daarom "moet jy weer gebore" - jou natuur moet vernuwe
> word. Maar in hierdie bedeling is dit slegs maar in jou diepste menswees
> waar daardie verandering plaasvind, terwyl jou liggaam steeds sy sondige
> natuur besit en jou herhaaldelik weer tot sondes verlei! Die volle
> weergeboorte vind plaas wanneer die liggaam uit die graf opstaan!
----Ek verstaan jou teorie, maar dis nie soos dit werk nie in die alledaagse
lewe nie. Die vergifnes word vry algemeen gebruik in emosionele afpersing
om mense te kry om bydrae te maak tot die kerk.
>
Re: Torreke en gays [boodskap #112052 is 'n antwoord op boodskap #112030] Wo, 10 Januarie 2007 13:04 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" > Ja, dis 'n verbode vrug![/color]
>> Dis veel erger as seks buite die huwelik, want dis téén die natuur!
>> Volgens die Bybel is dit die laagste vlak waartoe mens kan daal!
>> Ek het duidelik gesê seks is (a) hoogste uiting van liefde tussen man en
>> vrou, (b) om voort te plant.
>> T.o.v. (a): Ja, seks is dus vir plesier tussen man en vrou.
> ----Selfs al is die mens wangeskape? As 'n mens gebreklik is, is hy
> sekerlik nie volmaak volgens die regte resep nie? Dieselfde ding met gay
> wees. As die persoon so geskape is, moet hy gelate aanvaar dat hy 'n
> sekere deel van die lewensfunksies volgens jou nie mag doen nie?

Wat van die arme drommel wat dubbelslagtig is? Moet hy toegelaat word om 'n
"double adapter" te wees en sommer met 'n persoon van albei geslagte te
spyker?


>> Oor ander gate: Dié anus het fisiologies net één funksie! - wie dit vir
>> seks gebruik, misbruik sy liggaam!
> ----So as die ou wat nie bene het nie en hy loop op sy arms doen hy ook
> sonde want die arms is nie vir loop bedoel nie?

Swak voorbeeld! Ons gebruik die arms as "bene" wanneer ons begin beweeg -
d.w.s. kruip! Ewolusioniste sal sekerlik ook vir jou sê dat arms by ons
primaatvoorouers primêr vir beweging gebruik is. Die swaai van die arms
wanneer ons stap simuleer steeds die beweging van 4 bene!
>
>> Ja, ek sê dit met baie beslistheid: Jy kan nie die sonde uit die mens
>> uitteel nie! Voorbeelde is legio van kinders wat uit dieselfde ouers
>> gebore is, dieselfde opvoeding ontvang het, en wat totaal verskillend
>> uitgedraai het. Daar was 'n tyd in die sielkunde dat hulle geglo het 'n
>> mens word as 'n blanko vel gebore en alles wat jy is, het jy aangeleer -
>> niemand dink meer so nie! Trouens, statistiek toon dat hoe hoër die
>> beskawingspeil in 'n bepaalde samelewing, hoe hoër is die persentasie
>> mense wat afwykend gebore word!
> -----Ek verskil totenaal met jou en ek kyk nie emosioneel na die ding nie
> en ook nie met die Bybel onder die arm nie. Gaan na die plaas toe en jy
> sal sien dat jy enige dier se vorm en geaardheid kan verander met die
> regte teling. Sekerlik sal jy bewus wees van stoetery op plase? Dis
> egter nie net vir 2+2 en dan verander alles nie, dis 'n seleksieproses.
> Ek stel dit vir jou so, dat as jy 'n familie het waar almal swart hare het
> en jy gooi een blonde nuweling by, dan gaan daai blondekop weer uitslaan
> in die nageslag. So kan jy atlete 'kweek'. So kan jy slim kinders
> kweek. So kan jy mense wat emosioneel sterk is kweek. Alles natuurlik
> afhangende van die feit dat deur die geslagte iemand beheer sal moet hê en
> nie toelaat dat die verkeerde bloed 'bykom' nie.
> Dis egter veel meer eenvoudiger en makliker. In die nuwe SA gooi die
> mense mos nou makliker deurmekaar. Kyk na die gevolge van 'n wit man en
> 'n swart vrou. Gaan kyk ook na hierdie geslag kleurling wat later weer
> met 'n wit persoon sou trou en die kinders word oor die algemeen weer
> ligter. Nie elkeen nie, maar meeste.

Interessant hoe jy en Jim Again - twee uiterstes! - julle albei op 'n
stoettelers-argument beroep!

Ek twyfel of enige een van ons twee 'n deskundige op die gebied van genetika
en oorerwing is.

Die afgelope week het 'n berig in die koerant verskyn van 'n kalf met 2
koppe wat in die VSA gebore is. Volgens die boer wat die kalf geteel het,
is dit geneties die "beste" kalf wat hy ooit geteel het, aangesien hy sy
beste stoetkoei met die beste saad op die mark beskikbaar, kunsmatig
geinsemineer het.

Slim kinders kweek? In Witrand Instituut het ek jare gelede geluister na
die briewe van sy familie wat een van die pasiënte soos resitasies uit sy
kop geleer het - baie lae intelligensie! - maar sy ouers professionele
persone woonagtig in Waterkloof! Dit was die hoof van Witrand, destyds ene
Dr. Finke, wat vroeër in Sentraal-Afrika gewerk het, wat my 1e inligting
gegee het oor verhoogde voorkoms van swaksinniges, kranksinniges, ens. in
beskaafde samelewings - sy woorde: Hoe hoër die beskawingspeil, hoe hoër die
voorkoms van dié afwykendes! In Kenia bestaan dit omtrent nie!

Die regte gene is eenvoudig nie 'n waarborg dat die eindproduk goed gaan
wees nie! Jy praat van dominees wat rondspyker, dink maar aan hoë en
voorste politici, besigheidsmanne, akademici, ens. Om die sonde te kan
uitteel, sal jy 'n genetiese materiaal moet bykemaarbring van mense wat geen
neiging het om te steel, te lieg of te moor nie, om net 'n paar sondes te
noem. Waar op deeske aarde kry jy so-iemand? Nee, my vriend, jy kan nie
die sonde uitteel nie; dit kan alleen deur weergeboorte uitgehaal word!

>
> Die probleem met die gay-ou is nie soseer sy gay-begeerte nie, maar die
> feit dat hy dit wil uitleef - nie
>> selebaat wil wees soos 'n ongetroude heteroseksuele nie
> ----O, as die gay bereid is om te trou met 'n ander gay dan's alles reg?

Ek het gladnie so gesê nie!

>
> Die ergste is dat gays die sonde probeer goedpraat en God Outeur van
> hulle sonde probeer maak.
> ----Maar swaer, jy's die een wat sê ALLES is God se wil? Dan is dit mos
> God se wil dat hy gay moet wees?

Jy raak nou aan 'n punt wat ek nie weet ek of ek die minste lus het om in
dié debat betrokke te raak nie, want jy stel nie belang in hoe ek dit sien
nie, jy soek gewoon na iets om my mee te probeer verkleineer!

Ja, dit is God se wil! - maar God is nie die Outeur van die sonde nie! In
die teologie word onderskei tussen "die wil van God se besluit" en "die wil
van sy toelating". Die sonde van die mens is nie volgens die wil van sy
besluit nie, maar die wil van sy toelating. Paulus sê in Romeine dat God as
Pottebakker mag het oor die klei om daarmee te maak soos Hy goeddunk! -
m.a.w. dis sy eiendom en hy kan met sy goed maak wat Hy wil.

Ek verwag nie dat jy dié verduideliking sal aanvaar nie, net dat jy jou
nogmaals tot snedige aanmerkings sal wend!


>> Sy gay-begeerte is sonde, netso seker as wat my innerlike onstuimigheid
>> in teenwoordigheid van 'n aantreklike vrou sonde is - maar daar is 'n
>> groot verskil tussen die begeerte hê en toegee aan die begeerte! Soos
>> wat my heteroseksuele begeertes geen verskoning is om sonde te doen nie,
>> netso min is die gay-persoon s'n.
> ----Maar jy los gerieflik self vir jou die deur oop dat AS jy vir jou 'n
> vrou trou dan mag jy spyker, maar die gay persoon mag nooit nie? Is jy
> nie so effe selfsugtig nie? Om niks te sê van onsensitief nie?

Dit is nie onmoontlik dat 'n gay-persoon van sy homoseksualiteit bevry kan
word en suksesvolle heteroseksuele verhoudings kan aanknoop nie. Daar is 'n
NG Gemeente in Pretoria wat 'n hele projek hieroor het,
ondersteuningsgroepe, ens. Ek het van die getuienisse van mense wat aan
daardie gemeente behoort en wat uit die greep van homofilie bevry is, gehoor
en dit gelees.

Maar weereens, dit vra weergeboorte, en opregte bekering!

Netsoos 'n ongetroude heteroseksuele persoon wat in die greep van vrye seks
beland het en aan seks verslaaf is! - weergeboorte en bekering nodig het.
Dit is nie makliker vir so 'n heteroseksuele persoon as vir die homoseksuele
een om hom/haar te bekeer nie!

Ook nie makliker vir die alkoholis nie! - en dié wat wéét, sal vir jou sê
dat alkoholisme ook 'n genetiese onderbou het!

>> Die feit dat jy die sondige begeerte het, beklemtoon dat die natuur self
>> bedorwe is - dat jy so gebore word! 'n Mens ERF die sondige natuur! -
>> dis so deel van oorerflikheid as krom neuse en swart velle!
> ----Weereens, dan is dit God se skuld dat die ou gay is! Deur te sê dat
> hy mag nie sy gay-geid uitleef nie, weerspreek jy die wil van God!

Dis nie God se skuld nie! God het die mens goed en na sy ewebeeld gemaak,
maar die mens het homself en al sy nakomelinge in die verderf gestort. Die
Bybel sien die mensdom as 'n organiese eenheid - soos 'n boom! - of 'n
liggaam! As die wortel seerkry, ly die hele boom. As één orgaan kanker
kry, maak dit die hele liggaam met al die ander organe en ledemate dood!
Toe Adam en Eva gesondig het, het die ganse mensdom gesondig en die dood
skuldig geword!

God wil nie die sonde nie!


>> *****

>> Nie om te preek nie, maar om jou wanpersepsie oor die sg.
>> "delete"-knoppie aan te spreek: Daarom "moet jy weer gebore" - jou
>> natuur moet vernuwe word. Maar in hierdie bedeling is dit slegs maar in
>> jou diepste menswees waar daardie verandering plaasvind, terwyl jou
>> liggaam steeds sy sondige natuur besit en jou herhaaldelik weer tot
>> sondes verlei! Die volle weergeboorte vind plaas wanneer die liggaam uit
>> die graf opstaan!
> ----Ek verstaan jou teorie, maar dis nie soos dit werk nie in die
> alledaagse lewe nie. Die vergifnes word vry algemeen gebruik in
> emosionele afpersing om mense te kry om bydrae te maak tot die kerk.

Dis jou persepsie, nie my ervaring nie!
Vorige onderwerp: Re: The Politics of Progress
Volgende onderwerp: Stap en betaal die wet van Transvaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:17:11 MGT 2024