Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe sleg is die mens dan?
Hoe sleg is die mens dan? [boodskap #111833] Di, 02 Januarie 2007 12:13
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier op ons kus is hierdie jaar nogal 'n slagting aan die gang in
padongelukke. Die ergste egter was die twee vrouens wat in 'n bakkie gery
het en by 'n afdraai regs wou draai toe hierdie ou met 'n Mercedes wat hulle
probeer verbygaan, die bakkie op die skuins agterkant slaan en maak dat die
bakkie rol. Die bakkie lê op sy dak en die vrouens kan nie uit nie. Hul
goedere lê op die dak van die voertuig versprei.
Terwyl hulle wag en hoop op hulp, sien hulle die een na die ander swart
arm al hulle goedere bymekaarmaak en vat. Onder andere 'n beursie met baie
geld en tot die een vrou se nuwe, duur horlosie wat sy as Kersgeskenk pas
gekry het, word van haar arm afgesteel!
Vorige onderwerp: Re: Nuwejaar Wense
Volgende onderwerp: Nuwe Jaar.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 09:15:54 MGT 2024