Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Klagtes oor die weer.
Klagtes oor die weer. [boodskap #111816] Ma, 01 Januarie 2007 13:39
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die afgelope paar weke het die Ottawa-rivier, wat ons
uit ons vensters kan sien, probeer om te vries.( Dit maak
sulke skifsels van ys teen sy walle en die meeue is
vreeslik bly daaroor, want dis 'n gemaklike plek vir hulle
om te sit en kyk waar die visse is wat hulle nog so laat
in die seisoen kan vang.) Gewoonlik is die rivier vas
gevries hierdie tyd van die jaar, sodat mense daarop
kan loop na die anderkant en die ysvistermanne gate
in die ys kan maak en dan sit en visvang.
Maar vanoggend merk ek dat daar geen teken
van ys op die rivier is nie. Dis omdat die temperature
gedurende die nag weer bo vriespunt gegaan het en
al die ys in die rivier gesmelt het. Ek weet nie of dit
globale verwarming is of nie, maar vanjaar gaan ons
wintertemperature nooit ver onder vriespunt nie, en
is baie maklik vir dae bo vriespunt.
Dis rede vir kla in hierdie klimaat. Want sulke
temperature veroorsaak dat die paaie baie gevaarlik
word. Ons wil liewer in die winter die temperature
goed benede vriespunt hê. Sodat alle vog neerkom
in die vorm van sneeu. Niemand gee om om 'n paar
duim sneeu op jou kar te verwyder nie. Maar dis 'n
tragedie as die kar vol ys is, wat jy soms moet breek
voordat jy dit van die kar kan afskraap. Soos gister-
aand, toe ons na twaalfuur moes terugry van 'n
partytjie. Die sypaaie was glibberig, en die ingang
na ons ondergrondse garage was so glad soos 'n
spieël. Dit was 'n wonder dat my man die kar onderdak
kon kry.
Ons kan egter nie kla nie. Die westelike deel
van Noord-Amerika word getref deur die een storm
na die ander, meestal tesaam met baie hoë winde.
Ek dink Vancouver het tot dusver meer sneeu gekry
as Ottawa.
Ons sal maar moet sien wat 2007 verder bring.
Hoop nie weer 'n ysstorm nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Saddam Hussein sterf
Volgende onderwerp: Re: Luister Mense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:12:54 MGT 2024