Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » O donner! Dis ons chief wat verongeluk het! Skree metroposieman.
O donner! Dis ons chief wat verongeluk het! Skree metroposieman. [boodskap #111774] Vr, 22 Desember 2006 11:08
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
Meer vakansiepret uit Mpumalanga: Die Magoo's Bar Bommer rol sy tjor.

--

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2047959,00. html

Moles toe McBride kar rol
Fanie van Rooyen


Metropolisiebeamptes van Ekurhuleni het glo omstanders met vuurwapens
gedreig nadat mnr. Robert McBride, hul bevelvoerder, gisteraand sy
motor op die R511-pad by Centurion gerol het.

Verskeie ooggetuies op die toneel het beweer McBride was erg onder die
invloed van drank.

Drie ander Ekurhuleni-metropolisie-beamptes wat kort ná die ongeluk by
die toneel opgedaag het, het na bewering ooggetuies op die toneel met
gewere gedreig en aangerand in 'n poging om hul "chief" te
beskerm.

Supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie,
het gisteraand bevestig McBride was gisteraand tussen 19:00 en 20:00 in
'n ongeluk in die Erasmia-omgewing.

McBride was op pad huis toe.

Oor die dronkbestuur-bewerings het hy gesê: "Enigiemand kan enigiets
sê. Ek het geen kommentaar oor dit nie."

'n Beeld-leser van Centurion wat die ongeluk gesien gebeur het, het
gesê: "Ek was op die R511 onderweg na Hartbeespoortdam toe 'n
motorband - nog met skokbreker en al - skielik op my motor afgepyl
het. Daarna het 'n blou Chev-motor uit 'n groot stofwolk verskyn en
op sy wiele te lande gekom.

"Ek het stilgehou en na die motor gehardloop. Die bestuurder wat
snywonde op sy kop gehad het, het oorgeval na die passasierskant.

"Ek het omgehardloop en 'n klomp haelgeweerpatrone op die grond
gesien lê wat uit die motor geval het. Toe herken ek die bestuurder as
metropolisiehoof Robert McBride," het hy gesê.

"Hy was stormdronk toe ek met hom probeer praat het."

Mnr. Nico Engelbrecht, nóg 'n ooggetuie van Pretoria, het gisteraand
vertel: "Ons het van Brits se kant af gekom toe 'n blou Chev teen
'n hengse spoed op 'n baie gevaarlike plek by 'n sperstreep verby
ons gejaag het."

Nadat McBride verbygesteek het, het hy op die randsteen afgepyl, die
motor probeer terugruk en die motor aan die rol gesit, het Engelbrecht
beweer.

"Ons het stilgehou om die bestuurder te gaan help. Toe ons by hom kom
was dit duidelik hy is p **pdronk," het Engelbrecht gesê.

"Hy het nie geweet waar hy is nie en het onmiddellik vir homself
probeer cover deur te sê daar was ander insittendes in die motor."

Albei ooggetuies het gesê McBride was alleen in die motor. Drie ander
beamptes van Ekurhuleni se metropolisie het kort daarna in 'n wit
Golf, registrasienommer JRV 488 GP, met blou ligte onder die
sierrooster op die toneel opgedaag.

Een van dié beamptes het volgens die ooggetuie onmiddellik uitgespring
en geskree: "O, donner! Dis ons chief wat verongeluk het!"

Engelbrecht het gesê: "Die metropolisie-beampte het sy kollegas
beveel om McBride in die Golf te laai om hom hospitaal toe te neem.

"Hulle het ons ook beveel om nie die polisie of nooddienste te kontak
nie.

"Hulle het die haelgeweerpatrone begin optel en al McBride se
dokumentasie en ook sy baadjie uit die motor uitgehaal.

"Ek het gesien hulle probeer vir McBride cover. Ek sê toe hulle mag
nie ry voordat die polisie nie daar was nie. Ek het die Golf se
sleutels uitgetrek.

"Dis tóé wat hulle my aan die keel gegryp en gedreig het dat hulle
ons sal skiet as ons nie saamwerk nie."

Die ander ooggetuie het bevestig dat die metropolisielede vir
Engelbrecht aan die keel gegryp het.

Een metropolisielid het telkens gesê: "Moet net nie dat hulle vir
chief sien nie."

Hy het vertel dat 'n vrou op die toneel met haar selfoon 'n foto
van die toneel wou neem. Sy is ook glo deur een van die beamptes
geklap.

"Hierna het hulle vuurwapens - onder meer 'n AK-47 - uit die
Golf se kattebak gehaal en gedreig om te skiet as ons nie vir McBride
uitlos nie. Ons kon nie naby hom kom nie," het die ooggetuie vertel.
Vorige onderwerp: Re: Laaste Pos
Volgende onderwerp: Re: Hoekom Pa?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:19:41 MGT 2024