Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Globale Verwarming
Globale Verwarming [boodskap #111584] Wo, 22 November 2006 13:25 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Deesdae is Globale Verwarming meer en meer op die tafel.
Ons huidige Konserwatiewe regering hier in Kanada is meer
en meer op die mat omdat hulle Kyoto wil hersien. Hulle
argument is dat die vorige Liberale regering gemaak het asof
hulle Kyoto so hartelik ondersteun, maar niks daadwerkliks
gedoen het om die nodige emissies onder beheer te kry nie.
Die federale minister wat ons nou in Nairobi verteenwoordig
by die konferensie daar, is uitgejou en aangeval uit Kanada
vir haar opinies. Bush se regering het, dink ek, nooit vir
Kyoto aangeteken nie. Maar California het op sy eie begin
om riglyne te volg. Hier in Kanada het New Brunswick begin
met 'n beleid om alle regeringsvoertuie oor te skakel na
stelsels wat emissies sny.
Daar is natuurlik mense wat sê dat Globale Verwarming
nie plaasvind nie. Dat wat Gore in sy boek "An Uncomfortable
Truth" sê nie die volle waarheid is nie. Ondertussen smelt die
ys rondom die pole tot so 'n mate dat Kanada se noorde een
van die eerste plekke sal wees wat dramaties sal verander as
globale verwarming 'n werklikheid is.
Mens wonder tot hoe 'n mate die hele kus van SA
geaffekteer sal word as die oseaan daar drasties styg. Meeste
van SA is op 'n plato, maar belangrike dele is op seevlak.

Gloudina
Re: Globale Verwarming [boodskap #111592 is 'n antwoord op boodskap #111584] Wo, 22 November 2006 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hans.m...  is tans af-lyn  hans.m...
Boodskappe: 7
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid
Hessie wrote:
> Die federale minister wat ons nou in Nairobi verteenwoordig
> by die konferensie daar, is uitgejou en aangeval uit Kanada
> vir haar opinies.

Wat is haar standpunt? Hoe voel Kanada oor kernkrag?

> Mens wonder tot hoe 'n mate die hele kus van SA
> geaffekteer sal word as die oseaan daar drasties styg. Meeste
> van SA is op 'n plato, maar belangrike dele is op seevlak.

Die IPCC voorspel 'n styging tussen 9 en 88 cm teen 2100. Dit klink nie
katastrofies nie. Ten minste nie vir Suid-Afrika nie.

Teen 2100 behoort fossiel brandstof seker al uitgeput te wees. So die
primêre stimulus sal verdwyn.

Ek dink daar moet sterk negatiewe terugvoer meganismes wees. Die oseane
was al hard geslaan deur meteoriete. Die een wat die Golf van Meksiko
gemaak het, het waarskynlik 'n groot klomp water in die stratosfeer
ingeskiet. Waterdamp is ook 'n GHG, tog het die aarde herstel en nie 'n
weghol reaksie gekry soos Venus nie.

Sonder globale verwarming sou die gemiddelde temperatuur 20 grade
Celsius laer gewees het. Brrrr...
Re: Globale Verwarming [boodskap #111598 is 'n antwoord op boodskap #111592] Vr, 24 November 2006 16:12 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
hans.m...@gmail.com wrote:

> Wat is haar standpunt? Hoe voel Kanada oor kernkrag?

Kanada het 'n hele klompie kernreaktors, maar dit lyk
asof die wil nie daar is om nuwes in groot getalle
op te rig nie. ( Waarskynlik omdat Kanada groot
potensiaal het vir hydro-elektriese opwekking.)
Die anderkant van die storie is dat Kanada
sy taamlik ouderwetse Candu-reaktor ( wat met
swaarwater werk?) nog in ander lande probeer
bemark en seker dus onder obligasie is om dit
ook in Kanada te gebruik.
Daar word ook nog lyk dit my gebruik gemaak
van fossielbrandstof-opgewekte elektrisiteit, wat
mens verbaas.
Ek dink Kanada is 'n taamlike grootskaalse
voorsiener van elektrisiteit aan veral die Noord-
Oostelike VSA op die oomblik.

Gloudina
Vorige onderwerp: Wenk
Volgende onderwerp: Swartes kan mos nie rassiste wees nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:29:45 MGT 2024