Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie kan my vertel van Hannes Dreyer?
Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111573] Di, 21 November 2006 03:54 na volgende boodskap
hans.m...  is tans af-lyn  hans.m...
Boodskappe: 7
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid
Goeiemôre almal,

Ek soek 'n bietjie onafhanklike inligting oor 'n sekere Dr. Hannes
Dreyer wat onder andere "The Amazing Formula For Wealth Creation"
verkoop. Al wat ek sover kon kry is van mense soos Tony Deetlefs
(tony.d...@bmw.co.za) wat self Hannes Dreyer se materiaal verkoop.
Die kursusse is redelik duur so 'n mens probeer eers bietjie uitvind
voor jy jou beursie oopvlek en begin skil.

Daar is bitter min op sy advertensie materiaal wat onafhanklik
verifiëerbaar is. Die enigste wat ek kon raaksien is sy akademiese
kwalifikasies.

Van sy webwerf (www.hannesdreyer.co.za) blyk dit dat hy 'n
M.Sc.(Ekonomie) en 'n Ph.D. graad behaal het. Daar is 'n indrukwekkende
lys van ander drie-letter woorde maar ek sal bly by wat ek verstaan.
Dit het my aandag getrek dat biede grade gespesifiseer word. Ek het ook
opgemerk dat die tesisse geslote is. Watter universiteit sal 'n Ph.D.
toeken en nie die tesis publiseer nie? Stel jy jou nie bloot aan 'n
prioriteitsdebat nie? Is die doel van 'n Ph.D. nie om die mens se
kennis uit te bou nie?

Ek het 'n vraag gestuur aan In...@HannesDreyer.co.za om uit te vind
watter universiteite die grade toegeken het. Netta Ellis het geantwoord
en bekend gemaak dat die "Commonwealth Open University (UK)" beide
grade toegeken het. Sy kon nie 'n webadres gee nie.

Ek soek toe self die plek en kom af op www.commonwealth.org. Hulle vra
3800 USD vir 'n Ph.D. en 3650 USD vir 'n M.Sc.

Hierdie inrigting het gladnie 'n goeie reputasie nie. Dit blyk uit
plasings van mense soos Dr. John Bear (www.degree.net) in
alt.distance.learning (http://tinyurl.com/yxusqj). Die plek is
waarskynlik 'n "degree mill".

In sommige state in die VSA is dit selfs onwettig om die inrigting se
kwalifikasies te gebruik (http://tinyurl.com/yyhfoe).

Ek het vir Netta 'n mening gevra maar nog niks gehoor nie.

Had Hannes 'n geakkrediteerde Ph.D. sou dit heelwat integriteit verleen
aan sy bemarkingsmateriaal. Hoë vlakke van tersiêre opleiding en
bedrog meng nie lekker nie.
Ek besef dat dit kan beteken dat Mnr. Dreyer nie eers 'n B-graad het
nie.

Op hierdie stadium bly my beursie veilig in my sak, maar die ou is baie
oortuigend en ek hoor graag van ander perspektiewe.
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111578 is 'n antwoord op boodskap #111573] Di, 21 November 2006 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Nov 2006 19:54:30 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:

> Goeiemôre almal,
>
> Ek soek 'n bietjie onafhanklike inligting oor 'n sekere Dr. Hannes
> Dreyer wat onder andere "The Amazing Formula For Wealth Creation"
> verkoop.
>

sjt Hans, is jy deurmekaar? Ons issie die verbruikersraad nie -
hulle is erens in Van Der Bijl dink ek.
Verkeerde nommer, ou maat
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111580 is 'n antwoord op boodskap #111578] Di, 21 November 2006 17:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hans.m...  is tans af-lyn  hans.m...
Boodskappe: 7
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid
Dave skryf:
> sjt Hans, is jy deurmekaar? Ons issie die verbruikersraad nie -

HAHAHAHA!

Ek volg die beginsel van minimum moeite.

Sê jou wat: Hoekom koop jy nie die kursus nie en vertel vir almal hier
hoe dit gaan. Dink net, vir 'n paar duisend skille kan jy die eerste
biljoenêr in die groep word.

> hulle is erens in Van Der Bijl dink ek.
> Verkeerde nommer, ou maat

Dis te gou om te sê. In 'n lae volume groep soos diè vat dit 'n
tydjie voor die vis byt.

Kom vissie-vissie-vissie...
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111582 is 'n antwoord op boodskap #111580] Di, 21 November 2006 17:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Nov 2006 09:24:08 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:

> Dave skryf:
>> sjt Hans, is jy deurmekaar? Ons issie die verbruikersraad nie -
>
> HAHAHAHA!
>
> Ek volg die beginsel van minimum moeite.
>
> Sê jou wat: Hoekom koop jy nie die kursus nie en vertel vir almal hier
> hoe dit gaan. Dink net, vir 'n paar duisend skille kan jy die eerste
> biljoenêr in die groep word.
>
>> hulle is erens in Van Der Bijl dink ek.
>> Verkeerde nommer, ou maat
>
> Dis te gou om te sê. In 'n lae volume groep soos diè vat dit 'n
> tydjie voor die vis byt.
>
> Kom vissie-vissie-vissie...

Een vir jou
en een vir die res

joune:
lae volume groep is oorskat.
Hierdie is 'n laér volume groep.
Hoekom? Niemand hier laaik mekaar nie.
Waarom dink jy kan jy hier instap en skielik populêr genoeg wees
om te kom spam en scôr? Vergeet dit - gaan traai alt.spam.net of so
iets.

Die res s'n:
die ou wil julle spam met 'n triek
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111583 is 'n antwoord op boodskap #111582] Wo, 22 November 2006 05:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hans.m...  is tans af-lyn  hans.m...
Boodskappe: 7
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid
dd skryf:

>> Kom vissie-vissie-vissie...
>
>
> Een vir jou
> en een vir die res

Kyk Ma! Ek het 'n kleintjie gevang!
...
Ja ja. Ek kan sien dis 'n modderbekkie.
...
Goed, ek gooi haar maar terug. Die hoek is eintlik te groot vir haar.
Ek het nie geweet hulle bekkies kan so groot rek nie!

> joune:
> lae volume groep is oorskat.
> Hierdie is 'n laér volume groep.
> Hoekom? Niemand hier laaik mekaar nie.

Jy's seker die uitsondering. Ek hou al klaar van jou.

> Waarom dink jy kan jy hier instap en skielik populêr genoeg wees
> om te kom spam en scôr?

Dit lyk nie soos 'n retoriese òf soos 'n ernstige vraag nie. Is die
"Waarom" dalk 'n tipografiese fout?

> Vergeet dit - gaan traai alt.spam.net of so
> iets.
>
> Die res s'n:
> die ou wil julle spam met 'n triek

Miskien is jy nie dom nie. Miskien het jy net nie die oorspronklike
plasing gelees nie.
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111585 is 'n antwoord op boodskap #111583] Wo, 22 November 2006 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
>
> Jy's seker die uitsondering. Ek hou al klaar van jou.
>
Punte vir jou. Ten minste het jy goeie smaak.

> Dit lyk nie soos 'n retoriese òf soos 'n ernstige vraag nie. Is die
> "Waarom" dalk 'n tipografiese fout?
>
Inteendeel - dit word analiserende tipografie genoem.
Analiserend omdat inkwonsekwensies blyk.

>
> Miskien is jy nie dom nie.
>
uh uh, slim, skerp, oplettend, kom ons noem dit uitsonderlike
genialiteit. Nie eens die ooreenkoms in name is misgekyk nie.
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111586 is 'n antwoord op boodskap #111583] Wo, 22 November 2006 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
>
> Jy's seker die uitsondering. Ek hou al klaar van jou.
>
Punte vir jou. Ten minste het jy goeie smaak.

> Dit lyk nie soos 'n retoriese òf soos 'n ernstige vraag nie. Is die
> "Waarom" dalk 'n tipografiese fout?
>
Inteendeel - dit word analiserende tipografie genoem.
Analiserend omdat inkonsekwensies blyk.

>
> Miskien is jy nie dom nie.
>
uh uh, slim, skerp, oplettend, kom ons noem dit uitsonderlike
genialiteit. Nie eens die ooreenkoms in name is misgekyk nie.
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111589 is 'n antwoord op boodskap #111582] Wo, 22 November 2006 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hans.m...  is tans af-lyn  hans.m...
Boodskappe: 7
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid
dd wrote:

> die ou wil julle spam met 'n triek

Wat laat jou dink ek wil die ou se kursusse smous?
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111591 is 'n antwoord op boodskap #111589] Wo, 22 November 2006 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Nov 2006 11:44:34 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:

> dd wrote:
>
>> die ou wil julle spam met 'n triek
>
> Wat laat jou dink ek wil die ou se kursusse smous?

die aktetas-onder-die-arm toon in jou stem
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111595 is 'n antwoord op boodskap #111591] Do, 23 November 2006 16:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hans.m...  is tans af-lyn  hans.m...
Boodskappe: 7
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid
Dave wrote:
> On 22 Nov 2006 11:44:34 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:
>> Wat laat jou dink ek wil die ou se kursusse smous?
>
> die aktetas-onder-die-arm toon in jou stem

Vreemd. Het jy die oorspronklike plasing deurgelees?

Ek wys daarop dat die ou se M.Sc. en Ph.D. grade in wese vervals is.

As jy konsentreer op aanbieding ipv. inhoud is jy 'n sagte teiken (vir
bemarking). Di? ou sal jou vir brekfis eet en sy tande met 'n
sleutelbeen uitkrap.

NS: Waarvoor is die tweede "d"?
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111596 is 'n antwoord op boodskap #111595] Do, 23 November 2006 18:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Nov 2006 08:56:04 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:

>
> NS: Waarvoor is die tweede "d"?

die 2de 'd' staan vir vir durbs. Durbs is 'n dorpie aan die ooskus van
Suid Afrika met slegs sowat drie en 'n kwart miljoen inwoners -
beskeie skatting sou ek sê. Die dorpie met die beste klimaat in die
hele wêreld, want dit word nooit winter hier nie. Jy kan die hadedas
en ape met die hand voer, want al wat regtig wild is hier, is die taxi
drywers.
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111619 is 'n antwoord op boodskap #111596] Di, 28 November 2006 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hans.m...  is tans af-lyn  hans.m...
Boodskappe: 7
Geregistreer: November 2006
Karma: 0
Junior Lid
Dave skryf:
> On 23 Nov 2006 08:56:04 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:
>
> hele wêreld, want dit word nooit winter hier nie. Jy kan die hadedas
> en ape met die hand voer, want al wat regtig wild is hier, is die taxi
> drywers.

Miskien raak ek net gewoond, maar ek dink ons taxi bestuurders in die
Rand het mak geraak. Hulle kort net 'n paar spoedwalle in die
geelstreep!
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111624 is 'n antwoord op boodskap #111619] Wo, 29 November 2006 19:33 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Nov 2006 09:21:22 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:

>
> Dave skryf:
>> On 23 Nov 2006 08:56:04 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:

>> hele wêreld, want dit word nooit winter hier nie. Jy kan die hadedas
>> en ape met die hand voer, want al wat regtig wild is hier, is die taxi
>> drywers.
>
> Miskien raak ek net gewoond, maar ek dink ons taxi bestuurders in die
> Rand het mak geraak. Hulle kort net 'n paar spoedwalle in die
> geelstreep!

Soos ek gesê het, woon ek in 'n bosveld dorp.
Jy het nie gereageer asof jy weet waar in die bosveld my dorp is nie,
en jy gee toe dat jy 'miskien aan die taxi's gewoond raak."
Miskien raak jy daaraan gewoond soos Melky De Daiser se seun gewoond
geraak het aan miergif. As jy dit elke dag gevoer word, begin dit
alledaags raak.

D@D
Vorige onderwerp: Re: Poesmans Rivier Mond
Volgende onderwerp: Ironiese titel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:05:10 MGT 2024